Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reisiger maak nie sin nie
Reisiger maak nie sin nie [boodskap #28612] Do, 30 Desember 1999 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel[2]  is tans af-lyn  Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek kan verstaan dat mense vir goedkoper telefoonrekeninge vir
netgebruikers vra ens, maar vir reisiger se diep Afrikaans is ek dom.
Dalk kan reisiger my help met die doel van die 'gediggies'. Is dit
propaganda, sarkasme of bloot 'n gekskeerdery? Of het ek nou in die
slagyster getrap en deel van die grap geword? Dit maak net eenvoudig
nie vir my sin nie.

On Tue, 28 Dec 1999 15:51:40 -0800, reisiger
wrote:

> Wil graag die ANC, veral Madiba en sy vrou, asook die President van die
> Nuwe Suid Afrika, Thabo Mbeki, en sy vrou, gelukwens vir die super
> sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. :) Vir die Persone
> van ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral om te verseker dat
> gesonde veelvolkige, multi-kulturele, asook voordelige industriële en
> ander verhoudinge onderhou word. En vir die leierskap en ondersteuning
> wat gelewer word om te sorg dat die Nuwe Suid Afrika skyn soos goud in
> die oggend son. Asook die ondersteuning wat verleen word aan die
> Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, om hulle doelwitte
> te bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
> inniglik waardeer.
>
> 'n Saak wat na aan die hart raak, is om Media dekking van die ANC se
> suksesse wat bereik is, te vergroot. Behou geloof, hoop en liefde.
> Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
> verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid
> van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is,
> en / of te verander na vrye wil.
>
> Sal aanbeveel om 'n dokumentere TV program te maak. Om te illustreer
> hoe oplossings aangewend is om 'n beter lewe vir almal in ons Paradys
> te skep. Voorbeelde wat uitgewys kan word, is miv+ / vigs navorsing
> d.m.v. urine terapie asook Afrika Renaissance - wys na kaart van
> Afrika. En nog baie meer. Stel voor dit word beklemtoon dat die ANC
> advies van enige iemand verwelkom, wat die ANC wil ondersteun om 'n
> beter toekoms vir almal te help skep.
>
> Sal voorstel die beste persone vir die Media bemarkings geleendheid van
> die Eeu, is Madiba, President Mbeki, en vooraanstaande lede van die ANC.
>
> Hierdie dokumentere program kan die basis vorm van 'n wereld reeks wat
> die SABC later maak: Hoe om saam te werk vir 'n beter toekoms. (Meer
> hieroor later.) Om die geheim internasionaal te deel hoe die Reenboog
> nasie die Regering van ons Paradys ondersteun, om die Nuwe Suid Afrika
> te laat skyn soos goud in die oggend son. Asook hoe vrede en voorspoed
> bereik word, tot voordeel van almal in ons Paradys.
>
> Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Meer persone
> kan deelneem om advies te lewer om die gehalte van lewe in die Nuwe SA,
> asook Sadek te verhoog. :) Die ANC se resep vir sukses kan met almal
> gedeel word. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)
>
> Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
> beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
> d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.
>
> Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en Almal
> vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te
> skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)
>
> Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
> ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
> Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
> Peil. :)
>
> P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
> dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
> dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
>
>
>
>
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network *
> The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
>
Re: Reisiger maak nie sin nie [boodskap #28613 is 'n antwoord op boodskap #28612] Do, 30 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Neil,

Ek het skaamteloos vir my oogklappe aangesit en uitgevind dat jy Netscape
Newsgroups so kan stel dat hy spesifieke plasers kan ignoreer. Reisiger se
verbale diarhee was net eenvoudig die beste kandidaat vir hierdie suiwering - vir
my is dit maar soos koerant lees - ek is nie 'n sport fanatikus nie en slaan
daardie deel van die koerant oor. Selde met TV - 'n mens hoef nie na alles te
kyk nie en ek voel dieselfde geld hier - 'n mens hoef nie almal se plasings te
lees nie.

Ek het dieselfde met Gloudina gedoen - haar plasings was op 'n stadium so
negatief en sy was so neerhalend en snobisties oor enige ander persoon se
plasings, dat ek sommer lank nie in die ng belang gestel het nie en toe later
besluit het om haar eenvoudig ook die oogklap behandeling te gee. Die ng is nou
"stiller", maar baie meer sinvol.

