Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Republiek van Australië
Republiek van Australië [boodskap #27932] Do, 11 November 1999 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Daar het jy dit. Die Aussies wil nie 'n republiek he nie. Hulle hou van ou
Lizzie en buig maar weer die knie voor haar. Ou John Howard het ook nee
gestem in die referendum van 6 November, en in die proses homself uit die
job gestem om die olimpiese spele in Sydney te open. (gie-gie-gie ..) Dit
nadat hy vuriglik, hand en tand geveg het om dit te kan doen. Sjym. En die
Aussies het hom vertrou met sy AVB beleid met die laaste verkiesing. Sjym.

Alwyn - uit Perth se wêreld
Re: Republiek van Australië [boodskap #27933 is 'n antwoord op boodskap #27932] Do, 11 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn,

Wat is die "AVB" beleid? En sê my het julle huis te hou met die Aussies
noudat hulle drie wêreldbekers het? (Ek wil nou nie hiermee sê dat jy nié
'n Aussie is nie!)

Groete,
Dries

Alwyn Nel wrote in article
...
> Daar het jy dit. Die Aussies wil nie 'n republiek he nie. Hulle hou van ou
> Lizzie en buig maar weer die knie voor haar. Ou John Howard het ook nee
> gestem in die referendum van 6 November, en in die proses homself uit die
> job gestem om die olimpiese spele in Sydney te open. (gie-gie-gie ..) Dit
> nadat hy vuriglik, hand en tand geveg het om dit te kan doen. Sjym. En die
> Aussies het hom vertrou met sy AVB beleid met die laaste verkiesing. Sjym.
>
> Alwyn - uit Perth se wêreld
Re: Republiek van Australië [boodskap #27949 is 'n antwoord op boodskap #27932] Vr, 12 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Alwyn Nel wrote in article
> ...
>> Daar het jy dit. Die Aussies wil nie 'n republiek he nie. Hulle hou van ou
>> Lizzie en buig maar weer die knie voor haar.

NEE Alwyn jy het dit tog nie mis nie het jy?
Ons wat gestem het wil ons eie President kan kies nie 'n "Pollies
Predident" nie. Die Koningin bly ons "Hoof" maar ek het NEE gestem
omdat ek nie vir die pollitieke Presidentstelsel en die baie
veranderinge aan die konstitusie kans gesien het nie.
Wie vertrou nou Howard of Beazley met mag as hulle dit eens gekry het.
Ongeag sal ons gou weer hoor hievan " moenie worrie " nie! Ek het was
onlangs saam met Kim op 'n partytjie en hy skud sy vere
reg.....................
Re: Republiek van Australië [boodskap #27950 is 'n antwoord op boodskap #27932] Vr, 12 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Alwyn
Ek moet jou laat weet dat ek ook Constant NEE gestem het in al die referenda
hier in die moerland. As meer ouens nee gestem het, het dinge tans beter
gegaan. Dit is juis daar by julle dat een van ons ministers onlangs verdwaal
het.
Sy moes op Sydney afklim, maar het deurgevlieg Perth toe. Nou hoor ek die
ouens sê sy wou nie Sydney, sy wou Perth!

Haar Majesteit is tans hier by ons vir die Statebondsvergadering in Durban.
Prins Philip is saam. Sy wil nie verskoning vra vir die gruwels van die
Tweede Vryheidsoorlog nie. Sy het darem gesê sy is jammer oor die groot
lewensverlies.
Ek wonder nou net of sy die baie tommies bedoel wat hier gesneuwel het.
Ek sou haar graag wou hoor verskoning vra vir die diefstal van die
diamantvelde. Dit was 'n groter verlies vir ons as die Boere Oorlog. Die
Engelse het darem so half en half verskoning gevra daarvoor. Hulle het die
Republiek van die Oranje Vrijstaat met negentig duisend pond (sterling) vir
die diamantvelde vergoed.
In my oë is dit erkenning van skuld.

Geluk ook met julle wêreldbeker. Volgende keer kom hy hierheen!

Terloops, wat doen jy daar in Perth se wêreld?
B.
Re: Republiek van Australië [boodskap #27951 is 'n antwoord op boodskap #27932] Vr, 12 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn, ek hoor nou die dag op die radio dat daar
blykbaar so baie korrupsie is met die Olimpiese Spele
dat daar groepe is wat dit wil boikot?

Hoe dan so, ek dog Australiê het dit fair dinkum gewen
en is benede al die korrupsie en nepotisme.

