Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Proliferasie en aanverwante begrippe
Re: Proliferasie en aanverwante begrippe [boodskap #27347] Do, 14 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Barrie wrote in message ...

Die huidige problematiek in die onderwys is nie net tot formele onderwys beperk nie. Die sg. "lost generation" vind geen baat by ABET nie. Hulle draf saans klas by enigiemand wat bereid is om te help. Vir diegene wat werk het ( en hulle is min!) beteken geleerdheid bevordering EN menswaardigheid. Ons mense is "leerhonger". Die owerhede sal moet omsien na hierdie tipe volwasse onderwys. Dit is pateties om te sien hoe 'n groot man met 'n verweerde fotostaat in sy hand tydens sy etensuur "studeer". Miskien moet ons by die Duitse stelsel (politegniek) gaan kers opsteek. Die werkgewers sal 'n veel groter diens aan die gemeenskap bewys ( as wat tans deur die sg. NGO's gedoen word) deur hulle mense toe te laat om blokkursusse by te woon waar gestruktureerde programme gevolg kan word. En die Staat is die grootste werkgewer! Ek is nie 'n profeet nie, maar van Outcomes Based Educ. gaan minder as niks kom nie. Dit verskaf die basis vir 'n assesseringsmeganisme, maar dra net mooi niks by tot wat uiteindelik in 'n mens se verstand gaan vassit nie. Kennis wat nie aangewend kan word nie, is nutteloos. As iemand net vir my kon sê wat 'n "Elective" en 'n "Unit Standard" is. In vroeë kinder-onderrig (ECD) kan dit werk, want dáár is onderwys verwyder van kognitiewe kennis (doelbewuste aanleer van feite). Leer vind voorskools kousaal plaas, maar as jy gaan sit en swot is dit 'n "different kettle of fish". Mog die tweede dwaling nie erger as die eerste wees nie!

Moenie te veel bodder met "electives" en "unit standards" nie Sam (Isaacs) weet self nie. (Hy dink hy weet.)

Dis hoekom ek my kinders self by die huis leer. Dan weet ek wat hulle leer.

En, o ja! Moenie te veel verwag van die assessering wat uit OBE gaan kom nie. Dis helheid subjektief.
Re: Proliferasie en aanverwante begrippe [boodskap #27348 is 'n antwoord op boodskap #27347] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Beste Leendert
Interessante statistiek! (...is self nie 'n syferman nie!). Jou woordkeuse (proliferasie) sê wat dit moet sê.
In die afleidings v/d ingeslote dokument bemerk ek iets positiefs. Alles in die verlede was nie sleg nie. Die eskalerende suksessyfer wys dat 'n leerkultuur posgevat het desondanks die slagspreuk:
Liberation now - Education later. Ek lees in een van die nuusgroepe dat die wetenskaplikes deesdae kan sê hoe die skepping ontstaan het. Hulle kan egter nie sê waarom nie. Die hoekoms en die waaroms aangaande wat in Suid-Afrika gebeur (het) - veral in die onderwys, is legio. Baie pedagoë
wat in dié tydvak by swart onderwys betrokke was, het eerlik en opreg probeer. Omstandighede was nie altyd maklik nie - aan weerskante! In een van die Time Magazines uit die tyd het iemand die stelling gemaak dat daar daagliks 90 klaskamers gebou moes word om voor die einde van h/d eeu aan die groeiende aantal (swart) leerlinge se onderwysbehoeftes te voorsien. Dit het 'n praktiese probleem geskep - veral toe daar skole afgebrand was en die struggle gewoed het. Wie die wolf in die veeverhaal was, weet enige intelligente mens. Maar daar was ander probleme ook.
Vir diegene wat uit 'n wit onderwysmilieu na 'n swart milieu beweeg het, het daar 'n totale kultuurskok gewag. Die begrip IK ( soos getoets deur die ou SAGT) is kultuur verwant. Dit was nooit geskik vir gebruik by swart skole nie. Daar is gepoog om met die KODUS-toets ( Kaapse Onderwysdept. + U.S.) 'n algemene meetinstrument daar te stel. Dit het nie gewerk nie. Die afgewaterde (eie opinie) resultaat was op die ou end niks meer as 'n belangstellingsvraelys nie. Later het hulle probeer om d.m.v. 'n ouderdomsverwante leestoets blanke standaarde na hierdie niveau te projekteer. Dit sal nie lank neem voordat gebrekkige leesvermoë by blanke kinders
( a.g.v. die negatiewe invloed van T.V. en ander sosiale faktore) ook 'n insinking in ons akademiese prestasies tot gevolg sal hê nie.

Die huidige problematiek in die onderwys is nie net tot formele onderwys beperk nie. Die sg. "lost generation" vind geen baat by ABET nie. Hulle draf saans klas by enigiemand wat bereid is om te help. Vir diegene wat werk het ( en hulle is min!) beteken geleerdheid bevordering EN menswaardigheid. Ons mense is "leerhonger". Die owerhede sal moet omsien na hierdie tipe volwasse onderwys. Dit is pateties om te sien hoe 'n groot man met 'n verweerde fotostaat in sy hand tydens sy etensuur "studeer". Miskien moet ons by die Duitse stelsel (politegniek) gaan kers opsteek. Die werkgewers sal 'n veel groter diens aan die gemeenskap bewys ( as wat tans deur die sg. NGO's gedoen word) deur hulle mense toe te laat om blokkursusse by te woon waar gestruktureerde programme gevolg kan word. En die Staat is die grootste werkgewer! Ek is nie 'n profeet nie, maar van Outcomes Based Educ. gaan minder as niks kom nie. Dit verskaf die basis vir 'n assesseringsmeganisme, maar dra net mooi niks by tot wat uiteindelik in 'n mens se verstand gaan vassit nie. Kennis wat nie aangewend kan word nie, is nutteloos. As iemand net vir my kon sê wat 'n "Elective" en 'n "Unit Standard" is. In vroeë kinder-onderrig (ECD) kan dit werk, want dáár is onderwys verwyder van kognitiewe kennis (doelbewuste aanleer van feite). Leer vind voorskools kousaal plaas, maar as jy gaan sit en swot is dit 'n "different kettle of fish". Mog die tweede dwaling nie erger as die eerste wees nie!

