Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: AEB lede sluit aan by die FA
Toekoms Advies vir: AEB lede sluit aan by die FA [boodskap #28685] Ma, 10 Januarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die AEB gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral om Suid Afrika te help groei van apartheid na die
Reenboog Nasie vandag. Veral vir die stigting van die AEB. Asook vir
die menige bydraes gelewer aan die Suid Afrika en Afrika Renaissance.
En vir die deursettings vermoë en vasberadenheid van die leier, Ds.
Cassie Aucamp. En om die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer.
:) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil graag die Federale Alliansie gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral die Leier, Dr. Luyt, vir
die menige suksesse wat behaal is op talle gebiede van die sosiale
lewe. Asook om Suid Afrika te ondersteun, en te help groei van
apartheid na die Reenboog Nasie vandag. Veral om deel te neem aan die
Lusaka samesprekings. En om die Federale Alliansie te vorm, met die
doel om groter Politieke eenheid te bereik tussen Politieke Partye.
Asook vir die menige bydraes gelewer aan die Suid Afrika en Afrikan
Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer.
:) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is die toekoms van lede wat aan die
AEB behoort. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het
aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige
advies hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na
vrye wil.

Wil graag voorstel lede van die AEB sluit aan by die FA. Wil lede van
die AEB uitnooi om die voortou te neem, en die FA te ondersteun, om die
effektiwiteit van die beginsels van die FA te vergroot, indien nodig,
om lede van die AEB, asook lede van ander Politieke Partye, by die FA
in te sluit.

Die reisiger beskou die vorm van alliansies as 'n proses bestaande uit
2 stappe. Stap 1 is vir lede van ander Politieke Partye om by die FA
aan te sluit. Stap 2 is om alliansies te vorm met die ANC, DP en IFP.

Stel voor lede van die AEB, saam met die FA, hou Groei na Eenheids
vergaderings. Om redes vir groter Politieke Eenheid met lede van die
publiek te bespreek. En hoekom lede van die AEB besluit het om by die
FA aan te sluit. Veral: Hoe om saam te werk vir 'n beter toekoms. En
die besluitneming strukture beskikbaar om die proses te ondersteun.

Asook om die wen resep te bemark: Swart en Bruin en Wit beweeg polities
nader na mekaar vir Reg en Geregtigheid. Of beter: Alle Suid Afrikaners
beweeg polities nader na mekaar vir Reg en Geregtigheid. Staan saam -
eendrag maak mag. En die sleutel tot sukses: Om ondersteuning aan
Vrymesselaars te vergroot, vir 'n beter toekoms in die Nuwe Suid
Afrika, en elders op die Planeet.

Indien die AEB voortaan vergaderings wil hou op die huidige formaat,
stel die reisiger voor vergaderings word adverteer as: Volksbyeenkoms -
XXX praat (XXX is die hooofspreker se naam). Sal hoogs aanraai
vooraanstaande lede van die FA deel die verhoog met die hoofspreker by
hierdie vergaderings.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Lede van die
AEB en FA kan 'n sterker basis besit tydens verkiesings later vanjaar.
:) Groter Politieke Eenheid vir eners denkende Suid Afrikaners. :)
Gemeenskaplike belange kan beide Politieke Partye geweldig ondersteun.
:) Die Suid Afrika en Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en Almal
vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te
skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: VF lede sluit aan by die FA
Volgende onderwerp: Waar kry ek Afrikaanse MP3's?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 06:00:42 MGT 2024