Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ten slotte
Ten slotte [boodskap #27015] Di, 05 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca wrote:
> Ferdi Greyling wrote:
>> Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in
> 'n Kanadese dorp
>> wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die
> hoof-getuies is in
>> Wouter Basson se verhoor?
>>
>> Die man was glo 'n kollega van Basson en word
> geimpliseer in van
>> Basson se dade.
> Ek het toe gisteraand na die CBC se spesiale
> verslag
> gekyk oor Dr. Jack Bothma van North Battleford in
> Saskatchewan. Dis =91n klein dorpie op die prairies
> waar Dr. Bothma die laaste vier en =91n half jaar
> =91n
> ortopediese spesialis is. Blykbaar mag hy nog net tot
> Januarie daar bly. Hy was glo vyf jaar gegee om die
> eksamens deur te kom wat hom =91n permanente lisensie
> sou gee om as dokter te praktiseer, en hy het dit
> gedruip.
> Hulle het ook bevestig dat hy blykbaar as staatsgetuie
> gaan optree in die hofsaak teen Wouter Basson.
> Ek lees gister toe ook in Beeld van =91n ander
> man wat
> ook staatsgetuie teen Wouter Basson gaan wees. Hy is
> Dr. Frederik Botha, voormalige mediese ko=F6rdineerder
> van die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB), waar hy
> glo onder die aliasse =93Koos=94 en =93Frans=94
> opgetree het. Hy
> het glo die middel digoksien aan mr. Slang van Zyl
> gegee
> om Dullah Omar te vermoor. By =91n ander geleentheid
> het
> hy ook =91n aapfetus, wat deur Dr. Stiaan Wandrag in
> =91n
> keisersnee verwyder is, in ontvangs geneem. Hierdie
> fetus is toe aan =91n boom by Desmond Tutu se huis
> opgehang,
> blykbaar deur BSB lede.
> Wat vir my spesiaal interessant is, is dat
> Frederick Botha
> die seun is van Elize en J.P. Botha. Ek en my man was
> albei
> op Stellenbosch toe hulle nog studente daar was. Sy
> was toe
> bekend as Elize Lindes. Sy is vandag kanselier van die
> Universiteit van Stellenbosch. Sy het haar
> doktorsgraad in
> Nederland behaal met =91n proefskrif oor Opperman se
> =93Die
> Sprokie van die Spikkelkoei.=94 Hier volg die woorde
> van die
> Sprokie van die Spikkelkoei.
> Uit holtes van =91n boom
> het kuddes vee gekom,
> toe kies my broer
> die spikkelkoei vir hom.
> Ek stoot hom oor =91n krans,
> Hy val in =91n mik,
> toe het =91n kraai
> op die spikkelkoei gaan sit.
> Smeer vet aan =91n klip,
> korrel fyn, moenie kwes,
> toe sak =91n duisend vere
> noord, suid, oos, wes -
> sak =91n duisend kraaie
> oor die bloed, oor die klip=85
> O waar sal ek skuil
> teen die stippels wat pik.
> Elize Botha het glo eenkeer vir Opperman uitgevra na
> die herkoms van die sprokie, en Opperman het vir haar
> vertel dat dit haar werk is om uit te vind. Min het sy
> seker geweet hoe profeties hierdie sprokie vir die gang
> van haar eie familie-gebeure sou word.
> Gloudina Bouwer

Ag, nou ja:

Iemand word gedaag om voor 'n hof te getuig - smerige saak.

Geen getuienis is nog gelewer nie - en geen uitspraak nog gemaak nie.

Maar, soos enige ou aasvreterkraai by middagtee (tog niemand uitnooi wat
dalk 'n oggendborspeld sal dra nie, asseblief!) in Brooklyn of Lynwood
vertel Gloudina, uit veertig jaar gelede, ons alles (en niks) van die man se
ma!

Daar is, Gloudina (redder van die Afrikanereer), ten slotte toe regtig niks
wat jy kan bied wat edel is nie, nie waar nie?

Ek is baie jammer vir jou, weet jy?
Re: Ten slotte [boodskap #27042 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Oct 1999 20:41:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

vertel Gloudina, uit veertig jaar gelede, ons alles (en niks) van die man se[/color]
> ma!
>
> Daar is, Gloudina (redder van die Afrikanereer), ten slotte toe regtig niks
> wat jy kan bied wat edel is nie, nie waar nie?
>
> Ek is baie jammer vir jou, weet jy?>>

Oppas dat jy nie die boodskapper probeer doodmaak omdat jy nie van die
boodskap hou nie, Leendert.
Re: Ten slotte [boodskap #27043 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Tue, 5 Oct 1999 20:41:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > vertel Gloudina, uit veertig jaar gelede, ons alles (en niks) van
die man se
>> ma!
>>
>> Daar is, Gloudina (redder van die Afrikanereer), ten slotte toe regtig niks
>> wat jy kan bied wat edel is nie, nie waar nie?
>>
>> Ek is baie jammer vir jou, weet jy?>>
>
> Oppas dat jy nie die boodskapper probeer doodmaak omdat jy nie van die
> boodskap hou nie, Leendert.

Haai Ferdi,

Nee, ek stem saam.

Maar gegee dieselfde stel feite, dink jy daar is 'n verskil tussen 'n
boodskap van billike kommentaar en 'n booskap van kwaadwillige skindery?

Groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Ten slotte [boodskap #27044 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> Die "genocide"
> van die Afrikaner
> is 'n veel groter tragedie. Ons sit werkoos. Ons "eletist education" word
> versmaai. Ons kinders ly honger omdat Pa met al sy "useless" grade nie eers
> 'n spoorweg hek kry om op te pas nie.

Jammer om te hoor dat jy werkloos sit met "al jou grade." Jy is die eerste
een"met grade" wat ek hoor wat permanent werkloos is. Ek kry die gevoel dat
die meeste mense wat sogenaamd werkloos geword het in die nuwe SA, met
goue handskudde en vet pakkette sit, en baie gou weer hulle kennis op 'n
ander manier op die mark plaas.

