Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vietnamibia
Vietnamibia [boodskap #28356] Do, 09 Desember 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Sas Kloppers skryf in boodskap news:384f6226.75451686@news.saix.net...
> Ja, ek was ongelukkig ook daar. Het lekker saam met oom Konstant terrs
> gejag in Angola met ops Protea en Daisy in '79 - 80. Was 'n valskerm
> soldaat en selfs 'n offisier. Maar toe Swapo die kak uit ons uit skiet
> in Xangongo en my een korporaal noodlottig wond het ek begin besin oor
> die waarde van 'n oorlog.

Ja, skiet (soos in teikenskiet) is OK, oor-en-weer skiet is 'n
ander storie. (Laat ek raai - 2Lt Sas Kloppers in 1 Valskerm Bn,
of maybe 44 Valskermbrigade...was in Oudtshoorn,
Bloemfontein....Jan Breytenbach lui 'n klokkie... )

> "Ons was belieg en ons was bedrieg.
> Ons moes soos roofvoëls diep in ons moer in oor Angola gaan vlieg
> Maar toe ons terugkom in my land, daar sit die vyand
> en onderhandel met die leiers van ons kerke
> wat soos ou hoere moes bieg

Iets wat my nog altyd verbaas het is hoe min ons oor ons eie
klein "Vietnam" besin het in movies, lirieke, boeke, gedigte,
watookal. (Amper soos in Amerika se "NAM". Net NAMibia in ons
geval.)

SA het baie meer soldate (as 'n persentasie van die mense waaruit
die soldate getrek is) verloor as Amerika in Vietnam. (Amerika:
50,000 dood uit 250M, wat gelyk is aan 800 uit 4M. SA het baie
meer as 800 mense in daardie oorlog verloor.) Mense soos jou
peloton sersant of seksie-leier. Om nie van die ouens te praat
wat tot vandag toe net linker of regter skoene koop nie, danksy
die black widows....

Gee ons die res van daai lirieke

Bees
Re: Vietnamibia [boodskap #28376 is 'n antwoord op boodskap #28356] Vr, 10 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin McElroy  is tans af-lyn  Colin McElroy
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Beste Bees,

Ja, jy is reg. Eerste Luitenant, later kommandant in die kommandos.
Infanterieskool, Een Valskerm Bataljon onder Kol Archie Moore, nog 'n
ou wat mal daaroor was om god te speel. Gelukkig het die ouens bemerk
dat ek oorhel na links na Angola en was ek afgedeel na 21Bn op Lenz
waar ek die "kaffertjies" moes oplei. Was meermale in die moeilikheid
met die ander offisiere vanwee my politieke oortuiginge. Nogtans 'n
interresante tyd in my lewe.

Jy is reg. dis asof ons samelewing doelbewustelik hard poog om te
vergeet van Angola en die lewens van jong seuns wat kanonvoer van
magsdronk diktators was. Ek en 'n paar ander musiekante het besluit om
dit te laat herleef met die projek waaraan ons tans werk. Hopelik sal
ons dit kan verwerk in 'n visuele projek maar geld vir die tipe projek
is skaars in 'n land waar mense verkies om na kak soos Leon Schuster
te kyk. Ek verbaas my altyd vir die afrikaner se idee van vermaak.
Miskien is dit omdat ons so pynlike geskiedenis vol bloed het?

Dit gaan seker nog 'n jaar neem voordat dit vrygestel word, so nee,
wag maar vir die album. Hier's nog 'n stukkie...

"...so wanneer ek terugkeer
kan jy my blameer
as ek op Strydomplein aanmeld
met god se eie geweer?"

Hehehe, ek belowe dat "...die laaste wit soogdier" 'n paar ouens se
hokke gaan skud. Ek noem nie nou graag name nie.

Groete

Sas

PS - ek het 'n fout gemaak in die eerste vers. Dit moes lees
"wat soos gedwee ou hoere moes bieg"

;-)

On Thu, 9 Dec 1999 23:55:49 -0700, "Bees" wrote:

