Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Daar is probleme en Probleme
Daar is probleme en Probleme [boodskap #27074] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Doudie skryf:

"Wat weet jy van Kanada se probleme? Weet jy dat daar mense iswat
op mekaar skiet
in die Maritimes op die oomblik?"

Wat is jou punt? Dat Kanada ook probleme het? Alle plekke het
probleme, en almal weet dit.

Om die voorbeeld hierbo aan te vat: Hoeveel mense is dood in die
skietery? (Jy weet ook dat binne 'n dag of twee die FN
vistermanne 'n onderhandelde moratorium aangekondig het.)

Mens kry die idee jy probeer om SA se issues afmaak as niks deur
te sê: "daar is ook (soortgelyke) probleme in ander lande." En
daar is - maar die OMVANG van die probleme is die eintlike saak.
En daar sit jy die pot mis, Gloudina. Jy is of aspris, of jy het
tred verloor met SA en die omvang van sy probleme.

Om jou stelling in konteks te plaas: Kanada is 'n plek is met 1%
inflasie, omtrent 7% werkloosheid, met 'n per kapita inkomste van
C$30,000 per jaar (R125,000). Elke jaar in die laaste vyf jaar is
Kanada aangewys deur die VN as die beste land op aarde, op balans
van baie faktore, om in te woon. Belastingkoerse is relatief hoog
(die marginale koers in Alberta is 46%) maar dit is tree ook eers
in werking by C$62,000 (omtrent R250,000) en mens kry baie
daarvoor - soos mediese dienste en hoogs gesubisideerde onderwys,
tot op universiteitsvlak. Toe ek weg is uit SA was die marginale
koers baie soortgelyk, en het al by omtrent R70,000 in werking
getree. (Wat is dit nou?)

Die "native issues" in Kanada is minimaal in werklikheid. Ek sê
nie daar is nie belangrike dinge om reg te stel nie, maar nie
getalle is aan die regering se kant. (Daar bly meer mense in, sê
maar, Brandfort in die Vrystaat as in die hele Nunuvut wat so
fisies so groot soos SA is.) En daar is baie welaf, ekonomies
aktiewe mense in plekke soos Ontario en Alberta om daarvoor te
betaal.

Nee Doudie, laat mense hulle sê sê. Dit is net eenvoudig nie
geloofwaardig om voor te gee dat SA se probleme nie wesentlik is
net omdat dieselfde probleme (op 'n totaal ander skaal) ook in
plekke soos Kanada voorkom nie. Skaal en omvang is wat sosiale
probleme defenieer, nie die absolute voorkoms al dan nie.

Groete
Bees
Re: Daar is probleme en Probleme [boodskap #27102 is 'n antwoord op boodskap #27074] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Bees wrote:

> Nee Doudie, laat mense hulle sê sê.

Onthou dat ek iemand geantwoord het wat kort gelede in Kanada was,'n
Kanadese vrou getrou het, en nou in SA sit en kyf. Ek het dit teen die
mense wat "Amerika" of "Kanada" sit en ophemel as paradys op aarde,
en oor elke klein dingetjie in SA kla. Onthou die geval van die
oorspronklik
SA vrou wat 'n ruk gelede erens op die prairies vermoor is toe sy gaan
jog
het. Dit het vir my so geruk toe hulle haar pa in Pretoria aanhaal wat
oor
haar dood praat wat in Kanada gebeur het, "a country which has no
crime."

Gloudina
Re: Daar is probleme en Probleme [boodskap #27103 is 'n antwoord op boodskap #27074] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message

Onthou dat ek iemand geantwoord het wat kort gelede in Kanada was,'n
Kanadese vrou getrou het, en nou in SA sit en kyf.

-- Ek neem aan jy praat van my ?

Ek het dit teen die mense wat "Amerika" of "Kanada" sit en ophemel as
paradys op aarde,
en oor elke klein dingetjie in SA kla.

-- Het niemand opgehemel nie, net gese ek is beter af iewers waar ons alby
kan werk. So, as my of my familie se regte ingeperk word deur Staat dan is
dit 'n klein dingetjie....wat as iemand vir jou se jy mag nie werk nie op
grond van wie jy getroud is....

Francois de Wet
Vorige onderwerp: Kan Afrika opstaan?
Volgende onderwerp: BVS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 21:19:24 MGT 2024