Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Voorstedelike legende
Voorstedelike legende [boodskap #28743] Sa, 15 Januarie 2000 00:00
charld...  is tans af-lyn  charld...
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Weet iemand iets van hierdie urban legend (en wat is 'n urban legend in
afrikaans in elk geval?)

Daar was hierdie hijacking baron in Germiston wat twee kinders gehad
het. Toe die dogter 21 word toe vra hy wat wil sy he^ vir haar
verjaardag, en sy sê toe 'n geel BMW. Hy sê toe nee gaaf en stuur sy
handlangers om 'n geel BMW te gaan kaap, per bestelling, en dit word
ook toe nie lank daarna afgelewer.

Met sy seun se verjaardag vra die pa toe wat wil jy graag he^, en die
seun dink toe dat 'n geel BMW vir hom ook net die ding is. En die
kaapkoning stuur toe sy cronies om die geskenk te 'gaan haal'. Hulle
kom ook toe nie lank daarna terug met die item.

Net toe bel iemand die pa en sê jou dogter is nou net in 'n hijacking
doodgeskiet.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Vorige onderwerp: Point Taken...
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: DP - die pad vorentoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 19:43:03 MGT 2024