Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #29022] |
Wo, 16 Februarie 2000 00:00 |
Canis Lupus
Boodskappe: 24 Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Klink vir my soos Struisbaai, maar is seker meer deur godsdiens geinspireer.
Canis Lupus
@home.com wrote in message ...
EK HET 'N HUISIE BY DIE SEE
H.A. Fagan
Ek het 'n huisie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.
Ek hoor die winde huil - 'n kreun, 'n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in graf en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.
My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hier binne is dit veilig, warm en dig.
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan -
Dit is 'n rots waarop my huisie staan.
|
|
|