Gloudina

>
Re: Ten slotte [boodskap #27045 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> Ek kom nie mooi agter wie die spreker in hierdie inset is nie - Gloudina, of
> die ongetekende
> kommentaar wat op die "Sprokie" volg nie.

Die spreker van die "ongetekende kommentaar" is natuurlik Leendert.Die arme man
struikel ook soms, en het hierdie keer nie sy gewone
smalende "vriendelike groete" bygevoeg nie.

Gloudina

>
Re: Ten slotte [boodskap #27046 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca wrote:
> Barrie wrote:
>> Daardie persone wat
>> hulle werk gedoen het, toe hulle daartoe aangesê was, is nie
> kriminel=
> e nie.
>> Ek glo in elk geval hulle navorsing was eerder voorkomend as
> antagonist=
> ies.
>>
>>
> So jy praat vir Basson goed. Sy navorsing was "voorkomend"?
> En Frederik Botha het maar net gedoen wat vir hom beveel is? Ek
> dink
> hy behoort ook voor die hof gedaag te word. Hy kom te maklik
> daarvan
> af.
> Gloudina

Julle is albei besig met spekulasie - nie een van julle weet seker wat
Basson of Botha gedoen het nie.

Vir die rekord: 'n Bevel om 'n misdaad te pleeg is 'n onwettige bevel,
en dit is nie afdwingbaar nie. Dit is dus ook nie strafbaar om 'n
onwettige bevel te ignoreer nie.

Omgekeerd: Wanneer iemand 'n onwettige bevel uitvoer en in die proses
'n misdaad pleeg is die bevel nie 'n verskoning nie - die een wat die
misdaad gepleeg het is skuldig.

Dis waarom die amnestieproses nodig is om al die "vryheidsvegters" te
vrywaar van die gevolge van hul dade.

Re: Ten slotte [boodskap #27047 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> Aangaande die sprokie die
> volgende: Die verskyning van die spikkelkoei uit die "boomstam" dui op
> Boesman-mitologie aangaande die skeppingsproses. Literatuurwetenskaplikes
> sou dus "ab ovo" (reg van die begin af) die hele storie slegs as mite sien.

Ja, en dis natuurlik wat Elize Botha moes gedoen het, en dis waaromOpperman haar
ewe snedig geantwoord het toe sy hom probeer uitvra
na die oorsprong van die sprokie. Mens moet egter ook byvoeg dat hy
op daardie stadium 'n vete met N.P. van Wyk Louw gehad het, en Elize
Botha het die verhandeling onder leiding van NP geskryf, dus was Opperman
seker ook maar kil as gevolg daarvan.

Gloudina
Re: Ten slotte [boodskap #27048 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Maar gegee dieselfde stel feite, dink jy daar is 'n verskil tussen 'n
> boodskap van billike kommentaar en 'n booskap van kwaadwillige skindery?
>

Ek sou dit nou nie "kwaadwillige" skindery noem nie, maar ek stem saam dat
dit nou seker nie "billike kommentaar" was nie. Dit was nie bedoel om te
wees
nie. Dit was bedoel om uit te wys tot waar in ons Afrikanerdom die
verrotting
gestrek het. Frederik Botha se pa is glo broer van Pik Botha. Dit maak mens
treurig om te sien hoe die volgende geslag ontwikkel het. Net soos
Jaap Strydom se seun uiteindelik nog deur die ou regime voor die hof
gesleep
is omdat hy geld ontvang het vir dienste wat nie gelewer is aan die
departement
van Bantoe-Onderwys nie. Dis die wat ek so bitter is. Die ouers het die
keuses
gemaak en die 30 silwerlinge aangeneem, en die kinders het in die hof beland

omdat daar nie duidelike morele en politieke keuses deur die ouer geslag
gemaak
is nie.

Gloudina
Re: Ten slotte [boodskap #27049 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Vir die rekord: 'n Bevel om 'n misdaad te pleeg is 'n onwettige bevel,
> en dit is nie afdwingbaar nie. Dit is dus ook nie strafbaar om 'n
> onwettige bevel te ignoreer nie.
>
> Omgekeerd: Wanneer iemand 'n onwettige bevel uitvoer en in die proses
> 'n misdaad pleeg is die bevel nie 'n verskoning nie - die een wat die
> misdaad gepleeg het is skuldig.

En die een wat die bevel gegee het medepligtig aan die misdaad.

As Basson dan maar net sy werk gedoen het, soos Barrie beweer,
wie was dit dan wat vir Basson aangesê het om die werk te doen?

Swart Simon
Re: Ten slotte [boodskap #27050 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Soos die mense nou voel ; "Jammer Basson het nie sy werk voltooi nie"

Krokkie

@sympatico.ca wrote in message
...
Barrie wrote:

> Daardie persone wat
> hulle werk gedoen het, toe hulle daartoe aangesê was, is nie kriminele nie.
> Ek glo in elk geval hulle navorsing was eerder voorkomend as antagonisties.
>
>

So jy praat vir Basson goed. Sy navorsing was "voorkomend"?

En Frederik Botha het maar net gedoen wat vir hom beveel is? Ek dink
hy behoort ook voor die hof gedaag te word. Hy kom te maklik daarvan
af.

