Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mosambiek oorstromings
Mosambiek oorstromings [boodskap #29217] Wo, 08 Maart 2000 00:00 na volgende boodskap
Johann  is tans af-lyn  Johann
Boodskappe: 9
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek sit vroeer vannaand en TV kyk toe daar 'n advertensie op die TV is met 'n
oproep om hulp vir die slagoffers van die vloede in Mosambiek. Ek sê toe
vir M dat dit eintlik ongelooflik is dat daar mense is wat hulle ontferm oor
ander mense 10000km daarvandaan. 'n Halfuur later op die nuus saai hulle 'n
onderhoud met Graca Machal uit waarin sy uitvaar oor die min hulp wat die
internasionale gemeenskap aan Afrika en in besonder nou aan Mosambiek gee -
en sy is reg - te min, te laat en ja, hulle kyk eers Suid as daar 'n paar
duisend doodgaan en nie vroeer nie. Maar nou aan die ander kant is dit 'n
vet klap in die gesig van opregte Nederlanders wat geld gee (4 miljoen gulde
tot nou toe) vir die slagoffers en hulle ontferm op allerlei maniere oor die
ellende. Miskien moet Afrika Europa (die Weste, Amerika wie ook al) toelaat
om homself oor die vingers te tik en eerder 'n beroep te doen op 'n sosiale
skuldgevoel eerder as om daarop aanspraak te maak asof hulp 'n reg is. Ek
dink die opmerkinge het meer kwaad as goed gedoen - is daar in ander lande
'n ander deel van die onderhoud uitgesaai - iets meer positief en in die lyn
van 'n erkenning van die buitelandse hulp?

Groete uit 'n nat Nederland

Johann
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29255 is 'n antwoord op boodskap #29217] So, 12 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leswin schreef ...
>> Johann" pi...@kabelfoon.nl
>
>> Ek sit vroeer vannaand en TV kyk toe daar 'n advertensie op die TV is met 'n
>> oproep om hulp vir die slagoffers van die vloede in Mosambiek. Ek sê toe
>> vir M dat dit eintlik ongelooflik is dat daar mense is wat hulle ontferm oor
>> ander mense 10000km daarvandaan.
>
> Snaaks, ek vind die teendeel ongelooflik - dat mense hul NIE ontferm nie; die
> diskoers wat voorhou dat hulp 'n "voorreg" is en dankbaar verdien moet
word.

Ja, en dan kun je gillen "te weinig te laat" maar denk je nu echt dat dat
mensen in de toekomst gaat motiveren om sneller meer te doen wanneer je nu
alleen maar kritiek levert? Over oogkleppen gesproken!

Kom liever met wat meer constructieve opmerkingen. Een plan bijvoorbeeld om
hulpmiddelen op een snelle en efficieënte wijze op de plek van bestemming te
krijgen (een helicopter heeft een zeer beperkt vliegbereik en laat zich niet
zomaar met 50 tegelijk in elk vliegtuig proppen). Of plannen die ervoor
zorgen dat met hulp nu Mozambique bij een toekomstige natuurramp beter
zelfredzaam is. Het is makkelijker mensen te motiveren door ze te laten zien
dat je meedenkt dan door ze de (verbale) zweep te geven.

Groeten,
Arthur
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29256 is 'n antwoord op boodskap #29217] So, 12 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Johann" pi...@kabelfoon.nl

> Ek sit vroeer vannaand en TV kyk toe daar 'n advertensie op die TV is met 'n
> oproep om hulp vir die slagoffers van die vloede in Mosambiek. Ek sê toe
> vir M dat dit eintlik ongelooflik is dat daar mense is wat hulle ontferm oor
> ander mense 10000km daarvandaan.

