Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eekhorings, dennebome, en die ou bose drol
Eekhorings, dennebome, en die ou bose drol [boodskap #28967] Di, 08 Februarie 2000 00:00
Ron McGregor  is tans af-lyn  Ron McGregor
Boodskappe: 24
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi Greyling wrote

> Serious?
> Was dit die ou bose drol homself wat eekhorings daar aangebring het?

Dit is in die algemeen so toegeken. So is die inheemse rooi eekhoringkies
uitgeroei. Maar 'n mens moet eintlik versigtig wees met hierdie stories (of
legende). BV Dit word ook gese (jammer, maar ek vind geen kappie op my
donderse keyboard nie) dat Rhodes verantwoordelik was vir die invoer van
daaie "stone pines" wat nou oral in die Skiereiland te vinde is. Lelike
dinge, goie voorbeelde van die "alien vegetation" waaroor almal nou praat.

Sonder twyfel, Rhodes moes a helse klomp van hierdie bome laat plant het,
maar ek het nou die dag met een van my kollegas hieroor gepraat. Toe wys hy
vir my 'n foto van Rhodes, met a klomp van die stone pines in die
agtergrond. Reuse eksemplaars, wat al groot moes gewees het lankal voor
Rhodes as jong man hier in SA opgedaag het.

Dus kan die storie van Rhodes en die invoer van daaie dennebome glad nie
waar wees nie.

Praat van legendes, daar is ook die ou "slaweboom" wat in die hoofstraat van
George staan. Daar's die oorblyfsels van 'n paar kettings wat vas in die
boom ingegroei het. Vir die algemene kenner (ek se weer" algemene") is die
storie vanselfsprekend. Slawe moes daar aangehou word tydens die gereelde
slaweveilings.

Maar sover as wat ek kan uitvind, was daar maar min slawe in daardie
distrik. George is in die vroeer 1800's gestig. Die oorspronklike boere
was nie ryk, bevestigde mense nie, en die meeste sou nie slawe kon bekostig
nie. Die handel van slawe was omgeveer 1817 verbied - m.a.w. geen meer
slaweveilings nie.

Ek se nie dat daar GEEN slawe was op George nie. Maar ek twyfel dat daar
genoeg slawe was vir die reeling van slaweveilings. En in elk geval,
alhoewel slawernis 'n wrede praktyk is, was dit nie die gewone praktyk om
slawe in kettings aan te hou nie. Meeste slawe by die Kaap het hulle lot
aanvaar.

Okay, as die ou slaweboom dan NIE vir slaweveilings gebruik was nie, waarom
die kettings in die bas?

Ek het al baie mense hieroor gevra. Die beste antwoord wat ek gekry het, is
dat daar's geen dramatiese storie rondom hierdie kettings nie. Simpel: die
boom en die kettings was eintlik net 'n parkeer plek vir die boere se osse
tydens hulle besoeke aan die dorp.
Re: Eekhorings, dennebome, en die ou bose drol [boodskap #28968 is 'n antwoord op boodskap #28967] Di, 08 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Feb 2000 09:33:39 +0200, "Ron McGregor" wrote:

tydens hulle besoeke aan die dorp.>>[/color]

Presies wat ek sou geraai het.
Ek het op Oudtshoorn groot geword en kan geen stories hoegenaand
onthou uit die omgewing rakende slawe nie.
Re: Eekhorings, dennebome, en die ou bose drol [boodskap #28969 is 'n antwoord op boodskap #28967] Di, 08 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Maarten Jansonius  is tans af-lyn  Maarten Jansonius
Boodskappe: 29
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ron McGregor schreef:
BV Dit word ook gese (jammer, maar ek vind geen kappie op my
> donderse keyboard nie)

Voor Windows: kies in de 'keyboard settings' de 'keyboard layout' die
'US-international' heet. (Ik gebruik nu de Engelse termen, ik heb zelf
een Nederlandstalige Windows -- is er ook een Afrikaanstalige Windows??)
Met de US-international instelling maak je een ê door eerst de ^ (boven
de 6) en dan de e te toetsen. Een ë is " gevolgd door e.

Het nadeel is dat je bijvoorbeeld ook ö krijgt wanneer je "oude man"
(tussen "" dus) wilt typen. (dit wordt dan öude man"). De oplossing is
om de 'space bar' (spatiebalk) een keer extra in te drukken als je niet
wilt dat een letter met accent gevormd wordt. Dit is in het begin soms
lastig, maar je went eraan en met deze methode kun je _overal in
Windows_ letters met accenten maken.

De accenten zijn: ~ ` ^ ' en " . Deze kunnen met de klinkers worden
gecombineerd ( õ ò ô ó ö ). En ~ gevolgd door n voor ñ; ' gevolgd door c
voor ç. Verder kun je allerlei tekens maken met CTRL-ALT- of zelfs
SHIFT-CTRL-ALT- : SHIFT-CTRL-ALT-w is bijvoorbeeld Å. Als je een nieuwe
Windows hebt is CTRL-ALT-5 het Euro-currency-teken.

Hope this helps,

Maarten Jansonius
Vorige onderwerp: Re: gesoek *BAGASIE* - dank je wel !
Volgende onderwerp: Re - die reisiger se Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 04:33:11 MGT 2024