Gloudina
Re: Ten slotte [boodskap #27051 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek kom nie mooi agter wie die spreker in hierdie inset is nie - Gloudina, of
die ongetekende
kommentaar wat op die "Sprokie" volg nie. Aangaande die sprokie die
volgende: Die verskyning van die spikkelkoei uit die "boomstam" dui op
Boesman-mitologie aangaande die skeppingsproses. Literatuurwetenskaplikes
sou dus "ab ovo" (reg van die begin af) die hele storie slegs as mite sien.
Indien die "gevolge" van hierdie sprokie as katastrofe gesien word,
is die "katastrofe" niks meer as verwysing na die selfmoord van die Xhosas
(1856) nie.
Die vers : waar sal ek skuil teen die spikkels wat pik" verwys m.i. nie na
enige "gewetenswroeging" nie. In elk geval - nie by my nie! Die "genocide"
van die Afrikaner
is 'n veel groter tragedie. Ons sit werkoos. Ons "eletist education" word
versmaai. Ons kinders ly honger omdat Pa met al sy "useless" grade nie eers
'n spoorweg hek kry om op te pas nie.
Jammer ek is nie 'n medikus nie - dan kon ek ook in Kanada se "koue" gaan
skuil het.
Maar ek bly in Suid-Afrika - "come hell or high water"! Daardie persone wat
hulle werk gedoen het, toe hulle daartoe aangesê was, is nie kriminele nie.
Ek glo in elk geval hulle navorsing was eerder voorkomend as antagonisties.

Ik hebt gezegt

Barrie
Re: Ten slotte [boodskap #27052 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> Daardie persone wat
> hulle werk gedoen het, toe hulle daartoe aangesê was, is nie kriminele nie.
> Ek glo in elk geval hulle navorsing was eerder voorkomend as antagonisties.
>
>

So jy praat vir Basson goed. Sy navorsing was "voorkomend"?

En Frederik Botha het maar net gedoen wat vir hom beveel is? Ek dink
hy behoort ook voor die hof gedaag te word. Hy kom te maklik daarvan
af.

Gloudina
Re: Ten slotte [boodskap #27053 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> Barrie wrote:
>
>> Die "genocide"
>> van die Afrikaner
>> is 'n veel groter tragedie. Ons sit werkoos. Ons "eletist education" word
>> versmaai. Ons kinders ly honger omdat Pa met al sy "useless" grade nie eers
>> 'n spoorweg hek kry om op te pas nie.
>
> Jammer om te hoor dat jy werkloos sit met "al jou grade." Jy is die eerste
> een"met grade" wat ek hoor wat permanent werkloos is. Ek kry die gevoel dat
> die meeste mense wat sogenaamd werkloos geword het in die nuwe SA, met
> goue handskudde en vet pakkette sit, en baie gou weer hulle kennis op 'n
> ander manier op die mark plaas.
>
> Gloudina
>

En ek het die idee jy het weereens nie 'n clue waarvan jy praat nie!
Daar is heelwat gegradueerdes wat sonde rwerk in SA sit en sommige kry
dan 'n lekker ou joppie in OZ, Canada of NZ.
Re: Ten slotte [boodskap #27054 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> Indien die "gevolge" van hierdie sprokie as katastrofe gesien word,
> is die "katastrofe" niks meer as verwysing na die selfmoord van die Xhosas
> (1856) nie.
>
>

Nou maak jy natuurlik dieselfde fout wat Lindes sou maak as sy na die
oorsprongvan die sprokie soek. Hoe weet jy dat dit oor die "selfmoord van die
Xhosas"
gaan?

Gloudina
Re: Ten slotte [boodskap #27091 is 'n antwoord op boodskap #27015] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Oct 1999 20:01:26 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:
Re: Ten slotte [boodskap #27092 is 'n antwoord op boodskap #27015] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Wed, 06 Oct 1999 20:01:26 GMT, Leendert van Oostrum
> wrote:
>
> > boodskap van billike kommentaar en 'n booskap van kwaadwillige skindery?>>
>
> So jy reken sekere boodskappers kan maar doodgemaak word as dit ons
> beter sal laat voel?

Dink jy regtig dis wat Gloudina probeer doen het met Elize Botha, Ferdi?

Ai, die jaloesie darem - twee studentemeisies veertig jaar trug. Nou't
die een dit ver gebring, en die ander is 'n obskure banneling in
stedelike Ontario.

Ek dink jy's reg. Dis 'n poging tot karaktermoord deur Gloudina.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Ten slotte [boodskap #27093 is 'n antwoord op boodskap #27015] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, jou onkunde in die verband verbaas my werklik. Wil jy nie 'n
slag hier kom kyk wat aangaan nie, en nie van 2-de of 3-de handse kennis 'n
skewe prentjie van dinge hier opbou nie? Of so nie liewer stilbly oor goed
waarvan jy niks weet nie?

Groete,
Dries

@sympatico.ca wrote in article ...

> ...Ek kry die gevoel dat
> die meeste mense wat sogenaamd werkloos geword het in die nuwe SA, met
> goue handskudde en vet pakkette sit, en baie gou weer hulle kennis op 'n
> ander manier op die mark plaas.
Re: Ten slotte [boodskap #27094 is 'n antwoord op boodskap #27015] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Oct 1999 05:22:22 -0700, Leendert van Oostrum
wrote:

Basson of Botha gedoen het nie.>>[/color]

Is jy nie te slim vir sulke rasionalisasies nie?
Re: Ten slotte [boodskap #27095 is 'n antwoord op boodskap #27015] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Thu, 7 Oct 1999 07:59:04 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> reken daar
>> gaan meer waarheid uit hierdie een saak kom as uit die ganse "waarheids"
>> komissie.>>
>
> Maar is die saak nie uitvloeisel van die WVK nie, Leendert?

Is dit?

>
> En die saak sluit natuurlik nie die moontlikheid van vergiffenis in
> nie, ne.

Nie? Swot bietjie op oor die regstelsel, hoor!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Ten slotte [boodskap #27096 is 'n antwoord op boodskap #27015] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Wed, 06 Oct 1999 05:22:22 -0700, Leendert van Oostrum
> wrote:
>
> wat
>> Basson of Botha gedoen het nie.>>
>
> Is jy nie te slim vir sulke rasionalisasies nie?
>

Ja.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Ten slotte [boodskap #27097 is 'n antwoord op boodskap #27015] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 7 Oct 1999 07:59:04 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

gaan meer waarheid uit hierdie een saak kom as uit die ganse "waarheids"[/color]
> komissie.>>

Maar is die saak nie uitvloeisel van die WVK nie, Leendert?