Snaaks, ek vind die teendeel ongelooflik - dat mense hul NIE ontferm nie; die
diskoers wat voorhou dat hulp 'n "voorreg" is en dankbaar verdien moet word.
Ongelooflik, eerstens, omrede die oorgrote meerderheid van die mense hulself
binne een van die vier groot geloodstradisies situeer - geloofstradisies wat
almal, sonder uitsondering, 'n lering handhaaf wat hulp aan ander as
geloofsvereiste vooropstel. In Christendom word dit so mooi vervat in 1 John
("If anyone has material possessions and sees his brother in need but has no
pity on him, how can the love of God be in him?"); een van die vyf kernpilare
van Islam bemoei homself uitsluitlik met aalmoese en die mate waartoe seeninge
verkry word deur te gee; die Dalai Lama sê onomwonde "if we accept that others
have an equal right to peace and happiness as ourselves, do we not have a
responsibility to help those in need?"; en die Joodse Talmoediese leer weef
rondom Mitzvah en Tzedakah 'n geloofs- en lewensfilosofie waarin die persoon
wat gee, hom of haarself transendeer en deel in die werke van G_d as
mede-skeppers.

Tog, mens hoef jou nie eens te beroep op 'n geloofstradisie om hulp en gee as
plig te interpreteer nie. Die natuur-argument dat die klap van 'n duisend
skoenlappervlerke in China die temperatuur in Meksiko beinvloed dien as
eksemplaar vir die wyse waarop ons interafhanklik is van mekaar. Kwame Nkrumah
se ervaring in Philadelphia, as jong student, het jare later grootse
filosofiese en praktiese implikasies gehad in sy mentorskap van prominente
afrika-leiers, in afrosentriese filosofie, en baie prakties, byvoorbeeld, in
die toekenning van myn- en maatskappyregte. Wie weet, die een mosambieker wat
deur jou hulp gered word mag die persoon wees wat kanker genees. Feit is,
medemenslikheid (watter wonderlike Afrikaanse woord) kan nie gemeet word aan
die hand van jou "4 miljoen gulde" nie. Dit is te essensieel, te
eksistensieel, te menslik 'n plig om op so 'n kort-termyn (en kortsigtige)
ekonomiese maatstaf beoordeel te word.

Ek bemerk voorts dat jy saamstem met Graca Machel wanneer jy se dat die
westerse gemeenskap "te min te laat" gee wanneer dit Afrika aangaan. Teen
hierdie agtergrond is dit dan veral openbarend dat die westerse gemeenskap,
wanneer hulle hulp verleen aan pole, rusland, ierland en so meer, hul juis
beroep op die retoriek van broederskap, christelike en medemenslike plig en
obligasie. Wanneer hulle dan stilswyend anderpad kyk wanneer afrika ter sprake
kom, is die onderliggende boodskap dat Afrikaane nie "medemense" is nie, nie
"broeders" is nie, nie deel vorm van die "menswees" definisie nie en gevolglik
nie op hulp kan aandring nie. Om dan te argumenteer, soos jy wel doen, dat
"Afrika (die weste) toelaat om homself oor die vingers te tik", is vreeslik
naief. Ek dink liewer as jou besorgdheid oor die "ondankbare" manier waarop
afrika die weste aanspreek, jy jou kommer toespits op die manier waaop die
weste faal om afrika as volledig menslik te behandel.

NS: Ek wonder of jy ook, in die sewentigs en tagtigs, uitgevaar het teen
"ondankbare swartes wat hul skole afbrand"?

leswin
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29257 is 'n antwoord op boodskap #29217] So, 12 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.S. Pris  is tans af-lyn  A.S. Pris
Boodskappe: 27
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Also sprach Johann pi...@kabelfoon.nl
->
-> >Ek sit vroeer vannaand en TV kyk toe daar 'n advertensie op die TV is met 'n
-> >oproep om hulp vir die slagoffers van die vloede in Mosambiek. Ek sê toe
-> >vir M dat dit eintlik ongelooflik is dat daar mense is wat hulle ontferm oor
-> >ander mense 10000km daarvandaan.
->
Also sprach prop...@aol.com (ProPacem)
-> Snaaks, ek vind die teendeel ongelooflik - dat mense hul NIE ontferm nie; die
-> diskoers wat voorhou dat hulp 'n "voorreg" is en dankbaar verdien moet word.