> Sas Kloppers wrote in message
> news:384f6226.75451686@news.saix.net...
>> Ja, ek was ongelukkig ook daar. Het lekker saam met oom
> Konstant terrs
>> gejag in Angola met ops Protea en Daisy in '79 - 80. Was 'n
> valskerm
>> soldaat en selfs 'n offisier. Maar toe Swapo die kak uit ons
> uit skiet
>> in Xangongo en my een korporaal noodlottig wond het ek begin
> besin oor
>> die waarde van 'n oorlog.
>
> Ja, skiet (soos in teikenskiet) is OK, oor-en-weer skiet is 'n
> ander storie. (Laat ek raai - 2Lt Sas Kloppers in 1 Valskerm Bn,
> of maybe 44 Valskermbrigade...was in Oudtshoorn,
> Bloemfontein....Jan Breytenbach lui 'n klokkie... )
>
>
>> "Ons was belieg en ons was bedrieg.
>> Ons moes soos roofvoëls diep in ons moer in oor Angola gaan
> vlieg
>> Maar toe ons terugkom in my land, daar sit die vyand
>> en onderhandel met die leiers van ons kerke
>> wat soos ou hoere moes bieg
>
> Iets wat my nog altyd verbaas het is hoe min ons oor ons eie
> klein "Vietnam" besin het in movies, lirieke, boeke, gedigte,
> watookal. (Amper soos in Amerika se "NAM". Net NAMibia in ons
> geval.)
>
> SA het baie meer soldate (as 'n persentasie van die mense waaruit
> die soldate getrek is) verloor as Amerika in Vietnam. (Amerika:
> 50,000 dood uit 250M, wat gelyk is aan 800 uit 4M. SA het baie
> meer as 800 mense in daardie oorlog verloor.) Mense soos jou
> peloton sersant of seksie-leier. Om nie van die ouens te praat
> wat tot vandag toe net linker of regter skoene koop nie, danksy
> die black widows....
>
> Gee ons die res van daai lirieke
>
> Bees
>
Re: Vietnamibia [boodskap #28377 is 'n antwoord op boodskap #28356] Vr, 10 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Bees skryf in boodskap news:#HZKJutQ$GA.262@cpmsnbbsa04...
> Sas Kloppers wrote in message
> news:384f6226.75451686@news.saix.net...
>> Ja, ek was ongelukkig ook daar. Het lekker saam met oom
> Konstant terrs
>> gejag in Angola met ops Protea en Daisy in '79 - 80. Was 'n
> valskerm
>> soldaat en selfs 'n offisier.

Operasie Protea en Daisy was in 1981.

Maar toe Swapo die kak uit ons
> uit skiet
>> in Xangongo en my een korporaal noodlottig wond het ek begin
> besin oor
>> die waarde van 'n oorlog.
>
> Ja, skiet (soos in teikenskiet) is OK, oor-en-weer skiet is 'n
> ander storie. (Laat ek raai - 2Lt Sas Kloppers in 1 Valskerm Bn,
> of maybe 44 Valskermbrigade...was in Oudtshoorn,
> Bloemfontein....Jan Breytenbach lui 'n klokkie... )
>
Kolonel Breytenbach was 'n uitstekende soldaat en leier. Hy was een van die
stigters van 1 Valskerm Bn, die stigter van die Verkenningskommando (Recces)
en die stigter van 32 Bataljon.

Ek wonder altyd waaroor gesels hy en sy broer as hulle bymekaar uitkom.

>> "Ons was belieg en ons was bedrieg.
>> Ons moes soos roofvoëls diep in ons moer in oor Angola gaan
> vlieg
>> Maar toe ons terugkom in my land, daar sit die vyand
>> en onderhandel met die leiers van ons kerke
>> wat soos ou hoere moes bieg
>
> Iets wat my nog altyd verbaas het is hoe min ons oor ons eie
> klein "Vietnam" besin het in movies, lirieke, boeke, gedigte,
> watookal. (Amper soos in Amerika se "NAM". Net NAMibia in ons
> geval.)
>
> SA het baie meer soldate (as 'n persentasie van die mense waaruit
> die soldate getrek is) verloor as Amerika in Vietnam. (Amerika:
> 50,000 dood uit 250M, wat gelyk is aan 800 uit 4M. SA het baie
> meer as 800 mense in daardie oorlog verloor.) Mense soos jou
> peloton sersant of seksie-leier. Om nie van die ouens te praat
> wat tot vandag toe net linker of regter skoene koop nie, danksy
> die black widows....

Ek het iewers gelees dat daar tussen 700 en 800 soldate gesneuwel het. Dit
sluit nie in die verminktes en die wat in ongelukke gedurende opleiding dood
is nie.
Ek het nie een van my troepe op die grens verloor nie, maar gedurende
opleiding is daar twee dood en ses gewond.