En die saak sluit natuurlik nie die moontlikheid van vergiffenis in
nie, ne.
Re: Ten slotte [boodskap #27098 is 'n antwoord op boodskap #27015] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Vir die rekord: 'n Bevel om 'n misdaad te pleeg is 'n onwettige
> bevel,
>> en dit is nie afdwingbaar nie. Dit is dus ook nie strafbaar om
> 'n
>> onwettige bevel te ignoreer nie.
>>
>> Omgekeerd: Wanneer iemand 'n onwettige bevel uitvoer en in die
> proses
>> 'n misdaad pleeg is die bevel nie 'n verskoning nie - die een
> wat die
>> misdaad gepleeg het is skuldig.
>
> En die een wat die bevel gegee het medepligtig aan die misdaad.
>
> As Basson dan maar net sy werk gedoen het, soos Barrie beweer,
> wie was dit dan wat vir Basson aangesê het om die werk te doen?
>
> Swart Simon

Stem saam: Ek sien baie uit na die verloop van die Bassonsaak. Ek reken daar
gaan meer waarheid uit hierdie een saak kom as uit die ganse "waarheids"
komissie.
Re: Ten slotte [boodskap #27153 is 'n antwoord op boodskap #27015] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7thcs9$opn$1@kendy.up.ac.za...
>
> Simon van der Schans wrote in message
> ...
>> Leendert van Oostrum wrote in message
>> ...
>>
>>
>> As Basson dan maar net sy werk gedoen het, soos Barrie beweer,
>> wie was dit dan wat vir Basson aangesê het om die werk te doen?
>>
>> Swart Simon
>
>
> Stem saam: Ek sien baie uit na die verloop van die Bassonsaak. Ek reken daar
> gaan meer waarheid uit hierdie een saak kom as uit die ganse "waarheids"
> komissie.
>
Ek wonder of daar nie dalk ander lande ook betrokke was nie, soos bv. ons
kernwapen program wat gesamentlik met Israel en vermoedelik ook Taiwan
gedoen is. So ook die toetsterrein by Bredasdorp waar ek jare terug al
Britse en Amerikaanse vegvliegtuie sien rondvlieg het.

Basson lyk vir my baie op sy gemak, amper arrogant, so al asof hy weet hy
gaan niks oorkom nie.
As hy lig daarvan gaan afkom, glo ek daar was buitelandse hulp.

Maar kom ons wag en kyk.
Hennie
Re: Ten slotte [boodskap #27154 is 'n antwoord op boodskap #27015] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 07 Oct 1999 11:53:43 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:

En die saak sluit natuurlik nie die moontlikheid van vergiffenis
in
>> nie, ne.
>
> Nie? Swot bietjie op oor die regstelsel, hoor!>>

Ek het lank gelede al.
Die hof kan hom onskuldig bevind - wat basies beteken die aanklagte is
nie bo enige redelike twyfel bewys nie - of kan hom skuldig bevind, en
bevind daar is versagtende omstandighede.
Dis nie vergeef nie. Dis net se die ou het die gedoen maar daar was
omstandighede wat dit nie bloot 'n koue berelkende daad maak nie.

Daar is nie vergiffenis in die howe nie.

Daar is egter vergiffenis in die WVK. Dis wanneer hulle se, ja jy het
dit gedoen. Dankie dat jy alles vertel het. Kom ons los dit nou. Ons
gaan jou nie straf nie, al het jy dit gedoen.

Dis twee visse van verskillende vere.
Re: Ten slotte [boodskap #27155 is 'n antwoord op boodskap #27015] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 8 Oct 1999 16:43:49 +0200, "HL" wrote:

gaan niks oorkom nie.[/color]
> As hy lig daarvan gaan afkom, glo ek daar was buitelandse hulp.>>

Die aanklagte kan formidabel wees.
Van dwelm-smokkelary (die oorspronklike een waarop hy gevang is) tot
by oorlogsmisdade.

Dit kan teoreties begin by SA howe, deurgaan na Namibie se howe en tot
in die Oorlogsmisdade-hof in Den Haag.
Re: Ten slotte [boodskap #27188 is 'n antwoord op boodskap #27015] Sa, 09 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Gaan lees biejie die geskiedenis van Mandela - wat vier dekades gelede ter
> dood veroordeel is, maar nog springlewendig met ons verkeer. Of Raubie
> Leibrand, wat verskeie kinders verwek het in die dekade nadat _hy_ ter dood
> veroordeel is. Nie een van hulle was voor die WVK nie. Albei van hulle is
> deur die gewone regsproses.

Nee, nee, nee, Leendert. Gaan lees JY 'n bietjie jou
geskiedenis. Van wanneer af is Mandela ter dood veroordeel?

En jou "Raubie" was eintlik Robey Leibbrandt.

Maar andersins is jy natuurlik reg. Die staatshoof het die
prerogatief om vonisse kwyt te skeld of te versag.

Swart Simon
Re: Ten slotte [boodskap #27189 is 'n antwoord op boodskap #27015] Sa, 09 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Thu, 07 Oct 1999 11:53:43 GMT, Leendert van Oostrum
> wrote:
>
>
> En die saak sluit natuurlik nie die moontlikheid van vergiffenis
> in
>>> nie, ne.
>>
>> Nie? Swot bietjie op oor die regstelsel, hoor!>>
>
> Ek het lank gelede al.

Dan het jy miskien bietjie gevergeet, soos Liewe Heksie.

> Die hof kan hom onskuldig bevind - wat basies beteken die aanklagte is
> nie bo enige redelike twyfel bewys nie - of kan hom skuldig bevind, en
> bevind daar is versagtende omstandighede.
> Dis nie vergeef nie. Dis net se die ou het die gedoen maar daar was
> omstandighede wat dit nie bloot 'n koue berelkende daad maak nie.
>
> Daar is nie vergiffenis in die howe nie.

