Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dr. Death se kollega in Kanada?
Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #26988] Ma, 04 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in 'n Kanadese dorp
wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die hoof-getuies is in
Wouter Basson se verhoor?

Die man was glo 'n kollega van Basson en word geimpliseer in van
Basson se dade.
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #26991 is 'n antwoord op boodskap #26988] Ma, 04 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Ferdi Greyling wrote:

> Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in 'n Kanadese dorp
> wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die hoof-getuies is in
> Wouter Basson se verhoor?
>
> Die man was glo 'n kollega van Basson en word geimpliseer in van
> Basson se dade.

Nee, het nog niks hiervan onlangs gesien in die Globe and Mail nie.Wat
was die ou se naam nou weer?

Lees gister oor Wouter Basson: dat hy iets wou toets wat blykbaar
die vel sleg sou affekteer. Toe toets hulle dit uit op drie mense van
Kwazulu-Natal. (Raai van watter etniese oorsprong daardie drie
was.) Die middel wat hulle toets werk toe nie - geen ongemak by
die drie proefkonyne nie. Toe vat hulle maar die drie en drop hulle
uit 'n vliegtuig in die see.

Gloudina
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27019 is 'n antwoord op boodskap #26988] Di, 05 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Ferdi Greyling wrote:

> Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in 'n Kanadese dorp
> wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die hoof-getuies is in
> Wouter Basson se verhoor?
>
> Die man was glo 'n kollega van Basson en word geimpliseer in van
> Basson se dade.

Ek het toe gisteraand na die CBC se spesiale verslag
gekyk oor Dr. Jack Bothma van North Battleford in
Saskatchewan. Dis 'n klein dorpie op die prairies
waar Dr. Bothma die laaste vier en 'n half jaar ‘n
ortopediese spesialis is. Blykbaar mag hy nog net tot
Januarie daar bly. Hy was glo vyf jaar gegee om die
eksamens deur te kom wat hom 'n permanente lisensie
sou gee om as dokter te praktiseer, en hy het dit gedruip.
Hulle het ook bevestig dat hy blykbaar as staatsgetuie
gaan optree in die hofsaak teen Wouter Basson.
Ek lees gister toe ook in Beeld van 'n ander man wat
ook staatsgetuie teen Wouter Basson gaan wees. Hy is
Dr. Frederik Botha, voormalige mediese koördineerder
van die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB), waar hy
glo onder die aliasse “Koos” en “Frans” opgetree het. Hy
het glo die middel digoksien aan mr. Slang van Zyl gegee
om Dullah Omar te vermoor. By 'n ander geleentheid het
hy ook 'n aapfetus, wat deur Dr. Stiaan Wandrag in ‘n
keisersnee verwyder is, in ontvangs geneem. Hierdie
fetus is toe aan 'n boom by Desmond Tutu se huis opgehang,
blykbaar deur BSB lede.
Wat vir my spesiaal interessant is, is dat Frederick Botha
die seun is van Elize en J.P. Botha. Ek en my man was albei
op Stellenbosch toe hulle nog studente daar was. Sy was toe
bekend as Elize Lindes. Sy is vandag kanselier van die
Universiteit van Stellenbosch. Sy het haar doktorsgraad in
Nederland behaal met 'n proefskrif oor Opperman se “Die
Sprokie van die Spikkelkoei.” Hier volg die woorde van die
Sprokie van die Spikkelkoei.

Uit holtes van 'n boom
het kuddes vee gekom,
toe kies my broer
die spikkelkoei vir hom.

Ek stoot hom oor 'n krans,
Hy val in 'n mik,
toe het 'n kraai
op die spikkelkoei gaan sit.

Smeer vet aan 'n klip,
korrel fyn, moenie kwes,
toe sak 'n duisend vere
noord, suid, oos, wes -

sak 'n duisend kraaie
oor die bloed, oor die klip…
O waar sal ek skuil
teen die stippels wat pik.

Elize Botha het glo eenkeer vir Opperman uitgevra na
die herkoms van die sprokie, en Opperman het vir haar
vertel dat dit haar werk is om uit te vind. Min het sy
seker geweet hoe profeties hierdie sprokie vir die gang
van haar eie familie-gebeure sou word.

Gloudina Bouwer
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27075 is 'n antwoord op boodskap #26988] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> dit is seker "payback" vir die ander vliegtuigie wat ons laat val het.

So jy neem aan dat dit die apartheidsregime was wat verantwoordelikwas vir die
vliegtuigongeluk waarin Samora Machel gesterf het?
Interessant.

