Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regstelling
Regstelling [boodskap #27672] Ma, 25 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...

>
> Daar is GEEN manier waarop De Wet en Smuts hul perdekommandos deur die Oos-
> en Noord-Kaap, en so ver Suid as Saldanha (letterlik binne sig van
> Tafelberg) kon neem sonder wydverspreide ondersteuning en aktiewe hulp so
> ver as wat hulle gegaan het nie.

Ek het bietjie vinnig gekyk in een van Boeseken se goed: Dit blyk dat die
kommandos wat die Kaap binnegedring het onder leiding was van Kritzinger
(tot by Oudtshoorn), De Wet (Noord-Kaap) en Hertzog (Wes-Kaap) Herzog het by
Lambertsbaai gaan draai - nie by Saldanha nie. (Ek soek nog 'n bron oor die
verkenners wat tot binne sig van Tafelberg gevorder het.)

> Deur mense wat hulle in die proses willens
> en wetens aan hoogverraad skuldig gemaak het.

Die straf vir hoogverraad was die doodstraf. Ongeveer 40 Kapenaars is
gefusileer of opgehang vir rebelledade.

>
> (Was Gideon Scheepers nie _juis_ van die Kleinkaroo nie?)

Boesseken sê nee. Hy was 'n Transvaler. Sy mag het die Oos-Kaap geteister
deur die plase van Engelsgesindes af te brand, sabotasie te pleeg, en deur
gewapende swartes te fusileer. Dit was vir hierdie moorde wat hy self
gefusileer is.

>
> Gloudina, jou ou Empire-sentimente is nie so algemeen as wat jy dalk mag
> dink nie! Ek reken _jy_ slaan die bal mis!

Gloudina se reaksie elders toon natuurlik dat sy nie net deur
Empire-sentimente gemotiveer word nie, maar ook deur 'n oorheersende wrewel
teen Hollanders wat hulle in die Boererepublieke gevestig het (waar hulle
spoorlyne gebou het, stede en dorpe uitgelê het, 'n staatsadministrasie
gevestig het en onderwys verskaf het - dis nou terwyl Gloudina se voorsate
Engelse ingevoer het om dieselfde dienste vir hulle te verskaf).

Verder lyk dit ook asof sy, benewens haar Empire-gesindhede en wrewel teen
Hollanders, 'n ernstige ding het teen die Boere van Vrystaat en Transvaal
wat afstammelinge van die Voortrekkers was.

Sy verantwoord haar afsku aan die afstammelinge van die Voortrekkers deur
hulle te beskuldig daarvan dat hulle "militant" was "teenoor die swart
bevolking van die oostelike dele van die land"

Dis nou terwyl haar geliefde Empire haar eie voorsate in die Weste van die
land knussies afgesonder het van die "swart bevolking van die oostelike dele
van die land" deur die een "Caffir War" na die ander in die Oosgrens en die
een "Zulu War" na die ander in Natal te voer.

Dis nou nadat hulle nog 'n klomp Ingelse ingevoer het ook om 'n bufferstrook
in die Oos-Kaap te beset en te bevolk met witvelle. (Vermoedelik het 'n Jood
met die naam Bauer hom later ook in die kongeniale omgewing gevestig wat so
geskep is. Sy afstammelinge met die naam Bouwer ly, so lyk dit, aan
aansteeklike gewaande morele onaantasbaarheid van ongekende omvang.)

Ek het begrip vir Gloudina se oorheersende liefde vir die Empire. Die Empire
het dit vir haar (net soos vir die ou victoriaanse antietjies in hul
aftreehuisies in Bath en Brighton - ver agter die fronte waar die Empire
gemoor en gesteel het) moontlik gemaak om oud te word op die vrugte van
kolonialisme terwyl sy ander mense links en regs veroordeel.

Dit het dit vir haar moontlik gemaak om te vra of 'n volk van wie 20% van sy
vroue en kinders uitgemoor is werklik so erg getref is, en (by implikasie)
of hy nie sy getjank moet laat staan nie.

En dan stel sy haar aan as morele maatstaf vir dieselfde volk waarvan sy vir
haarself lidmaatskap toe-eien.

Ek wonder of daar iets meer veragtelik is?
Re: Regstelling [boodskap #27673 is 'n antwoord op boodskap #27672] Ma, 25 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Boesseken sê nee. Hy was 'n Transvaler. Sy mag het die Oos-Kaap geteister
> deur die plase van Engelsgesindes af te brand, sabotasie te pleeg, en deur
> gewapende swartes te fusileer. Dit was vir hierdie moorde wat hy self
> gefusileer is.
>
> Sy verantwoord haar afsku aan die afstammelinge van die Voortrekkers deur
> hulle te beskuldig daarvan dat hulle "militant" was "teenoor die swart
> bevolking van die oostelike dele van die land"

I rest my case.

Gloudina

>
Re: Regstelling [boodskap #27707 is 'n antwoord op boodskap #27672] Di, 26 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
Leendert van Oostrum wrote:

> Boesseken sê nee. Hy was 'n Transvaler. Sy mag het die Oos-Kaap geteister
> deur die plase van Engelsgesindes af te brand, sabotasie te pleeg, en deur
> gewapende swartes te fusileer. Dit was vir hierdie moorde wat hy self
> gefusileer is.
>
> Sy verantwoord haar afsku aan die afstammelinge van die Voortrekkers deur
> hulle te beskuldig daarvan dat hulle "militant" was "teenoor die swart
> bevolking van die oostelike dele van die land"

I rest my case.

Gloudina

Your case being what, exactly?

Boeseken kom natuurlik _ook_ tot die gevolgtrekking dat die krygsverhoor en
fusilering van Scheepers, as krygsgevangene, opsigself 'n oorlogsmisdaad
daarstel.

Waarom verbaas dit my nie dat 'n Rhodes-aanhanger oënskynlik oorlogsmisdade
van die Empire se magte goedpraat nie?
Vorige onderwerp: Leuens as rhetoriese tegniek
Volgende onderwerp: Apartheid Tripple Plus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 02:02:40 MGT 2024