Korrek. Maar jou aanvaklike stelling was: "...die saak sluit natuurlik nie
die moontlikheid van vergiffenis in nie...."

>
> Daar is egter vergiffenis in die WVK. Dis wanneer hulle se, ja jy het
> dit gedoen. Dankie dat jy alles vertel het. Kom ons los dit nou. Ons
> gaan jou nie straf nie, al het jy dit gedoen.

Dis reg.

>
> Dis twee visse van verskillende vere.

Nie heeltemal nie.

Gaan lees biejie die geskiedenis van Mandela - wat vier dekades gelede ter
dood veroordeel is, maar nog springlewendig met ons verkeer. Of Raubie
Leibrand, wat verskeie kinders verwek het in die dekade nadat _hy_ ter dood
veroordeel is. Nie een van hulle was voor die WVK nie. Albei van hulle is
deur die gewone regsproses.

Jy sien, die regsproses sluit meer spelers in as net die howe.

Groete, Leendert
Re: Ten Slotte [boodskap #27192 is 'n antwoord op boodskap #27015] Sa, 09 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon skryf:

****************************

Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Ek lei af jy bedoel daar is 'n teenstrydigheid iewers. Bedoel jy daar is
> teenstrydigheid tussen die twee aangehaalde gedeeltes uit dieselfde
> toespraak, of bedoel jy dat daar teenstrydigheid is tussen die toespraak en
> iets anders?
>
> Miskien moet jy duidelik uiteensit wat jy as teenstrydig sien, dan kan mens
> daarna kyk. (En, om Ferdi aan te haal: "Konteks is alles".)

Terwyl jy nou in elk geval deur daardie bokse van jou gaan, kry
sommer bietjie vir ons die verwysing na die "waarom wiskunde?" toespraak.

Swart Simon

*******************************************

Hoekom sou ek?

Maar ek lei af dat jy nie in staat is om die aanklag van "Janus" te motiveer
nie? Nie eers uit die aanhalings wat jy self gekies het nie?

Miskien het jy dan bietjie verder gelees in die 1954-toespraak. En
agtergekom jy gaan op jou neus kyk as jy probeer om te toon dat dit die
toespraak van 'n tweegesig is.

Dit volg natuurlik, uit die twee moontlikhede wat jy voorsien, dat ons hier
te doen moet hê met 'n visioen�re toespraak?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Ten slotte [boodskap #27202 is 'n antwoord op boodskap #27015] So, 10 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Gaan lees biejie die geskiedenis van Mandela - wat vier dekades
> gelede ter
>> dood veroordeel is, maar nog springlewendig met ons verkeer. Of
> Raubie
>> Leibrand, wat verskeie kinders verwek het in die dekade nadat
> _hy_ ter dood
>> veroordeel is. Nie een van hulle was voor die WVK nie. Albei van
> hulle is
>> deur die gewone regsproses.
>
> Nee, nee, nee, Leendert. Gaan lees JY 'n bietjie jou
> geskiedenis. Van wanneer af is Mandela ter dood veroordeel?

Oeps! Jy's reg. Hy't dit verwag en nie gekry nie.

>
> En jou "Raubie" was eintlik Robey Leibbrandt.

Weer reg. Dankie vir die regstelling.

>
> Maar andersins is jy natuurlik reg. Die staatshoof het die
> prerogatief om vonisse kwyt te skeld of te versag.
>
> Swart Simon

Dankie vir die bevestiging van die tersaaklike deel :-)

Nou sien ek uit na jou uiteensetting van die twee gesigte van Janus.

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Ten Slotte [boodskap #27205 is 'n antwoord op boodskap #27015] So, 10 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Visioener? Nee Leendert.

Simon, ek het 'n groter probleem met Verwoerd se aannames as sy
afleidings: Kom ons kyk sommer net na die stuk toespraak wat jy
hier aangehaal het.

"Die ekonomiese struktuur van ons land [Aannames : Dit is
onveranderbaar? Dit is gewens?] bring dit natuurlik [???] mee
dat die naturelle in groot getalle hulle lewensonderhoud as
werknemers in diens van blankes moet verdien. [Aaname -
Noodwendig? Vir altyd?] Daarom is dit noodsaaklik dat
Bantoeleerlinge van die begin af onderwys in die amptelike tale
ontvang sodat hulle reeds in die laer primêre skool 'n spreek- en
verstaan-vaardigheid daarin opbou." [Wel, as jy die eerste sin se
verreikende aannames blindelings aanvaar, volg hierdie stelling
seker.]

En dit is die verskil tussen iemand met visie en 'n ander wat net
eenvoudig nie wou of kon glo dat daar 'n ander pad moontlik is
nie. As V in sy aannames korrek was, was baie van sy uitlatings
verstaanbaar. Ongelukkig, glo ek, was dit verkeerd -
intellektueel en moreel.

Groete
Bees

Dis nou wat 'n mens 'n "non
> sequitur" noem. Die laaste sin kon netsowel gelees het: "Daarom
> is dit noodsaaklik dat blanke leerlinge van die begin af onderwys
> in die naturelle-tale ontvang....."
>
> Swart Simon
>
Re: Ten Slotte [boodskap #27227 is 'n antwoord op boodskap #27015] Ma, 11 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
> Visioener? Nee Leendert.
>
> Simon, ek het 'n groter probleem met Verwoerd se aannames as sy
> afleidings:

Miskien het Simon die toespraak gelees, en weet hy 'n paar dinge oor
Verwoerd se aannames wat jy nie weet nie?

> Kom ons kyk sommer net na die stuk toespraak wat jy
> hier aangehaal het.

Nee Bees, jy is hier besig om aannames te maak oor die inhoud van Verwoerd
se toespraak:

>
> "Die ekonomiese struktuur van ons land [Aannames : Dit is
> onveranderbaar? Dit is gewens?]

