Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans in New Zealand
Afrikaans in New Zealand [boodskap #28958] Di, 08 Februarie 2000 00:00 na volgende boodskap
ExPat  is tans af-lyn  ExPat
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Het Afrikaans 'n bestaansreg in NZ
Besoek www.afrikaans.org.nz

Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #28977 is 'n antwoord op boodskap #28958] Do, 10 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink nie daar is enigiets intrinsiek verkeerd met 'n klub of groep wat
Afrikaans wil bevorder, bestudeer, of bloot net besig nie. Die gevaar, dink
ek, le gesetel in 'n elitisme wat sekere mense uitsluit - of deur die koppeling
van Afrikaans met Afrikaner (in welke geval 'n Afrikaner kultuurgroep meer
gepas is as 'n Afrikaanse groep), of deur 'n groepsgrens wat as ekspat
gedefinieer word, of deur 'n groepskultuur wat organiseer rondom 'n vergryp aan
'n vervloee paradys, en so meer en so meer. Dit val my op, byvoorbeeld, nadat
ek die taamlik saai tuisblad van hierdie groep besoek het, dat al die lede wit
is. Ek weet persoonlik van talle swart suid-afrikaners in nieeu zeeland en ek
wonder tot watter mate hierdie afrikaanses genader is om deel te wees van
hierdie klub, tot watter mate aktiewe bemarkingstrategiee 'n bree inklusiwiteit
vooropstel. Indien nie, loop so 'n groep gevaar om 'n miopiese mite voort te
sit wat nie net afrikaans as taal nie, maar ook die wese van 'n afrikaanse
samelewing onreg aandoen.

leswin
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #28980 is 'n antwoord op boodskap #28958] Vr, 11 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charles van der Wath  is tans af-lyn  Charles van der Wath
Boodskappe: 49
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ag leswin weet jy ne...

Ek het al honderde kuber-ure gespandeer op hierdie NG net om myself elke
keer vas te loop teen die dieselfde muur naamlik Wit Afrikaanssprekendes Is
Rassisties. Ag asseblief man get a life.
Nou ja ons is toevallig kultuuristies. Ok? Is jy nou tevrede? Hierdie mense
in Nieu Seeland het 'n klub gestig omdat hulle net graag die behoefte het om
Afrikaans te praat vir meer as twee ure aanmekaar en jy wil hulle nie eers
die eenvoudige voorreggie gun nie. GEEN swart SA'ner wat ek ken het
Afrikaans as 'n eerste taal nie so waarom hulle sal uitgenooi wil word na 'n
ekslusiewe Afrikaanse klub sal seker net jy weet.
(Lekker moerse verskil tussen 'n Afrikaner en 'n African so tussen die
hakies, wel vir wat my HAT werd is bygesê.)
Miskien kan Bill Gates 'n program ontwerp en op ons NG sit wat iemand se
rekenaar laat ontplof as hy die woorde "wit" of "swart" hier post.
Ag komaan ek raak nou lekker gatvol hiervoor.

ProPacem wrote in message ...
> Ek dink nie daar is enigiets intrinsiek verkeerd met 'n klub of groep wat
> Afrikaans wil bevorder, bestudeer, of bloot net besig nie. Die gevaar, dink
> ek, le gesetel in 'n elitisme wat sekere mense uitsluit - of deur die koppeling
> van Afrikaans met Afrikaner (in welke geval 'n Afrikaner kultuurgroep meer
> gepas is as 'n Afrikaanse groep), of deur 'n groepsgrens wat as ekspat
> gedefinieer word, of deur 'n groepskultuur wat organiseer rondom 'n vergryp aan
> 'n vervloee paradys, en so meer en so meer. Dit val my op, byvoorbeeld, nadat
> ek die taamlik saai tuisblad van hierdie groep besoek het, dat al die lede wit
> is. Ek weet persoonlik van talle swart suid-afrikaners in nieeu zeeland en ek
> wonder tot watter mate hierdie afrikaanses genader is om deel te wees van
> hierdie klub, tot watter mate aktiewe bemarkingstrategiee 'n bree inklusiwiteit
> vooropstel. Indien nie, loop so 'n groep gevaar om 'n miopiese mite voort te
> sit wat nie net afrikaans as taal nie, maar ook die wese van 'n afrikaanse
> samelewing onreg aandoen.
>
> leswin
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #28981 is 'n antwoord op boodskap #28958] Vr, 11 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Charles van der Wath wrote:

> Ek het al honderde kuber-ure gespandeer op hierdie NG net om myself elke
> keer vas te loop teen die dieselfde muur naamlik Wit Afrikaanssprekendes Is
> Rassisties. Ag asseblief man get a life.
> Hierdie mense
> in Nieu Seeland het 'n klub gestig omdat hulle net graag die behoefte het om
> Afrikaans te praat vir meer as twee ure aanmekaar en jy wil hulle nie eers
> die eenvoudige voorreggie gun nie.

Maar, ou Charles, die ironie van die saak is dat jou sogenaamde "wit
afrikaans-sprekende" Afrikaans slegter is as Leswin s'n. Heelwaarskynlik die
ouens
in New Zealand s'n ook. So wat julle onderskei van Leswin en ander sogenaamd
anderskleuriges is nie die taal nie, maar julle irriterende hooghartige
gesinspeel
dat julle die elite is en ander nie tel nie. As ek dit nie mis het nie, sit
hulle vir mekaar
beriggies en grappe en prentjies oor die "Nuwe SA" stuur, maar heelwaarskynlik
is meeste van hulle in Engels. Ek vind dieselfde ding met mense in SA. Hoe meer

hulle die huidige regering wil kritiseer, hoe meer doen hulle dit in Engels. As
Afrikaans aan't uitsterf is, is dit omdat Afrikaners nie meer hulle taal
respekteer
en gebruik nie.

Gloudina

>
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #28987 is 'n antwoord op boodskap #28958] Sa, 12 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Charles van der Wath"

> Ek het al honderde kuber-ure gespandeer op hierdie NG net om myself elke
> keer vas te loop teen die dieselfde muur naamlik Wit Afrikaanssprekendes Is
> Rassisties

Jy sal dus weet dat ek gereeld op hierdie NG kapsie maak teen veralgemening wat
individue in stereotipe begrens. En alhoewel ek al Wit Afrikaansprekendes
teegekom het wat rassisties is, behoort jy( gegee hierdie honderde kuber-ure)
te weet dat ek nooit outomaties aanneem dat alle wit afrikaansprekendes
rassisties is nie. Nie in my vorige poste nie, en nog minder in die een waarop
jy reageer. Dit blyk dus asof jy my pos misverstaan het.

> Ag asseblief man get a life.

Ek het een, dankie.

> Nou ja ons is toevallig kultuuristies. Ok? Is jy nou tevrede?

Nee, ek is nie. Indien so, dan is Afrikaans mos nie beskrywend van die missie
waarrondom julle julself organiseer nie. Waarom dan julself 'n Afrikaanse Klub
noem?

> GEEN swart SA'ner wat ek ken het
> Afrikaans as 'n eerste taal nie

Dit se heelwaarskynlik meer omtrent die omvang van jou kennisse as die waarheid
van jou aanname. Ek weet van ten minste vyf swart (of bruin, seker, in jou
terminologie) gesinne in Australie wie nie net afrikaans besig nie, maar dit
passievol doen.

> Lekker moerse verskil tussen 'n Afrikaner en 'n African so tussen die
> hakies, wel vir wat my HAT werd is bygesê.

Jy sal oplet dat ek Afrikaanses gebruik het wat nie na "African" vertaal nie.
Ek beveel die nuutste uitgawe van HAT aan wat ten minste probeer tred hou met
veranderinge binne die landsgrense (ongelukkig - regtig ongelukkig - dat jy dit
klaarblyklik nie doen nie).

> Miskien kan Bill Gates 'n program ontwerp en op ons NG sit wat iemand se
> rekenaar laat ontplof as hy die woorde "wit" of "swart" hier post.
> Ag komaan ek raak nou lekker gatvol hiervoor.

Ag komaan, ek raak nou lekker gatvol vir 'n uitspraak soos hierdie wat so
verdedigend vermydend, selfs paternalisties, en uiteindelik patologies is.

leswin
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #28996 is 'n antwoord op boodskap #28958] Ma, 14 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ExPat  is tans af-lyn  ExPat
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Besoek hulle WebBlad by http://members.xoom.com/afrikaanse
vir meer inligting

Ek dink hulle is besig met 'n nuwe webblad by
www.afrikaanse.org.nz maar is nog nie klaar nie....

Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29005 is 'n antwoord op boodskap #28958] Di, 15 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> lou lo...@hotmail.dinges.com

Ag hemel, Lou - hierdie vraag is tog nou al male sonder tal hier bespreek.
Johan in Minnesota het byvoorbeeld vrae gevra na die "rassisme" in Swart
Bewussynsmaand hier in die VSA, en Poolse Week, of Latino Heritage Month. Ond
het argumente probeer toepas op presies daardie voorbeelde wat jy noem. Laat
my dink dat jy moedswillig polemies is OF 'n emosionele opsweep as einddoel
het.

Stel eerder voor waarom jy dink dis rassisties om 'n swart skrywerskring te he.
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29006 is 'n antwoord op boodskap #28958] Di, 15 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Charles van der Wath wrote:

> Aan julle wat my probeer bangmaak dat my taal aan die uitsterf is, jammer.
> Dis nie so nie. My taal groei en so sal die Afrikaanse klub in Nieu-Seeland.