Ai, jai, jai, daardie *wit* Suid-Afrikaanse
helikoptervlieëniers had nie tyd om te sit en
filosofeer oor wat reg en wat verkeerd is nie
-- hulle was dáár toe dit die nodigste was,
en daar was werk om te doen.
Weet julle hoe lekker dit was om te sien hoe
die tjopperpaailits help om die
apartheidspoke weg te waai!
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29258 is 'n antwoord op boodskap #29217] So, 12 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

A.S. Pris wrote:

> Weet julle hoe lekker dit was om te sien hoe
> die tjopperpaailits help om die
> apartheidspoke weg te waai!

Ja, my hart het geswel van trots om te sienhoe vreesloos die (heelwaarskynlik
Afrikaner-)
reddingswerkers die eerste dae amper alleen
hulp gegee het. Veral daardie een wat in die
boom moes inklim, eers help met die geboorte
van 'n baba en toe ma en kind in die helikopter
inbring. Ek hoop dat die joernaliste as alles
agter die rug is, tv programme van hierdie
heldedade sal maak en die wereld instuur.

Gloudina
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29259 is 'n antwoord op boodskap #29217] So, 12 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Arthur Hagen" hag...@nettaxi.com

Terwyl die praktiese, en praktiese voorstelle, voordeel put uit die
taak-georienteerde fokus, is dit ook moontlik dat die praktiese 'n wegkruipplek
word waaragter die essensiele sonder ondersoek kan skuil. DIT was waarop ek
reageer het (en ek skat DIT is ook waarop jou predikant so gereeld reageer in
die sondagmoresweep - aksie vind nie geheel en al plaas binne 'n gedragsfeer
nie, en word veral gemotiveer deur die betekenis wat dit in 'n morele sfeer
verkry). Breyten Breytenbach, aangehaal op 'n ander nuusgroep - "the most
repugnant form of lying is to tell, to tell all, by hiding the soul of the
facts" (of iets dergeliks).
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29260 is 'n antwoord op boodskap #29217] So, 12 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leswin schreef
>
> Terwyl die praktiese, en praktiese voorstelle, voordeel put uit die
> taak-georienteerde fokus, is dit ook moontlik dat die praktiese 'n wegkruipplek
> word waaragter die essensiele sonder ondersoek kan skuil. DIT was waarop ek
> reageer het (en ek skat DIT is ook waarop jou predikant so gereeld reageer in
> die sondagmoresweep - aksie vind nie geheel en al plaas binne 'n gedragsfeer
> nie, en word veral gemotiveer deur die betekenis wat dit in 'n morele sfeer
> verkry). Breyten Breytenbach, aangehaal op 'n ander nuusgroep - "the most
> repugnant form of lying is to tell, to tell all, by hiding the soul of the
> facts" (of iets dergeliks).

Feit blijft dat je met stroop meer vliegen vangt dan met azijn.
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29261 is 'n antwoord op boodskap #29217] So, 12 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

A.S. Pris wrote:

> Weet julle hoe lekker dit was om te sien hoe
> die tjopperpaailits help om die
> apartheidspoke weg te waai!

Ja, ek hoop daardie vrou van die prinsipaalwat eenkeer nuwe koppies gaan koop het
om vir Chief Albert Luthuli tee te gee (sodat
sy en haar gesin nie uit dieselfde koppies
hoef te drink nie agterna) lewe nog om hierdie
soort optrede in 'n nuwe SA te sien. Dis hierdie
soort optrede wat vir die Afrikaner 'n nuwe
beeld in die wereld skep. Uiteindelik!

Gloudina
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29282 is 'n antwoord op boodskap #29217] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
En as dieselfde tjopperpaailits dit 'n maand of wat vroeër sou gewaag het om
op dieselfde plekke te gaan rondloop het as waar hy redingswerk moes gaan
doen, was hy nou of 'n dooie paailit, of kaal gesteelde een.

Soek net die witman naby hom as hy kan vat vat vat .....