_Jy_ neem hier aan dat V hierdie aannames gemaak het. Kan jy _jou_ aannames
(oor V se aannames) verantwoord?

> bring dit natuurlik [???] mee
> dat die naturelle in groot getalle hulle lewensonderhoud as
> werknemers in diens van blankes moet verdien. [Aaname -
> Noodwendig? Vir altyd?]

Hier maak jy nog 'n aanname aangaande Verwoerd se aannames. Het jy gronde om
te glo dat Verwoerd hierdie aannames gemaak het?

> Daarom is dit noodsaaklik dat
> Bantoeleerlinge van die begin af onderwys in die amptelike tale
> ontvang sodat hulle reeds in die laer primôre skool 'n spreek- en
> verstaan-vaardigheid daarin opbou." [Wel, as jy die eerste sin se
> verreikende aannames blindelings aanvaar, volg hierdie stelling
> seker.]
>
> En dit is die verskil tussen iemand met visie en 'n ander wat net
> eenvoudig nie wou of kon glo dat daar 'n ander pad moontlik is
> nie. As V in sy aannames korrek was, was baie van sy uitlatings
> verstaanbaar. Ongelukkig, glo ek, was dit verkeerd -
> intellektueel en moreel.

Nou ja Bees, gestel 'n mens sou vind dat - volgens sy uitsprake -Verwoerd
_nie_ die aannames gemaak het wat jy hierbo aan hom toedig nie.

Gestel ons sou, by nadere inspeksie, vind dat hy in werklikheid die
teenoorgestelde aannames verkondig het?

Sou dit (in die lig van die twee opsies wat jy hierbo as moontlik beskou)
beteken dat hy "iemand met visie" was?
Re: Ten Slotte [boodskap #27228 is 'n antwoord op boodskap #27015] Ma, 11 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Mooi so, Leendert. 'n Baie goeie poging om 'n rookskerm te gooi.

En nog steeds weet ons nie waar om die "waarom wiskunde"
toespraak te kry nie. Die meester wat beweer dat hy so baie oor
die saak weet wil nie vir ons sê nie.

Swart Simon
Re: Ten Slotte [boodskap #27229 is 'n antwoord op boodskap #27015] Ma, 11 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...
Haai Simon,

>>
>> Terwyl jy nou in elk geval deur daardie bokse van jou gaan, kry
>> sommer bietjie vir ons die verwysing na die "waarom wiskunde?"
> toespraak.
>>
>> Swart Simon
>>
>> *******************************************
>>
>> Hoekom sou ek?
>
> Omdat jy beweer het dat jy 'n vooraanstaande kenner op die gebied
> is

Nie heeltemal wat ek beweer het nie, maar dankie vir die erkenning :-)

> (en veral van die "waarom wiskunde" toespraak waaroor jy Bees
> so heftig aangeval het).

Haai, Dink jy ek het hom heftig aangeval? Soos ek onthou was die heftige
aanval van die ander kant.

En nee. Ek nie die '53 toespraak aangehaal as bron nie - ek het bloot genoem
dat ek dit iewers het. Ek het wel 'n sekondêre bron aangehaal om Bees se
sekondêre bron aan te vul.

>
> Jy wil tog nie hê mense moet tot die gevolgtrekking kom dat jy 'n
> "fake" is nie?

Weet jy, ek het agtergekom dat kwaadwillige mense hulle nie laat beinvloed
deur wat ek doen of laat nie - hul "gevolgtrekkings" is gewoonlik heeltemal
onafhanklik van enigiets behalwe wat hulle graag wil glo. (Ons doen dit
natuurlik almal in 'n mate, maar nie almal doen dit doelbewus om hul
kwaadwillige begeertes te bevredig nie.)

>
> Dit lyk my dat jy, in die manier waarop jy die een afleiding na
> die ander maak, baie van Verwoerd geleer het. Vat maar die
> afleidings wat die groot V maak in die volgende voorbeeld: "Die
> ekonomiese struktuur van ons land bring dit natuurlik mee dat die
> naturelle in groot getalle hulle lewensonderhoud as werknemers in
> diens van blankes moet verdien. Daarom is dit noodsaaklik dat
> Bantoeleerlinge van die begin af onderwys in die amptelike tale
> ontvang sodat hulle reeds in die laer primôre skool 'n spreek- en
> verstaan-vaardigheid daarin opbou." Dis nou wat 'n mens 'n "non
> sequitur" noem. Die laaste sin kon netsowel gelees het: "Daarom
> is dit noodsaaklik dat blanke leerlinge van die begin af onderwys
> in die naturelle-tale ontvang....."

Hmmm... Ek dink Bees se kommentaar is meer interessant (gedagtig daaraan dat
hy vermoedelik nie die hele toespraak gelees het nie). Maar kom ons kyk na
die konteks van wat jou hier pla:

a) Die amptelike tale waarna verwys word, tel twee. Die "naturelletale"
tel (ongeveer) nege. Een implikasie sou wees dat "blanke" leerlinge elf tale
sou moes leer. Gesien die idee dat kennis van tale 'n ekonomiese bate is
(vra maar die Hollanders) sou dit ook die swart leerlenige benadeel, dink jy
nie?

b) Benewens die "amptelikheid" daarvan, is die bruikbaarheid van
Afrikaans en Engels vir ekonomiese doeleindes toe reeds algemeen erken.
Vroeër in dieselfde toespraak meld V dat verteenwoordigende strukture van die
Bantoegemeenskap reeds dikwels gekla het dat Afrikaans nie in alle skole
aangebied word nie. (Baie sendingskole - raai watter - het bloot geweier om
Afrikaans aan te bied.) Ek herinner my ook die volgende, wat kan dien tot
ondersteuning van die argument as mens dit kan glo: Ek onthou dat Transkei,
byvoorbeeld, na onafhanklikheid, Afrikaans as verpligte vak afgeskaf het -
en na etlike jare weer ingestel, toe hulle vind dat hul burgers minder
kompeterend is in die arbeidsmark. Ek herinner my ook berigte, dat, selfs
vandag nog, meer as 90% van swart leerlinge beide Afrikaans en Engels as
matriekvakke aanbied.

