Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Selected immigration news
Re: Selected immigration news [boodskap #27824] Wo, 03 November 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Selection of recent SA immigration stories & comments ( Sorry vir die
> Engels Gloudina )
>
> i- No doubt Madiba's Frankenstein bride has a finger in this, considering
> that she is an illegal immigrant, just like my wife.
>

Francois,
Ek objekteer teen jou beledigende en agteraf aanmerkings in hierdie
nuusgroep in Engels. Ons moet tot vervelens hoor van jou griewe teen
'n staatsdepartement. Maar as ons, in 'n Afrikaanse nuusgroep, ook nog
jou griewe in Engels moet lees, dan word dit te veel vir ons wat hoop
dat Afrikaans nog 'n kans het om te lewe in Suid-Afrika, ten minste op
'n Afrikaanse nuusgroep. Kom julle almal, wat so daagliks rou oor die
heengang van Afrikaans, byvoorbeeld in die regswese in SA, vertel vir
Francois om erens anders te gaan droogmaak, of anders in Afrikaans
op 'n Afrikaanse nuusgroep te skryf.

Gloudina
Re: Selected immigration news [boodskap #27825 is 'n antwoord op boodskap #27824] Wo, 03 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jimmie  is tans af-lyn  Jimmie
Boodskappe: 21
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
So vermetele ou biets!!!! Sy objekteer !?!?!?!!!!!! Goedige bliksem, nou het
ons alles gehoor....

Die meester van belediging en agteraf wees beskuldig iemand anders daarvan.

@sympatico.ca wrote:

>
> Francois,
> Ek objekteer teen jou beledigende en agteraf aanmerkings in hierdie
> nuusgroep in Engels. Ons moet tot vervelens hoor van jou griewe teen
> 'n staatsdepartement. Maar as ons, in 'n Afrikaanse nuusgroep, ook nog
> jou griewe in Engels moet lees, dan word dit te veel vir ons wat hoop
> dat Afrikaans nog 'n kans het om te lewe in Suid-Afrika, ten minste op
> 'n Afrikaanse nuusgroep. Kom julle almal, wat so daagliks rou oor die
> heengang van Afrikaans, byvoorbeeld in die regswese in SA, vertel vir
> Francois om erens anders te gaan droogmaak, of anders in Afrikaans
> op 'n Afrikaanse nuusgroep te skryf.
>
> Gloudina
Re: Selected immigration news [boodskap #27837 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Jimmie,

Dit was vir Graca (the eating, drinking, partying wine) Machel wat ek
"Frankenstein bride" genoem het, nie Gloudina nie. Ek weet nie so mooi wat
sy is nie.

Ek sal na my "random insult generator " moet gaan kyk .

Francois de Wet

Jimmie wrote in message ...
> Om jou siek ou opinies in Afrikaans te hoor is nog sieker, huigelaar. Kyk
> net na jou inflamatoriese woordkeuses. Dis getuig van die swakste smaak
> denkbaar.
> Om jou 'n bruid van Frankenstein te noem, was 'n kompliment! nie 'n
> belediging nie.
> Get a life!!!!!!!
>
> @sympatico.ca wrote:
>
>> 'nAfrikaanse nuusgroep 'n nuusgroep vir Afrikaans, of is dit 'n nuusgroep
>> waarop Afrikaners maar hulle siek ou opinies in Engels kan uitspoeg.
>> My kinders is Kanadese, tweetalig in die twee amptelike landstale.
>
Re: Selected immigration news [boodskap #27838 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Inteendeel. Jy preek dat die spoeg spat vir Afrikaners in Suid-Afrika
> oor "handhawing" van Afrikaans, terwyl jy en jou Afrikaanse man
> Kanadese kinders voortbring op Frans en Engels.

My man is nie "Afrikaans" nie. Hy is 'n langstaande Kanadese burgeren
identifiseer hom nie meer met "Afrikaners" nie. Los my kinders
ook uit. Hulle is ook almal Kanadese burgers. Maar as SA burgers
sit en die piep kry oor die manier waarop Afrikaans nou skielik nie
meer die hoofrol speel in 'n land van 40 miljoen, waarvan skaars
vyf miljoen Afrikaans-sprekend is, dan kan ek die piep kry wanneer
een van daardie Kanadese burgers op Engels op 'n Afrikaanse nuus-
groep sy opinies in Engels sit en verkondig. Ek is geinteresseerd in
Afrikaans en die welsyn van die Afrikaanse nuusgroep, sien. As jy
en ander soos jy goedpraat wat ons vriend Francois op hierdie
nuusgroep doen, sal ek moet ophou om hierdie nuusgroep te lees.
Is dit wat jy probeer bereik?

Gloudina

>
Re: Selected immigration news [boodskap #27839 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

My antwoorde is iewers hier onder....

Francois

@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> Selection of recent SA immigration stories & comments ( Sorry vir die
>> Engels Gloudina )
>>
>> i- No doubt Madiba's Frankenstein bride has a finger in this, considering
>> that she is an illegal immigrant, just like my wife.
>>
>
> Francois,
> Ek objekteer teen jou beledigende en agteraf aanmerkings in hierdie
> nuusgroep in Engels.

--Wie sê dit was 'n belediging ? Ek kan nie alles altyd vertaal net sodat
ek PC sal wees nie, as jy gaan inkopies doen skakel jy nog oor na Rande en
sente ?

Ons moet tot vervelens hoor van jou griewe teen
> 'n staatsdepartement.

--Jammer om te hoor ek verveel jou, maar ek het nog nie my doelwit bereik
nie.

Maar as ons, in 'n Afrikaanse nuusgroep, ook nog
> jou griewe in Engels moet lees, dan word dit te veel vir ons wat hoop
> dat Afrikaans nog 'n kans het om te lewe in Suid-Afrika, ten minste op
> 'n Afrikaanse nuusgroep.

--So Engelse nuus is geen nuus as dit nie in Afrikaans is nie ! Watter
koerant lees jy in Kanada, seker die Globe & Mail ?