> Ai, jai, jai, daardie *wit* Suid-Afrikaanse
> helikoptervlieëniers had nie tyd om te sit en
> filosofeer oor wat reg en wat verkeerd is nie
> -- hulle was dáár toe dit die nodigste was,
> en daar was werk om te doen.
> Weet julle hoe lekker dit was om te sien hoe
> die tjopperpaailits help om die
> apartheidspoke weg te waai!
>
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29283 is 'n antwoord op boodskap #29217] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Ja, en dan kun je gillen "te weinig te laat" maar denk je nu echt dat dat
> mensen in de toekomst gaat motiveren om sneller meer te doen wanneer je nu
> alleen maar kritiek levert? Over oogkleppen gesproken!
>
>

Om kwaad te wees as hulp in 'n ramp nie vinnig genoeg kom nie, isdoodnormaal.
Ons het dieselfde hier in Kanada 'n paar jaar gelede
ondervind met die ysstorm, toe dit twee dae geneem het voor die res
van die vasteland besef het dat 'n ramp oostelike Ontario en westelike
Quebec getref het (ten spyte van die feit dat daar militere basisse vyf
uur weg was wat dadelik hulp kon gee.) Eers dae daarna het die hulp
begin instroom, maar toe was die skade al gedoen - duisende en
duisende koeie en varke en hoenders doodgevries omdat daar nie
hitte was om hulle aan die lewe te hou nie. Die mense wat deur die
ysstorm moes lewe, het maande en maande aangegaan met blaam
aanwys.

Gloudina
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29284 is 'n antwoord op boodskap #29217] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Riaan" Ri...@netech.co.za

> En as dieselfde tjopperpaailits dit 'n maand of wat vroeër sou gewaag het om
> op dieselfde plekke te gaan rondloop het as waar hy redingswerk moes gaan
> doen, was hy nou of 'n dooie paailit, of kaal gesteelde een.

Hel maar jy lei 'n verarmde, bitter, eng lewe. Wonder of jy ooit in Mosambiek
was en deur daardie areas probeer loop het.
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29285 is 'n antwoord op boodskap #29217] Ma, 13 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Arthur Hagen wrote:
>
>> Ja, en dan kun je gillen "te weinig te laat" maar denk je nu echt dat dat
>> mensen in de toekomst gaat motiveren om sneller meer te doen wanneer je nu
>> alleen maar kritiek levert? Over oogkleppen gesproken!
>>
> Om kwaad te wees as hulp in 'n ramp nie vinnig genoeg kom nie, is
doodnormaal.

Natuurlijk, op de mensen die er iets aan hadden kunnen doen en niet waren.
Niet op mensen die halfweg de andere kant van de wereld wonen en die zich
toch hebben ingespannen om hulp te bieden zodra ze ervan doordrongen waren
dat lokale hulp alleen niet genoeg was. Wat dat betreft zou men veel meer
recht hebben gehad om kwaad te zijn op naaste buren (of binnenlandse
partijen) die wel de mogelijkheid hadden om direct hulp te bieden, maar dit
niet of te laat deden. Over dit laatste; een pluim op de hoed van Zuid
Afrika!

Groeten,
Arthur
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29313 is 'n antwoord op boodskap #29217] Di, 14 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Arthur Hagen wrote:
>
>> mensen die halfweg de andere kant van de wereld wonen
>
> Komaan Arthur, weet jy hoe naby suidelike Afrika van Europa is.
> 'n oornag se reis met 'n vliegtuig.

Voor een persoon en kleine zaken. Boten en mensen waren snel genoeg
(natuurlijk altijd te laat) op locatie. Grotere zaken en grotere
hoeveelheden hulp kosten meer tijd, die liggen niet ergens op een plank om
in geval van nood op een vrachtwagen geladen te worden en in een gereed
staand vliegtuig te worden geplaatst.