Nou hoekom het jy dan in die tweede sin van dieoorspronklike snedige opmerking
teenoor Leswin
"get a life" geskryf in plaas van 'n goeie Afrikaanse
uitdrukking. Merk jy op dat dit Leswin is wat die
suiwer Afrikaans praat, en jy wat vir hom in 'n mengel-
moes aftakel.

Gloudina
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29007 is 'n antwoord op boodskap #28958] Di, 15 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:

> Ek vind dieselfde ding met mense in SA. Hoe meer
> hulle die huidige regering wil kritiseer, hoe meer doen hulle dit in Engels. As
> Afrikaans aan't uitsterf is, is dit omdat Afrikaners nie meer hulle taal
> respekteer
> en gebruik nie.
>

OHOPOHO! Dit is nou die antie met die Kappie wat se tjeners net Engels
kan praat. Niks maak my so siek as iemand vir ander mense preek maar dan
self nie hul kinders afrikaans leer nie of in Suid Afrika hul afrikaans
kinders in Engelse skole sit.

Dêm fariseers!
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29008 is 'n antwoord op boodskap #28958] Di, 15 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Charles van der Wath wrote:
>
> Ag leswin weet jy ne...
>
> Ek het al honderde kuber-ure gespandeer op hierdie NG net om myself elke
> keer vas te loop teen die dieselfde muur naamlik Wit Afrikaanssprekendes Is
> Rassisties. Ag asseblief man get a life.
> Nou ja ons is toevallig kultuuristies. Ok? Is jy nou tevrede? Hierdie mense
> in Nieu Seeland het 'n klub gestig omdat hulle net graag die behoefte het om
> Afrikaans te praat vir meer as twee ure aanmekaar en jy wil hulle nie eers
> die eenvoudige voorreggie gun nie.

Sorrie Charles - "freedom of Association" geld slegs as jy nie wit is
nie. Hier in SA het ons 'n swart joernaliste vereniging, 'n swart
prokureurs vereniging, 'n swart arbeidskamer en etlike ander - maar die
hemele behoed jou as jy sou 'n wit enige vereniging stig en dit dan so
noem. Ek is net so gatvol soos jy vir die dubbele standaarde.
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29009 is 'n antwoord op boodskap #28958] Di, 15 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lou wrote:

> OHOPOHO! Dit is nou die antie met die Kappie wat se tjeners net Engels
> kan praat. Niks maak my so siek as iemand vir ander mense preek maar dan
> self nie hul kinders afrikaans leer nie of in Suid Afrika hul afrikaans
> kinders in Engelse skole sit.
>
> Dêm fariseers!

My kinders is nie Afrikaners of Suid-Afrikaners nie. Hulle isKanadese en leer Frans
as tweede taal. Hulle is nie van plan
om in Suid-Afrika te bly nie. Maar as die Afrikaners in SA
(die wat so sanik oor die "nuwe SA" ) so baie in Engels skryf
of in 'n mengelmoes van Engels en Afrikaans, dan begin mens
regtig wonder.

Die antie met die kappie.
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29010 is 'n antwoord op boodskap #28958] Di, 15 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Charles van der Wath"

> Ek het gewag vir daai ene... Nou sal die arme ouens van
> www.afrikaanse.org.nz plakkate moet opsit die hele Australie vol om jou vyf
> gesinne te kry.

Jy mis die punt. Al wat nodig was, was om te se dat die Afrikaanse klub oop is
vir almal wat die taal besig (die TAAL, let wel), dat die klub homself aktief
sal beywer om 'n bree en diverse afrikaanse gebruiksgroep te werf (jy se dan
self dat diversiteit een van die maniere is waarlangs die taal groei en
ontwikkel). Wanneer jy egter erken dat die groep "kultuuristies" Afrikaner is,
sien ek die gebruik van Afrikaans in die groepsbeskrywing as inkorrek en 'n
eufemisme vir wit.

> En nee ek ken nie net wit SA'ners hier nie. Ek besoek die
> Afrikaanse kerk elke week by Kings Cross (London-posters hier sal weet) en
> ek het hierdie Sondag die heel eerste anderskleurige daar gesien.

Apologie - Jy "ken" een "anderskleurige" deurdat hy/sy in 'n kerkbank gesit het
waar jy hom/haar kon sien.

> Dit laat my
> dink...

Aan wat?

leswin
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29038 is 'n antwoord op boodskap #28958] Do, 17 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> lou wrote:
>
>> OHOPOHO! Dit is nou die antie met die Kappie wat se tjeners net Engels
>> kan praat. Niks maak my so siek as iemand vir ander mense preek maar dan
>> self nie hul kinders afrikaans leer nie of in Suid Afrika hul afrikaans
>> kinders in Engelse skole sit.
>>
>> Dêm fariseers!
>
> My kinders is nie Afrikaners of Suid-Afrikaners nie. Hulle isKanadese en leer Frans
> as tweede taal. Hulle is nie van plan
> om in Suid-Afrika te bly nie. Maar as die Afrikaners in SA
> (die wat so sanik oor die "nuwe SA" ) so baie in Engels skryf
> of in 'n mengelmoes van Engels en Afrikaans, dan begin mens
> regtig wonder.
>
> Die antie met die kappie.

Ek herhaal weer wat ek in my vorige pos geskryf het. Jou kinders met 'n
Afrikaanse ma en pa kan nie 'n woord afrikaans praat nie. Jy is die
laaste een om vir ander mense te preek oor hoe en waar hulle afrikaans
mag praat. Ten miste praat hulle dit en hulle kinders praat dit!

Dêm fariseer!
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29039 is 'n antwoord op boodskap #28958] Do, 17 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>
> Ag hemel, Lou - hierdie vraag is tog nou al male sonder tal hier bespreek.
> Johan in Minnesota het byvoorbeeld vrae gevra na die "rassisme" in Swart
> Bewussynsmaand hier in die VSA, en Poolse Week, of Latino Heritage Month. Ond
> het argumente probeer toepas op presies daardie voorbeelde wat jy noem. Laat
> my dink dat jy moedswillig polemies is OF 'n emosionele opsweep as einddoel
> het.
>
> Stel eerder voor waarom jy dink dis rassisties om 'n swart skrywerskring te he.

Jy weet Leswin, jy was die een wat jou vol gedinges het oor die
Afrikaanse vereniging in NZ nie enige swart gesigte op hulle web bladsy
het nie! Jy was dus die een wat doelbewus die rasse kwessie aangegryp
het met die gepaardgaande opswepende doelwitte of "moedswillig polemies
is".

Maar jy bewys my punt baie duidelik, dankie. Sodra iemand raas oor
groepe wat swart gerig is, is hulle rassisties, maar jy mag kla oor
groepe wat nie wit gerig is nie maar uit die aard van hulle samestelling
wit lyk. Ons het die vraag male sonder tal bespreek ja, maar nog steeds
is dit nie vir my duidelik hoekom jy kan kla oor groepe wat oenskynlik
wit is, maar ek mag nie kla oor groepe wat uit net swart gerig is nie?

Ek het geen probleem met enige groep wat swart gerig is nie, of verder
op enige rasse groep gefokus is nie maar jy het duidelik 'n probleem met
groepe wat oenskynlik wit gerig is. Erger nog, laat iemand nou 'n groep
in Suid Afrika stig en met wit as een van die toelatings vereistes - kom
ons sê die Suid Afrikaanse Wit Informasie Tegnologie Vereniging of die
Blanke Afrikaanse Skrywers Vereniging. En wag dan en sien wat gebeur ...
. Vertel jy my nou of jy 'n probleem met so 'n groep sou h^e? HA!
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29070 is 'n antwoord op boodskap #28958] Vr, 18 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charles van der Wath  is tans af-lyn  Charles van der Wath
Boodskappe: 49
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Volle Lid
Selle ding wat ek sê Lou.

lou wrote in message ...
> ProPacem wrote:
>>
>>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>>
>> Ag hemel, Lou - hierdie vraag is tog nou al male sonder tal hier bespreek.
>> Johan in Minnesota het byvoorbeeld vrae gevra na die "rassisme" in Swart
>> Bewussynsmaand hier in die VSA, en Poolse Week, of Latino Heritage Month. Ond
>> het argumente probeer toepas op presies daardie voorbeelde wat jy noem. Laat
>> my dink dat jy moedswillig polemies is OF 'n emosionele opsweep as einddoel
>> het.
>>
>> Stel eerder voor waarom jy dink dis rassisties om 'n swart skrywerskring
te he.
>
>
> Jy weet Leswin, jy was die een wat jou vol gedinges het oor die
> Afrikaanse vereniging in NZ nie enige swart gesigte op hulle web bladsy
> het nie! Jy was dus die een wat doelbewus die rasse kwessie aangegryp
> het met die gepaardgaande opswepende doelwitte of "moedswillig polemies
> is".
>
> Maar jy bewys my punt baie duidelik, dankie. Sodra iemand raas oor
> groepe wat swart gerig is, is hulle rassisties, maar jy mag kla oor
> groepe wat nie wit gerig is nie maar uit die aard van hulle samestelling
> wit lyk. Ons het die vraag male sonder tal bespreek ja, maar nog steeds
> is dit nie vir my duidelik hoekom jy kan kla oor groepe wat oenskynlik
> wit is, maar ek mag nie kla oor groepe wat uit net swart gerig is nie?
>
> Ek het geen probleem met enige groep wat swart gerig is nie, of verder
> op enige rasse groep gefokus is nie maar jy het duidelik 'n probleem met
> groepe wat oenskynlik wit gerig is. Erger nog, laat iemand nou 'n groep
> in Suid Afrika stig en met wit as een van die toelatings vereistes - kom
> ons sê die Suid Afrikaanse Wit Informasie Tegnologie Vereniging of die
> Blanke Afrikaanse Skrywers Vereniging. En wag dan en sien wat gebeur ...
> . Vertel jy my nou of jy 'n probleem met so 'n groep sou h^e? HA!
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29097 is 'n antwoord op boodskap #28958] Ma, 21 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> lo...@hotmail.dinges.com
>
>> Sodra iemand raas oor
>> groepe wat swart gerig is, is hulle rassisties
>
> Ek skat ek het net myself te blameer in dat ek bly hoop dat jy die essensie van
> 'n argument snap, Lou, en nie deur jou bevooroordeelde persepsie gelei word
> nie. Ewenwel, ek stel my punt weer. Indien 'n Afrikaner Kultuurgroep in Nieeu
> Seeland of Australie gestig word en hulself as sodanig konstitueer het ek geen
> probleem daarmee nie - natuurlik in soverre dit gaan oor Afrikaner kultuur.
> Hierdie groep - en die van der wath snaar het dit duidelik gestel - beskou
> hulle wel as "kultuuristies". Nou waarom dan nie as Afrikaner Kultuurgroep
> adverteer nie. Hulle adverteer egter as 'n Afrikaanse Klub.