Die Amerikaanse radiostorie (NPRI - National Public Radio
International) is seker effe negatief teenoor Oz om hulle eie
flops van Atlanta te
verdoesel, ek sou graag hoor wat jy dink van daardie stelling.

Pat

Alwyn Nel wrote in article
...
> Daar het jy dit. Die Aussies wil nie 'n republiek he nie. Hulle hou van ou
> Lizzie en buig maar weer die knie voor haar. Ou John Howard het ook nee
> gestem in die referendum van 6 November, en in die proses homself uit die
> job gestem om die olimpiese spele in Sydney te open. (gie-gie-gie ..) Dit
> nadat hy vuriglik, hand en tand geveg het om dit te kan doen. Sjym. En die
> Aussies het hom vertrou met sy AVB beleid met die laaste verkiesing. Sjym.
>
> Alwyn - uit Perth se wêreld
>
Re: Republiek van Australië [boodskap #27963 is 'n antwoord op boodskap #27932] Sa, 13 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Barrie,

Wil jy nou vir my se dit het WEER gebeur? Ek onthou destyds by die SAUK toe
"Dr" Ivy Matseppe-Cassaburie die bewind oorgeneem het by Prof Christo
Viljoen as voorsitter. Die antie moes toe nou ook Sydney toe, maar toe die
Qantas errie se wiele grondvat op Perth Intl. vir 'n pit stop is sy daar
uit, sak en pak. Daar staan sy toe en wag vir die rooi tapyt wat nooit kom
nie. Toe bel sy Wynand Harmse in SA op haar mobile en se hy moet die f.kkop
uitsort.

Alwyn

Barrie skryf in boodskap news:80h93l$9ro$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Alwyn
> Ek moet jou laat weet dat ek ook Constant NEE gestem het in al die referenda
> hier in die moerland. As meer ouens nee gestem het, het dinge tans beter
> gegaan. Dit is juis daar by julle dat een van ons ministers onlangs verdwaal
> het.
> Sy moes op Sydney afklim, maar het deurgevlieg Perth toe. Nou hoor ek die
> ouens sê sy wou nie Sydney, sy wou Perth!
>
> Haar Majesteit is tans hier by ons vir die Statebondsvergadering in Durban.
> Prins Philip is saam. Sy wil nie verskoning vra vir die gruwels van die
> Tweede Vryheidsoorlog nie. Sy het darem gesê sy is jammer oor die groot
> lewensverlies.
> Ek wonder nou net of sy die baie tommies bedoel wat hier gesneuwel het.
> Ek sou haar graag wou hoor verskoning vra vir die diefstal van die
> diamantvelde. Dit was 'n groter verlies vir ons as die Boere Oorlog. Die
> Engelse het darem so half en half verskoning gevra daarvoor. Hulle het die
> Republiek van die Oranje Vrijstaat met negentig duisend pond (sterling) vir
> die diamantvelde vergoed.
> In my oë is dit erkenning van skuld.
>
> Geluk ook met julle wêreldbeker. Volgende keer kom hy hierheen!
>
> Terloops, wat doen jy daar in Perth se wêreld?
> B.
>
Re: Republiek van Australië [boodskap #27964 is 'n antwoord op boodskap #27932] Sa, 13 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Barrie skryf in boodskap news:80h93l$9ro$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Alwyn
>
> Terloops, wat doen jy daar in Perth se wêreld?
> B.
>
O ja, jy het gevra.... Ek is een van daai mense wat vir 18 ure 'n dag na 'n
rekenaarskerm staar en elke oomblik daarvan geniet. Ek is betrokke in die IT
/Ecommerce bedryf. (Ons Mpy se prospektus is Vrydag goegekeur deur die Raad.
Watch this space :-)

Alwyn
Re: Republiek van Australië [boodskap #27965 is 'n antwoord op boodskap #27932] Sa, 13 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Groper,

Onthou net: ons kon stem "vir die beginsel" om 'n rebubliek tot stand te
bring, en dan ook vir die spesifieke model van rebubliek wat voorgestel was.
Twee stemme. Ek se nie die model was noodwendig goed nie. Inteendeel, dit
het baie kritiek ontlok. Al wat ek graag wou gehad het, was dat die Aussies
net in beginsel "ja" moes stem vir 'n republiek, maar nee vir die model. Dan
was die basis gelê vir 'n rebubliek en kon onderhandelinge voortgaan oor die
spesifieke model wat wenslik is. Ek verstaan daar is iets soos 147
verskillende modelle van republieke wêrelwyd. Ek is bevrees die Aussies het
nooit die "model van republiek" idee verstaan nie, of John Howard is 'n
bleddie goeie salesman.