Maar zeg eerlijk, Mozambique heeft een buurman die heel goed tot eerste hulp
in staat was. Ook dat zal in alle afwegingen hebben meegewogen. Eigenlijk is
het dus zoals van oud gewoon de schuld van Zuid Afrika omdat zij wél hulp
gaven ;)

Groeten,
Arthur
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29314 is 'n antwoord op boodskap #29217] Di, 14 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> mensen die halfweg de andere kant van de wereld wonen

Komaan Arthur, weet jy hoe naby suidelike Afrika van Europa is.
'n oornag se reis met 'n vliegtuig.
As mens iets die skuld wil gee, sal dit nie afstand wees nie.
Ek neem aan dat dinge soos malaria-medisyne en dies meer
baie meer in die gedagtes van die owerhede sou wees. Maar,
ek herhaal weer, daar is altyd 'n "lag time" voordat die
buite-wereld besef dat 'n ramp besig is om te ontwikkel
(behalwe miskien met aardbewings en tornados.) En die
lokale mense moet vergeef word dat hulle kwaad is oor
die blykbare stadigheid van die mense wat die hulp kan
gee.

Gloudina
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29315 is 'n antwoord op boodskap #29217] Di, 14 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Arthur Hagen" wrote:
> Gloudina schreef...
>> Arthur Hagen wrote:
>>
>>> mensen die halfweg de andere kant van de wereld wonen
>>
>> Komaan Arthur, weet jy hoe naby suidelike Afrika van Europa is.
>> 'n oornag se reis met 'n vliegtuig.
>
> Voor een persoon en kleine zaken. Boten en mensen waren snel genoeg
> (natuurlijk altijd te laat) op locatie. Grotere zaken en grotere
> hoeveelheden hulp kosten meer tijd, die liggen niet ergens op een plank om
> in geval van nood op een vrachtwagen geladen te worden en in een gereed
> staand vliegtuig te worden geplaatst.

En die hele keten van logistiek moet bemand worden, en die bemanning moet
weer logistiek verzorgd worden.
Mensen die zo makkelijk over hulpverlening praten hebben
hoogstwaarschijnlijk ook nog nooit een militaire oefening van dichtbij
meegemaakt....daar treden precies dezelfde logistieke problemen op....
snelle interventietroepen houden het maar zeer kort vol zonder een
gigantische backup van de normale logistieke eenheden.

Met effe een hoop hulpgoederen sturen ben je er niet....

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29367 is 'n antwoord op boodskap #29217] Do, 16 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Willem-Jan Markerink skryf in boodskap news:8amijk$dln$8@news.a1.nl...
> In article ,
> "Arthur Hagen" wrote:
>> Gloudina schreef...
>>> Arthur Hagen wrote:
>>>
>>>> mensen die halfweg de andere kant van de wereld wonen
>>>
>>> Komaan Arthur, weet jy hoe naby suidelike Afrika van Europa is.
>>> 'n oornag se reis met 'n vliegtuig.
>>
>> Voor een persoon en kleine zaken. Boten en mensen waren snel genoeg
>> (natuurlijk altijd te laat) op locatie. Grotere zaken en grotere
>> hoeveelheden hulp kosten meer tijd, die liggen niet ergens op een plank om
>> in geval van nood op een vrachtwagen geladen te worden en in een gereed
>> staand vliegtuig te worden geplaatst.
>
> En die hele keten van logistiek moet bemand worden, en die bemanning moet
> weer logistiek verzorgd worden.
> Mensen die zo makkelijk over hulpverlening praten hebben
> hoogstwaarschijnlijk ook nog nooit een militaire oefening van dichtbij
> meegemaakt....daar treden precies dezelfde logistieke problemen op....
> snelle interventietroepen houden het maar zeer kort vol zonder een
> gigantische backup van de normale logistieke eenheden.
>
> Met effe een hoop hulpgoederen sturen ben je er niet....
>
>
>
>
>
> --
> Bye,
>
> Willem-Jan Markerink
>
>
> The desire to understand
> is sometimes far less intelligent than
> the inability to understand
>
>
>
> [note: 'a-one' & 'en-el'!]

