Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Genl. Johannes Hermanus Michiel Kock
Genl. Johannes Hermanus Michiel Kock [boodskap #27648] So, 24 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Pat skryf uit Amerika en vra of daar iets beskikbaar is "uit die bronne"
wat lig kan werp op haar beroemde oupa. Pat, ek het die volgende (toevallig)
raakgeloop - hoop dis die regte persoon. Sy optrede was een van die eerstes
aan die Natalse front en volgens die outeur van die stuk, nie suksesvol nie.
Ek haal aan uit die boekie deur André Wessels: " Die Anglo-Boereoorlog
1899-1902. 'n Oorsig van die Militêre Verloop van die Stryd". Wessels is
verbonde aan die Dept. Geskiedenis van die Vrystaatse Universiteit. Die boek
is 'n "MOET"
vir belangstellendes in die ABO. Dit is uitgegee deur die Oorlogsmuseum van
die
Boere Republieke, Posbus 704, BLOEMFONTEIN in 1991. As iemand dalk die
Museum (Vroue Monument) se E-adres het, sal ek baie bly wees om dit te
ontvang.)

Net ná die Slag van Talana (20 Oktober 1899) waar Genl. Lukas Meyer met
genl.
Penn Symons se 5000 man en 18 kanonne slaags geraak het en waar Symons self
geval het (hy is te velde opgevolg deur genl.-maj. James Herbert Yule,) het
die Britse magte onder Genl. White in 'n offensief teen Joubert opgeruk.
( By Talana het 51 tommies gesneuwel, 203 is gewond en 246 is gevang. Aan
boerekant het 44 gesneuwel en is 91 gewond.) Ek haal aan:
"Intussen het 'n Boeremag van ongeveer 800 man met twee kanonne onder bevel
van Genl. Johannes Hermanus Michiel Kock tot by Elandslaagte deurgedring.
Toe nuus in dié verband White in Ladysmith bereik, het hy onmiddellik 'n
aanvalsmag van ongeveer 3500 man met 18 kanonne onder bevel van genl.-maj
John Denton Pinkstone French uitgestuur om die Boeremag uit te wis. Die
Britse aanval teen die oormoedige Boere was suksesvol en laasgenoemde is
verpletterend verslaan. Boereongevalle (waaronder talle Duitse en
Nederlandse vrywilligers) was blykbaar 38 gesneuwel, 113 gewond en 185
ongewonde krygsgevangenis, terwyl die Britte 50 dood en 213 gewond verloor
het". (p.11).

Noudat ek die woord "kanon" in my kop het, dink ek aan 'n episode wat kort
n� die ABO op Dewetsdorp in die Vrystaat plaasgevind het. Tydens die oorlog
het genl. De Wet se kommando daar opgedaag. Die dorp was deur 'n Britse
garnisoen beset. Die Britte het hulle kanon op een heuwel aan die suidekant
van die dorp opgestel en op die aankomende Boeremagte gevuur. Genl. De Wet
het ook 'n kanon gehad, maar net twee patrone! ( 'n Kanon skiet mos met 'n
patroon,
of hoe?) Die Boere het aangelê en gevuur. Dit was 'n kolskoot en die Britse
kanon was aan flarde. Ná die oorlog het seuns ( inwoners van die
skoolkoshuis)
besluit om hierdie "geskiedkundige" kolskoot te herdenk deur self 'n kanon
te bou. Hulle het 'n stuk pyp (hol ysterpaal) in die hande gekry, die wapen
eiehandig prakseer, gelaai en toe na 'n gepaste teiken gesoek. Daar is op
die sink-kleinhuisie in die hoek van die koshuiserf besluit. Die "kanon" is
sorgvuldig
gerig en toe met klippe vasgepak. Dit was 'n kolskoot! Gelukkig was die
plekkie
"onbeset" tydens dié aanval!

As Gloudina hierdie inset onder oë kry, die volgende versoek: Ek wil graag
jou Snail Mail adres hê. Het 'n presentjie vir jou.

Groete
Re: Genl. Johannes Hermanus Michiel Kock [boodskap #27649 is 'n antwoord op boodskap #27648] So, 24 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Barrie wrote in message ...
>
> As Gloudina hierdie inset onder oë kry, die volgende versoek: Ek wil graag
> jou Snail Mail adres hê. Het 'n presentjie vir jou.
>
> Groete
>

Briefbomme is ontwettig, Barrie!
Re: Genl. Johannes Hermanus Michiel Kock [boodskap #27665 is 'n antwoord op boodskap #27648] Ma, 25 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Damn !!!

>
>
> Briefbomme is ontwettig, Barrie!
>
Vorige onderwerp: Sydelingse aanspreekvorm
Volgende onderwerp: Re: Troll (was "Pateties")
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 09:06:15 MGT 2024