Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit "Vergelegen" van D.J. OPPERMAN
Uit "Vergelegen" van D.J. OPPERMAN [boodskap #27329] Do, 14 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Uit “Vergelegen” van D.J. Opperman.

Simon van der Stel is aan die woord:

Ek kan nie doen wat julle net verlang,
want as Goewerneur moet ek ook die belange
van almal: swart en bruin en wit, vertolk.
Ons word in hierdie land nog almal één groot volk
uit baie volke saam, en neem van iedereen die beste.
Re: Uit "Vergelegen" van D.J. OPPERMAN [boodskap #27383 is 'n antwoord op boodskap #27329] Vr, 15 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca wrote:
> Uit =93Vergelegen=94 van D.J. Opperman.
> Simon van der Stel is aan die woord:
> Ek kan nie doen wat julle net verlang,

Dankie vir hierdie bydrae, Gloudina.

Hy moet na individuele groepe se belange omsien asook belange wat die
land in geheel raak, bv. ekonomie. Gee alle groepe die reg tot bestaan,
asook die land in geheel. Hou almal gelukkig, op 'n regverdige manier.
Persentasies blyk 'n goeie idee te wees.

> want as Goewerneur moet ek ook die belange
> van almal: swart en bruin en wit, vertolk.
> Ons word in hierdie land nog almal één groot volk
> uit baie volke saam, en neem van iedereen die beste.

Uiteindelik is dit bewaarheid. Maar 'n mens kan ook Goewerneur
saamspeel, en na almal se belange omsien, om die Goewerneur te help in
sy belange. Almal is nou politici. Dit is die verskil.
Vorige onderwerp: Re: Apartheid and the Afrikaner
Volgende onderwerp: Afrikaans praat...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 21:44:31 MGT 2024