Kom julle almal, wat so daagliks rou oor die
> heengang van Afrikaans, byvoorbeeld in die regswese in SA, vertel vir
> Francois om erens anders te gaan droogmaak, of anders in Afrikaans
> op 'n Afrikaanse nuusgroep te skryf.

--Ek sal aanhou om te skryf in beide my voertale.

Francois

>
> Gloudina
>
Re: Selected immigration news [boodskap #27840 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ons probeer, o, ons het probeer
maar wee
die kan'deense tante objekteer
alweer gebeur vir die soveelste keer
sy objekteer...

o waar o waar
is tog die woord 'beswaar"
gloudien
voorwaar dat jy kan sien
dat hierdie groep
nie met almal is gedien

Van huidiglik tot tans en nou
is die beste pogings maar gewoon
en flou
ons objekteer oor onse taal
maar sal ons self die taal
sy taal laat praat?

Die landdros sê
Askuus vir jou!
Hier kom geneuk
ter hof en gou
oor taal en tolk en tolk en taal
en steeds kan'k my sake nie agterhaal!
vir wat loop krap op plek
waar niks was g'n gejeuk?
Weg met bur'krasie se gehup' oor
net een taal ter hof!
Maak dit dan die een'gste taal
die een wat heel die wêreld rond
lekker val op elk afferkaans mond
en tong
sommer lekker klong!
so lekker vol van djol en djuig
het djy nou lanklaas oor ga-djuig
Ons sê daai ding soos ons hom sê
My taal! Jou taal! Ons taal!
Gebruik hom!
Praat hom!
en natuurlik
skryf die taal!

Soos Nataniël sou sê: "Praat net die bleddie ding!"

Thys
Re: Selected immigration news [boodskap #27841 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Thys de Wet wrote:

> Ons sê daai ding soos ons hom sê
> My taal! Jou taal! Ons taal!
> Gebruik hom!
> Praat hom!
> en natuurlik
> skryf die taal!
>
> Soos Nataniël sou sê: "Praat net die bleddie ding!"
>
>

Dankie Thys. So hou ons die Afrikaanse nuusgroep Afrikaans.

Gloudina
Re: Selected immigration news [boodskap #27842 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jimmie  is tans af-lyn  Jimmie
Boodskappe: 21
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
Soos wanneer Kanadese burgers sit en piep kry oor Kanadese Indiane nie meer
afgodjies is nie.

Jy is nie in die nuusgroep se welsyn geinteresseerd nie - jy is konstand
daarop uit om dit te vernietig.

> Maar as SA burgers
> sit en die piep kry oor die manier waarop Afrikaans nou skielik nie
> meer die hoofrol speel in 'n land van 40 miljoen, waarvan skaars
> vyf miljoen Afrikaans-sprekend is, dan kan ek die piep kry wanneer
> een van daardie Kanadese burgers op Engels op 'n Afrikaanse nuus-
> groep sy opinies in Engels sit en verkondig. Ek is geinteresseerd in
> Afrikaans en die welsyn van die Afrikaanse nuusgroep, sien. As jy
> en ander soos jy goedpraat wat ons vriend Francois op hierdie
> nuusgroep doen, sal ek moet ophou om hierdie nuusgroep te lees.
> Is dit wat jy probeer bereik?
>
> Gloudina
>
>>
>>
Re: Selected immigration news [boodskap #27843 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> No doubt Madiba's Frankenstein bride has a finger in this,

> Hmmmmmm.... En wanneer gaan jy jou kinders Afrikaans leer, Gloudina?

Dit, my liewe Leendert, het niks met die prys van eiers te doen nie. Is
'nAfrikaanse nuusgroep 'n nuusgroep vir Afrikaans, of is dit 'n nuusgroep
waarop Afrikaners maar hulle siek ou opinies in Engels kan uitspoeg.
My kinders is Kanadese, tweetalig in die twee amptelike landstale.
Ek hoop jou kinders word onderrig in sommige van die ander SA landstale
behalwe Engels en Afrikaans. En ek dink jy behoort genoeg van 'n heer
te wees om vir Francois oor die vingers te tik as hy 'n dame beskryf
as 'n Frankenstein bride. Ek hoop hy kom nooit weer terug Kanada toe
nie. Hy is nou wat ek, om 'n nuwe wysie op 'n ou deuntjie te sing,
'n vlak vark.

Gloudina

>
Re: Selected immigration news [boodskap #27844 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jimmie  is tans af-lyn  Jimmie
Boodskappe: 21
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
Om jou siek ou opinies in Afrikaans te hoor is nog sieker, huigelaar. Kyk
net na jou inflamatoriese woordkeuses. Dis getuig van die swakste smaak
denkbaar.
Om jou 'n bruid van Frankenstein te noem, was 'n kompliment! nie 'n
belediging nie.
Get a life!!!!!!!

@sympatico.ca wrote:

> 'nAfrikaanse nuusgroep 'n nuusgroep vir Afrikaans, of is dit 'n nuusgroep
> waarop Afrikaners maar hulle siek ou opinies in Engels kan uitspoeg.
> My kinders is Kanadese, tweetalig in die twee amptelike landstale.
Re: Selected immigration news [boodskap #27845 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Francois de Wet wrote:
>
>> Selection of recent SA immigration stories & comments ( Sorry vir die
>> Engels Gloudina )
>>
>> i- No doubt Madiba's Frankenstein bride has a finger in this, considering
>> that she is an illegal immigrant, just like my wife.
>>
>
> Francois,
> Ek objekteer teen jou beledigende en agteraf aanmerkings in hierdie
> nuusgroep in Engels. Ons moet tot vervelens hoor van jou griewe teen
> 'n staatsdepartement. Maar as ons, in 'n Afrikaanse nuusgroep, ook nog
> jou griewe in Engels moet lees, dan word dit te veel vir ons wat hoop
> dat Afrikaans nog 'n kans het om te lewe in Suid-Afrika, ten minste op
> 'n Afrikaanse nuusgroep. Kom julle almal, wat so daagliks rou oor die
> heengang van Afrikaans, byvoorbeeld in die regswese in SA, vertel vir
> Francois om erens anders te gaan droogmaak, of anders in Afrikaans
> op 'n Afrikaanse nuusgroep te skryf.
>
> Gloudina

Hmmmmmm.... En wanneer gaan jy jou kinders Afrikaans leer, Gloudina?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Selected immigration news [boodskap #27846 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neville Nel  is tans af-lyn  Neville Nel
Boodskappe: 10
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...