> Gee ons die res van daai lirieke
>
> Bees
>
Re: Vietnamibia [boodskap #28378 is 'n antwoord op boodskap #28356] Vr, 10 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Weet julle wat is vir my eintlik skreeusnaaks? Hierdie thread het eintlik
begin toe Frikkie iets laat val het 'n gespreksgroep vir mens wat in die
le�r was. Hy en Sas raak toe in 'n tweegeveg betrokke (waaroor nou
eintlik?) en hier kom julle nou wragtie terug by Frikkie se oorspronklike
bedoeling: praat oor weermagdae en -ondervindings, minus Frikkie, lyk dit
my.

UIs dit nou amusant of eerder ironies?

Groete,
Dries Venter
Pretoria
Re: Vietnamibia [boodskap #28379 is 'n antwoord op boodskap #28356] Vr, 10 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Sas Kloppers skryf in boodskap news:3850ab23.4496542@news.saix.net...
> Beste Bees,
>
> Ja, jy is reg. Eerste Luitenant, later kommandant in die kommandos.
> Infanterieskool, Een Valskerm Bataljon onder Kol Archie Moore, nog 'n
> ou wat mal daaroor was om god te speel. Gelukkig het die ouens bemerk
> dat ek oorhel na links na Angola en was ek afgedeel na 21Bn op Lenz
> waar ek die "kaffertjies" moes oplei. Was meermale in die moeilikheid
> met die ander offisiere vanwee my politieke oortuiginge. Nogtans 'n
> interresante tyd in my lewe.
>
Jou politieke oortuiginge kon nie baie sterk gewees het as jy tot die rang
van Kommandant gevorder het nie. Dit vat maklik 10 jaar en baie kursusse om
tot daar te kom. Jou politiek sou jou ook nie juis gehelp het om bevordering
te kry nie.
As jy regtig in Valsk. Bn was in 79-80 dan was jy mos saam met die ouens wat
die mortierbom in die kaserne laat ontplof het. Dit was Bravo kompanie as
ek reg onthou.

> Jy is reg. dis asof ons samelewing doelbewustelik hard poog om te
> vergeet van Angola en die lewens van jong seuns wat kanonvoer van
> magsdronk diktators was. Ek en 'n paar ander musiekante het besluit om
> dit te laat herleef met die projek waaraan ons tans werk. Hopelik sal
> ons dit kan verwerk in 'n visuele projek maar geld vir die tipe projek
> is skaars in 'n land waar mense verkies om na kak soos Leon Schuster
> te kyk. Ek verbaas my altyd vir die afrikaner se idee van vermaak.
> Miskien is dit omdat ons so pynlike geskiedenis vol bloed het?
>
> Dit gaan seker nog 'n jaar neem voordat dit vrygestel word, so nee,
> wag maar vir die album. Hier's nog 'n stukkie...
>
> "...so wanneer ek terugkeer
> kan jy my blameer
> as ek op Strydomplein aanmeld
> met god se eie geweer?"

Onthou jy nog die liedjie Sas?
C130 rolling down the strip
Airborne daddy's gonna take us on a trip
Up she go, all the way
Got to go, all the way

Stand up hook up shuffle to the door
'Chute's gonne open on the count of four
And if my chute don't open wide
I have another one by my side
Up she go, all the way
Got to go, all the way

I wanne go to South Angola
I wanne kill that Sam Nujoma
And if I die in the combat zone
Box me up and send me home
Fold my arms across my chest
Tell my mother I did my best.
Up she go, all the way
Got to go, all the way