Hulle het die klub gestig - hulle kan as Afrikaanse Klub adverteer as
hulle wil - dis nou tensy jy die naam Afrikaans geregistreer het as vir
jou persoonlike gebruik? Jy Leswin is die een wat nie die argument kan
of wil snap nie. Hulel wil Afrikaans praat, hule het geen terme in hul
toelatings vereistes wat wit spesifiseer nie. Anderskleurige mense het
of wil dalk nie by die groep aansluit nie. Onmiddellik spring jy op jou
rassisme perdjie. Hulle praat van Afrikaanse Kultuur nie Afrikaner
Kultuur nie - het jy dit nou? Sien jou volgende opmerking.

> Die twee terme is
> nie gelykwaardig vervangbaar nie en behels definitiewe filosofiese en praktiese
> aannames, uitgangspunte, en organisatoriese missie. Smaak my HULLE, miskien
> meer so as ek, is al te deeglik bewus van die negatiewe assosiasies wat gemaak
> word met die Afrikaner-etiket gegee die groep se Apartheid betrokkenheid.

Miskien Leswin moet jy dalk meer positief probeer wees en nie altyd 'n
kleur motief gaan soek waar daar nie een is nie. Hulle spreek glad nie
kleur as toelatings vereiste aan nie. Maar jy wil hê hulle moet die
rassisties geassosieerde Afrikaner titel (jou beskrywing) aan hulle
groep heg. Ek dink jy hap nou bubbels - sover ek kan sien uit die poste
hier en aan hulle web blaai is daar geen rassistiese ondertone nie, in
teenstelling met jou uitgangspunt wat enigiets wat geen swart gesigte
bevat as rassisties afmaak. Maar enigiets wat net swart gesigte bevat
sou per jou definisie nie-rassisties wees?

> Rassisme, soos al so dikwels hier gestel, gaan nie net om eenvoudige getalle en
> beskrywing nie, maar behels ook mag en voorreg (power en privilege). Vir wat
> dit werd is, vervang rassisme met seksisme of homofobie en dit word duidelik
> dat mens nie simplisties kan se 'n vrou is seksisties sonder inagneming van
> die persoonlike konteks in terme van mag - persoonlik en geinstitutionaliseerd
> - nie. Dit is duidelik dat beide jy en van der wath 'n naiewe en
> selfversugtende begrip van rassisme huldig. Hopelik is julle oop vir 'n meer
> volledige worsteling met die begrip wat nie net akademies meer korrek is nie,
> maar ook jul eie persoonlike en individuele verhouding daartoe illumineer.

Praat Afrikaans man! Die Akademie-kaans wat jy praat is duidelik
onvanpas in die gespreks groep. Bring die bewyse van die sogenaamde
rassisme in die Afrikaanse Klub - andersins hou op modder gooi -
(Akademie-kaan- innuendos, verdagmaking).

Om af te sluit - jy het weereens rassisme ingesleep waar dit nie van
toepassing was nie. Jy het egter steeds nie my vraag geantwoord nie en
om jou geheue te verfris: "waarom is dit toelaatbaar om 'n swart gerigte
groep te mag skep en te adverteer maar 'n sogenaamde in "jou oë" wit
groep is nie toelaatbaar nie?. Nou probeer weer die vraag weer te omseil
deur 'n akademiese getjommel aan mekaar te slaan wat soos gewoonlik nie
die essensie van die punt aanspreek nie maar slegs daar is om die leser
te verwar en jou eie selfversugtende selfgewaande akademiese
belangrikheid te vertoon.

Verdere vragie "Kan nie wit mense rassisties wees?".
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29098 is 'n antwoord op boodskap #28958] Ma, 21 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ProPacem wrote:

>> Praat Afrikaans man! Die Akademie-kaans wat jy praat is duidelik
>> onvanpas in die gespreks groep
>
> Dis hoe ek praat. Miskien het jou stelling minder te doen met hoe "onvanpas"
> dit is, as met jou onvermoe om die argument daarin te peil.

Ja, ou Lou, die argument daarin is dat daar mense is wat so goeden vlot Afrikaans
kan praat dat mens met reg kan verklaar dat hy
getrouer bly aan sy Afrikaanse wortels as wat jy blykbaar voorstaan.
Die hele getjou oor die "Akademie-kaans" is deels 'n noodkreet
van iemand wat heelwaarskynlik kronies Engels en Afrikaans opmeng,
en deels is dit rassisties, want sover ek my kan herinner het jy nie
een keer vir Leendert van Oostrum gemaan om nie "Akademie-kaans"
te gebruik nie.

Gloudina
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29099 is 'n antwoord op boodskap #28958] Ma, 21 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> lou lo...@hotmail.dinges.com

> Hulel wil Afrikaans praat, hule het geen terme in hul
> toelatings vereistes wat wit spesifiseer nie

O maar hulle het - die van der wath outjie het dan self gese dat hulle
"kultuuristies" is. Nerens het ek die idee gekry dat dit Suid-Afrikaans
"kultuuristies" is nie, maar veel eerder dat dit "Afrikaner-kultuuristies" is.
Weer eens, indien dit is wat hulle wil he - doe so voort. Voorts is jou
aanname dat "almal welkom" is, nie korrek nie. Indien die groep
"Suid-Afrikaans kultuuristies" is, hoe welkom is die groep dan vir, kom ons se
'n Chinees wat Afrikaans leer praat en wil aansluit. Wanneer dit om
Afrikaansgebruik en bevordering gaan, is die Chinese student welkom, maar
wanneer die groep hulself voorstel as, kom ons se Suid-Afrikaans
"kultuuristies", behels dit nog 'n belangrike aanname, dat kultuur ook gebesig
en bevorder sal word - 'n aspek wat die Chinese student nie mag aanstaan nie.
Truth in advertising - dit bly my punt.

> Hulle praat van Afrikaanse Kultuur nie Afrikaner
> Kultuur nie

Wys my waar hulle dit gese het. En dan wil ek graag hoor wat de hel dit is -
Afrikaanse kultuur inderdaad. Ek daag beide jou en van der wath uit om met
hierdie belangrike kwessie te worstel. Wat, volgens julle, is Afrikaanse
kultuur en hoe verskil dit of is dit vergelykbaar met Afrikaner Kultuur,
"Kleurling"-kultuur, Suid-Afrikaanse kultuur?

> Praat Afrikaans man! Die Akademie-kaans wat jy praat is duidelik
> onvanpas in die gespreks groep

Dis hoe ek praat. Miskien het jou stelling minder te doen met hoe "onvanpas"
dit is, as met jou onvermoe om die argument daarin te peil. Hiermee wil ek nie
arrogant voorkom nie, maar jy bly dieselfde wysie sing al stel ek die
teenargument keer op keer op keer. Sien hieronder.

> Jy het egter steeds nie my vraag geantwoord nie en
> om jou geheue te verfris: "waarom is dit toelaatbaar om 'n swart gerigte
> groep te mag skep en te adverteer maar 'n sogenaamde in "jou oë" wit
> groep is nie toelaatbaar nie?
> Verdere vragie "Kan nie wit mense rassisties wees?".
>