> behalwe Engels en Afrikaans. En ek dink jy behoort genoeg van 'n heer
> te wees om vir Francois oor die vingers te tik as hy 'n dame beskryf
> as 'n Frankenstein bride...
>
> Gloudina

Juffrou..juffrou...Sodra ek sien dat hy 'n dame so beledig, juffrou,
sal ek hom oor die vingers tik, juffrou!!
Re: Selected immigration news [boodskap #27847 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Neville ,

Heeltemaal reg 'n dame is nie iemand wat haar opdring aan 'n ander nie of
verwag dat hulle na haar moet omsien en pamperlang, die wereld vol vlieg en
'n monument bou vir vir haar eks se laaste landing nie.

Pumba die Vlak Vark

Neville Nel wrote in message ...
>
> @sympatico.ca wrote in message
> ...
>
>> behalwe Engels en Afrikaans. En ek dink jy behoort genoeg van 'n heer
>> te wees om vir Francois oor die vingers te tik as hy 'n dame beskryf
>> as 'n Frankenstein bride...
>>
>> Gloudina
>
>
> Juffrou..juffrou...Sodra ek sien dat hy 'n dame so beledig, juffrou,
> sal ek hom oor die vingers tik, juffrou!!
>
Re: Selected immigration news [boodskap #27848 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek persoonlik gee nie om in watter taal ek nuus lees nie. Die Departement
van Binnelandse Sake is op die oomblik ook nie in my goeie boekies nie
aangesien hulle weier om paspoorte vir my kinders, wat SA burgers is, uit te
reik.

Dus sit ek met 'n catch 22 situasie want om die sakie reg te stel moet ek na
SA reis en word my kinders se teenwoordigheid verlang, maar ek kan geen
reisdokumente vir hulle bekom nie ..... Ek het selfs 'n brief na die kantoor
van die President gestuur en twee maande later 'n antwoord ontvang welke
lees "we have noted the contents of your letter" .... Een of ander persoon
van Departement van Binnelandse Sake het my ongeveer 3 weke gelede geskakel
en afskrifte van allerhande dokumente versoek welke dokumente hulle reeds in
hulle besit het. Ek het op hierdie stadium geen benul of hulle poog om my
te help of nie. Ek was wel verbaas dat hulle die moeite gedoen het om al
die pad na Amerika te skakel ten einde die dokumente te versoek.

Alhoewel hierdie 'n Afrikaanse nuusgroep is, beskou ek hierdie nuusgroep as
'n plekkie waar ek kan uitvind wat aangaan in SA en wat Suid-Afrikaners se
houding is - 'n plekkie waar Suid-Afrikaners kan gesels. En as 'n stukkie
nuus dan in Engels gegee word, dan is dit ook reg. En instede daarvan dat
Suid-Afrikaners saamstaan is daar nou onenigheid oor 'n "Engelse" .... ai
tog, dit is so onnodig.

Julie
Re: Selected immigration news [boodskap #27849 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek het meer diepte as wat jy dink. Het net nie veel tyd hensoppers en PC
mense wat nie kan baklei waarin hulle glo nie.

Ek glo Binnelandse sake is verkeerd en ek sal hulle hel gee tot in einde van
dae.

Groete
Vlak Vark
Pumba

@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> No doubt Madiba's Frankenstein bride has a finger in this,
>
>> Hmmmmmm.... En wanneer gaan jy jou kinders Afrikaans leer, Gloudina?
>
> Dit, my liewe Leendert, het niks met die prys van eiers te doen nie. Is
> 'nAfrikaanse nuusgroep 'n nuusgroep vir Afrikaans, of is dit 'n nuusgroep
> waarop Afrikaners maar hulle siek ou opinies in Engels kan uitspoeg.
> My kinders is Kanadese, tweetalig in die twee amptelike landstale.
> Ek hoop jou kinders word onderrig in sommige van die ander SA landstale
> behalwe Engels en Afrikaans. En ek dink jy behoort genoeg van 'n heer
> te wees om vir Francois oor die vingers te tik as hy 'n dame beskryf
> as 'n Frankenstein bride. Ek hoop hy kom nooit weer terug Kanada toe
> nie. Hy is nou wat ek, om 'n nuwe wysie op 'n ou deuntjie te sing,
> 'n vlak vark.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Selected immigration news [boodskap #27850 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neville Nel  is tans af-lyn  Neville Nel
Boodskappe: 10
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Francois de Wet wrote in message ...
> Neville ,
>
> Heeltemaal reg 'n dame is nie iemand wat haar opdring aan 'n ander nie of
> verwag dat hulle na haar moet omsien en pamperlang, die wereld vol vlieg en
> 'n monument bou vir vir haar eks se laaste landing nie.
>
> Pumba die Vlak Vark
>

Francois (Pumba?),

Ek dink Gloudina het so 'n vervelige lewe, want alles moet deur
'n PC bril gesien word. Ek vermoed dat sy nie 'n opinie van haar
eie het nie, want dan is daar mos 'n gevaar dat dit dalk nie by
die *hooggeplaasde dame van Sjinese-afkoms daar iewers in Kanada*
se idees sal pas van wat polities korrek sal wees nie. Netnou dreig
iemand dalk om Gloudina se naam by hierdie einste dame aan te gee!!!
Nee, Gloudina is haar vervelige, voorspelbare self-portret van
politieke korrektheid.

