Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: die HNP se pad na die toekoms
Toekoms Advies vir: die HNP se pad na die toekoms [boodskap #28965] Di, 08 Februarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die HNP gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys,
asook elders op die Planeet. Veral vir die stigting van die HNP.
Asook die deursettings vermoë en vasberadenheid van die leier,
Mnr. Marais. Veral vir die bereidwilligheid van Mnr. Marais om
oor te neem by die Party se vorige leier, Dr. Hertzog. Asook om
die HNP te lei deur moeilike begin jare.

Asook vir die gereelde publikasie van die mondstuk, Die
Afrikaner. Veral vir die menige insiggewende artikels. En vir
die bydraes oor brandstof. Dit het handig te pas gekom - om
Sasol en ander brandstof produsente en verspreiders te
ondersteun. Insluitend advertensies van boeke en verspreiders
van boeke en ander materiaal wat geplaas is. Asook artikels wat
publiseer is van die noukeurige ontleding van die politiek. En
vir die moed en geloof wat Mnr. Marais diegene van Europese
afkoms inpraat. Veral voor en na die Eerste Demokratiese
verkiesing.

Asook die ver afstande wat gereis is, oor die lengte en breedte
van ons Land, om menige toesprake te hou. Om die politiek te
verduidelik aan gehore. En vir die deelname aan menige tussen
verkiesings, en munisipale en Parlementêre verkiesings.

En die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. Insluitend om die Regering van ons Paradys,
asook elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die groei van die HNP te
stimuleer. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het
aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan
enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse.
Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en
/ of te verander na vrye wil.

Die Verlede:

Die reisiger wil graag in die openbaar om verskoning vra vir
enige uitlatings en lasterhede teenoor die HNP, Mnr. Marais, die
N.G. Kerk, asook enige ander Politieke Partye en Organisasies
waaraan Afrikaanses en andere behoort.

Die Hede:

Die reisiger wil hiermee Mnr. Marais, en lede van die HNP
hartlik uitnooi: Om die politieke pad van prestasie te stap,
saam met die progressiewe pro-aktiewe politici na die land van
groen en goud, wat vir almal bestem is. Diegene wat opstaan vir
die reg om te lewe, asook die kwaliteit van lewe - vir enigeen,
ongeag ras, kleur of geslag - asof dit die laaste geleendheid
is.

Stel voor die HNP groei van hulle eie groep, en vergroot dit
stelselmatig, om enigeen, ongeag ras, kleur of geslag, in te
sluit. Waarnemers reken 'n mens leer meer buite jou gemaksone.
Die reisiger stem hiermee volkome saam. Mag God die lede van die
HNP, en veral die Leier, Mnr. Marais, ryklik seen, en hulle pad
met oorvloed vervul, tydens die stap van hierdie pad na God se
eie Land. Mag u in interressante tye lewe.

Stel voor die naam van die Party groei na die Herenigde
Nasionale Party. En die koerant se naam groei na: Die
Afrikaanses. En om opskrif letters te groei van rooi na oranje.
Om goud te simboliseer. Artikels wat daarin verskyn, kan later
lees soos 'n Afrikaanse weergawe van The Sowetan en/of City
Press, indien nodig. Die Odal teken kan op die voorblad behoue
bly - in oranje. Dit sal inniglik waardeer word, indien nou en
dan 'n Engelse berig in die koerant verskyn.

Verstaan persone, insluitend persone van Europese afkoms, het
die reg tot vrye keuse. Om hulle eie lewensmaat te kies. Ongeag
ras, kleur of geslag. Hulle het dus die reg om self te kies. Om
die regte belegging te maak, volgens hulle eie goeie denke.

Wil Mnr. Marais hoogstens aanraai, om gerus by die huis te bly,
en Vrymesselaars boeke te lees. Die reisiger glo dit sal u baie
help om die Bybel beter te verstaan. Asook om bydraes, soos: Hoe
om saam te werk vir 'n beter toekoms, te bestudeer, en toe te
pas, indien moontlik. Asook die pad na die Derde Demokratiese
Verkiesing te lees en te bestudeer.

Stel voor Mnr. Marais kan vir raad aanklop by mnr Marthinus van
Schalkwyk, die hoofleier van die NNP, wanneer nodig. Ook om
ondersteuning te lewer aan Afrikaanses in die Parlement wat vir
die belange van Afrikaanses opstaan. Veral d.m.v. die HNP se
koerant. Dit sal inniglik waardeer word. Die reisiger wil ook
voorstel dat lede van die Federale Alliansie vergaderings van
die HNP bywoon. En Mnr. Marais en lede van die HNP te ondersteun
op hulle pad na God se eie Parlement.

Onthou nog die vergadering in Newcastle, Natal: The day the HNP
went English. Wonder wat die media te sê sal hê, "The day the
HNP goes multi-racial".

Die Toekoms:

Onthou Mnr. Marais nog die verkiesing in Wolmaransstad ? Volgens
die profesiee gaan die Kommando Mnr. Marais aan die noorde kant
van die pad, net na die dorp, ontmoet. Maar hy wat wil lewe sal
moet groei. En hy wat groei, sal lewe. Groei is lewe.

Dit sal 'n groot voorreg wees indien die leier van die HNP, Mnr.
Marais, asook andere lede van die HNP, ingesluit word in God se
eie Parlement - 'n veelrassige Parlement. Die Vierkleur wapper
weer: Dit gaan 'n veelrassige Vierkleur wees. Soet kan die
vreugde wees. Dit sal 'n ewigdurende vreugde wees, word
voorspel.

Verstaan Bhagwan Shree Rashneesh was 'n Indier, 'n wereld
reisiger, wat 'n kampvegter was vir die behoud van lewens
kwaliteit en die natuur. Vigs vrye sones is sy idee. Sy
gemeenskap in Poone, Indie, wat hy agter gelaat het, is 'n vigs
vrye sone.

Die resiger kom hiernatoe, om mense te ondersteun om die
stelsel waarin verkeer word, beter te verstaan en toe te pas.
Asook om oplossings te plaas. Daaardeur kan mense inspireer word
op die pad vorentoe. En 'n beter toekoms kan vir almal geskep
word. Op hierdie pad, glo die reisiger om so nou en dan 'n paar
pouses te neem.

Andrew Lloyd Webber, vanuit Aspects of Love: Love, love changes
everything. (Hier word agape liefde bedoel.)

En Die Resultate:

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Mnr.
Marais kan vir al die "voeltjies" van ons Paradys, ongeag ras,
kleur of geslag - se politieke regte, asook om vir die reg van
lewe en kwaliteit van lewe, op staan. :) Enige persoon, ongeag
ras, kleur of geslag, wat die HNP se koerant lees, kan daarby
baat vind, en die HNP se standpunte ondersteun. :) Koerant
verkope kan verhoog word. :) Hoof figure van die HNP kan deel
wees van God se eie Parlement. :) Lede van die HNP kan deelneem
aan konferensies, asook om besluite te neem oor die toekoms van
SAOG. :) Vrede en voorspoed kan uitnemend verhoog word. :)
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel. :)
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
Vorige onderwerp: Re - stort reens in die Kruger wildtuin
Volgende onderwerp: Re: gesoek *BAGASIE* - dank je wel !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 13:34:02 MGT 2024