Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sir Div Graaf oorlede: Moontlik ou nuus
Sir Div Graaf oorlede: Moontlik ou nuus [boodskap #27234] Ma, 11 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Vir die ou bloedsappe en ander bloednatte wat hulle buite die ZA  bevind,
net hierdie stukkie nuus:

Sir De Villiers Graaff, voormalige leier van die Verenigde Party en dus ook
'n voormalige leier van die Opposisie is verlede week oorlede.  Hy was 86
jaar oud.

Ek self het die voorreg gehad om as jong seun met hom te kon kennis maak. Op
daardie stadium was my pa betrokke in die politiek (as SAP natuurlik) en het
hy en Div gereeld kontak gehad.  Ons was op voornaam terme met mekaar
bevriend en ek kan net sê dat Suid-Afrika 'n 'groot' man armer is.  Almal
sal nou nie met my saamstem oor sy politieke standpunte nie, maar dit is jou
vrye reg om van my te verskil.

In 1983 toe daar 'n referendum gehou is om PW die 3-kamer parlement te gee,
het sir Div op Villiersdorp 'n vergadering kom toespreek oor waarom hy JA
sal stem.  Dit was nogal koddig om die gehoor die aand te sien.  Veral as jy
almal se politieke siening weet, en weet dat dieselfde mense nie 5 jaar
vroëer wou luister na wat sir Div te sê gehad het nie!  Daar kry hy toe
sowaar 'n staande ovasie!
Wys jou net: Never say never!

My pa vertel 'n staaltjie van sir Div:
Een of ander jaar was daar 'n party-kongres in Muizenberg gehou.  Die aand
is daar 'n ete vir die provinsiale hoofbestuur wat sir Div aanbied.  Pa sit
langs sir Div toe die wynkelner die wynlys aan die gasheer gee.  Div vra die
kelner wat hy sou aanbeveel, en die kelner  gee sy keuse.  "Reg so, bring
maar die wyn" se sir Div.  Wyn is gebring, kurk getrek, geskink vir die
proe, en sir Div proe die wyn.  Hy kyk so diep in die kelner se oë en sê:
"My vrind, neem maar hierdie wyn kombuis toe, en gee dit vir kok om mee te
kook, en bring dan maar liewer vir ons 'n bottel" en hy gee sy keuse van 'n
beter wyn.

So het ons hom geken: Gentleman, politikus, boer, vriend, godsman.
In alles wat hy was het hy dit voluit gedoen.  Suid-Afrika eer sy
nagedagtenis.

Thys de Wet
Stellenbosch
Re: Sir Div Graaf oorlede: Moontlik ou nuus [boodskap #27269 is 'n antwoord op boodskap #27234] Di, 12 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>
> Jy maak 'n fout. Dis alles behalwe nie-rassisties en onse Openbare Beskermer
> is, byvoorbeeld, ernstig bekommerd oor die toestand van die demokrasie in
> Mamparalanga.
>
Mampoeralanka? Het land van de grote hoofdpijn? Ik moet maar eens een nieuwe
kaart van Zuid-Afrika gaan kopen. Van het Nieuwe Zuid-Afrika. Inclusief een
namen-
tabel: Johannesburg - iGoli etcetera etcetera.......... Is iets
dergelijks misschien
op het net verkrijgbaar?

Robbert
Puzzled �Ollander
Re: Sir Div Graaf oorlede: Moontlik ou nuus [boodskap #27270 is 'n antwoord op boodskap #27234] Di, 12 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Thys de Wet wrote in message ...
> Vir die ou bloedsappe en ander bloednatte wat hulle buite die ZA bevind,
> net hierdie stukkie nuus:
>

Hmmmm...... Harald Pakendorf het in Sondag se "kommentaar" op RSG weer
daarop gewys dat die meeste van die bloedsappe na die verdwyning van die SAP
"bo-oor" die NP gespring het tot reg in die HNP. Ek weet dit was die geval
met my sapfamilie in die Wes-Transvaal.