Interresante stukkie Useless Information:
Ek het deur MS Word die woord *POLITICS* ingetik en die Thesaurus opgeroep.
Dit beteken onder andere *science of government*.
Net jammer dat politiek nie normaalweg wetenskaplik benader word nie,
maar eerder emosioneel. Enige wetenskaplike wat sy sout werd is, is bereid
om na 'n ander wetenskaplike se opinie te luister.
Ek reken dat die huidige groep politici (wereldwyd) hoofsaaklik in die
ander bekrywings van *social science* en *political theory* inpas.

Groetnis
Neville (varkentjie)
Re: Selected immigration news [boodskap #27851 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca

Kom julle almal, wat so daagliks rou oor die
> heengang van Afrikaans, byvoorbeeld in die regswese in SA, vertel vir
> Francois om erens anders te gaan droogmaak, of anders in Afrikaans
> op 'n Afrikaanse nuusgroep te skryf.

Ek reken mens het 'n handoek nodig om mee droog te maak en 'n Gloudina
behoort die job te doen.

Francois

Alias - Pumba die Vlak Vark
Re: Selected immigration news [boodskap #27852 is 'n antwoord op boodskap #27824] Do, 04 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> No doubt Madiba's Frankenstein bride has a finger in this,
>
>> Hmmmmmm.... En wanneer gaan jy jou kinders Afrikaans leer, Gloudina?
>
> Dit, my liewe Leendert, het niks met die prys van eiers te doen nie.

Inteendeel. Jy preek dat die spoeg spat vir Afrikaners in Suid-Afrika
oor "handhawing" van Afrikaans, terwyl jy en jou Afrikaanse man
Kanadese kinders voortbring op Frans en Engels.

Is
> 'nAfrikaanse nuusgroep 'n nuusgroep vir Afrikaans, of is dit 'n nuusgroep
> waarop Afrikaners maar hulle siek ou opinies in Engels kan uitspoeg.
> My kinders is Kanadese, tweetalig in die twee amptelike landstale.
> Ek hoop jou kinders word onderrig in sommige van die ander SA landstale
> behalwe Engels en Afrikaans.

My sweetheart, wil jy vir my leer hoe in Afrika te leef en my kinders
voor te berei om in Afrika te leef?

En ja. My oudste begin binnekort met taal nr 5 en die tweede met taal
nr 4.

> En ek dink jy behoort genoeg van 'n heer
> te wees om vir Francois oor die vingers te tik as hy 'n dame beskryf
> as 'n Frankenstein bride.

Ek het nie die vaagste benul wie of wat Fernekenstein se bruid is nie.

Ek kan dus nie kommentaar lewer nie.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Selected immigration news [boodskap #27863 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Op watter deuntjie sing mens dit Thys ?

Francois

Thys de Wet wrote in message ...
> Ons probeer, o, ons het probeer
> maar wee
> die kan'deense tante objekteer
> alweer gebeur vir die soveelste keer
> sy objekteer...
>
> Thys
>
Re: Selected immigration news [boodskap #27864 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nee swaer! sallie kan sê nie.

Probeer die ou een:
Bach se owerspel in Beethoevn se flat met kaggel 5 (stukkies hout)

Alwyn Nel wrote in message ...
> Ou tante Koba, sy ry so woes ....

Nou hoor ek die wysie is glo ergs sekisties! Genade swaer!
Wat is besig om van ons samelewing te word?

Pieter Spaarwater (betottelde) het altyd so 'n stukkie in Die Burger
geskribbel oor sy Ingelse buurman:

"Ja dankie buurman, met twee blokkies ys." (Dis nou vir sy skotse
wyntjie. )
"Wat is die wêreld komende tot? Kyk tog net die die strate se generale
toestand? Skokkend! Skande! En hoe verwag die goewerment dat mens jou taks
moet betaal as die generale toestand in die land so flou is? "
Sal probeer om so 'n paar van hulle in die hande te kry!

Pieter is die ou wat die woord "betotteld" die eerste keer in die koerant
gebruik het met verwysing na mense wat behep is met bv. die toestand van
vroteiers in die Kalahari, en wat dan 'n 'Vriende van die Kalahari
Vroteierbewaringstrust' klub stig!
My pa sou gesê het: "Hy's heel bediederd man!" menende hy's heel bedonderd,
maar dis nou 'n minder mooi woord om in goeie geselskap kwyt te raak.
Betotteld klink dus mooi! Ek hou naogal daarvan. Nog nie betotteld nie,
maar hou daarvan!

Thys vannie wysie af (klink darem nog nie soos Reisiger mey Pilare van
WatOokAl nie)
Re: Selected immigration news [boodskap #27865 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Inteendeel. Jy preek dat die spoeg spat vir Afrikaners in Suid-Afrika
>> oor "handhawing" van Afrikaans, terwyl jy en jou Afrikaanse man
>> Kanadese kinders voortbring op Frans en Engels.
>
> My man is nie "Afrikaans" nie. Hy is 'n langstaande Kanadese burgeren
> identifiseer hom nie meer met "Afrikaners" nie.

'n Voormalige Afrikaner, dus.

En jy, Gloudina, is jy ook 'n voormalige Afrikaner?

> Los my kinders
> ook uit. Hulle is ook almal Kanadese burgers. Maar as SA burgers
> sit en die piep kry oor die manier waarop Afrikaans nou skielik nie
> meer die hoofrol speel in 'n land van 40 miljoen, waarvan skaars
> vyf miljoen Afrikaans-sprekend is,

Wanneer het Afrikaans "die hoofrol" gespeel in enige land, Gloudina?
(Behalwe miskien in Namibië, waar hy dit nou nog doen, verneem ek.)

En, my ding, ek sal die piep kry oor wat in my land gebeur, as dit my pas om
daaroor te piep.

_Jy_ het daar geen sê oor nie, weet jy?

> dan kan ek die piep kry wanneer
> een van daardie Kanadese burgers op Engels op 'n Afrikaanse nuus-
> groep sy opinies in Engels sit en verkondig.

