Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Geveg half gewonne !
Re: Geveg half gewonne ! [boodskap #27934] Do, 11 November 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Wat kan ons sê?

> ons sal almal op die
> Johannesburg lughawe wees om jou met 'n toi toi en boerewors roll te
> verwelkom! Alles is vergewe!

> Vriendelike groete en felisitasies
> Jou goeie en ewigdurende vriend en kameraad
> Lou

My dierbare Lou, vanwaar die skielike toegeneentheid.Skuldige gewete?

Gloudina
Re: Geveg half gewonne ! [boodskap #27935 is 'n antwoord op boodskap #27934] Do, 11 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
skryf in boodskap news:382AB892.A1F57284@sympatico.ca...
> Wel, alles is nou skielik maneskyn en rose. Mev. kry haar papiere, Julie se
> kinders
> kry hulle paspoorte, Dries kry (deur informasie gegee deur 'n Afrikaner) 'n
> antwoord
> van ABSA wat heel logies is. Waaroor was al die hoe-ha en al die gekreun en
> gesteun
> dat die Nuwe Suid-Afrika korrup tot in sy dieptes is en voor die oge
> verkrummel.
>
> Die tannie met die vraag in haar oge.
>

Luister Tannie

Dit het maar net vanaf Februarie geneem om die probleem uit te sorteer.
Verder het ek vir President Mbeki geskryf en ek glo dit is aan sy Kantoor te
danke dat Departement van Binnelandse Sake nou 'n ander deuntjie sing (as jy
hulle eerste en laaste skrywes sou lees sou jy verstom wees - eers was daar
geen manier dat ek paspoorte sou kon kry sonder 'n SA hofbevel as gevolg van
'n 40 jaar oue wet - en nou skielik is daar geen probleem, geen hofbevel
word benodig? Ek wonder maar net ... is die wet skielik verander of wat?).

Ek is baie bly vir Francois dat sy saak half gewonne is. Ek hoop Francois
en alle ander persone se probleme word gou uitgesorteer. Ek dink dit is
heel toevallig dat dinge vir ons almal terselfdertyd uitwerk - of miskien is
daar goed vuurgemaak by die Departement gesien in die lig dat daar
klaarblyklik hopeloos te veel klagtes is oor hoe die Departement SA burgers
behandel.

Julie
Re: Geveg half gewonne ! [boodskap #27936 is 'n antwoord op boodskap #27934] Do, 11 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Was eergister by Pretoria kantoor om Mev. se visa te hernu toe hulle vra
> wanneer ons die versoek vir permanente verblyf gaan plaas.
>
> Ek seg toe "Sodra as wat die koste van R 10 020.00 verdwyn." Uit die bloete
> sê hulle daar is 'n interne opdrag wat sê die koste is vrygeskeld vir die
> wat met SA burgers getroud is.
>
> Ek vertrou hulle so ver as wat ek hulle kan sien, so ek sal sien wat gebeur
> die 19de.
>

Wel, alles is nou skielik maneskyn en rose. Mev. kry haar papiere, Julie se
kinders
kry hulle paspoorte, Dries kry (deur informasie gegee deur 'n Afrikaner) 'n
antwoord
van ABSA wat heel logies is. Waaroor was al die hoe-ha en al die gekreun en
gesteun
dat die Nuwe Suid-Afrika korrup tot in sy dieptes is en voor die oge
verkrummel.

Die tannie met die vraag in haar oge.
Re: Geveg half gewonne ! [boodskap #27937 is 'n antwoord op boodskap #27934] Do, 11 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Dries Venter wrote:

> Gloudina,
>
> Soos gewoonlik redeneer jy soos 'n pampoen:

Ek neem aan jy bedoel "pittig."

Gloudina
Re: Geveg half gewonne ! [boodskap #27938 is 'n antwoord op boodskap #27934] Do, 11 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> Francois de Wet wrote:
>
>> Ek vertrou hulle so ver as wat ek hulle kan sien, so ek sal sien wat gebeur
>> die 19de.
>>
>
> Wel, alles is nou skielik maneskyn en rose. Mev. kry haar papiere, Julie se
> kinders
> kry hulle paspoorte, Dries kry (deur informasie gegee deur 'n Afrikaner) 'n
> antwoord
> van ABSA wat heel logies is. Waaroor was al die hoe-ha en al die gekreun en
> gesteun
> dat die Nuwe Suid-Afrika korrup tot in sy dieptes is en voor die oge
> verkrummel.
>

My liewe Gloudina

Wat kan ons sê? Jy was toe al die tyd reg - hier is geen korrupsie,
nepotisme, red tape, rasse diskriminasie, algehele ineenstorting van
provinsiale hospitale, pad netwerk vol slaggate, ge-demotifeerde
polisiemag, van die hoogste verkragting, roof en moord syfers ter
wêreld of enige ander probleme in SA nie.

Alles is nou reg! Jy kan nou maar jou Kanadese rooi baadjie uit trek jou
perd afsaal jou vellies en kappie aantrek en ons sal almal op die
Johannesburg lughawe wees om jou met 'n toi toi en boerewors roll te
verwelkom! Alles is vergewe! Ons is selfs bereid om jou klein kanadesies
afrikaans te leer.