Ek dag ek het reeds die antwoord verskaf, keer op keer op keer - ook in vorige
poste waaraan jy deelgeneem het. Ek het nerens gese dat 'n "wit groep" nie
toelaatbaar is nie - wel dat dit binne konteks rassisties of nie-rassisties
beoordeel kan word gegee die area waarrondom die groep hulself organiseer.
Indien 'n "Joodse skrywerskring" hulself organiseer - geen probleem; Indien 'n
Afrikanerklub in Australie hulself organiseer - geen probleem; indien 'n
"Oostenrykse kultuurgroep in die VSA hulself organiseer - geen probleem; indien
'n Viking Historiese Kultuurgroep hulself organiseer - geen probleem. Die
verskil is dat hierdie groepe rondom kultuur en etnisiteit - die bedryf,
bevordering, bestudering, behoud daarvan orgnaiseer. Hul organiseer nie rondom
WIT per se nie, selfs al is hul ledetal wit. 'n Nazi Kultuurgroep, dus,
bestaan nie - veel eerder is hul 'n wit groep mense wat rondom 'n sekere
ideologie organiseer. Wanneer die Afrikaner kultuurgroep dus Afrikaner kultuur
bestudeer - geen probleem, maar wanneer hulle bymekaarkom in die vergryp aan
Apartheids-ideologie, is hul rassisties. Voorts - vra jouself af waarom die
groep in die vreemde 'n behoefte toon aan so 'n groep terwyl hulle bes moontlik
nooit in Suid-Afrika daaraan gedink het nie. Omdat hulle as 'n
minderheidsgroep 'n ruimte soek waarin hul kultuurgoed ondersteun, verstaan, en
gevalideer word. Insgelyks, 'n groep in Amerika wat in die minderheid is ten
opsigte van mag en voorreg, is nie rassisties nie indien hulle organiseer
rondom daardie beginsels. 'n African American Onderwysersgroep is dus nie
rassisties nie. Maar, individuele african americans kan wel wees. Gestel jou
kinders ry op hul fietse deur 'n "swart woonbuurt" en hulle word uitgejou deur
vyf swart kinders as onbeskaafde boere, rassiste, dom wit plaaskuikens en met
vrot eiers gegooi. Ja, dit is rassisties - die uitsprake word in ras gekleed
EN die vyf swart outjies besit persoonlike en groepsmag in die konteks.
Wanneer, egter, die swart advokaat by die hooggeregshof lid word van die "swart
regskring" is dit allesbehalwe rassisties omrede die institusie, die reg, mag
setel in wit regsbedrywers. Hierin die verskil tussen persoonlike en
geinstitutsionaliseerde mag. Drie van die Fortune 500 maatskappye hier in die
VSA het vroue as CEO's. Industrie is duidelik seksisties bevooroordeeld
teenoor vroue in die bree. Binne die drie maatskappye, egter, waar vroue aan
die hoof staan, mag hulle teenoor mans diskrimineer vanwee hul toegang tot
magsposisies. Probeer tog openlik en eerlik met hierdie verskille omgaan en
moenie dat vooroordeel jou logiese en intellektuele vermoe om argumentspunte
in te sien en te begryp benewel nie.
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29106 is 'n antwoord op boodskap #28958] Di, 22 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> ProPacem wrote:
>
>>> Praat Afrikaans man! Die Akademie-kaans wat jy praat is duidelik
>>> onvanpas in die gespreks groep
>>
>> Dis hoe ek praat. Miskien het jou stelling minder te doen met hoe "onvanpas"
>> dit is, as met jou onvermoe om die argument daarin te peil.
>
> Ja, ou Lou, die argument daarin is dat daar mense is wat so goeden vlot Afrikaans
> kan praat dat mens met reg kan verklaar dat hy
> getrouer bly aan sy Afrikaanse wortels as wat jy blykbaar voorstaan.
> Die hele getjou oor die "Akademie-kaans" is deels 'n noodkreet
> van iemand wat heelwaarskynlik kronies Engels en Afrikaans opmeng,
> en deels is dit rassisties, want sover ek my kan herinner het jy nie
> een keer vir Leendert van Oostrum gemaan om nie "Akademie-kaans"
> te gebruik nie.
>
> Gloudina

My liewe Gloudina - ek is besig met 'n 'debat' met Leswin en ek gee nie
om of hy pienk of pers is nie. Moet asseblief nie elke gesprek kom
opneuk met rassisties aantygings nie. Hoekom sleep jy sommer jou pet
project homofobie (hey nuwe woord geleer) ook in nie!

As Leswin kan snottie raak oor my redenasie vermoe"e kan ek snotty raak
oor sy taal gebruik. En Leendert het nie onverstaanbare afrikaans wat
net in akademise kringe geuiter word, gebruik nie.
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29112 is 'n antwoord op boodskap #28958] Wo, 23 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> lou lo...@hotmail.dinges.com

Toe Napoleon, in 1812, van moskou moes terugval, het hy gese "From the sublime
to the ridiculous is but a step". Hierdie "debat" dreig nou om so 'n sotlike
aard aan te neem.

>Waar sluit hulle iemand uit? Hulel spesifiseer bloot dat hulel wil
> Afrikaans praat!

Indien dit die geval is, is my wens bloot - en ek het dit tot vervelens toe
gestel - dat hulle ALLE afrikaansprekendes verwelkom, dat hulle NIE afrikaans
met afrikaner vereenselwig nie. Van der Wath se mees resente uitsprake hier in
die "dracula" nuuslyn laat my steeds wonder.

> Dit is jou chinese student se reg om nie van die groep opset te hou nie.
> Dit is egter nie sy reg om hulel te vertel hoe om hulle groep te bedryf
> nie.

Akkoord. Maar dit is ook sy reg as verbruiker om aan te dring op 'n
geadverteerde diens. Indien die diens as Afrikaans geadverteer word, maar die
realiteit van die groepsmissie is Afrikaner, het hy of sy reg om te kla.

>Ons het nie 'n onderskeid getref nie my ou. JY HET! Word tog net wakker!

Ak komaan tog nou. Indien jy 'n organisasie stig rondom "Afrikaanse kultuur"
behels dit tog 'n idee van wat die ding is. Hoe kan jy 'n organisasie stig en
nie weet wat dit behels nie? My vraag staan dus - hoe verstaan hulle (julle?)
afrikaanse kultuur.

> Die mense
> is weg van die land waar hul groot geword het, hulle wil graag Afrikaans
> praat met mense wat 'n soortgelyke gevoel het. Dit was duidelik nie
> nodig in SA nie en hulle taal was nie bedreig nie.

Presies.

> 'n Wit Regskring is dus rassisties. Sodra daar
> dus genoeg swart regsbedrywers is sal die swart regskring rassisties
> wees

Indien mag (polities, sosiaal, ekonomies) in die swart groep gesetel is (kom
ons se Nigerie), dan is die swart regskring wat wittes uitsluit per definisie
rassisties, ja.

> As ek jou redenasie mag verder neem - dus mag mense in die
> Staasdiens nou wit gerigte groepe stig want daar werk minder wittes en
> swart mense is in beheer van die mag en so 'n groep sal dus nie
> rassisties wees nie

Ag nee, jy weet net so goed as ek dat politiese mag wel in ANC (nie noodwendig
swart nie) hande le, maar nie ekonomiese en sosiale mag nie. Voorts het ek dit
male sonder tal gese dat WIT (of dan ook SWART)per se as organisatoriese
rigsnoer problematies is.

> Verder - 'n wit Afrikaans sprekende
> klub in SA sou ook nie rassisties wees nie want daar is meer gekleurdes
> wat Afikaans praat en het dus die mags balans maar 'n gekleurde
> afrikaanse klub sal dus rassisties wees? Duh!??

Maar waarom 'n wit afrikaansprekende klub stig as daar swart
afrikaanssprekendes is? My punt bly dat die organisasie dan rondom wit
organiseer en NIE rondom Afrikaans nie. Weer eens, ook, vertaal getalle nie na
mag nie. Daar is 51% vroue - 'n meerderheid - maar getalle vertaal nie na mag
nie soos so duidelik blyk uit die voorregte (polities, ekonomies, sosiaal) wat
mans geniet.

>
> Die probleem is - soos met jou swart regskring - sal die tipe groepe nie
> outomaties verdwyn nie maar sal net sneeu bal as hulle eers in beheer is
> en dan het ons die hele ou broederbond / NP gemors van voor, want onthou
> - die broederbond is ook gestig - soos jou swart regskring - omdat mense
> hul self bedreig gevoel het en om hulle 'eie' mense op te hef.

Korrek - ek stem saam. Dit is een moontlike problematiese scenario. Dit het
egter te doen met die praktyk, met die manier waarop groepe hulself in stand
hou en NIE met die definisie van rassisme nie. Voorts is daar ook 'n
alternatiewe scenario. Die "Amerikaanse onafhanklikes" het hulself as groep
georganiseer omdat hulle gevoel het dat Brittanje as koloniale moondheid nie
hul belange, behoeftes - inderwaaarheid kultuur - in die "nuwe wereld" op die
hart dra en verstaan nie. As minderheidsgroep het hulle hulself beywer vir
sodanige begrip. Met die Bostonse teeparty en daarna uitreindelike
onafhanklikheid van Brittanje, het die groep mag bekom en was dit nie meer
nodig om die groep in stand te hou nie. Dit bestaan nie meer nie. Die UDF
bestaan nie meer nie want die organisatoriese rigsnoer en doelwitte van die
groep is gerealiseer. Dit mag dus ook wees dat die swart regskring mettertyd
nie nodig sal wees nie omrede hul oogmerke nou gerealiseer is. Jy sien
duidelik, egter, dat indien 'n groep rondom WIT of SWART organiseer as
hoofrede, dat dit intractably aan die lewe kan bly.
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29113 is 'n antwoord op boodskap #28958] Wo, 23 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lou wrote:

> en dan het ons die hele ou broederbond / NP gemors van voor
>

Ja-nee, Leswin. Hier het Lou nou 'n punt. Ek sidder om te dink:
eers stig hulle die klein ou groepie daar in Australia. Kort voor
lank neem hulle daar oor, en dan begin hulle aparte woonbuurte
en tuislande stig, en alle kinders moet twee vakke deur medium
van Afrikaans loop. Uiteindelik stoot hulle mense uit vliegtuie
uit, en hulle verklaar dat mense op sepies gegly het in toilette
en van trappe afgeval het en so selfmoord gepleeg het. En dan
sal dit 'n burgeroorlog neem om die mag weer uit hulle hande
te worstel. Dink Leswin, dink.