Ek het _geen_ beswaar daarteen as tekste wat in Engels ontstaan het in
Engels hier geplaas word nie, en dit is ten volle in oorreenstemming met die
stigtingsakte van die groep. Ek vereis nie dat iemand dit eers vertaal
voordat hy dit hier plaas nie.

En ek kan ook verwys na vele Engelse tekste wat al - sonder beswaar van
jou - hier geplaas is.

Want waaroor jy _eintlik_ die piep kry, is die inhoud van die tekste, nie
waar nie? Want jy hou nie van die boodskap nie.

> Ek is geinteresseerd in
> Afrikaans en die welsyn van die Afrikaanse nuusgroep, sien. As jy
> en ander soos jy goedpraat wat ons vriend Francois op hierdie
> nuusgroep doen, sal ek moet ophou om hierdie nuusgroep te lees.

Ek is doodtevrede met wat "ons vriend Francois" op hierdie nuusgroep doen.

> Is dit wat jy probeer bereik?

My liewe Gloudina. As jy nie verdraagsaam is oor die inligting wat op
hierdie nuusgroep geplaas word nie, is dit jou goeie reg om jou te loop
verskans in jou identiteit as voorlmalige Afrikaner, en jou besig te hou met
jou Kanadese kinders wat nie Afrikaans kan praat nie.

Moet my net nie verantwoordelik hou vir die keuses wat jy in die lewe maak -
of dertig jaar gelede gemaak het nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Selected immigration news [boodskap #27866 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> reservate waar hulle die
> benewelde inboorlinge van Kanada hou.
>
> Niks sleg gesê van hulle nie.
>
>

Francois, ek hoop jy kom nooit weer terug Kanadatoe nie. Ons kan sonder jou
soort klaarkom.Jy was
'n gas hier in Kanada. Hoe durf jy die bevolking
van Kanada so beswadder.

Gloudina
Re: Selected immigration news [boodskap #27867 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

@sympatico.ca wrote in message
...
> Ja, ek het beswaar gemaak, net soos Pat, teen die beledigende manier
> waarop Francois van Graca Machel gepraat het deur haar 'n Frankenstein
> bride te noem. Ek het beswaar gemaak teen die feit dat ek sy persoonlike
> afskuwelike opmerkings op Engels in 'n Afrikaanse nuusgroep moes lees.

Lees Mary Shelley se boek dan praat ons weer ; nee wat liewers nie.
Die afskuwelike ding is dat ons haar rond vlieg en moet pamperlang met SA se
belasting geld en sy is 'n uitlander. Verstaan jy nou wat xenophobia
is.........as ek moet leef met die Wette van die land dan mag daar geen
uitsonderings wees nie.

> Ek maak nog beswaar. Dit strook met die minagtende manier waarop
> hy van Kanadese Eerste Nasies 'n ruk vantevore gepraat het.

--En wat sou ek noe kwansuis van hulle gese het ? Jy het gesê daar is groot
dood en slagting in die Maritimes, dus Kanada het ook probleme......en ek
het gesê 'n klomp dronk Newfies is nie dieselfde as die dood en slagting in
SA nie. En ek het 'n artikel gepos wat sê Kanada het ook apartheid /
separate development / homelands in die form van reservate waar hulle die
benewelde inboorlinge van Kanada hou.

Niks sleg gesê van hulle nie.

Francois
Re: Selected immigration news [boodskap #27868 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek gaan hom traai met Carl Orff se O Fortuna....

Francois

Thys de Wet wrote in message ...
> Nee swaer! sallie kan sê nie.
>
> Probeer die ou een:
> Bach se owerspel in Beethoevn se flat met kaggel 5 (stukkies hout)
>
> Alwyn Nel wrote in message ...
>> Ou tante Koba, sy ry so woes ....
>
>
> Nou hoor ek die wysie is glo ergs sekisties! Genade swaer!
> Wat is besig om van ons samelewing te word?
>
> Pieter Spaarwater (betottelde) het altyd so 'n stukkie in Die Burger
> geskribbel oor sy Ingelse buurman:
>
> "Ja dankie buurman, met twee blokkies ys." (Dis nou vir sy skotse
> wyntjie. )
> "Wat is die wêreld komende tot? Kyk tog net die die strate se generale
> toestand? Skokkend! Skande! En hoe verwag die goewerment dat mens jou taks
> moet betaal as die generale toestand in die land so flou is? "
> Sal probeer om so 'n paar van hulle in die hande te kry!
>
> Pieter is die ou wat die woord "betotteld" die eerste keer in die koerant
> gebruik het met verwysing na mense wat behep is met bv. die toestand van
> vroteiers in die Kalahari, en wat dan 'n 'Vriende van die Kalahari
> Vroteierbewaringstrust' klub stig!
> My pa sou gesê het: "Hy's heel bediederd man!" menende hy's heel bedonderd,
> maar dis nou 'n minder mooi woord om in goeie geselskap kwyt te raak.
> Betotteld klink dus mooi! Ek hou naogal daarvan. Nog nie betotteld nie,
> maar hou daarvan!
>
> Thys vannie wysie af (klink darem nog nie soos Reisiger mey Pilare van
> WatOokAl nie)
>
Re: Selected immigration news [boodskap #27869 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ernest,

Die kruis pos na "soc.culture.south-africa" is seker my fout want ek het dit
oorspronklik na beide gestuur.

Min mense het seker gekyk na watter groepe ek gepos het voordat hulle
geantwoord het nie.