Vriendelike groete en felisitasies
Jou goeie en ewigdurende vriend en kameraad
Lou
Re: Geveg half gewonne ! [boodskap #27939 is 'n antwoord op boodskap #27934] Do, 11 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat dit was glad nie so maklik nie, heel duidelik het Albert Makoena die
DG van Binnelandse Sake se reputasie nie Kanada gehaal nie. Dis nou
dieselfde man wat papiere vir al sy basketbal spelers en maters uitgereik
het, twee mense op Binnelandse Sake se payroll by sy huis laat werk , almal
met staats onkoste vervoer en wat gevra het of ons maatskappy nie dalk sy
basketbal span wil sponsor om seker te maak ons kry die nuwe kontrak vir
hulle IT benodighede.

Ek het hard baklei, mens kry niks in die' lewe verniet nie. Julie moes ook
maar vuis bal en ABSA moet swoeg vir sy kliente.

Francois alias Pumba die Vlak Vark

@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> Was eergister by Pretoria kantoor om Mev. se visa te hernu toe hulle vra
>> wanneer ons die versoek vir permanente verblyf gaan plaas.
>>
>> Ek seg toe "Sodra as wat die koste van R 10 020.00 verdwyn." Uit die bloete
>> sê hulle daar is 'n interne opdrag wat sê die koste is vrygeskeld vir die
>> wat met SA burgers getroud is.
>>
>> Ek vertrou hulle so ver as wat ek hulle kan sien, so ek sal sien wat gebeur
>> die 19de.
>>
>
> Wel, alles is nou skielik maneskyn en rose. Mev. kry haar papiere, Julie se
> kinders
> kry hulle paspoorte, Dries kry (deur informasie gegee deur 'n Afrikaner) 'n
> antwoord
> van ABSA wat heel logies is. Waaroor was al die hoe-ha en al die gekreun en
> gesteun
> dat die Nuwe Suid-Afrika korrup tot in sy dieptes is en voor die oge
> verkrummel.
>
> Die tannie met die vraag in haar oge.
>
Re: Geveg half gewonne ! [boodskap #27940 is 'n antwoord op boodskap #27934] Do, 11 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Soos gewoonlik redeneer jy soos 'n pampoen:
1) Wat het my en andere se geveg met ABSA te doen met koprrupsie edm? Dit
is bloot slegte diensverskaffing van ABSA.
2) Wat het die feit dat 'n Afrikaner die boodskap aan my gegee het daarmee
te doen? Hy het, as ek reg lees op die taalgesprek poslys, byna homself
afgedank gekry vanweë dit wat hy gedoen het om 'n antwoord uit ABSA uit te
wurg.
3) Die antwoord wat ons van ABSA gekry het is in reëlregte teenstelling met
die antwoord wat ons oorspronklik van hulle gekry het, vlg. die brief wat
ons gekry het was daar 'n "kommunikasiegaping". So hoe kon die antwoord
"heel logies" gewees het? As jy my vra, het hulle gehoop niemand kla oor
die gebrek aan Afrikaans nie, en dan was hulle saak gewonne.

Ek begin ook te voel soos jy, maar net in die ander rigting in: Hoe durf
jy jou neus in ons sake steek? Dis duidelik dat jy nie die vaagste benul
van enigiets hier het nie! Gaan bemoei jou eerder met julle "first
nations" en pas jou politieke korrektheid op hulle toe. En verwyder
jouself ook sommer uit Kanada uit, jy is nie 'n "first nation" persoon nie,
erger nog, hy is nie eens daar gebore nie, so eintlik behoort jy geen sê
daar te hê nie. Jy roem mos so dat julle Duitsers as voorouers het, hoekom
gaan julle nie terug Duitsland toe nie?

En, anders as Leendert, stuur ek nie vriendelike groete nie. Jy maak my te
boos om nog vriendelik te wees.

Dries

lou wrote in article
...
> @sympatico.ca wrote:
>>
>> Francois de Wet wrote:
>>
>>> Ek vertrou hulle so ver as wat ek hulle kan sien, so ek sal sien wat gebeur
>>> die 19de.
>>>
>>
>> Wel, alles is nou skielik maneskyn en rose. Mev. kry haar papiere, Julie se
>> kinders
>> kry hulle paspoorte, Dries kry (deur informasie gegee deur 'n Afrikaner) 'n
>> antwoord
>> van ABSA wat heel logies is. Waaroor was al die hoe-ha en al die gekreun en
>> gesteun
>> dat die Nuwe Suid-Afrika korrup tot in sy dieptes is en voor die oge
>> verkrummel.
>>
>
> My liewe Gloudina
>
> Wat kan ons sê? Jy was toe al die tyd reg - hier is geen korrupsie,
> nepotisme, red tape, rasse diskriminasie, algehele ineenstorting van
> provinsiale hospitale, pad netwerk vol slaggate, ge-demotifeerde
> polisiemag, van die hoogste verkragting, roof en moord syfers ter
> wêreld of enige ander probleme in SA nie.
>
> Alles is nou reg! Jy kan nou maar jou Kanadese rooi baadjie uit trek jou
> perd afsaal jou vellies en kappie aantrek en ons sal almal op die
> Johannesburg lughawe wees om jou met 'n toi toi en boerewors roll te
> verwelkom! Alles is vergewe! Ons is selfs bereid om jou klein kanadesies
> afrikaans te leer.
>
> Vriendelike groete en felisitasies
> Jou goeie en ewigdurende vriend en kameraad
> Lou
>
Vorige onderwerp: Nuwe SA ANTICRIME Web site
Volgende onderwerp: "landskap" van GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 17:54:07 MGT 2024