Pollie ons gaan Perel toe.
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29114 is 'n antwoord op boodskap #28958] Wo, 23 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>
>> Hulel wil Afrikaans praat, hule het geen terme in hul
>> toelatings vereistes wat wit spesifiseer nie
>
> O maar hulle het - die van der wath outjie het dan self gese dat hulle
> "kultuuristies" is. Nerens het ek die idee gekry dat dit Suid-Afrikaans
> "kultuuristies" is nie, maar veel eerder dat dit "Afrikaner-kultuuristies" is.

Dit is jou"idee" - dit is nerens wit op swart :) nie!
> Weer eens, indien dit is wat hulle wil he - doe so voort. Voorts is jou
> aanname dat "almal welkom" is, nie korrek nie. Indien die groep
> "Suid-Afrikaans kultuuristies" is, hoe welkom is die groep dan vir, kom ons se
> 'n Chinees wat Afrikaans leer praat en wil aansluit.

Waar sluit hulle iemand uit? Hulel spesifiseer bloot dat hulel wil
Afrikaans praat!

> Wanneer dit om
> Afrikaansgebruik en bevordering gaan, is die Chinese student welkom, maar
> wanneer die groep hulself voorstel as, kom ons se Suid-Afrikaans
> "kultuuristies", behels dit nog 'n belangrike aanname, dat kultuur ook gebesig
> en bevorder sal word - 'n aspek wat die Chinese student nie mag aanstaan nie.
> Truth in advertising - dit bly my punt.

Dit is jou chinese student se reg om nie van die groep opset te hou nie.
Dit is egter nie sy reg om hulel te vertel hoe om hulle groep te bedryf
nie. Net soos jy nou doen. Van wat hulle hulself mag noem tot by die wat
hulel doen is hulle vrye reg. Of is hulel kler verkeerd om enige regte
te mag he?
>
>> Hulle praat van Afrikaanse Kultuur nie Afrikaner
>> Kultuur nie
>
> Wys my waar hulle dit gese het.

Asseblief Leswin, bly by die arguments lyn. JY het gesê hule is
Afrikaner Kultuur gerig. Hulel het nie so gesê nie. Jy het die
beskuldiging gemaak, bewys jy dit nue.

> En dan wil ek graag hoor wat de hel dit is -
> Afrikaanse kultuur inderdaad. Ek daag beide jou en van der wath uit om met
> hierdie belangrike kwessie te worstel. Wat, volgens julle, is Afrikaanse
> kultuur en hoe verskil dit of is dit vergelykbaar met Afrikaner Kultuur,
> "Kleurling"-kultuur, Suid-Afrikaanse kultuur?

Ons het nie 'n onderskeid getref nie my ou. JY HET! Word tog net wakker!

>
>> Praat Afrikaans man! Die Akademie-kaans wat jy praat is duidelik
>> onvanpas in die gespreks groep
>
> Dis hoe ek praat. Miskien het jou stelling minder te doen met hoe "onvanpas"
> dit is, as met jou onvermoe om die argument daarin te peil. Hiermee wil ek nie
> arrogant voorkom nie, maar jy bly dieselfde wysie sing al stel ek die
> teenargument keer op keer op keer. Sien hieronder.

Sodra jou argument verflou intesifiseer jou gebruik van akademies
gerigte woorde. Met ander woorde jy begin gorrel om om die argument te
kan jom.

>
>> Jy het egter steeds nie my vraag geantwoord nie en
>> om jou geheue te verfris: "waarom is dit toelaatbaar om 'n swart gerigte
>> groep te mag skep en te adverteer maar 'n sogenaamde in "jou oë" wit
>> groep is nie toelaatbaar nie?
>> Verdere vragie "Kan nie wit mense rassisties wees?".
>>
>
> Ek dag ek het reeds die antwoord verskaf, keer op keer op keer - ook in vorige
> poste waaraan jy deelgeneem het. Ek het nerens gese dat 'n "wit groep" nie
> toelaatbaar is nie - wel dat dit binne konteks rassisties of nie-rassisties
> beoordeel kan word gegee die area waarrondom die groep hulself organiseer.

Jy verskaf steeds nie die antwoord nie. Hoekom dan kla oor die
Afrikaanse Klub? Hulle is nerens spesifiek rassisties nie. Jy oordeel
bloot omdat hulel afrikaans en wit is. En dit is nie noodwendig gelyk
aan rassisme nie.

> Indien 'n "Joodse skrywerskring" hulself organiseer - geen probleem; Indien 'n
> Afrikanerklub in Australie hulself organiseer - geen probleem; indien 'n
> "Oostenrykse kultuurgroep in die VSA hulself organiseer - geen probleem; indien
> 'n Viking Historiese Kultuurgroep hulself organiseer - geen probleem. Die
> verskil is dat hierdie groepe rondom kultuur en etnisiteit - die bedryf,
> bevordering, bestudering, behoud daarvan orgnaiseer. Hul organiseer nie rondom
> WIT per se nie, selfs al is hul ledetal wit. 'n Nazi Kultuurgroep, dus,
> bestaan nie - veel eerder is hul 'n wit groep mense wat rondom 'n sekere
> ideologie organiseer. Wanneer die Afrikaner kultuurgroep dus Afrikaner kultuur
> bestudeer - geen probleem, maar wanneer hulle bymekaarkom in die vergryp aan
> Apartheids-ideologie, is hul rassisties.

> Voorts - vra jouself af waarom die
> groep in die vreemde 'n behoefte toon aan so 'n groep terwyl hulle bes moontlik
> nooit in Suid-Afrika daaraan gedink het nie.

Maar omdat die mense Afrikaans praat, wit is het jy onmiddellik 'n
RASSISTIESE bordjie om hulle nek gehang. Dit is jou konteks? Die mense
is weg van die land waar hul groot geword het, hulle wil graag Afrikaans
praat met mense wat 'n soortgelyke gevoel het. Dit was duidelik nie
nodig in SA nie en hulle taal was nie bedreig nie.

> minderheidsgroep 'n ruimte soek waarin hul kultuurgoed ondersteun, verstaan, en
> gevalideer word. Insgelyks, 'n groep in Amerika wat in die minderheid is ten
> opsigte van mag en voorreg, is nie rassisties nie indien hulle organiseer
> rondom daardie beginsels. 'n African American Onderwysersgroep is dus nie
> rassisties nie. Maar, individuele african americans kan wel wees. Gestel jou
> kinders ry op hul fietse deur 'n "swart woonbuurt" en hulle word uitgejou deur
> vyf swart kinders as onbeskaafde boere, rassiste, dom wit plaaskuikens en met
> vrot eiers gegooi. Ja, dit is rassisties - die uitsprake word in ras gekleed
> EN die vyf swart outjies besit persoonlike en groepsmag in die konteks.
> Wanneer, egter, die swart advokaat by die hooggeregshof lid word van die "swart
> regskring" is dit allesbehalwe rassisties omrede die institusie, die reg, mag
> setel in wit regsbedrywers.

Kyk tog na jou redenasie. 'n Wit Regskring is dus rassisties. Sodra daar
dus genoeg swart regsbedrywers is sal die swart regskring rassisties
wees. As ek jou redenasie mag verder neem - dus mag mense in die
Staasdiens nou wit gerigte groepe stig want daar werk minder wittes en
swart mense is in beheer van die mag en so 'n groep sal dus nie
rassisties wees nie, maar swart groepe sal wel rassisties wees - jou
definisie. Kom ons maak jou redenasie van toepassing op die Afrikaans
Klub in OZ of NZ. Hulle het minder Afrikaans sprekendes in die land en
is dus bedreig in terme van hulel taal en dus is 'n Afrikaanse Klub per
jou defiisie nie rassisties nie. Verder - 'n wit Afrikaans sprekende
klub in SA sou ook nie rassisties wees nie want daar is meer gekleurdes
wat Afikaans praat en het dus die mags balans maar 'n gekleurde
afrikaanse klub sal dus rassisties wees? Duh!??

Die probleem is - soos met jou swart regskring - sal die tipe groepe nie
outomaties verdwyn nie maar sal net sneeu bal as hulle eers in beheer is
en dan het ons die hele ou broederbond / NP gemors van voor, want onthou
- die broederbond is ook gestig - soos jou swart regskring - omdat mense
hul self bedreig gevoel het en om hulle 'eie' mense op te hef.

> Hierin die verskil tussen persoonlike en
> geinstitutsionaliseerde mag. Drie van die Fortune 500 maatskappye hier in die
> VSA het vroue as CEO's. Industrie is duidelik seksisties bevooroordeeld
> teenoor vroue in die bree. Binne die drie maatskappye, egter, waar vroue aan
> die hoof staan, mag hulle teenoor mans diskrimineer vanwee hul toegang tot
> magsposisies. Probeer tog openlik en eerlik met hierdie verskille omgaan en
> moenie dat vooroordeel jou logiese en intellektuele vermoe om argumentspunte
> in te sien en te begryp benewel nie.

Duidelik het ons twee verwysings raamwerke en ek kan verstaan waar jy
vandaan kom maar stem nie daarmee saam nie.

Ek bly egter by my punt - probeer enige groep in SA stig met wit as 'n
toelatings vereiste en daar sal 'n hengse kabaal wees al is dit 'n
minderheids groep in terme van jou 'swart regsorde' redenasie. Verer
probeer 'n Afrikaanse groep enige plek op aarde stig en daar in nie 'n
paar token gekleurdes in nie en jou tipe reaksie is onmiddellik daar.
Maar stig 'n groep met swart as 'n toelatings vereiste - geen haan kraai
daarna nie.
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29151 is 'n antwoord op boodskap #29112] Ma, 28 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>
> Toe Napoleon, in 1812, van moskou moes terugval, het hy gese "From the sublime
> to the ridiculous is but a step". Hierdie "debat" dreig nou om so 'n sotlike
> aard aan te neem.
>
>> Waar sluit hulle iemand uit? Hulel spesifiseer bloot dat hulel wil
>> Afrikaans praat!
>
> Indien dit die geval is, is my wens bloot - en ek het dit tot vervelens toe
> gestel - dat hulle ALLE afrikaansprekendes verwelkom, dat hulle NIE afrikaans
> met afrikaner vereenselwig nie. Van der Wath se mees resente uitsprake hier in
> die "dracula" nuuslyn laat my steeds wonder.