Francois

Ernest Bessinger wrote in message ...
> Glodina,
> Wat se speletjie probeer jy nou weer speel.
>
> Ten eerste is die group 'n group vir die sosiale bespeking van Afrikaans
> spekendes (in enige taal). Ontleed asseblef vir my die volgende
> "soc.culture.south-africa.afrikaans". En, dan vertel jy my waar dit sê dat die
> bespreking in Afrikkans moet wees.
>
> Ten tweede kruis pos jy jou bespeking na "soc.culture.south-africa" Wat, niks
> met Afrikaans te doen het nie.
>
> Ernest
> skryf in boodskap news:3821083E.891DC6F0@sympatico.ca...
>> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>>> No doubt Madiba's Frankenstein bride has a finger in this,
>>
>>> Hmmmmmm.... En wanneer gaan jy jou kinders Afrikaans leer, Gloudina?
>>
>> Dit, my liewe Leendert, het niks met die prys van eiers te doen nie. Is
>> 'nAfrikaanse nuusgroep 'n nuusgroep vir Afrikaans, of is dit 'n nuusgroep
>> waarop Afrikaners maar hulle siek ou opinies in Engels kan uitspoeg.
>> My kinders is Kanadese, tweetalig in die twee amptelike landstale.
>> Ek hoop jou kinders word onderrig in sommige van die ander SA landstale
>> behalwe Engels en Afrikaans. En ek dink jy behoort genoeg van 'n heer
>> te wees om vir Francois oor die vingers te tik as hy 'n dame beskryf
>> as 'n Frankenstein bride. Ek hoop hy kom nooit weer terug Kanada toe
>> nie. Hy is nou wat ek, om 'n nuwe wysie op 'n ou deuntjie te sing,
>> 'n vlak vark.
>>
>> Gloudina
>>
>>>
>>
>
Re: Selected immigration news [boodskap #27870 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Glodina,
Wat se speletjie probeer jy nou weer speel.

Ten eerste is die group 'n group vir die sosiale bespeking van Afrikaans
spekendes (in enige taal). Ontleed asseblef vir my die volgende
"soc.culture.south-africa.afrikaans". En, dan vertel jy my waar dit sê dat die
bespreking in Afrikkans moet wees.

Ten tweede kruis pos jy jou bespeking na "soc.culture.south-africa" Wat, niks
met Afrikaans te doen het nie.

Ernest
skryf in boodskap news:3821083E.891DC6F0@sympatico.ca...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> No doubt Madiba's Frankenstein bride has a finger in this,
>
>> Hmmmmmm.... En wanneer gaan jy jou kinders Afrikaans leer, Gloudina?
>
> Dit, my liewe Leendert, het niks met die prys van eiers te doen nie. Is
> 'nAfrikaanse nuusgroep 'n nuusgroep vir Afrikaans, of is dit 'n nuusgroep
> waarop Afrikaners maar hulle siek ou opinies in Engels kan uitspoeg.
> My kinders is Kanadese, tweetalig in die twee amptelike landstale.
> Ek hoop jou kinders word onderrig in sommige van die ander SA landstale
> behalwe Engels en Afrikaans. En ek dink jy behoort genoeg van 'n heer
> te wees om vir Francois oor die vingers te tik as hy 'n dame beskryf
> as 'n Frankenstein bride. Ek hoop hy kom nooit weer terug Kanada toe
> nie. Hy is nou wat ek, om 'n nuwe wysie op 'n ou deuntjie te sing,
> 'n vlak vark.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Selected immigration news [boodskap #27871 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Jitte, my hart trek 'n punt as ek sien julle ondersteun my as ek iets in
Engels plaas, maar dit was nie bedoel as 'n TROLL vir Gloudina nie.

Wil iemand actually iets se oor wat ek "gepost" het ?

Dis nog meer vir my beteken. Wat dink van die DG se idee dat hy sy werk wil
terug he^ na al sy mannewales met korrupsie en basketbal ?

Francois

>
> Ek het _geen_ beswaar daarteen as tekste wat in Engels ontstaan het in
> Engels hier geplaas word nie, en dit is ten volle in oorreenstemming met die
> stigtingsakte van die groep. Ek vereis nie dat iemand dit eers vertaal
> voordat hy dit hier plaas nie.
>
Re: Selected immigration news [boodskap #27872 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
>
> Ek verbaas my darem oor die moeilikheid wat sommige mense met paspoorteen dies
> meer het.

--Glo my dit is algemeen selfs vir Suid Afrikaners binne SA.

Daar moet kompliserende faktore wees, waarvan ons nie
> hoor nie.

--Staatsdiens......

As iemand 'n Suid-Afrikaanse burger is in die vreemde (en dus 'n
> paspoort besit) dan word dit mos hernu deur die ambassades in die land waar jy
> bly.

--'n Groot deel van my probleem is veroorsaak deur mense van die SA ambasade
in Kanada wat nie hulle werk ken nie. Gaan se dit vir die ambasadeur....

> Ek verbaas my juis nou die dag oor die gemak waarmee oud-Suidafrikaners
> wat Kanadese burgers is, ook SA burgers kan word as hulle nog besittings in
> SA het en dus daar belasting betaal. Ek het nie geweet dis moontlik nie.

--So waneer doen jy aansoek ?

Francois
Re: Selected immigration news [boodskap #27873 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel wrote:
>
> Ou tante Koba, sy ry so woes ....

Is dit nou op haar baiesukkel ALwyn?

>
> Francois de Wet Skryf
>
>> Op watter deuntjie sing mens dit Thys ?
>>
>> Francois
>>
>> Thys de Wet wrote in message ...
>>> Ons probeer, o, ons het probeer
>>> maar wee
>>> die kan'deense tante objekteer
>>> alweer gebeur vir die soveelste keer
>>> sy objekteer...
>>>
>>> Thys
>>>
>>>
>>
>>
Re: Selected immigration news [boodskap #27874 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
PAT,

Waar presies bly jy ?

En wat het sy vir haar eie land bereik behalwe dat ons nie meer die
Mosambiekertjies op die trein mag sit sonder haar toestemming nie.

Francois

PAT wrote in message ...
> Ek wil my nie juis inmeng met hierdie onderwerp nie, maar
> wil net byvoeg dat ek op n keer vir Graca Machel ontmoet het,
> (saam met
> haar man, onse Madiba) en ek het net die hoogste lof vir haar.

--Op grond waarvan, dat sy lekker kan gesels oor koek en tee.

