Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re - Slang wat wapens invoer, volgens Siener van Rensburg
Re - Slang wat wapens invoer, volgens Siener van Rensburg [boodskap #28973] Di, 08 Februarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral die ANC, en President Thabo Mbeki,
vir die deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook vir
deurlopende stabiliteit van stelsels, veral vanaf 1 Januarie
2000. En om die Nuwe Suid Afrika te bestuur om te kan skyn soos
goud in die oggend son. Asook vir die effektiewe en suksesvolle
manier hoe wet en orde handhaaf word in ons Paradys. Insluitend
die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag Adriaan Snyman gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir sy boeke oor
Siener van Rensburg. Beginnende by die klein boekies, wat
gegroei het tot waar dit vandag is - in beide Afrikaans en
Engels. Insluitend om die Regering van ons Paradys, asook elders
op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En
nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik
waardeer.

Insluitend Max du Preez, die Media en Boek Winkels waar Siener
van Rensburg se boeke beskikbaar is, gelukwens vir die super
sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die
Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir
die TV program wat produseer is, om dit uit te saai, asook vir
die verspreiding van die Siener boeke in die boek winkels van
ons Paradys. Insluitend om die Regering van ons Paradys, asook
elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die voorspoed en
veiligheid van die persone van ons Paradys te verhoog. Behou
geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies
hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te
verander na vrye wil.

Stel voor om wette te wysig, indien nodig: Persone wat wapens
onwettig besit, binne 24 huur aan Korrektiewe Dienste oor te
handig, indien dit nie alreeds so is. Indien die persoon
aangerand word, en/of enige letsels opdoen voor die verhoor, is
die persoon automaties gevrywaar.

'n Tolvrye nommer kan ook deur die media bekend gemaak word, om
onwettige wapens te rapporteer.

Stel voor om 'n nood situasie daarna af te kondig, vir die
Noordelike Provinsie streek: Vanaf die grens van Zimbabwe tot by
Warmbad, dan weswaarts verby Pretoria tot in Johannesburg. Die
reisiger het 'n vermoede dit is die roete hoe onwettige wapens
ingesmokkel word. Daarna word wapens, in klein hoeveelhede, oor
die res van SA versprei, word vermoed.

'n Grasie tydperk van 2-4 weke kan aangekondig word, indien
nodig. Onwettige wapens kan anoniem by polisie stasies
ingehandig word, sonder enige vervolging. Veral in die
Noordelike Provinsie streek.

Stel voor om die publiek te vra om wapen lisensies by hulle te
dra, tydens die nood situasie, indien dit wet nie alreeds so
vereis. 'n Kopie van die lisiense kan by die huis gehou word.
Ook kan 'n boete ingestel word, tydens die nood situasie
alleenlik, vir diegene in bg. gebied wat nie hulle lisensie by
hulle het.

Bewegings aan die Zimbabwiese grens kan ook dop gehou word. Ook
kan elektrifiseerde draadheinings aan die Suid Afrikaanse kant
van die Zimbabwiese grens opgerig word. En gereeld patroleer
word vir gate wat in die draad voorkom. Die reisiger het 'n baie
sterk vermoede daar is 'n tonnel onder die grond wat gebruik
word om wapens in te voer vanaf Zimbabwe na Suid Afrika. Ook kan
die patrolering van die hele grens tussen Zimbabwe en Suid
Afrika vergroot word. Ook om te soek vir tonnels onder die
Limpopo rivier. Ook kan trein vragte en swaar voertuie van
Zimbabwe af deursoek word, vir enige verdagtes. Persone wat
d.m.v. die rivier na SA kom, kan ook deursoek en ondervra word.

Die N1 Noord roete kan 24 uur per dag te patrolleer word, van
die grens van Zimbabwe af tot voor Warmbad. Asook 'n afstand van
20 km weerskante van die roete. Asook alle sypaaie. Ook kan pad
blokkades vergroot word, by alle ingange na paaie binne hierdie
gebied, vir diegene wat suidwaarts reis. Pad blokkades buite
woongebiede kan ook verhoog word. Bagasie ruimtes, onder
sitplekke en deure wat swaar oopmaak, kan ook deursoek word. 'n
Lyn oor die pad, met 'n klokkie wat lui by die blokkade kan
personeel waarsku 'n voertuig is op pad. Dit moet so opgestel
word, wanneer diere daaroor beweeg, alarm nie gemaak word. 'n
Boete kan vasgestel word, indien persone daarmee peuter om dit
oneffektief te maak.