As vd Wath die Afrikaanse Klub se spreekbuis is - dan kan jy. Maar jy en
ek herhaal ddit weer met die gepaardgaande risiko om as 'n sot deur jou
bestempel te word - HET SONDER OM ENIGIETS ANDERS IN AG TE NEEM DIE
GROEP AS RASSISTIES GEKLASSIFISEER OMDAT HULLE AFRIKAANS WIL PRAAT EN
DAAR NET WIT GESIGTE OP HULLE WEB BLAD WAS! Sou jy 'n NZ Engelse Suid
Afrikaans Klub wat wel SA Kultuur as deel van hulle rigsnoere het is ook
as rassisties beskou? Ek dink nie so nie want hulle is nie Afrikaans
nie ...

>
>> Dit is jou chinese student se reg om nie van die groep opset te hou nie.
>> Dit is egter nie sy reg om hulel te vertel hoe om hulle groep te bedryf
>> nie.
>
> Akkoord. Maar dit is ook sy reg as verbruiker om aan te dring op 'n
> geadverteerde diens. Indien die diens as Afrikaans geadverteer word, maar die
> realiteit van die groepsmissie is Afrikaner, het hy of sy reg om te kla.
>

Jy gaan nou wyd om met die definisie van 'n diens - my def: 'n diens is
iets waarvoor jy bereid is om te betaal. Die Afrikaanse Klub lewer nie
'n diens nie - hulle sê slegs dat hulle afrikaans wil praat. Jou
sjinese student voorbeeld is dus irrelevant. Indien hy egter 'n fooi
gevra word om Afrikans te leer praat maar die kultuur word op hom
afgedwing dan kan hy kla.

>
>> Die mense
>> is weg van die land waar hul groot geword het, hulle wil graag Afrikaans
>> praat met mense wat 'n soortgelyke gevoel het. Dit was duidelik nie
>> nodig in SA nie en hulle taal was nie bedreig nie.
>
> Presies.

Dankie :) maar lees weer jou vorge pos .
>
>> 'n Wit Regskring is dus rassisties. Sodra daar
>> dus genoeg swart regsbedrywers is sal die swart regskring rassisties
>> wees
>
> Indien mag (polities, sosiaal, ekonomies) in die swart groep gesetel is (kom
> ons se Nigerie), dan is die swart regskring wat wittes uitsluit per definisie
> rassisties, ja.
>
>> As ek jou redenasie mag verder neem - dus mag mense in die
>> Staasdiens nou wit gerigte groepe stig want daar werk minder wittes en
>> swart mense is in beheer van die mag en so 'n groep sal dus nie
>> rassisties wees nie
>
> Ag nee, jy weet net so goed as ek dat politiese mag wel in ANC (nie noodwendig
> swart nie) hande le, maar nie ekonomiese en sosiale mag nie.
Ek mag dus 'n politiese wit groep stig maar nie 'n ekonomiese wit groep
nie. Wie het nou weer van sotlike redenasies gepraat?

> Voorts het ek dit
> male sonder tal gese dat WIT (of dan ook SWART)per se as organisatoriese
> rigsnoer problematies is.

Weereens dankie. Dit was nog heeltyd my punt - enige groep wat gerig is
op mense op grond van hulle ras bo ander te bevoordeel - is VERKEERD!
Dit was verkeerd vir die ou SA dit is ook verkeerd vir die nuwe SA. Ons
stem dus saam ... :)

>
>> Verder - 'n wit Afrikaans sprekende
>> klub in SA sou ook nie rassisties wees nie want daar is meer gekleurdes
>> wat Afikaans praat en het dus die mags balans maar 'n gekleurde
>> afrikaanse klub sal dus rassisties wees? Duh!??
>
> Maar waarom 'n wit afrikaansprekende klub stig as daar swart
> afrikaanssprekendes is? My punt bly dat die organisasie dan rondom wit
> organiseer en NIE rondom Afrikaans nie. Weer eens, ook, vertaal getalle nie na
> mag nie. Daar is 51% vroue - 'n meerderheid - maar getalle vertaal nie na mag
> nie soos so duidelik blyk uit die voorregte (polities, ekonomies, sosiaal) wat
> mans geniet.
>

Hoekom 'n swart regskring stig as daar wit regslui is? My punt is ook
steeds dat die spesifieke organisasie daar is om op grond van ras te
organiseer.

>>
>> Die probleem is - soos met jou swart regskring - sal die tipe groepe nie
>> outomaties verdwyn nie maar sal net sneeu bal as hulle eers in beheer is
>> en dan het ons die hele ou broederbond / NP gemors van voor, want onthou
>> - die broederbond is ook gestig - soos jou swart regskring - omdat mense
>> hul self bedreig gevoel het en om hulle 'eie' mense op te hef.
>
> Korrek - ek stem saam. Dit is een moontlike problematiese scenario. Dit het
> egter te doen met die praktyk, met die manier waarop groepe hulself in stand
> hou en NIE met die definisie van rassisme nie.

Die swart regskring het twee toelatings vereistes - jy moet swart wees
en jy moet in die regsberoep wees. I rest my case your honour - if you
will pardon the pun. :)

> Voorts is daar ook 'n
> alternatiewe scenario. Die "Amerikaanse onafhanklikes" het hulself as groep
> georganiseer omdat hulle gevoel het dat Brittanje as koloniale moondheid nie
> hul belange, behoeftes - inderwaaarheid kultuur - in die "nuwe wereld" op die
> hart dra en verstaan nie. As minderheidsgroep het hulle hulself beywer vir
> sodanige begrip. Met die Bostonse teeparty en daarna uitreindelike
> onafhanklikheid van Brittanje, het die groep mag bekom en was dit nie meer
> nodig om die groep in stand te hou nie. Dit bestaan nie meer nie. Die UDF
> bestaan nie meer nie want die organisatoriese rigsnoer en doelwitte van die
> groep is gerealiseer.

Die UDF het verdwyn omdat hulle doelwitte gerealiseer het? Of was hulle
'n plekhouer vir die ANC terwyl die verban was. Jou voorbeeld is ook nie
relevant nie.
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29164 is 'n antwoord op boodskap #29151] Wo, 01 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> lou lo...@hotmail.dinges.com

> Maar jy en
> ek herhaal ddit weer met die gepaardgaande risiko om as 'n sot deur jou
> bestempel te word

Ek sal jou nie as 'n sot bestempel nie. Jou argumente miskien, maar nie jy
nie.

> HET SONDER OM ENIGIETS ANDERS IN AG TE NEEM DIE
> GROEP AS RASSISTIES GEKLASSIFISEER OMDAT HULLE AFRIKAANS WIL PRAAT EN
> DAAR NET WIT GESIGTE OP HULLE WEB BLAD WAS

Ek raai jou aan om my oorspronklike pos uit die argiewe op te diep. Jy sal dan
oplet dat ek hulle gewaarsku het teen die moontlikheid van sodanige
klassifikasie, en NIE dat ek hulle so geklassifiseer het nie. Daar is 'n
verskil. Nou, na die van der wath outjie se uitsprake, is ek nie meer so seker
nie en voel ek dat ek (ten minste) hul lede as rassiste kan uitkryt.

> Sou jy 'n NZ Engelse Suid
> Afrikaans Klub wat wel SA Kultuur as deel van hulle rigsnoere het is ook
> as rassisties beskou

Nee, tot vervelens toe nee, en wel omdat hulle nie ras as rigsnoer gebruik nie.
Suid-Afrikaanse kultuur, immers, is nie gelyk te stel aan wit nie, nog minder
engels. Voorts stel hulle duidelik dat hulle ook sa kultuur bestudeer - iets
wat hierdie afrikaanse groep nêrens erken het totdat hulle daaroor gedruk was.

> n diens is
> iets waarvoor jy bereid is om te betaal.

Snert. Vele NGO's, charity organisasies, en volunteer organisasies lewer
dienste sonder dat betaling verwag word van die mense aan wie die diens verskaf
word. En selfs al betaal jy nie, het jy net soveel reg om op goeie en
geadverteerde diens aan te dring.

> Ek mag dus 'n politiese wit groep stig maar nie 'n ekonomiese wit groep
> nie.

Jy wil maar net nie die argument insien nie, nê. Ek sal jou egter nie toelaat
om my argument te verwring in die siek rigting soos hierbo nie. Weer eens
(seker nou die agste of neënde keer) - wit as rigsnoer in 'n konteks waar wit
mag besit is rassisties. So ook swart as rigsnoer in 'n konteks waar swart mag
besit.

> Dit was nog heeltyd my punt - enige groep wat gerig is
> op mense op grond van hulle ras bo ander te bevoordeel - is VERKEERD!