> Sy is n warm,
> sjarmante, onopgesmukte intelligente vrou, en sy het met my
> gestaan
> en gesels asof ons jarelange vriendinne was, en ons het mekaar
> glad
> nie geken nie.

--Dit is wat politici goed doen.

So moenie so gou oordeel nie.
>

--Wie oordeel, ek se sy word beter behandel as ander buitlander op grond van
met wie sy getroud is!

Francois
Re: Selected immigration news [boodskap #27875 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Julie Morgan wrote in message ...
> Ek persoonlik gee nie om in watter taal ek nuus lees nie. Die Departement
> van Binnelandse Sake is op die oomblik ook nie in my goeie boekies nie
> aangesien hulle weier om paspoorte vir my kinders, wat SA burgers is, uit te
> reik.
>
> Dus sit ek met 'n catch 22 situasie want om die sakie reg te stel moet ek na
> SA reis en word my kinders se teenwoordigheid verlang, maar ek kan geen
> reisdokumente vir hulle bekom nie ..... Ek het selfs 'n brief na die kantoor
> van die President gestuur en twee maande later 'n antwoord ontvang welke
> lees "we have noted the contents of your letter" ....

--Standaard response van hulle af.

Een of ander persoon
> van Departement van Binnelandse Sake het my ongeveer 3 weke gelede geskakel
> en afskrifte van allerhande dokumente versoek welke dokumente hulle reeds in
> hulle besit het.

--Standaard praktyd vir hulle, maar net omdat iemand 'n vuurhoutjie onder
hulle gesit het.

Ek het op hierdie stadium geen benul of hulle poog om my
> te help of nie. Ek was wel verbaas dat hulle die moeite gedoen het om al
> die pad na Amerika te skakel ten einde die dokumente te versoek.

--Glo my dit is geen moeite vir hulle nie, die belastingbetaler betaal die
Telefoon rekening. Is jy seker hulle het nie van Washington af gebel nie ?

Francois
Re: Selected immigration news [boodskap #27876 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Francois de Wet skryf in boodskap news:382295be$0$90333@helios.is.co.za...
>
>> Dus sit ek met 'n catch 22 situasie want om die sakie reg te stel moet ek
> na
>> SA reis en word my kinders se teenwoordigheid verlang, maar ek kan geen
>> reisdokumente vir hulle bekom nie ..... Ek het selfs 'n brief na die
> kantoor
>> van die President gestuur en twee maande later 'n antwoord ontvang welke
>> lees "we have noted the contents of your letter" ....
>
> --Standaard response van hulle af.
>
> Een of ander persoon
>> van Departement van Binnelandse Sake het my ongeveer 3 weke gelede geskakel
>> en afskrifte van allerhande dokumente versoek welke dokumente hulle reeds
> in
>> hulle besit het.
>
> --Standaard praktyd vir hulle, maar net omdat iemand 'n vuurhoutjie onder
> hulle gesit het.
>
> Ek het op hierdie stadium geen benul of hulle poog om my
>> te help of nie. Ek was wel verbaas dat hulle die moeite gedoen het om al
>> die pad na Amerika te skakel ten einde die dokumente te versoek.
>
> --Glo my dit is geen moeite vir hulle nie, die belastingbetaler betaal die
> Telefoon rekening. Is jy seker hulle het nie van Washington af gebel nie ?

Ek glo dat ek vanuit SA geskakel is aangesien ek die persoon se naam en
telefoonnommer geneem het. Met die tydsverskil is dit ontsettend moeilik
vir my om te skakel gedurende SA besigheidsure. Die feit dat jy noem dit is
standaard prosedures gooi vir my 'n bietjie lig op die situasie en beteken
dit dat ek die sakie maar verder moet probeer neem.

Julie
Re: Selected immigration news [boodskap #27877 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...

As jy
> en ander soos jy goedpraat wat ons vriend Francois op hierdie
> nuusgroep doen, sal ek moet ophou om hierdie nuusgroep te lees.
> Is dit wat jy probeer bereik?
>
> Gloudina
>

Aan die einde van die dag is dit 'n nuusgroep en dit is wat ek geplaas het.
Sover ek weet is dit waarvoor 'n nuusgroep daar is, sorry maar ek het nie
tyd om alles in my lewe te vertaal nie.

As jy wil he dit moet 'n gediggie ,klets en hekel groep wees dan moet ons
seker 'n hoekie vir jou afbaken.

Francois
Re: Selected immigration news [boodskap #27878 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Francois de Wet skryf in boodskap news:38229705$0$26297@helios.is.co.za...
>>
>> Ek verbaas my darem oor die moeilikheid wat sommige mense met
paspoorteen
> dies
>> meer het.
>
> --Glo my dit is algemeen selfs vir Suid Afrikaners binne SA.
>
> Daar moet kompliserende faktore wees, waarvan ons nie
>> hoor nie.
>
> --Staatsdiens......
>

Netso ... in my geval meer spesifiek die SA Ambassade in Washington D.C.,
Departement van Binnelandse Sake, alle staatsamptenare wat my versoeke vir
hulp ignoreer en 40 jaar oue wette.

Julie
Re: Selected immigration news [boodskap #27879 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ou tante Koba, sy ry so woes ....

Francois de Wet Skryf

> Op watter deuntjie sing mens dit Thys ?
>
> Francois
>
> Thys de Wet wrote in message ...
>> Ons probeer, o, ons het probeer
>> maar wee
>> die kan'deense tante objekteer
>> alweer gebeur vir die soveelste keer
>> sy objekteer...
>>
>> Thys
>>
>
Re: Selected immigration news [boodskap #27880 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Julie Morgan wrote:

> Ek persoonlik gee nie om in watter taal ek nuus lees nie. Die Departement
> van Binnelandse Sake is op die oomblik ook nie in my goeie boekies nie
> aangesien hulle weier om paspoorte vir my kinders, wat SA burgers is, uit te
> reik.
>
> Dus sit ek met 'n catch 22 situasie want om die sakie reg te stel moet ek na
> SA reis en word my kinders se teenwoordigheid verlang, maar ek kan geen
> reisdokumente vir hulle bekom nie .....