> Hehehe, ek belowe dat "...die laaste wit soogdier" 'n paar ouens se
> hokke gaan skud. Ek noem nie nou graag name nie.
>
> Groete
>
> Sas
>
> PS - ek het 'n fout gemaak in die eerste vers. Dit moes lees
> "wat soos gedwee ou hoere moes bieg"
>
> ;-)
>
> On Thu, 9 Dec 1999 23:55:49 -0700, "Bees" wrote:
>
>> Sas Kloppers wrote in message
>> news:384f6226.75451686@news.saix.net...
>>> Ja, ek was ongelukkig ook daar. Het lekker saam met oom
>> Konstant terrs
>>> gejag in Angola met ops Protea en Daisy in '79 - 80. Was 'n
>> valskerm
>>> soldaat en selfs 'n offisier. Maar toe Swapo die kak uit ons
>> uit skiet
>>> in Xangongo en my een korporaal noodlottig wond het ek begin
>> besin oor
>>> die waarde van 'n oorlog.
>>
>> Ja, skiet (soos in teikenskiet) is OK, oor-en-weer skiet is 'n
>> ander storie. (Laat ek raai - 2Lt Sas Kloppers in 1 Valskerm Bn,
>> of maybe 44 Valskermbrigade...was in Oudtshoorn,
>> Bloemfontein....Jan Breytenbach lui 'n klokkie... )
>>
>>
>>> "Ons was belieg en ons was bedrieg.
>>> Ons moes soos roofvoëls diep in ons moer in oor Angola gaan
>> vlieg
>>> Maar toe ons terugkom in my land, daar sit die vyand
>>> en onderhandel met die leiers van ons kerke
>>> wat soos ou hoere moes bieg
>>
>> Iets wat my nog altyd verbaas het is hoe min ons oor ons eie
>> klein "Vietnam" besin het in movies, lirieke, boeke, gedigte,
>> watookal. (Amper soos in Amerika se "NAM". Net NAMibia in ons
>> geval.)
>>
>> SA het baie meer soldate (as 'n persentasie van die mense waaruit
>> die soldate getrek is) verloor as Amerika in Vietnam. (Amerika:
>> 50,000 dood uit 250M, wat gelyk is aan 800 uit 4M. SA het baie
>> meer as 800 mense in daardie oorlog verloor.) Mense soos jou
>> peloton sersant of seksie-leier. Om nie van die ouens te praat
>> wat tot vandag toe net linker of regter skoene koop nie, danksy
>> die black widows....
>>
>> Gee ons die res van daai lirieke
>>
>> Bees
>>
>
Re: Vietnamibia [boodskap #28380 is 'n antwoord op boodskap #28356] Vr, 10 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin McElroy  is tans af-lyn  Colin McElroy
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 10 Dec 1999 14:30:42 +0200, "HL" wrote:

>>
> Jou politieke oortuiginge kon nie baie sterk gewees het as jy tot die rang
> van Kommandant gevorder het nie. Dit vat maklik 10 jaar en baie kursusse om
> tot daar te kom. Jou politiek sou jou ook nie juis gehelp het om bevordering
> te kry nie.
> As jy regtig in Valsk. Bn was in 79-80 dan was jy mos saam met die ouens wat
> die mortierbom in die kaserne laat ontplof het. Dit was Bravo kompanie as
> ek reg onthou.
>

Hi

Nee, ek weet nie wie jy is nie, en ek was in Charlie. Was in 1978
soontoe. My troepe was in die tweede bungalo aan die linkerkant as jy
deur die hoofhek ingekom het en reguit na die pakhuis aangery het.
Regs was die paradegrond en al die bungalows aan die regterkant teen
die pad op was Bravo se mense. Ek was min in die eenheid want ek het
'n ekstra jaar gedoen, meestal op Ondangwa. Onthou jy nog ou sammajoor
Sakkie Marais? Mal soos 'n haas. Here, ek kan baie van die ouens nie
eers meer by naam onthou nie. Ek wonder hoe die eenheid nou lyk. dink
jy daar's nog roofvoëls in die grook hok by die admin gebou. Is daar
enigiemand wat onlangs daar was? Word die water nog so gereeld
"afgesny" gedurende opleiding? Kan nog onthou hoe 'n Genie Majoor
uitgefreak het daaroor omdat hy vergeet het om sy waterbottel vol te
maak. Ek sou daarvan hou om te weet hoe die eenheid vandag lyk. Toe
ek op 'n paar tone trap was ek aangepos na Heidelberg vir 'n sein
kursus, toe 'n taalkursus op Wits en het opgeeindig op 21Bn. Lekker
plek. Ons het gereeld Venda, 111Bn, 121Bn en ander swart eenhede
spring opleiding gegee. Regte "crash" courses. Hehehe, baie van die
manne was nogal lekker bang om in 'n Dak se deur te staan met al die
afta fumes. Ek het net gehoor van die mortierbom insident. Ons was in
totaal 11 maande in die operasionele gebied met Protea en Daisy. Dit
het my uitgefreak. Okay, call me a lier om nie die presiese datum te
onthou nie. Ek het iewers nog FAPLA memorabilia van die oorlog. Lekker
sokker gespeel op Ongiva na die ferros alles leeg gestroop het. Ja, ek
was by die kommando's betrokke vir nog tien jaar. Daarna het dinge
verander. Nee, my politieke verdraagsaamheid het nie in my pad gestaan
nie. Daar was wel 'n paar manne wat nie graag rondom my wou praat nie
maar dit was hulle probleem.