> Ek dink egter nie Kanada het soortgelyke probleme as SA nie.
>
>

Wat weet jy van Kanada se probleme? Weet jy dat daar mense iswat op mekaar skiet
in die Maritimes op die oomblik?

Gloudina
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27076 is 'n antwoord op boodskap #26988] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Adam wrote:

> Give me a call... maybe we can meet for coffee (416) 463-5023.

Nee, ek praat nie met vreemde mans nie, en buitendien, ek is
onderhuisarres.

Gloudina

>
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27077 is 'n antwoord op boodskap #26988] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

So dit is hoekom jy my nie by Pearsons International wou kom oplaai nie.

Is iemand in die familie deel van die diplomatieke korps ?

Jy het seker lekker na Nelson se toesprake geluister daar in Ottawa. Ek het
dit na die tyd gelees en nie veel daarvan gedink, veral nie die sogenaamde
samewerking tussen SA en Kanada....

Thanksgiving '96 was my eerste besoek aan Kanada, Toronto het gelyk soos
Bloemfontein se CBD op 'n Sondag........

Francois

@sympatico.ca wrote in message
...
> Adam wrote:
>
>> Gloudina:
>>
>> IDo you live in Canada? I'm in Toronto
>>
>> David Yudelman
>>
>
> Ottawa, but will be in Aurora for the Thanksgiving weekend.
> Have a good Thanksgiving
>
> Gloudina
>
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27078 is 'n antwoord op boodskap #26988] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Gloudina,
>
> Jy het seker lekker na Nelson se toesprake geluister daar in Ottawa. Ek het
> dit na die tyd gelees en nie veel daarvan gedink, veral nie die sogenaamde
> samewerking tussen SA en Kanada....

Ek was, liewe Francois, by die huis van die Goewerneur Generaal toe Nelsonen
Graca ewe spoggerig met 'n kar en vier perde gearriveer het.

Ek dink jy sal jou verbaas hoe nou SA en Kanada saamwerk. Ek dink die
huidige SA regime sien Kanada as 'n staat met soortgelyke probleme en
'n omtrent dieselfde getal bevolking. Ek dink hulle vra baie raad by
Kanada. Die provinsie van New Brunswick is ook met die Noord Kaap
"getwin."

Gloudina

>
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27080 is 'n antwoord op boodskap #26988] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Ek was, liewe Francois, by die huis van die Goewerneur Generaal toe Nelsonen
> Graca ewe spoggerig met 'n kar en vier perde gearriveer het.

En Graca wat nie eens 'n Suid Afrikaner is nie vlieg saam op op ons onkoste,
dit is seker "payback" vir die ander vliegtuigie wat ons laat val het.

> Ek dink jy sal jou verbaas hoe nou SA en Kanada saamwerk.

Reg, hulle het ook gehelp met die nuwe immigrasie beleid, maar dit is nog
ver van klaar...dit steek my net skeef in die krop wanneer hy se...."we open
our arms to our Canadian brothers and sisters..."

Ek dink die
> huidige SA regime sien Kanada as 'n staat met soortgelyke probleme en
> 'n omtrent dieselfde getal bevolking.

Bly om te sien mens kan ook die woord "regime" vir die huidige latte
gebruik. Ek dink egter nie Kanada het soortgelyke probleme as SA nie.

Francois
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27105 is 'n antwoord op boodskap #26988] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message >> Ek dink egter nie Kanada
het soortgelyke probleme as SA nie.
>>
>
> Wat weet jy van Kanada se probleme?

Kanada het nie veel probleme nie, 'n paar dronk inboorlinge, 'n provinsie
vol ongeskikte Franse, Cretien die cretin en te baie onwettige immigrante.

Weet jy dat daar mense iswat op mekaar skiet
> in die Maritimes op die oomblik?
>

-- Seker maar net 'n klomp getrekte "Newfies" wat baklei oor 'n visnet.
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27107 is 'n antwoord op boodskap #26988] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Hoekom het jy oorspronklik na Kanada toe gegaan ?

Francois de Wet

@sympatico.ca wrote in message
...
> Adam wrote:
>
>> Give me a call... maybe we can meet for coffee (416) 463-5023.
>
> Nee, ek praat nie met vreemde mans nie, en buitendien, ek is
> onderhuisarres.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27109 is 'n antwoord op boodskap #26988] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Oct 1999 20:21:01 GMT, @sympatico.ca wrote:
<<Nee, ek praat nie met vreemde mans nie, en buitendien, ek is
>onderhuisarres.>>

Deur wie?
Leendert??!
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27110 is 'n antwoord op boodskap #26988] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Francois de Wet wrote in message ...
> Gloudina,
>
> Hoekom het jy oorspronklik na Kanada toe gegaan ?
>
> Francois de Wet
>
Jy behoort beter te weet as om sulke diep vrae te vra. Dit is _DIE_ vraag
van die ng, die vraag wat nooit beantwoord word nie...