Ook kan die pad van die omgewing van Brigewater en Alldays in
die noorde, deur Pietersburg, tot by Roedtan, in die suide,
ingesluit word. Asook alle tussen paaie. Op die padkaart word
dit aangedui as die R 521 en R 519 roetes. Op die padkaart is
dit v-vormig, wat V vir voorsproed, vrede en Victory voorspel.

Verassings besoeke aan huise kan ook geloots word, tydends die
nood situasie. Veral in die gebied van die grens van Zimbabwe af
tot voor Warmbad. Wees versigtig vir persone wat ondersoek
personeel se aandag probeer aflei met pornografiese
materiaal, en/of ander metodes.

Kinders by skole, tydens die noodsituasie, kan ook gevra word of
hulle ouers onwettige wapens besit. Die reisiger glo persone
vanoor die hele politieke spektrum kan by hierdie netwerk
betrokke wees.

'n Rekenaar stelsel kan ook opgerig word, om voertuie se
registrasie nommers, waar hulle inkom, asook datum en tyd, en
hulle bestemming, op rekord te hou, ongeag die rigting waarheen
hulle reis. Wil voorstel om meer aandag aan die westekant van
die N1 roete te vestig. Voertuie kan ook dopgehou word wat 'n
u-draai in die pad maak, en/of van rigting verander word. Ook om
uit te kyk vir voertuie wat omdraai wanneer hulle pad blokkades
gewaar. Veral om op die uitkyk te wees vir voertuie wat in die
veld rondry om goed op te tel.

Stel voor elektrifiseerde draadheinings word in die middel
mannetjie, asook beide kante van die N1 roete opgerig. Of om 2
draadheinings, met volstruise in die middel, op te rig.
Draadheinings kan ook gereeld patrolleer word, om vir gate in
die draad te soek.

Snuffel honde, radar en nag visie toerusting kan ook gebruik
word. Satelliet opsporing kan aangewend word om wapen opslag
plekke te soek. Mols hope en los grond kan ook ondersoek word
vir wapen opslag plekke.

Wil hoogstens aanraai om die finansiële en stres vlakke van
diegene wat aan hierdie projek werk, te monitor. Sodat die
projek suksesvol kan slaag. Diegene wat oortyd werk in hierdie
projek, kan ook vergoed word. Veral Weermag en Staande Mag lede
kan uitnemende diens in hierdie projek verrig.

Die reisiger wil graag die publiek se samewerking in die verband
vra. Veral om die Polisie, Weermag en Staande Mag lede te
ondersteun in hierdie verband. Byvoorbaat baie dankie. Dit sal
inniglik waardeer word.

Die reisiger glo al die mense van Suid Afrika sal die ANC
Regering dank verskuldig wees vir 'n lang tyd - wanneer hierdie
netwerk ontbloot is, en die skuldiges agter tralies sit.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Die
roete van skuldiges kan vas gestel word, wanneer hulle opgespoor
word. :) Omkopery en skuldiges kan opgespoor word. :) Lede van
die ANC kan vir die res van hulle lewe vriende van die Nuwe Suid
Afrika bly. :) Lede van die ANC kan vergoeding vir dade ontvang,
indien hierdie projek suksesvol afgehandel is. :) Sekeres kan
vryskelding van dade ontvang tydens die guerilla stryd tydens
die apartheids jare, indien hierdie projek suksesvol afgehandel
is, indien nodig. :) Vrede, veiligheid en voorspoed kan
uitnemend verhoog word. :) Gemeenskaplike belange kan alle
partye geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid Afrika
Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n beter
lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

(Hierdie bydrae word slegs in Afrikaans gelewer)

Vorige onderwerp: Re - die reisiger se Afrikaans
Volgende onderwerp: Re: Brak Laagte?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 01:31:42 MGT 2024