Soos verwagte, kort op die haake van die "te min te laat" klag het die
verduisterde motivering vir die uitspraak tot lig gekom: nog 'n pleidoei vir
die opheffing van "Derde wêreld skuld". Ek het geweet dat daar iets sou
volg op hierdie klag waar daar duidelik niks was om oor te kla nie.
Uitbuiting midde in 'n tragedie.

En wat is hierdie "Derde wêreld skuld probleem" wat sy woordjie ingekry het
so tussen in die puin van Mosambiek? Die persoonlike skuld van van die
rykste families op aarde. Wat is die meeste "state" wat op die banke van die
VN verteenwoordig word? Die persoonlike rykdom van 'n klein groepie
diktators.

Nee ek praat nie van Mosambiek nie, ek praat oor Grac~a se koppeling van 'n
"issue" wat onverdedigbaar is aan die ramp wat ons almal se simpatie lok.
(Jammer. Ek dink die Afrikaans het so bietjie kromgeloop in plekke .. plek,
plek?)
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29416 is 'n antwoord op boodskap #29217] Ma, 20 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
Johann  is tans af-lyn  Johann
Boodskappe: 9
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Junior Lid
ProPacem wrote in message ...
>> Johann" pi...@kabelfoon.nl
>
>> Ek sit vroeer vannaand en TV kyk toe daar 'n advertensie op die TV is met 'n
>> oproep om hulp vir die slagoffers van die vloede in Mosambiek. Ek sê toe
>> vir M dat dit eintlik ongelooflik is dat daar mense is wat hulle ontferm oor
>> ander mense 10000km daarvandaan.
>
> Snaaks, ek vind die teendeel ongelooflik - dat mense hul NIE ontferm nie;
Miskien moet ek dan maar bysê - ontferm tot so 'n mate dat hulle daadwerklik
geld skenk in 'n poging om te help - nie net sê "ag shame en nou's ek 'n
goeie gelowige" nie

> Ek bemerk voorts dat jy saamstem met Graca Machel wanneer jy se dat die
> westerse gemeenskap "te min te laat" gee wanneer dit Afrika aangaan. Teen
> hierdie agtergrond is dit dan veral openbarend dat die westerse gemeenskap,
> wanneer hulle hulp verleen aan pole, rusland, ierland en so meer, hul juis
> beroep op die retoriek van broederskap, christelike en medemenslike plig en
> obligasie. Wanneer hulle dan stilswyend anderpad kyk wanneer afrika ter sprake
> kom, is die onderliggende boodskap dat Afrikaane nie "medemense" is nie, nie
> "broeders" is nie, nie deel vorm van die "menswees" definisie nie en gevolglik
> nie op hulp kan aandring nie. Om dan te argumenteer, soos jy wel doen, dat
> "Afrika (die weste) toelaat om homself oor die vingers te tik", is vreeslik
> naief. Ek dink liewer as jou besorgdheid oor die "ondankbare" manier waarop
> afrika die weste aanspreek, jy jou kommer toespits op die manier waaop die
> weste faal om afrika as volledig menslik te behandel.
>
Sjoe, ek is nou nie so slim nie - van waar ek sit (lekker gemaklik) lyk dit
my dit kan die "Weste" geen bloue moer skeel wat in Afrika gebeur nie. Ek
sien die advertensie - 'n oproep om hulp (geld) aan die slagoffers, ek sien
die reaksie van 'n gerespekteerde Afrikaan. Miskien verwag 'n mens 'n soort
"dankie" - sal nie weer nie, ek het my les geleer. Maar vir die slagoffers
bewys sy geen guns nie.

> NS: Ek wonder of jy ook, in die sewentigs en tagtigs, uitgevaar het teen
> "ondankbare swartes wat hul skole afbrand"?

Hoekom sou jy so iets dink?? Jy lees hopeloos te veel tussen die lyne!
Johann
>
> leswin
Vorige onderwerp: "Patzers" deur LOUIS ESTEHUIZEN
Volgende onderwerp: Antjie Krog in Ottawa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 05:04:40 MGT 2024