Laas het almal sommer vir Gloudina besluit dat sy nie hoëf te antwoord
nie...of eerder sy béter nie antwoord nie...

> @sympatico.ca wrote in message
> ...
>> Adam wrote:
>>
>>> Give me a call... maybe we can meet for coffee (416) 463-5023.
>>
>> Nee, ek praat nie met vreemde mans nie, en buitendien, ek is
>> onderhuisarres.
>>
Goed, goed ons sit almal in spanning en wag om die rede....

>> Gloudina
>>
>>>
>>
>
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27111 is 'n antwoord op boodskap #26988] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Kanada het nie veel probleme nie, 'n paar dronk inboorlinge, 'n provinsie
> vol ongeskikte Franse, Cretien die cretin en te baie onwettige immigrante.
>
>

Sies, Francois. Ek hoop nie hulle laat jou weer in Kanada in nie.Jou ongeskikte
ding. Vandag is 'n nuwe Goewerneur-Generaal
ingesweer - van Chinese oorsprong, 'n vlugteling immigrant as kind
van Hong Kong af. Hier is nie meer plek vir whiteys soos jy nie.
As jy my land en sy inwoners so beledig, dink ek dat ek jou by
Immigrasie moet gaan aankla.

Gloudina
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27169 is 'n antwoord op boodskap #26988] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ag toe nou , spring jy op jou perdjie......klink vir my jy het heeltemal te
veel spaar tyd.

@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> Kanada het nie veel probleme nie, 'n paar dronk inboorlinge, 'n provinsie
>> vol ongeskikte Franse, Cretien die cretin en te baie onwettige immigrante.
>>
>
> Sies, Francois. Ek hoop nie hulle laat jou weer in Kanada in nie.Jou ongeskikte
> ding. Vandag is 'n nuwe Goewerneur-Generaal
> ingesweer - van Chinese oorsprong, 'n vlugteling immigrant as kind
> van Hong Kong af.

--Kanada en Toronto lyk deedae meer soos China town of Barbados ........

> Hier is nie meer plek vir whiteys soos jy nie.

--Immigrasie stem nie met jou saam nie. So ook baie Kanadese wat gatvol is
onwettige immigrante ander ingevoerde lamsakke.

> As jy my land en sy inwoners so beledig, dink ek dat ek jou by
> Immigrasie moet gaan aankla.

Aankla van wat ? Wat gee jou die reg om uitsprake oor SA te maak ? My
opinies omtrent Kanada is gevorm deur Kanadese......ek dink jy is te "aloof"
om te weet wat op die grond aangaan.

Sal volgende maand by jou kom tee drink.......ek wag net dat hulle al my
papiere oorplaas in my nuwe paspoort, want die ou een is vol en het verval.

Soek jy my SIN nommer vir die aanklag ?

Francois
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27170 is 'n antwoord op boodskap #26988] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Heel interresant , jammer ek het dit gemis.

Francois

Shannon wrote in message ...
>
> Francois de Wet wrote in message ...
>> Gloudina,
>>
>> Hoekom het jy oorspronklik na Kanada toe gegaan ?
>>
>> Francois de Wet
>>
> Jy behoort beter te weet as om sulke diep vrae te vra. Dit is _DIE_ vraag
> van die ng, die vraag wat nooit beantwoord word nie...
>
> Laas het almal sommer vir Gloudina besluit dat sy nie hoëf te antwoord
> nie...of eerder sy béter nie antwoord nie...
>
>> @sympatico.ca wrote in message
>> ...
>>> Adam wrote:
>>>
>>>> Give me a call... maybe we can meet for coffee (416) 463-5023.
>>>
>>> Nee, ek praat nie met vreemde mans nie, en buitendien, ek is
>>> onderhuisarres.
>>>
> Goed, goed ons sit almal in spanning en wag om die rede....
>
>>> Gloudina
>>>
>>>>
>>>
>>
>
Re: Dr. Death se kollega in Kanada? [boodskap #27171 is 'n antwoord op boodskap #26988] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ghwahahahah, Gloudina beskryf haarself as 'n "shrinking violet"! What
next?

@sympatico.ca wrote in article ...

> Adam, I have already packed your telephone number, and was going to phoneyou,
> while posing as a shrinking violet on this newsgroup. But please, tell
us

> Gloudina
Vorige onderwerp: Wie is die uitbuiters?
Volgende onderwerp: Waarom geen antwoordt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 01:06:28 MGT 2024