Glo my, vandag sou ek dit nie weer doen nie.
Re: Vietnamibia [boodskap #28381 is 'n antwoord op boodskap #28356] Vr, 10 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Sas Kloppers skryf in boodskap news:38510336.27047322@news.saix.net...
> Hi
>
> Nee, ek weet nie wie jy is nie, en ek was in Charlie. Was in 1978
> soontoe. My troepe was in die tweede bungalo aan die linkerkant as jy
> deur die hoofhek ingekom het en reguit na die pakhuis aangery het.
> Regs was die paradegrond en al die bungalows aan die regterkant teen
> die pad op was Bravo se mense. Ek was min in die eenheid want ek het
> 'n ekstra jaar gedoen, meestal op Ondangwa. Onthou jy nog ou sammajoor
> Sakkie Marais? Mal soos 'n haas.

As jy op die grond loop en kyk, en jy kyk skielik in jou eie gesig vas dan
weet jy Sakkie staan voor jou. Hy het seker die blinkste "boots" in die Army
gehad. Sy stem was legandaries. As hy die parade op aandag bring dan skop al
die ouens in 3 Mil Hospitaal langsaan styf in hul beddens van skrik.
Hy was later Sammajoor van die leer en nog later offisier geraak en is toe
aangestel as bevelvoerder van SAKK

Here, ek kan baie van die ouens nie
> eers meer by naam onthou nie. Ek wonder hoe die eenheid nou lyk. dink
> jy daar's nog roofvoëls in die grook hok by die admin gebou. Is daar
> enigiemand wat onlangs daar was?

Die visarende was nog daar toe ek diensplig gedoen het. My laaste kamp was
in1993. Toe was die eenheid besig om vinnig agteruit te gaan wat dissipline
en netheid aanbetref.
Daar was ook baie swart troepe. Hulle het die PT kursus redelik maklik
geslaag en hulle sing ook pragtig. Om hulle egter uit 'n vliegtuig te laat
spring het maar gesukkel. Die een swart troep het eendag gevra of ons al
opgelet het dat jy nie swartes kry wat bergklim, motorresies ry of valskerm
spring nie. Hy sê toe dit is omdat hulle nie wil doodgaan soos 'n witman nie

>
> Glo my, vandag sou ek dit nie weer doen nie.
>
Ek sal dit weer doen vir die vriendskap, kameraadskap en swaarkry, maar ek
sal dit nie doen vir 'n sinnelose oorlog nie. Ek sal die politici nooit
vergewe vir wat hulle aan ons gedoen het nie.

Die breinspoeling het al in die laerskool begin met briefies wat ons vir
Liewe Oom Soldaat moes skryf. As die juffrou klaar punte gegee het vir jou
brief dan is dit vir die weermag gestuur.
Ek het jare later op die grens hordes van die Oom Soldaat briefies
beantwoord. Dit is by die hope aan ons uitgedeel. Daar is ook altyd gebid
vir die" manne op die grens" Van kleins af wou ek niks anders doen as Army
toe gaan nie. En nou? Waarvoor? Ek haat die etters.

War at its worst, fought by young men at their best.
Re: Vietnamibia [boodskap #28402 is 'n antwoord op boodskap #28356] Sa, 11 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
HL skryf in boodskap news:82rapu$1ja9$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...

> Ek sal dit weer doen vir die vriendskap, kameraadskap en swaarkry, maar ek
> sal dit nie doen vir 'n sinnelose oorlog nie. Ek sal die politici nooit
> vergewe vir wat hulle aan ons gedoen het nie.

Ek stem saam. Ek is ook de moer in vir "hulle" daaroor - maar
ook vir myself. Omdat ek nie daardeur gesien het nie.

> Die breinspoeling het al in die laerskool begin met briefies wat ons vir
> Liewe Oom Soldaat moes skryf. As die juffrou klaar punte gegee het vir jou
> brief dan is dit vir die weermag gestuur.
> Ek het jare later op die grens hordes van die Oom Soldaat briefies
> beantwoord. Dit is by die hope aan ons uitgedeel. Daar is ook altyd gebid
> vir die" manne op die grens" Van kleins af wou ek niks anders doen as Army
> toe gaan nie. En nou? Waarvoor? Ek haat die etters.
>
Jy verwoord gedagtes wat ook in my kop rondstamp soos Buffel op
'n kaplyn. Die probleem is dat die mense wat die 'breinspoeling"
gedoen het ons eie mense was - ons pa's, ma's, die oom oorkant
die straat, die skoolhoof...