Dit herinner mens daaraan dat ou Jan Smuts en sy beleid nie so "liberaal"
was as wat baie mense sou wou dink nie. In elk geval soos sy kiesers dit
verstaan het. Herinner mens aan Smuts se uitspraak oor "The White Man's
Task" so lank terug as 1917, in Londen (as lid van die Britse
oorlogskabinet):

We have realised that political ideas which apply to our white civilization
largely do not apply to the administration of native affairs. To apply the
same insitutions on an equal basis to white and black alike does not lead to
the best results, and so a practice has grown up in South Africa of creating
parallel institutions - giving the natives their own seperate institutions
on parallel lines with institutions for whites. It may be that on those
parallel lines we may yet be able to solve a problem which may otherwise be
insoluble...We have felt more and more that if we are to solve our native
question it is useless to try to govern black and white in the same system,
to subject them to the same institutions of government and legislation. They
are different not only in colour but in mind and politicial capacity and
their politicial institutions should be different, while always proceeding
on the basis of self-government." (Pelzer 1966).

Nou ja, dis waar dit die "bloedsappe" aangaan.

>
> In 1983 toe daar 'n referendum gehou is om PW die 3-kamer parlement te gee,
> het sir Div op Villiersdorp 'n vergadering kom toespreek oor waarom hy JA
> sal stem. Dit was nogal koddig om die gehoor die aand te sien. Veral as jy
> almal se politieke siening weet, en weet dat dieselfde mense nie 5 jaar
> vroeër wou luister na wat sir Div te sê gehad het nie! Daar kry hy toe
> sowaar 'n staande ovasie!
> Wys jou net: Never say never!

Hmmm..... Sir Div wat vir 'n NP-beleid stem - en nasionaliste wat Sir Div
toejuig.......

Ek onthou hoe verskeie kommentators oor die jare die NP se sukses daaraan
toegeskryf het dat hy maar elke keer sy opposisie se beleid oorgeneem het.
Dit impliseer natuurlik dat die NP oor die jare al meer "links" gedryf het.

'n Ander verskynsel wat daarmee saamgegaan het. Soos die NP al nader beweeg
het aan die beleid van sy opposisie (die beleid dus, wat Gloudina en ander
voorhou as die beleid wat van die begin af toegepas moes word) het die
vlakke van geweld in ons samelewing voortdurend gestyg - beide die
insitusionele geweld en die teen-institusionele geweld.

Toe die proses voltooi is, en die NP vervang is deur die ANC het die geweld
alle vorige vlakke oorskry.

Nou wonder mens of daar 'n kousale verband is tussen die stygende geweld
enersyds, en die oorname van opposisiebeleid andersyds.......
Re: Sir Div Graaf oorlede: Moontlik ou nuus [boodskap #27271 is 'n antwoord op boodskap #27234] Di, 12 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> TDit herinner mens daaraan dat ou Jan Smuts en sy beleid nie so "liberaal"
> was as wat baie mense sou wou dink nie. In elk geval soos sy kiesers dit
> verstaan het. Herinner mens aan Smuts se uitspraak oor "The White Man's
> Task" so lank terug as 1917, in Londen (as lid van die Britse
> oorlogskabinet):
>
> We have realised that political ideas which apply to our white civilization
> largely do not apply to the administration of native affairs. To apply the
> same insitutions on an equal basis to white and black alike does not lead to
> the best results, and so a practice has grown up in South Africa of creating
> parallel institutions - giving the natives their own seperate institutions
> on parallel lines with institutions for whites.

As hierdie argument nou gebruik gaan word as justifikasie vir "apartheid",forget
it. Smuts het maar net uit die standpunt van die witman wat beter weet
gepraat. Meer as tagtig persent van die bevolking van SA is nie witmanne nie.
Ons het nie 'n witman-regering nodig in SA nie. Ons het 'n demokratiese
nie-rassistiese bedeling in SA nodig, en dit is daar, tot 'n groot mate.