Hoekom volg die Aussies ou John Howard so slaafs? Hy se "stem vir Algemene
Verkoop Belasting" Hulle glo hom en stem hom in. Julie volgende jaar begin
ons k.k en betaal met tien persent verkoopsbelasting. Kan jy DIT glo?

Groper, ek hoop jy is reg dat Kim Beazley sy vere regskud. Ek wag in
spanning...

Alwyn - uit Perth se wêreld.

Sandgroper skryf in boodskap news:382c0791.135648419@news.m.iinet.net.au...
>
>> Alwyn Nel wrote in article
>> ...
>>> Daar het jy dit. Die Aussies wil nie 'n republiek he nie. Hulle hou van ou
>>> Lizzie en buig maar weer die knie voor haar.
>
> NEE Alwyn jy het dit tog nie mis nie het jy?
> Ons wat gestem het wil ons eie President kan kies nie 'n "Pollies
> Predident" nie. Die Koningin bly ons "Hoof" maar ek het NEE gestem
> omdat ek nie vir die pollitieke Presidentstelsel en die baie
> veranderinge aan die konstitusie kans gesien het nie.
> Wie vertrou nou Howard of Beazley met mag as hulle dit eens gekry het.
> Ongeag sal ons gou weer hoor hievan " moenie worrie " nie! Ek het was
> onlangs saam met Kim op 'n partytjie en hy skud sy vere
> reg.....................
Re: Republiek van Australië [boodskap #27966 is 'n antwoord op boodskap #27932] Sa, 13 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Sandgroper wrote:

> "Alwyn Nel" wrote:
>
>> Onthou net: ons kon stem om 'n rebubliek tot stand te
>> bring,

> die spesifieke model van rebubliek

> Nouja, dit gee my ook hier in Little Rock hoop dat ons van ons Republiek

> ontslae kan raak en kan doen wat julle kangaroos daar onder beplan.

Bubba
Re: Republiek van Australië [boodskap #27967 is 'n antwoord op boodskap #27932] Sa, 13 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
"Alwyn Nel" wrote:

> Onthou net: ons kon stem "vir die beginsel" om 'n rebubliek tot stand te
> bring, en dan ook vir die spesifieke model van rebubliek wat voorgestel was.
> Twee stemme.

Nee Alwyn, die model was reeds vasgelê. Die mag sou totaal by die
"Prime Minister" lê.
Die twee stemme was:
(1)Moet die konstitusie verander word om 'n Republiek tot stand te
bring'
met die model soos hierbo genoem JA /NEE

(2) Die "Pre-amble" Moet dit by gevoeg word JA / Nee

Daar was nie 'n stemmery oor die model nie. Indien jy nie met Howard
en die Constitutional Convention se model saam gestem het nie moes jy
dus Nee stem.

Die res is history "Staf Sersant"

Ek se nie die model was noodwendig goed nie. Inteendeel, dit
> het baie kritiek ontlok. Al wat ek graag wou gehad het, was dat die Aussies
> net in beginsel "ja" moes stem vir 'n republiek, maar nee vir die model. Dan
> was die basis gelê vir 'n rebubliek en kon onderhandelinge voortgaan oor die
> spesifieke model wat wenslik is. Ek verstaan daar is iets soos 147
> verskillende modelle van republieke wêrelwyd. Ek is bevrees die Aussies het
> nooit die "model van republiek" idee verstaan nie, of John Howard is 'n
> bleddie goeie salesman.
>
> Hoekom volg die Aussies ou John Howard so slaafs? Hy se "stem vir Algemene
> Verkoop Belasting" Hulle glo hom en stem hom in. Julie volgende jaar begin
> ons k.k en betaal met tien persent verkoopsbelasting. Kan jy DIT glo?

Ek dink Kim het die laaste verkiesing aspris verloor omdat hy ook 'n
GST wou hê maar nie die onpopulariteit daarvan nie. Ek dink eerlik
Jack-boot -Johnny is bye-bye.
>
> Groper, ek hoop jy is reg dat Kim Beazley sy vere regskud. Ek wag in
> spanning...
>
> Alwyn - uit Perth se wêreld.
Re: Republiek van Australië [boodskap #27975 is 'n antwoord op boodskap #27932] Ma, 15 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sandgroper

> Die res is history "Staf Sersant"
>
Nou werk my kop oortyd... dit blyk weereens 'n baie klein wêreldjie te
wees.

Alwyn
Vorige onderwerp: Toets
Volgende onderwerp: Re: Black Britain
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 22:32:50 MGT 2024