Terug na die statistiek : ek het reeds beken dat ek nie 'n wiskundige is nie. Die syfers wat jy aangehaal het behoort 'n mooi grafiekie te teken. Doen dit asb. vir ons. Voorts wonder ek of statistiek
(volgens die kontinentale metode van N/2) nie soms tot ander gevolgtrekkings kan lei as die Amerikaanse lynmetode nie. Ek wonder net.

Ten slotte: 'n klein "brain teasertjie"; Die barbier van Saville skeer al die mans van Saville, behalwe die wat hulle self skeer. Wie skeer hom?

Groete

Barrie
Leendert van Oostrum wrote in message ...
Interessante stukkie syfers opgetel aangaande die "proliferasie van dinge"
soos Gloudina dit stel. Sien aangehegte html-blad.

Mense met koppe vir syfers kan my afleidings gerus kritiseer.

Groete, Leendert




Re: Proliferasie en aanverwante begrippe [boodskap #27349 is 'n antwoord op boodskap #27348] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> Ten slotte: 'n klein "brain teasertjie"; Die barbier van Saville
> skeer al die mans van Saville,
> behalwe die wat hulle self skeer. Wie skeer hom?
>
> Miskien skeer die barbier van Seville homself nie. Miskien het hy 'n
> baard.
>
> Figaro se peettante
>
Re: Proliferasie en aanverwante begrippe [boodskap #27350 is 'n antwoord op boodskap #27348] Do, 14 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> Die begrip IK ( soos getoets deur die ou SAGT) is kultuur verwant.
> Dit was nooit geskik vir gebruik by swart skole nie.
>

Ek luister nou die dag na 'n TV-program, waar 'n komitee van
professore verduidelik hoe hulle hulle keuses maak vir die
ondergraadse studente vir die volgende jaar. Het nou die
universiteit se naam vergeet, maar dit was of M.I.T. of
Harvard.( Terselfdertyd volg die program die lewens van die
studente wat in die weegskaal is.) Die professore sit en wik
en weeg lank oor elke student. Hulle verduidelik dat hulle nie
net na die SAT scores kan kyk nie, veral omdat sommige
gewoonlik wit of asiatiese kinders uit gegoede huise kom,
en ekstra instruksie kry vir die SAT. Hulle kyk dus uit watter
ekonomiese milieu jy kom, en wat jy doen ten spyte van die
feit dat jy uit 'n arm agtergrond kom. Hulle kyk na die soort
vrywillige werk wat jy doen. En hulle kyk na jou punte, en
as jy dan tog darem redelik goed doen, dan gee hulle dit groter
balans as wanneer jy alles in jou guns het, en jy is dan ook maar
net bietjie beter as gemiddeld. Gebaseer op hierdie soort van
dink, kry een swart outjie toe toegang tot die Ivy League
universiteit (hy skud net sy kop toe hy die koevert oopmaak,
en verklaar "it must be a joke.")

Gloudina
Re: Proliferasie en aanverwante begrippe [boodskap #27387 is 'n antwoord op boodskap #27347] Vr, 15 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> Barrie wrote:
>
> Die begrip IK ( soos getoets deur die ou SAGT) is kultuur
> verwant.
> Dit was nooit geskik vir gebruik by swart skole nie.
>
>
> Ek luister nou die dag na 'n TV-program, waar 'n komitee van
> professore verduidelik hoe hulle hulle keuses maak vir die
> ondergraadse studente vir die volgende jaar. Het nou die
> universiteit se naam vergeet, maar dit was of M.I.T. of
> Harvard.( Terselfdertyd volg die program die lewens van die
> studente wat in die weegskaal is.) Die professore sit en wik
> en weeg lank oor elke student. Hulle verduidelik dat hulle nie
> net na die SAT scores kan kyk nie, veral omdat sommige
> gewoonlik wit of asiatiese kinders uit gegoede huise kom,
> en ekstra instruksie kry vir die SAT. Hulle kyk dus uit watter
> ekonomiese milieu jy kom, en wat jy doen ten spyte van die
> feit dat jy uit 'n arm agtergrond kom. Hulle kyk na die soort
> vrywillige werk wat jy doen. En hulle kyk na jou punte, en
> as jy dan tog darem redelik goed doen, dan gee hulle dit groter
> balans as wanneer jy alles in jou guns het, en jy is dan ook maar
> net bietjie beter as gemiddeld. Gebaseer op hierdie soort van
> dink, kry een swart outjie toe toegang tot die Ivy League
> universiteit (hy skud net sy kop toe hy die koevert oopmaak,
> en verklaar "it must be a joke.")
>
> Gloudina

So jy sê dus dat hullr teen blanke en asiatiese kinders diskrimineer?
Hoekom klink dit vir my so bekend?
Vorige onderwerp: Afrikaans praat...
Volgende onderwerp: Re: Proliferasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 23:54:41 MGT 2024