Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Helio-kodes
Helio-kodes [boodskap #27525] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Leendert skryf in een van die vorige gleuwe van sy kinders wat op Fort
Klapperkop aan 'n vasvra tussen twee spanne oor die ABO per heliograaf
deelgeneem het. As hulle morsekode gebruik het, was dit seker 'n langsame
proses. Daar is soveel makliker en vinniger kodes wat gebruik kan word.
Die algemeenste is dié wat deur die Amerikaners in die Jap. en Vietnam
krygsgevangenekampe ontwikkel is. Dit is so maklik dat 'n kind dit kan leer
en onthou - en kan dalk 'n lewe red. Ek weet nou nie of my blokkies in
verstaanbare vorm op u skerms sal verskyn nie en beskryf dit maar in
woorde.

Trek 'n vierkant wat uit 25 blokkies bestaan ( vyf rye dwars en vyf rye af).
Skryf nou die letters van die alfabet deur links bo in die eerste blokkie
dwars te begin. Daar is 26 letters in die ABC. Los K uit, want dieselfde
klank kan deur
die (Engelse) C verkry word. Voltooi die kolom deur die letters in gewone
leesorde neer te skryf ( d.w.s. van links na regs totdat die rytjie vol is
en dan begin jy weer met die F onder die A.) Nommer nou die kolomme deur
die syfers 1 tot 5
bo aan die eerste dwars ry neer te skryf. Doen dieselfde deur die af letters
te nommer. F gaan dus 'n syfer 2 langs hom geskryf hê. L gaan die syfer 3
langs hom hê, want ons het K uitgelaat.

Die af ry is die sleutelry. As jy dus die letter B wil gebruik, tik jy eers
een (dot) om te wys die letter wat jy wil spel, kom in ry 1 (af) voor.
Daarna tik jy twee dots om te wys dat jy die tweede letter in die eerste ry
wil aantoon. B = dot dot dot
Langer pouses tussen woorde word gebruik.

* ** ***** **** * *****
Re: Helio-kodes [boodskap #27698 is 'n antwoord op boodskap #27525] Di, 26 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Baie interessant en seker makliker, maar is dit werklik vinniger?
In Morsekode word die kortste kodes gebruik vir die mees-gebruikte letters,
gebaseer op tipiese Engelse teks. Die kode wat jy beskryf sal gemiddeld omtrent
5 "dits" beslaan met geen optimering vir frekwensie van letters nie en met 'n
ekstra pose tussen die twee stelle "dits" per letter. Dan moet mens dit in elk
geval ook uit jou kop ken ten einde dit vinnig te stuur. Ek wonder sommer net.
Die kode wat jy beskryf, herinner effens aan 'n baie ou geheime skrif. 'n
5-by-5 blok is ook gebruik, maar die Y is weggelaat en die is dan as IJ geskryf
soos tipies in Nederlands. Elke stel van twee letters word dan vervang met die
twee letters in die ander hoeke van die reghoek wat deur die oorspronklike
letters begrens word. Twee letters in dieselde ry of kolom is eenvoudig
omgeruil.

Groete
Sybrand

Barrie wrote:

> Leendert skryf in een van die vorige gleuwe ...van sy kinders wat op Fort
> Klapperkop aan 'n vasvra tussen twee spanne oor die ABO per heliograaf
> deelgeneem het. As hulle morsekode gebruik het, was dit seker 'n langsame
> proses. Daar is soveel makliker en vinniger kodes wat gebruik kan word.
> ...
Vorige onderwerp: *** Vertaling benodig ***
Volgende onderwerp: die doringboom - was hy werklik geknak?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 14:51:19 MGT 2024