c) Dit is ook so dat baie "blanke" leerlinge wel swart tale op skool geleer
het - in die 70-80erjare het dit selfs, so ver ek weet, verpligtend geword
om ten minste een swart taal vir etlike jare te neem.

d) Die huidige regering se beleid is vir my interessant: Kinders moet twee
(_enige_ twee) van die elf ampstale leer, sowel as 'n derde taal wat nie 'n
ampstaal hoef te wees nie. Ek kan my kind, byvoorbeeld, Afrikaans, Tsonga en
Mandaryns leer.

e) Die huidige regering het iets anders gedoen, wat ek dink uiters dom is.
Hulle het die moontlikheid afgeskaf om 'n Afrikataal op derdetaalvlak vir
matriek aan te bied. Dit kan nou slegs op eerste- of tweedetaalvlak gedoen
word.

f)'n Direkte gevolg van die huidige beleid oor afrikatale, vertel dosente in
Afrikatale my, is dat die getal wit leerders wat Afrikatale neem drasties
gedaal het, beide op skool- en op universiteitsvlak.

g) Dit is miskien ook veelseggend dat, in dieselfde toespraak, V sy beleid
verdedig dat (vir die eerste keer) skole verplig sal word om kinders in hul
eerste vier skooljare in en deur medium van hul moedertale te onderrig. Dit
was in 'n tyd toe lande soos die VSA en Kanada skole en ouers _verbied_ het
om inboorlingkinders deur medium van hul moedertale te onderrig. In
Australië is inboorlingkinders van hul ouers verwyder en in koshuise
grootgemaak om hul inboorlingkultuur af te leer. (In die VSA was daar tot
die dertigerjare state waar skole verbied is om enige ander taal as Engels
te leer, en is daar nog steeds state waar slegs Engels as onderrigtaal
toegelaat word.)

Nee, wat. Ek dink, as mens V se toespraak volledig lees, dat sy probleem in
belangrike mate gegaan het oor (klaarblyklik Engelse) sendingskole wat
geweier het om kinders deur die medium van hul moedertaal te onderrig, of om
Afrikaans as vak aan te bied, en dat dit dus nie vir leerders toeganklik was
nie. (Volgens my ervaring is baie Engelse nogal van oordeel dat dit nie
nodig - of wenslik - is om enige ander taal behalwe Engels te leer nie.)

Engelse imperialiste, wat van oordeel was dat almal as Engelsmannetjies
opgevoed moet word, was natuurlik nie gediend met so 'n beleid nie, en het
dit heftig, veral in die pers, aangeval en allerlei motiewe gesoek buiten
die motiewe wat V self vir sy beleid gegee het. (Dit was die tyd toe die
Natalse pers nog gepraat het van "the English race".)

As jy sou sê dat Verwoerd se taalbeleid vir swart leerlinge nie voldoen aan
al vandag se standaarde van politieke korrektheid nie, sou ek met jou
saamstem. Ek dink egter, eenersyds, dat die betrokke aspek van sy beleid sy
eie tyd nogal ver vooruit was. Andersyds is ek nie oortuig dat alle aspekte
van vandag se politieke korrektheid wel in die beste belang van die kind is
nie.
Re: Ten Slotte [boodskap #27230 is 'n antwoord op boodskap #27015] Ma, 11 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...
> Simon skryf:
>
> ****************************
>
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Ek lei af jy bedoel daar is 'n teenstrydigheid iewers. Bedoel
jy
> daar is
>> teenstrydigheid tussen die twee aangehaalde gedeeltes uit
> dieselfde
>> toespraak, of bedoel jy dat daar teenstrydigheid is tussen die
> toespraak en
>> iets anders?
>>
>> Miskien moet jy duidelik uiteensit wat jy as teenstrydig sien,
> dan kan mens
>> daarna kyk. (En, om Ferdi aan te haal: "Konteks is alles".)
>
> Terwyl jy nou in elk geval deur daardie bokse van jou gaan, kry
> sommer bietjie vir ons die verwysing na die "waarom wiskunde?" toespraak.
>
> Swart Simon
>
> *******************************************
>
> Hoekom sou ek?

Omdat jy beweer het dat jy 'n vooraanstaande kenner op die gebied
is (en veral van die "waarom wiskunde" toespraak waaroor jy Bees
so heftig aangeval het).

Jy wil tog nie hê mense moet tot die gevolgtrekking kom dat jy 'n
"fake" is nie?

> Maar ek lei af dat jy nie in staat is om die aanklag van "Janus" te motiveer
> nie? Nie eers uit die aanhalings wat jy self gekies het nie?
>
> Miskien het jy dan bietjie verder gelees in die 1954-toespraak. En
> agtergekom jy gaan op jou neus kyk as jy probeer om te toon dat dit die
> toespraak van 'n tweegesig is.
>
> Dit volg natuurlik, uit die twee moontlikhede wat jy voorsien, dat ons hier
> te doen moet hê met 'n visioen�re toespraak?

Dit lyk my dat jy, in die manier waarop jy die een afleiding na
die ander maak, baie van Verwoerd geleer het. Vat maar die
afleidings wat die groot V maak in die volgende voorbeeld: "Die
ekonomiese struktuur van ons land bring dit natuurlik mee dat die
naturelle in groot getalle hulle lewensonderhoud as werknemers in
diens van blankes moet verdien. Daarom is dit noodsaaklik dat
Bantoeleerlinge van die begin af onderwys in die amptelike tale
ontvang sodat hulle reeds in die laer primôre skool 'n spreek- en
verstaan-vaardigheid daarin opbou." Dis nou wat 'n mens 'n "non
sequitur" noem. Die laaste sin kon netsowel gelees het: "Daarom
is dit noodsaaklik dat blanke leerlinge van die begin af onderwys
in die naturelle-tale ontvang....."