Ek lees hierin weer 'n deurdagte en verfoeilike goëlery (ek noem dit 'n "Van
Oostrum") met die argument. Jy vergeet heel gemaklik van die deel wat ek nou
al so lank probeer tuisbring, nl. dat ras as uitluitlike argumentskriterium
soms nie moontlik is nie. Konteks is ook belangrik. Na aanleiding van die
bogenoemde sal jy byvoorbeeld wil sê dat ek met jou saamstem dat regstellende
aksie VERKEERD is omdat dit sekere rasse bevoordeel. Jy weet egter dat ek NIE
daarmee saamstem nie omrede ek ook mag en toegang tot mag, geleenthede en
toegang tot geleenthede, institusionele rassisme vs persoonlike rassisme, in
gedrang bring. Ons stem dus NIE saam nie ten spyte van jou agterbakse
argumentsvanoostrum.

> Die swart regskring het twee toelatings vereistes - jy moet swart wees
> en jy moet in die regsberoep wees

in 'n regsmileu wat hoofsaaklik wit is.

> Die UDF het verdwyn omdat hulle doelwitte gerealiseer het? Of was hulle
> 'n plekhouer vir die ANC terwyl die verban was

'n Kerndoelwit, dus, was gerealiseer. Die ANC is immers nie meer verban nie,
of hoe?

> Jou voorbeeld is ook nie
> relevant nie.

Waarom nie?
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29165 is 'n antwoord op boodskap #28958] Wo, 01 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die diskussie lyk te versand in prinsiepe kwesties. Maar ek gee nou 'n voorbeeld

*Stel jy is van onverskillig watter land en jy woon onverskillig watter reden
in die buitenland. Jy stel vas in die omgewing waar jy nou woon bestaan daar
nie klup van mense van jou land nie. Jy en jou vrou besluit so'n klup te stig.
Julle publiseer julle voornemen om so'n klup te stig in die lokale krante en
saai dit uit oor die lokale radio. Julle weet of het 'n vermoede dat in jou
omgewing baie mense uit jou land leef en werk. Dan gaan die poppekas los, mense
skakel vir julle, mense skryf na julle adres. Julle maak 'n lys. Na sekere tyd
pos julle 'n rondskrywe gerig aan die mense wat julle gekontakteer het en julle
nooi hulle uit om op 's sekere dag op 'n sekere plek saam te kom.
Sal by dese nog vermeld dat jou land 'n multie kulturele en 'n mengelmoes
van allerly verskillende bevolkingsgroepe is. Julle opsig is om met mense wat
julle taal spreek nuwe en vriendskaplike betrekkinge aan te knoop.
Die sekere dag het aangebreek en die deelnemers het aangekom, jy sien die
gesigte van die mense, jy sien nie die mens agter die gesig. Jy sal dus nie
vooraf oordeel oor die mense. Hulle spreek jou taal, hulle is wellig afkomstig
uit 'n andere provinsie van jou land. Na die gesamelike maaltyd (vir ieders eie
koste) gaan iedereen huis toe. Nou ontwikkel sig nadat 'n jaar virbygegaan het
wat eienaardigs. Wat gebeur nou: Die mense in jou klup wat mooi met jou saamstemen wat mooi met andere kluplede saamstem bly in die klup, Andere mense met 'n
andere en/of afwykende mening bly weg. So gaan dit ook in 'n klup, natuurlike
seleksie van lede. O.K. in jou klup is 'n Sjienees, Japanner, Turk, Marokkaan ofwatter mens ook wat in jou land gebore en grootgeword het. Hulle kom van
dieselfde land as jy, hulle het slegs 'n ander ras en andere voorouers as jy.
Ieder kom uit eie vrye wil na jou klup, hulle sal kom en gaan as hulle dit
verkies.
Wat is nou die uitgangspunt van 'n klompie mense van onverskillig watter land
in 'n buitenland ? En die baie eenvoudige antwoord is: Geselligheid.
Dus het julle lede wat wit,rood,geel,swart of 'n in jou land toevallig gebore
eskiemo is, bepaal jou standpunt aan die hand van die mens agter sy kleur.
Stem jy saam, pragtig, stem jy nie saam nie ontstaan daar wellig 'n gesprek wat
die moontlikheid skep 'n begrip te kry vir 'n andere mening as jou mening.

Hoop dit help.

Vrydenker

>
>> Maar jy en
>> ek herhaal ddit weer met die gepaardgaande risiko om as 'n sot deur jou
>> bestempel te word
>
> Ek sal jou nie as 'n sot bestempel nie. Jou argumente miskien, maar nie jy
> nie.
>
>> HET SONDER OM ENIGIETS ANDERS IN AG TE NEEM DIE
>> GROEP AS RASSISTIES GEKLASSIFISEER OMDAT HULLE AFRIKAANS WIL PRAAT EN
>> DAAR NET WIT GESIGTE OP HULLE WEB BLAD WAS
>
> Ek raai jou aan om my oorspronklike pos uit die argiewe op te diep. Jy sal dan
> oplet dat ek hulle gewaarsku het teen die moontlikheid van sodanige
> klassifikasie, en NIE dat ek hulle so geklassifiseer het nie. Daar is 'n
> verskil. Nou, na die van der wath outjie se uitsprake, is ek nie meer so seker
> nie en voel ek dat ek (ten minste) hul lede as rassiste kan uitkryt.
>
>> Sou jy 'n NZ Engelse Suid
>> Afrikaans Klub wat wel SA Kultuur as deel van hulle rigsnoere het is ook
>> as rassisties beskou
>
> Nee, tot vervelens toe nee, en wel omdat hulle nie ras as rigsnoer gebruik nie.
> Suid-Afrikaanse kultuur, immers, is nie gelyk te stel aan wit nie, nog minder
> engels. Voorts stel hulle duidelik dat hulle ook sa kultuur bestudeer - iets
> wat hierdie afrikaanse groep nêrens erken het totdat hulle daaroor gedruk was.
>
>> n diens is
>> iets waarvoor jy bereid is om te betaal.
>
> Snert. Vele NGO's, charity organisasies, en volunteer organisasies lewer
> dienste sonder dat betaling verwag word van die mense aan wie die diens verskaf
> word. En selfs al betaal jy nie, het jy net soveel reg om op goeie en
> geadverteerde diens aan te dring.
>
>> Ek mag dus 'n politiese wit groep stig maar nie 'n ekonomiese wit groep
>> nie.
>
> Jy wil maar net nie die argument insien nie, nê. Ek sal jou egter nie toelaat
> om my argument te verwring in die siek rigting soos hierbo nie. Weer eens
> (seker nou die agste of neënde keer) - wit as rigsnoer in 'n konteks waar wit
> mag besit is rassisties. So ook swart as rigsnoer in 'n konteks waar swart mag
> besit.
>
>
>> Dit was nog heeltyd my punt - enige groep wat gerig is
>> op mense op grond van hulle ras bo ander te bevoordeel - is VERKEERD!
>
> Ek lees hierin weer 'n deurdagte en verfoeilike goëlery (ek noem dit 'n "Van
> Oostrum") met die argument. Jy vergeet heel gemaklik van die deel wat ek nou
> al so lank probeer tuisbring, nl. dat ras as uitluitlike argumentskriterium
> soms nie moontlik is nie. Konteks is ook belangrik. Na aanleiding van die
> bogenoemde sal jy byvoorbeeld wil sê dat ek met jou saamstem dat regstellende
> aksie VERKEERD is omdat dit sekere rasse bevoordeel. Jy weet egter dat ek NIE
> daarmee saamstem nie omrede ek ook mag en toegang tot mag, geleenthede en
> toegang tot geleenthede, institusionele rassisme vs persoonlike rassisme, in
> gedrang bring. Ons stem dus NIE saam nie ten spyte van jou agterbakse
> argumentsvanoostrum.
>
>> Die swart regskring het twee toelatings vereistes - jy moet swart wees
>> en jy moet in die regsberoep wees
>
> in 'n regsmileu wat hoofsaaklik wit is.
>
>> Die UDF het verdwyn omdat hulle doelwitte gerealiseer het? Of was hulle
>> 'n plekhouer vir die ANC terwyl die verban was
>
> 'n Kerndoelwit, dus, was gerealiseer. Die ANC is immers nie meer verban nie,
> of hoe?
>
>> Jou voorbeeld is ook nie
>> relevant nie.
>
> Waarom nie?
>
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29173 is 'n antwoord op boodskap #28958] Vr, 03 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>
>> Maar jy en
>> ek herhaal ddit weer met die gepaardgaande risiko om as 'n sot deur jou
>> bestempel te word
>
> Ek sal jou nie as 'n sot bestempel nie. Jou argumente miskien, maar nie jy
> nie.

Soos Langenhoven wat 'n parlemetere opmerking gemaak het dat die helfte
van die lede skape (?) was en toe hy dit moes terug trek gesê dat
helfte van hulle nie skape was nie?

>
>> HET SONDER OM ENIGIETS ANDERS IN AG TE NEEM DIE
>> GROEP AS RASSISTIES GEKLASSIFISEER OMDAT HULLE AFRIKAANS WIL PRAAT EN
>> DAAR NET WIT GESIGTE OP HULLE WEB BLAD WAS
>
> Ek raai jou aan om my oorspronklike pos uit die argiewe op te diep. Jy sal dan
> oplet dat ek hulle gewaarsku het teen die moontlikheid van sodanige
> klassifikasie, en NIE dat ek hulle so geklassifiseer het nie. Daar is 'n
> verskil. Nou, na die van der wath outjie se uitsprake, is ek nie meer so seker
> nie en voel ek dat ek (ten minste) hul lede as rassiste kan uitkryt.
>

".... VAN hulle lede as rassiste uitkryt". Jy veralgemeen op grond van
jou kontak met een persoon. Opas tog daarvoor. Verdr het jy dit gestel
dat omdat daar net wit gesigte op die web blad was hulel rassisties is.
PUNT!