Gloudina

>
Re: Sir Div Graaf oorlede: Moontlik ou nuus [boodskap #27272 is 'n antwoord op boodskap #27234] Di, 12 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> TDit herinner mens daaraan dat ou Jan Smuts en sy beleid nie so "liberaal"
>> was as wat baie mense sou wou dink nie. In elk geval soos sy kiesers dit
>> verstaan het. Herinner mens aan Smuts se uitspraak oor "The White Man's
>> Task" so lank terug as 1917, in Londen (as lid van die Britse
>> oorlogskabinet):
>>
>> We have realised that political ideas which apply to our white civilization
>> largely do not apply to the administration of native affairs. To apply the
>> same insitutions on an equal basis to white and black alike does not lead to
>> the best results, and so a practice has grown up in South Africa of creating
>> parallel institutions - giving the natives their own seperate institutions
>> on parallel lines with institutions for whites.
>
> As hierdie argument nou gebruik gaan word as justifikasie vir "apartheid",forget
> it.

Hmmmmm....... Nie eintlik nie.

> Smuts het maar net uit die standpunt van die witman wat beter weet
> gepraat.

Dis nou nie vir my duidelik wat jou probleem met Smuts se standpunt is nie,
weet jy?

Byvoorbeeld: jy beweer dat hy "beter weet". Beter as wie?

Ek sien jy het kreatief die stukkie uitgesny waar hy gesê het: "It may be
that on those
parallel lines we may yet be able to solve a problem which may otherwise be
insoluble...We have felt more and more that if we are to solve our native
question it is useless to try to govern black and white in the same system,
to subject them to the same institutions of government and legislation. They
are different not only in colour but in mind and politicial capacity and
their politicial institutions should be different, while always proceeding
on the basis of self-government."

Die feit dat jy hierdie stukkie uitgesny het, Gloudina, beteken dit dat jy
nie beswaar het teen die standpunt wat daarin gestel word nie?

> Meer as tagtig persent van die bevolking van SA is nie witmanne nie.
> Ons het nie 'n witman-regering nodig in SA nie.

Dit klink bietje soos Smuts se laaste stukkie (wat jy uitgesny het), weet
jy?

> Ons het 'n demokratiese
> nie-rassistiese bedeling in SA nodig,

Haai weet jy Gloudina, hier klink jy nou nes 'n ou wit antie uit Kanada wat
beter weet wat goed is vir ander mense.

> en dit is daar, tot 'n groot mate.

Jy maak 'n fout. Dis alles behalwe nie-rassisties en onse Openbare Beskermer
is, byvoorbeeld, ernstig bekommerd oor die toestand van die demokrasie in
Mamparalanga.
Re: Sir Div Graaf oorlede: Moontlik ou nuus [boodskap #27310 is 'n antwoord op boodskap #27234] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra wrote in message
...
>
>>
>> Jy maak 'n fout. Dis alles behalwe nie-rassisties en onse Openbare
> Beskermer
>> is, byvoorbeeld, ernstig bekommerd oor die toestand van die demokrasie in
>> Mamparalanga.
>>
> Mampoeralanka? Het land van de grote hoofdpijn?

Nee. "Mampara".

"Mpara" is 'n Sothowoord wat "dwaas" of "sot" beteken. In Fanagalo, die
mengeltaal wat op die myne ontwikkel het (baie soos Swahili in Oos-Afrika,
maar met minder status) het dit vervorm tot "mampara".

"Mpumalanga", daarenteen, beteken "land van die sonsopkoms" ("eLanga"
="son").

Dus: "Mamparalanga" = "Plek van die dwase (son?)".

Ek dink dit was The Star wat eerste begin skryf het van "Mamparalanga".
Re: Sir Div Graaf oorlede: Moontlik ou nuus [boodskap #27311 is 'n antwoord op boodskap #27234] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

So jy reken Affirmative Action is nie rasisme nie. Rasisme / Xenophobia
tussen swartes bv. Zoeloes en Xhosas.

Francois

@sympatico.ca wrote in message
...
> As hierdie argument nou gebruik gaan word as justifikasie vir "apartheid",forget
> it. Smuts het maar net uit die standpunt van die witman wat beter weet
> gepraat. Meer as tagtig persent van die bevolking van SA is nie witmanne nie.
> Ons het nie 'n witman-regering nodig in SA nie. Ons het 'n demokratiese
> nie-rassistiese bedeling in SA nodig, en dit is daar, tot 'n groot mate.
>
Vorige onderwerp: Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig
Volgende onderwerp: Re: Disingenuous [was Dr. Death se kollega in Kanada?]
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 00:53:22 MGT 2024