Swart Simon
Re: Ten Slotte [boodskap #27266 is 'n antwoord op boodskap #27015] Di, 12 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...
> Mooi so, Leendert. 'n Baie goeie poging om 'n rookskerm te gooi.
>

Ek lei af dat jy my bespreking van Verwoerd se taalbeleid effektief vind?

> En nog steeds weet ons nie waar om die "waarom wiskunde"
> toespraak te kry nie.

Is _dit_ wat jy wil weet? Hoekom het jy nie gewoon gevra waar mens dit kry
nie?

> Die meester wat beweer dat hy so baie oor
> die saak weet wil nie vir ons sê nie.

Dis nie "die meester" wat die aanhaling gemaak het nie. Dit was Bees. Waarom
vra jy _hom_ nie? Of, beter nog, gaan lees net Bees se oorspronklike bydrae
oor die wiskundekwessie. Hy gee nie net die sekondêre bron aan wat hy
geraadpleeg het nie, maar noem ook die oorspronklike bron - en die verwysing
na die oorspronklike bron is korrek, so ver ek weet.

En ja, Simon: "die meester" sal graag vir jou sê wat hy weet. Jy moet net
leer om mooi te vra as jy sy samewerking wil hê. Dis maar soos met enige
ander mens, weet jy?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Ten Slotte [boodskap #27267 is 'n antwoord op boodskap #27015] Di, 12 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...
> Mooi so, Leendert. 'n Baie goeie poging om 'n rookskerm te gooi.
>

Ek lei af dat jy my bespreking van Verwoerd se taalbeleid effektief vind?

> En nog steeds weet ons nie waar om die "waarom wiskunde"
> toespraak te kry nie.

Is _dit_ wat jy wil weet? Hoekom het jy nie gewoon gevra waar mens dit kry
nie?

> Die meester wat beweer dat hy so baie oor
> die saak weet wil nie vir ons sê nie.

Dis nie "die meester" wat die aanhaling gemaak het nie. Dit was Bees. Waarom
vra jy _hom_ nie? Of, beter nog, gaan lees net Bees se oorspronklike bydrae
oor die wiskundekwessie. Hy gee nie net die sekondêre bron aan wat hy
geraadpleeg het nie, maar noem ook die oorspronklike bron - en die verwysing
na die oorspronklike bron is korrek, so ver ek weet. (Jy sal dit nie in
Pelzer se boek kry nie hoor! - Ek vermoed dis wat jy tans gebruik :-)

En ja, Simon: "die meester" sal graag vir jou sê wat hy weet. Jy moet net
leer om mooi te vra as jy sy samewerking wil hê. Dis maar soos met enige
ander mens, weet jy?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Ten Slotte [boodskap #27306 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Ek lei af dat jy my bespreking van Verwoerd se taalbeleid
effektief vind?

Nee. Maar wel dat jou rookskerms 'n bietjie deursigtig begin
word vir my.

> Dis nie "die meester" wat die aanhaling gemaak het nie. Dit was Bees. Waarom
> vra jy _hom_ nie? Of, beter nog, gaan lees net Bees se oorspronklike bydrae
> oor die wiskundekwessie. Hy gee nie net die sekondêre bron aan wat hy
> geraadpleeg het nie, maar noem ook die oorspronklike bron - en die verwysing
> na die oorspronklike bron is korrek, so ver ek weet.

Ek dink jy is in die war. Niemand hier het nog die bronverwysing
gegee nie.

> En ja, Simon: "die meester" sal graag vir jou sê wat hy weet. Jy moet net
> leer om mooi te vra as jy sy samewerking wil hê. Dis maar soos met enige
> ander mens, weet jy?

Ja my baas. Askies my baas. Ek vra groot asseblief my baas.

Swart Simon
Re: Ten Slotte [boodskap #27307 is 'n antwoord op boodskap #27015] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Ek lei af dat jy my bespreking van Verwoerd se taalbeleid
> effektief vind?
>
> Nee. Maar wel dat jou rookskerms 'n bietjie deursigtig begin
> word vir my.

Dan kan jy ons seker vertel wat jy agter die "rookskerms" sien?

>
>> Dis nie "die meester" wat die aanhaling gemaak het nie. Dit was
> Bees. Waarom
>> vra jy _hom_ nie? Of, beter nog, gaan lees net Bees se
> oorspronklike bydrae
>> oor die wiskundekwessie. Hy gee nie net die sekondêre bron aan
> wat hy
>> geraadpleeg het nie, maar noem ook die oorspronklike bron - en
> die verwysing
>> na die oorspronklike bron is korrek, so ver ek weet.
>
> Ek dink jy is in die war. Niemand hier het nog die bronverwysing
> gegee nie.

Op 7 September skryf Bees:

*****************************************

Nou ja Leendert :

"What is the use of teaching a bantu child mathematics?" Verwoerd, in 'n
toespraak in die Senaat, Junie 1954. (Bespreek in "The White Tribe of
Africa" deur Harrison, p. 190 en verder.) QED.

******************************************

Pas dit jou nie as bronverwysing nie?

(Nou dat ek dit weer sien: ek dink Harrison se verwysing na die primôre bron
is verkeerd. Webb gebruik 'n ander een :-)

>
>> En ja, Simon: "die meester" sal graag vir jou sê wat hy weet. Jy
> moet net
>> leer om mooi te vra as jy sy samewerking wil hê. Dis maar soos
> met enige
>> ander mens, weet jy?
>
> Ja my baas. Askies my baas. Ek vra groot asseblief my baas.

OK, probeer Verwoerd se toespraak in die tweede lesingsdebat oor die
Wetsontwerp op Bantoe-onderwys voor die _Volksraad_ (nie die Senaat nie) op
17 September in 1953 (nie 1954 nie)

Vriendelike groete, Baas.
Vorige onderwerp: toegang tot h/d NG
Volgende onderwerp: Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 06:35:26 MGT 2024