Daar is nie 'n maklike antwoord nie.
Groete
Bees
Re: Vietnamibia [boodskap #28558 is 'n antwoord op boodskap #28356] Di, 21 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
HL wrote:
>
> Sas Kloppers wrote in message
> news:3850ab23.4496542@news.saix.net...
>> Beste Bees,
>>
>> Ja, jy is reg. Eerste Luitenant, later kommandant in die kommandos.
> Jou politieke oortuiginge kon nie baie sterk gewees het as jy tot die rang
> van Kommandant gevorder het nie. Dit vat maklik 10 jaar en baie kursusse om
> tot daar te kom. Jou politiek sou jou ook nie juis gehelp het om bevordering
> te kry nie.

Klink vir my ook na een van daardie wat dit geniet het om elke jaar op
so drie maande kamp te gaan en dan die troepe rond te donder.
Re: Vietnamibia [boodskap #28559 is 'n antwoord op boodskap #28356] Di, 21 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Sas Kloppers wrote:
>
> Beste Bees,
>
> Ja, jy is reg. Eerste Luitenant, later kommandant in die kommandos.
> Infanterieskool, Een Valskerm Bataljon onder Kol Archie Moore, nog 'n
> ou wat mal daaroor was om god te speel. Gelukkig het die ouens bemerk
> dat ek oorhel na links na Angola en was ek afgedeel na 21Bn op Lenz
> waar ek die "kaffertjies" moes oplei. Was meermale in die moeilikheid
> met die ander offisiere vanwee my politieke oortuiginge. Nogtans 'n
> interresante tyd in my lewe.

So Sas - jy is ook een van daai 'manne' wat kop toe genoeg was om lank
genoeg diensplig te doen om tot kommandant te vorder. Klink my al of jy
hier vor die s.c.sa.a se WVK jouself probeer verontskuldig.
Re: Vietnamibia [boodskap #28560 is 'n antwoord op boodskap #28356] Di, 21 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote:

> HL wrote:
>>
>> Sas Kloppers wrote in message
>> news:3850ab23.4496542@news.saix.net...
>>> Beste Bees,
>>>
>>> Ja, jy is reg. Eerste Luitenant, later kommandant in die kommandos.
>> Jou politieke oortuiginge kon nie baie sterk gewees het as jy tot die rang
>> van Kommandant gevorder het nie. Dit vat maklik 10 jaar en baie kursusse om
>> tot daar te kom. Jou politiek sou jou ook nie juis gehelp het om bevordering
>> te kry nie.
>
> Klink vir my ook na een van daardie wat dit geniet het om elke jaar op
> so drie maande kamp te gaan en dan die troepe rond te donder.

Was bevordering in die burgermag nie 'n funksie van hoeveel jy weekliks saam met
die boys gaan drink het nie.....?
Re: Vietnamibia [boodskap #28571 is 'n antwoord op boodskap #28356] Wo, 22 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Johan skryf in boodskap news:385F8533.DEF8CCF2@dot.com...
> lou wrote:
>
>> HL wrote:
>>>
>>> Sas Kloppers wrote in message
>>> news:3850ab23.4496542@news.saix.net...
>>>> Beste Bees,
>>>>
>>>> Ja, jy is reg. Eerste Luitenant, later kommandant in die kommandos.
>>> Jou politieke oortuiginge kon nie baie sterk gewees het as jy tot die rang
>>> van Kommandant gevorder het nie. Dit vat maklik 10 jaar en baie kursusse om
>>> tot daar te kom. Jou politiek sou jou ook nie juis gehelp het om bevordering
>>> te kry nie.
>>
>> Klink vir my ook na een van daardie wat dit geniet het om elke jaar op
>> so drie maande kamp te gaan en dan die troepe rond te donder.
>
> Was bevordering in die burgermag nie 'n funksie van hoeveel jy weekliks saam met
> die boys gaan drink het nie.....?

Hang seker maar af van die eenheid waarin jy is. Ek het al my kampe klaar
gedoen en die dissipline en opleiding was selfs beter as met diensplig.

Cassinga is 'n goeie voorbeeld. Dit was van die beste en grootste lugstorm
aanvalle sedert WW2 en met uitsondering van die mortierpeleton het dit net
uit burgermag lede bestaan.
Vorige onderwerp: Advies vir: Sowjet Republieke Omgewings Beskerming Organisasie
Volgende onderwerp: Re - Kent gij dat Volk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 04:50:11 MGT 2024