Ek verbaas my darem oor die moeilikheid wat sommige mense met paspoorteen dies
meer het. Daar moet kompliserende faktore wees, waarvan ons nie
hoor nie. As iemand 'n Suid-Afrikaanse burger is in die vreemde (en dus 'n
paspoort besit) dan word dit mos hernu deur die ambassades in die land waar jy
bly.
Ek verbaas my juis nou die dag oor die gemak waarmee oud-Suidafrikaners
wat Kanadese burgers is, ook SA burgers kan word as hulle nog besittings in
SA het en dus daar belasting betaal. Ek het nie geweet dis moontlik nie.

Gloudina
Re: Selected immigration news [boodskap #27881 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

PAT wrote:

> Ek wil my nie juis inmeng met hierdie onderwerp nie, maar
> wil net byvoeg dat ek op n keer vir Graca Machel ontmoet het,
> (saam met
> haar man, onse Madiba) en ek het net die hoogste lof vir haar.
> Sy is n warm,
> sjarmante, onopgesmukte intelligente vrou, en sy het met my
> gestaan
> en gesels asof ons jarelange vriendinne was, en ons het mekaar
> glad
> nie geken nie. So moenie so gou oordeel nie.
>
>

Ja, Graca Machel is in haar eie reg 'n baie belangrike persoon,
nogvoordat sy met Nelson Mandela getrou het. Sy het belangrike
navorsingswerk vir die Verenigde Volke gedoen en belangrike
verslae geskryf. Dit maak vir my baie kwaad as 'n absolute
liggewig soos Francois so smalend oor haar praat.

Gloudina

>
>
>
> Francois de Wet wrote in article
> ...
>> Jimmie,
>>
>> Dit was vir Graca (the eating, drinking, partying wine) Machel
> wat ek
>> "Frankenstein bride" genoem het, nie Gloudina nie. Ek weet nie
> so mooi wat
>> sy is nie.
>>
>> Ek sal na my "random insult generator " moet gaan kyk .
>>
>> Francois de Wet
>>
>> Jimmie wrote in message
> ...
>>> Om jou siek ou opinies in Afrikaans te hoor is nog sieker,
> huigelaar. Kyk
>>> net na jou inflamatoriese woordkeuses. Dis getuig van die
> swakste smaak
>>> denkbaar.
>>> Om jou 'n bruid van Frankenstein te noem, was 'n kompliment!
> nie 'n
>>> belediging nie.
>>> Get a life!!!!!!!
>>>
>>> @sympatico.ca wrote:
>>>
>>>> 'nAfrikaanse nuusgroep 'n nuusgroep vir Afrikaans, of is
> dit 'n nuusgroep
>>>> waarop Afrikaners maar hulle siek ou opinies in Engels kan
> uitspoeg.
>>>> My kinders is Kanadese, tweetalig in die twee amptelike
> landstale.
>>>
>>
>>
>>
Re: Selected immigration news [boodskap #27882 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
>
> Ja, Graca Machel is in haar eie reg 'n baie belangrike persoon,

--Nie in my oe nie. En nie vir SA nie.

> nogvoordat sy met Nelson Mandela getrou het.

--Wie betaal haar vliegtuigkaartjie as sy oorsee gaan saam net Madiba?

Sy het belangrike
> navorsingswerk vir die Verenigde Volke gedoen en belangrike
> verslae geskryf.

--En wat het dit behels en wat het dit bereik ?

Dit maak vir my baie kwaad as 'n absolute
> liggewig soos Francois so smalend oor haar praat.

--Ek dink nie 102kg is liggewig nie.

Francois
Re: Selected immigration news [boodskap #27883 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> En, my ding, ek sal die piep kry oor wat in my land gebeur, as dit my pas om
> daaroor te piep.
>

Ja, ek het beswaar gemaak, net soos Pat, teen die beledigende manier
waarop Francois van Graca Machel gepraat het deur haar 'n Frankenstein
bride te noem. Ek het beswaar gemaak teen die feit dat ek sy persoonlike
afskuwelike opmerkings op Engels in 'n Afrikaanse nuusgroep moes lees.
Ek maak nog beswaar. Dit strook met die minagtende manier waarop
hy van Kanadese Eerste Nasies 'n ruk vantevore gepraat het.

Gloudina
Re: Selected immigration news [boodskap #27884 is 'n antwoord op boodskap #27824] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
STR@NGE  is tans af-lyn  STR@NGE
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
Francois

Iemand op die ng het op 'n keer 'n ou van
Minnesota daarvan beskuldig dat hy sy
verstand in neutraal sit en sy tong in
overdrive, of so iets. Jy het het nie dalk
ook 'n draai deur Minnesota gegooi nie?

Op Fri, 5 Nov 1999 10:48:32 +0200 skryf
"Francois de Wet" :

->
-> @sympatico.ca wrote in
message
-> ...
-> >
-> >Ja, Graca Machel is in haar eie reg 'n
baie belangrike persoon,
->
-> --Nie in my oe nie. En nie vir SA nie.
->
-> >nogvoordat sy met Nelson Mandela getrou
het.
->
-> --Wie betaal haar vliegtuigkaartjie as sy
oorsee gaan saam net Madiba?
->
-> Sy het belangrike
-> >navorsingswerk vir die Verenigde Volke
gedoen en belangrike
-> >verslae geskryf.
->
-> --En wat het dit behels en wat het dit
bereik ?
->
-> Dit maak vir my baie kwaad as 'n absolute
-> >liggewig soos Francois so smalend oor
haar praat.
->
-> --Ek dink nie 102kg is liggewig nie.
->
-> Francois
->
->
Vorige onderwerp: 666 en 999 - Sien julle wat ek sien?
Volgende onderwerp: Aan Gloudina: Re opstanding van die vlees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 14:57:20 MGT 2024