Johan

Neil de Klerk wrote:

> Ek kan verstaan dat mense vir goedkoper telefoonrekeninge vir
> netgebruikers vra ens, maar vir reisiger se diep Afrikaans is ek dom.
> Dalk kan reisiger my help met die doel van die 'gediggies'. Is dit
> propaganda, sarkasme of bloot 'n gekskeerdery? Of het ek nou in die
> slagyster getrap en deel van die grap geword? Dit maak net eenvoudig
> nie vir my sin nie.
Re: Reisiger maak nie sin nie [boodskap #28614 is 'n antwoord op boodskap #28612] Do, 30 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Neil de Klerk wrote:
>
> Ek kan verstaan dat mense vir goedkoper telefoonrekeninge vir
> netgebruikers vra ens, maar vir reisiger se diep Afrikaans is ek dom.
> Dalk kan reisiger my help met die doel van die 'gediggies'. Is dit
> propaganda, sarkasme of bloot 'n gekskeerdery? Of het ek nou in die
> slagyster getrap en deel van die grap geword? Dit maak net eenvoudig
> nie vir my sin nie.
>

Ja Neil vele mense het al oor die Reisger gewonder. Ek dink dat hy bloot
di eerste Afrikaanse News Bot is - dws hy het 'n paar templates waarvan
hy poste saamstel wat hy dan willekeurig op die nuusgroep plaas. Soos jy
sê sy rambelings (Afrikaans?) maak bloot nie sin nie!

Die enigste een wat maak of sy hom verstaan is Gloudina - maar dan
wonder ek ook of sy nie dalk ook 'n newsbot is nie?
Re: Reisiger maak nie sin nie [boodskap #28619 is 'n antwoord op boodskap #28612] Vr, 31 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , ne...@bhm.dorea.co.za
(Neil de Klerk) wrote:
> Ek kan verstaan dat mense vir goedkoper telefoonrekeninge vir
> netgebruikers vra ens, maar vir reisiger se diep Afrikaans is ek
> dom.

Die reisiger se bydraes is ten doel om advies te lewer om die kwaliteit
van lewe te verhoog in die Nuwe Suid Afrika.

> Dalk kan reisiger my help met die doel van die 'gediggies'. Is dit
> propaganda, sarkasme of bloot 'n gekskeerdery? Of het ek nou in die
> slagyster getrap en deel van die grap geword? Dit maak net
> eenvoudig
> nie vir my sin nie.

Partykeer is dit terugvoer van wat die reisiger pos. Ander kere is dit
advies vir toekomstige bydraes. Lees die gediggies op 'n simboliese
vlak. C.G. Jung se boek oor Simbolisme kan baie help.

Re: Reisiger maak nie sin nie [boodskap #28639 is 'n antwoord op boodskap #28612] So, 02 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
daniel[2]  is tans af-lyn  daniel[2]
Boodskappe: 31
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Johan -

dis nou net jammer dat party hier hulle nog aanhaal - as dit nie daarvoor
was nie, hoef ek nooit na hulle gemorspos te kyk nie.

Groetnis uit NZ

Danie

"Johan" skryf in boodskap news:386B7066.70C8513E@dot.com...
> Neil,
>
> Ek het skaamteloos vir my oogklappe aangesit en uitgevind dat jy Netscape
> Newsgroups so kan stel dat hy spesifieke plasers kan ignoreer. Reisiger se
> verbale diarhee was net eenvoudig die beste kandidaat vir hierdie suiwering - vir
> my is dit maar soos koerant lees - ek is nie 'n sport fanatikus nie en slaan
> daardie deel van die koerant oor. Selde met TV - 'n mens hoef nie na alles te
> kyk nie en ek voel dieselfde geld hier - 'n mens hoef nie almal se plasings te
> lees nie.
>
> Ek het dieselfde met Gloudina gedoen - haar plasings was op 'n stadium so
> negatief en sy was so neerhalend en snobisties oor enige ander persoon se
> plasings, dat ek sommer lank nie in die ng belang gestel het nie en toe later
> besluit het om haar eenvoudig ook die oogklap behandeling te gee. Die ng is nou
> "stiller", maar baie meer sinvol.
>
> Johan
>
> Neil de Klerk wrote:
>
>> Ek kan verstaan dat mense vir goedkoper telefoonrekeninge vir
>> netgebruikers vra ens, maar vir reisiger se diep Afrikaans is ek dom.
>> Dalk kan reisiger my help met die doel van die 'gediggies'. Is dit
>> propaganda, sarkasme of bloot 'n gekskeerdery? Of het ek nou in die
>> slagyster getrap en deel van die grap geword? Dit maak net eenvoudig
>> nie vir my sin nie.
>
Vorige onderwerp: Mense benodig vir nuusblad(Jammer vir die engels)
Volgende onderwerp: januarineus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 00:13:51 MGT 2024