Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe » Marbles .. albasters
Marbles .. albasters [boodskap #29031] Wo, 16 Februarie 2000 00:00 na volgende boodskap
dee...  is tans af-lyn  dee...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Can someone please email me the correct Afrikaans word for a marble
( those round glass beads we played with at school)

Its not "albaster or goen" .. my wife is Afrikaans and she insists
there is another word that is more correct .. please help me if you
can
Thanks
Re: Marbles .. albasters [boodskap #29032 is 'n antwoord op boodskap #29031] Wo, 16 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Man ja ons het ook gepraat van "aainies" of dan 'n aainie wat maar kort vir
albaster is. Dan was daar die verskillende soorte: Tiger Eye, Milky, mmmm
kan nie meer so lekker onthou nie.

Groetnis,
Alwyn - uit Perth se wêreld.

wrote in message
news:38aab489.3610660@news.arach.net.au...
> Can someone please email me the correct Afrikaans word for a marble
> ( those round glass beads we played with at school)
>
> Its not "albaster or goen" .. my wife is Afrikaans and she insists
> there is another word that is more correct .. please help me if you
> can
> Thanks
Re: Marbles .. albasters [boodskap #29059 is 'n antwoord op boodskap #29031] Do, 17 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johann....  is tans af-lyn  johann....
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ons het die wit albasters met die mooi kleure "beauties" genoem.
"Ghoen" was gewoonlik die albaster waarmee die speletjies
("driehoekie", "jagertjie", ens. ) gespeel word, terwyl daar ander
"alies" in die pot was waarvoor gespeel is.

Groete
JW

On Wed, 16 Feb 2000 19:45:08 +0200, "Dries Venter"
wrote:

> Ek antwoord maar in Afrikaans, siende dat een van julle wel Afrikaans
> verstaan...
>
> "Albasters" is die regte naam vir "marbles". 'n Ander (volks-)naam vir
> albasters is "Malies" of "Alies" (lg afgelei van albasters)
>
> Die algemene name vir verskillende soorte was:
> "Ghoen" (uitgespreek soos engelse "goon") - 'n groot albaster van glas of
> yster
> "Aainie" - 'n alabster of ghoen wat van yster/staal gemaak is ("ball
> bearing")
> "Soutie" - 'n abaster wat van 'n dowwe groenerige, ondeursigtige glas
> gemaak is, dikwels is die oppervlak van hierdie albaster dan ook grof.
> "Milkie" - 'n ondeursigtige wit albaster
> "Tiger" of "tiger eye" - die gewone deurskynende albasters met die
> kleurwaaiers aan die binnekant
> "Ertjie" - 'n albaster met 'n "chip" in. Ook uitgeroep as jy met 'n ghoen
> 'n glasalbaster 'n chip gee
> "Olifant" - 'n allemintige ghoen wat so groot en swaar was dat jy in 'n
> sekere speletjie (ek vergeet die naam - giffie?) al die opponente se
> albaster uit die gat kon lig, wat jou dan "koning" maak en sodoende die
> albasters wat uit die gat gelig is, buit. Nodeloos om te sê was ouens met
> olifante gewoonlik verban uit die speletjie tensy hulle belowe om dit nie te
> gebruik nie.
>
> Dries Venter
>
> dee...@arach.net.au wrote in message
> ...
>> Can someone please email me the correct Afrikaans word for a marble
>> ( those round glass beads we played with at school)
>>
>> Its not "albaster or goen" .. my wife is Afrikaans and she insists
>> there is another word that is more correct .. please help me if you
>> can
>> Thanks
>
Re: Marbles .. albasters [boodskap #29084 is 'n antwoord op boodskap #29031] Sa, 19 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Blommetjie  is tans af-lyn  Blommetjie
Boodskappe: 157
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ai, dit laat my tog so terugdink.
_______________________________________________

Johann skryf in boodskap news:38abdd21.84840363@natreffw.sasol.com...
> Ons het die wit albasters met die mooi kleure "beauties" genoem.
> "Ghoen" was gewoonlik die albaster waarmee die speletjies
> ("driehoekie", "jagertjie", ens. ) gespeel word, terwyl daar ander
> "alies" in die pot was waarvoor gespeel is.
>
> Groete
> JW
>
> On Wed, 16 Feb 2000 19:45:08 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
>> Ek antwoord maar in Afrikaans, siende dat een van julle wel Afrikaans
>> verstaan...
>>
>> "Albasters" is die regte naam vir "marbles". 'n Ander (volks-)naam vir
>> albasters is "Malies" of "Alies" (lg afgelei van albasters)
>>
>> Die algemene name vir verskillende soorte was:
>> "Ghoen" (uitgespreek soos engelse "goon") - 'n groot albaster van glas of
>> yster
>> "Aainie" - 'n alabster of ghoen wat van yster/staal gemaak is ("ball
>> bearing")
>> "Soutie" - 'n abaster wat van 'n dowwe groenerige, ondeursigtige glas
>> gemaak is, dikwels is die oppervlak van hierdie albaster dan ook grof.
>> "Milkie" - 'n ondeursigtige wit albaster
>> "Tiger" of "tiger eye" - die gewone deurskynende albasters met die
>> kleurwaaiers aan die binnekant
>> "Ertjie" - 'n albaster met 'n "chip" in. Ook uitgeroep as jy met 'n ghoen
>> 'n glasalbaster 'n chip gee
>> "Olifant" - 'n allemintige ghoen wat so groot en swaar was dat jy in 'n
>> sekere speletjie (ek vergeet die naam - giffie?) al die opponente se
>> albaster uit die gat kon lig, wat jou dan "koning" maak en sodoende die
>> albasters wat uit die gat gelig is, buit. Nodeloos om te sê was ouens met
>> olifante gewoonlik verban uit die speletjie tensy hulle belowe om dit nie te
>> gebruik nie.
>>
>> Dries Venter
>>
>> dee...@arach.net.au wrote in message
>> ...
>>> Can someone please email me the correct Afrikaans word for a marble
>>> ( those round glass beads we played with at school)
>>>
>>> Its not "albaster or goen" .. my wife is Afrikaans and she insists
>>> there is another word that is more correct .. please help me if you
>>> can
>>> Thanks
>>
>
Vorige onderwerp: Håvamål in afrikaans
Volgende onderwerp: how to learn afrikaans ???
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 10:58:58 MGT 2024