>> Sou jy 'n NZ Engelse Suid
>> Afrikaans Klub wat wel SA Kultuur as deel van hulle rigsnoere het is ook
>> as rassisties beskou
>
> Nee, tot vervelens toe nee, en wel omdat hulle nie ras as rigsnoer gebruik nie.
> Suid-Afrikaanse kultuur, immers, is nie gelyk te stel aan wit nie, nog minder
> engels. Voorts stel hulle duidelik dat hulle ook sa kultuur bestudeer - iets
> wat hierdie afrikaanse groep nêrens erken het totdat hulle daaroor gedruk was.
>
>> n diens is
>> iets waarvoor jy bereid is om te betaal.
>
> Snert. Vele NGO's, charity organisasies, en volunteer organisasies lewer
> dienste sonder dat betaling verwag word van die mense aan wie die diens verskaf
> word. En selfs al betaal jy nie, het jy net soveel reg om op goeie en
> geadverteerde diens aan te dring.

Boel man. Omdat die groep sê dat hulle Afrikaans wil praat, beteken dit
nie dat hulle 'n diens aanbied om afrikaans aan ander te leer nie, en
"adverteer" hulle dit ook nie! Wie het nou 'n sotlike redenasie? Verder
kan jy nie aandring om goeie diens as jy nie daarvoor betaal nie!
Probeer vir die Salvation Army sê jy hou nie van hulle kos nie. Kyk of
hulle omgee?

>
>> Ek mag dus 'n politiese wit groep stig maar nie 'n ekonomiese wit groep
>> nie.
>
> Jy wil maar net nie die argument insien nie, nê. Ek sal jou egter nie toelaat
> om my argument te verwring in die siek rigting soos hierbo nie. Weer eens
> (seker nou die agste of neënde keer) - wit as rigsnoer in 'n konteks waar wit
> mag besit is rassisties. So ook swart as rigsnoer in 'n konteks waar swart mag
> besit.

Miskien moet jy jou eie woorde lees voor jy opstyg ... daar mag dus as
dit jou doelwitte pas gediskrimineer word - ekonomies - maar as dit nie
jou pas nie - soos in polities - mag jy nie.As jy eers begin
diskrimineer waar stop jy? Mag ek diskrimineer teen mense wat slimmer as
ander is al is die ras nie relevant? Teen mense wat beter atlete as
ander is as gevolg van hulle ras? Mense wat sekere talente het wat ander
nie het nie want onthou as jy eers Pandora se doos oopgemaak het dan kan
hy nie weer toe nie!

>
>> Dit was nog heeltyd my punt - enige groep wat gerig is
>> op mense op grond van hulle ras bo ander te bevoordeel - is VERKEERD!
>
> Ek lees hierin weer 'n deurdagte en verfoeilike goëlery (ek noem dit 'n "Van
> Oostrum") met die argument. Jy vergeet heel gemaklik van die deel wat ek nou
> al so lank probeer tuisbring, nl. dat ras as uitluitlike argumentskriterium
> soms nie moontlik is nie. Konteks is ook belangrik. Na aanleiding van die
> bogenoemde sal jy byvoorbeeld wil sê dat ek met jou saamstem dat regstellende
> aksie VERKEERD is omdat dit sekere rasse bevoordeel. Jy weet egter dat ek NIE
> daarmee saamstem nie omrede ek ook mag en toegang tot mag, geleenthede en
> toegang tot geleenthede, institusionele rassisme vs persoonlike rassisme, in
> gedrang bring. Ons stem dus NIE saam nie ten spyte van jou agterbakse
> argumentsvanoostrum.

En jy kyk nie na my argument dat as jy ras gebruik as een van die
kriteria waarvolgens jy een groep bo 'n ander bevorder diskrimineer jy
teen die ander groep! Dit is tog waaroor Apartheid met al sy fasette
gegaan het en onthou soos ek voorheen gesê het dit het ook begin om 'n
sogenaamde agtergeblewene groep op te hef. Verder as soos jy sê - daar
mag gediskrimineer mag word soos in jou swart regskring wanneer stop jy
- wanneer die swart regskring die regsmag het en hulle dan vanaf 'n
organisasie buite die bestuur die bestuur oorgeneem het het en dan as
die bestuur begin diskrimineer? Jy vergeet dat as jy eers een keer
gediskrimineer het op grond an ras, geslag, gebrek dit byna onmoontlik
is om te stop! (Maar jy sal seker die deel ook snip)

>
>> Die swart regskring het twee toelatings vereistes - jy moet swart wees
>> en jy moet in die regsberoep wees
>
> in 'n regsmileu wat hoofsaaklik wit is.
>
>> Die UDF het verdwyn omdat hulle doelwitte gerealiseer het? Of was hulle
>> 'n plekhouer vir die ANC terwyl die verban was
>
> 'n Kerndoelwit, dus, was gerealiseer. Die ANC is immers nie meer verban nie,
> of hoe?

Jy het weereens selektief gesnip. Gaan kyk na jou vorige pos.

>
>> Jou voorbeeld is ook nie
>> relevant nie.
>
> Waarom nie?

Gaan lees weer my vorige pos. Die HELE pos.
Re: Afrikaans in New Zealand [boodskap #29223 is 'n antwoord op boodskap #29165] Do, 09 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
Maarten Jansonius  is tans af-lyn  Maarten Jansonius
Boodskappe: 29
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
Loes & Patrick schreef:
>
> Die diskussie lyk te versand in prinsiepe kwesties. Maar ek gee nou 'n voorbeeld
>
> *Stel jy is van onverskillig watter land en jy woon onverskillig watter reden
> in die buitenland. Jy stel vas in die omgewing waar jy nou woon bestaan daar
> nie klup van mense van jou land nie. Jy en jou vrou besluit so'n klup te stig.
> Julle publiseer julle voornemen om so'n klup te stig in die lokale krante en
> saai dit uit oor die lokale radio. Julle weet of het 'n vermoede dat in jou
> omgewing baie mense uit jou land leef en werk. Dan gaan die poppekas los, mense
> skakel vir julle, mense skryf na julle adres. Julle maak 'n lys. Na sekere tyd
> pos julle 'n rondskrywe gerig aan die mense wat julle gekontakteer het en julle
> nooi hulle uit om op 's sekere dag op 'n sekere plek saam te kom.
> Sal by dese nog vermeld dat jou land 'n multie kulturele en 'n mengelmoes
> van allerly verskillende bevolkingsgroepe is. Julle opsig is om met mense wat
> julle taal spreek nuwe en vriendskaplike betrekkinge aan te knoop.
> Die sekere dag het aangebreek en die deelnemers het aangekom, jy sien die
> gesigte van die mense, jy sien nie die mens agter die gesig. Jy sal dus nie
> vooraf oordeel oor die mense. Hulle spreek jou taal, hulle is wellig afkomstig
> uit 'n andere provinsie van jou land. Na die gesamelike maaltyd (vir ieders eie
> koste) gaan iedereen huis toe. Nou ontwikkel sig nadat 'n jaar virbygegaan het
> wat eienaardigs. Wat gebeur nou: Die mense in jou klup wat mooi met jou saamstemen wat mooi met andere kluplede saamstem bly in die klup, Andere mense met 'n
> andere en/of afwykende mening bly weg. So gaan dit ook in 'n klup, natuurlike
> seleksie van lede. O.K. in jou klup is 'n Sjienees, Japanner, Turk, Marokkaan ofwatter mens ook wat in jou land gebore en grootgeword het. Hulle kom van
> dieselfde land as jy, hulle het slegs 'n ander ras en andere voorouers as jy.
> Ieder kom uit eie vrye wil na jou klup, hulle sal kom en gaan as hulle dit
> verkies.
> Wat is nou die uitgangspunt van 'n klompie mense van onverskillig watter land
> in 'n buitenland ? En die baie eenvoudige antwoord is: Geselligheid.
> Dus het julle lede wat wit,rood,geel,swart of 'n in jou land toevallig gebore
> eskiemo is, bepaal jou standpunt aan die hand van die mens agter sy kleur.
> Stem jy saam, pragtig, stem jy nie saam nie ontstaan daar wellig 'n gesprek wat
> die moontlikheid skep 'n begrip te kry vir 'n andere mening as jou mening.
>
> Hoop dit help.
>
> Vrydenker

Applaus.
Ik wilde hieraan toevoegen dat, in tegenstelling tot openbare organen
(zoals scholen), verenigingen (klubs) hun eigen leden kunnen kiezen.
Een herenvoetbalteam is niet verplicht een dame op te nemen, ook al
heeft zij bewezen beter te voetballen dan het hele team bijelkaar. Een
katholieke bijbelstudievereniging kan ook een moslim of protestant
weigeren.

Maar ook al neem jij in principe iedereen aan als klublid, dan blijft
het, zoals Loes&Patrick terecht zeggen , toch zo dat mensen, die zich om
wat voor reden ook niet thuis voelen bij de klub, niet komen.

Dit zeg ik niet om de mogelijkheid uit te sluiten dat in een geheel
witte, Afrikaanstalige klub in NZ ook mensen rondlopen die wellicht
heimwee hebben naar de apartheidsdagen in ZA, toen Afrikaans en
Afrikaners immers een bevoorrechte positie genoten. En dat dus weleens
racistische opmerkingen gemaakt worden. Dat lijkt mij namelijk helemaal
niet onwaarschijnlijk. Niet iedereen is immers even "politically
correct", dat weten we allemaal.

Met de beste groeten,

Maarten.
Vorige onderwerp: de lucht
Volgende onderwerp: Op soek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:21:20 MGT 2024