Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Selfs Beeld
Selfs Beeld [boodskap #26950] Vr, 01 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Interessant dat Beeld suggereer dat 'n ANC-minister verder gaan in sy
optrede teen persvryheid as wat PW Botha gedoen het.

En PW is nie eens deur 'n grondwet soos ons s'n aan bande gelê nie!

Hoofberig in Beeld 25 September:

Gebeure die afgelope paar dae noop Beeld om die soort kommentaar te lewer
wat ons gehoop het nie gou weer nodig sou wees nie. Die optrede vandeesweek
in die parlement deur mnr. Mosiuoa "Terror" Lekota, minister van
verdediging, waarin hy onder meer Beeld van onverantwoordelike verslaggewing
oor die Tempe-slagting gekritiseer het, en sy ongenooide besoek aan Die
Volksblad daarna, verdien kommentaar.

Lekota se aanval op die media was uit pas met die tragiese gebeure by 1 SA
Infanteriebataljon. Almal wat die belange van die weermag en die land op die
hart dra, wou sien dat die minister en die leierskorps van die weermag hulle
toespits op die tragedie en die spanning wat dit in weermag-geledere
veroorsaak het. Die minister het dit meer gepas geag om die boodskapper van
die slegte tyding (dat daar rassespanning by 1 SAI is) trompop te loop.

Sy galbrakery het herinner aan die "lunsriem"-dae van oudpres. P.W. Botha.
Maar selfs Botha het nie so ver gegaan om 'n koerantredakteur, ondersteun
deur 'n groep militêre offisiere, fisiek in sy kantoor te gaan konfronteer
nie.

Of die minister dit so bedoel het of nie, sy optrede grens aan intimidasie.
Watter voorbeeld stel hy deur sulke optrede aan mindere politici en
offisiere wat dalk al lankal die begeerte het om koerantverslaggewers op
minder subtiele maniere te intimideer om stil te bly?
Re: Selfs Beeld [boodskap #26951 is 'n antwoord op boodskap #26950] Vr, 01 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hoeveel kabinet ministers het jy nodig om 'n gloeilamp te verander ?

Francois

Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Interessant dat Beeld suggereer dat 'n ANC-minister verder gaan in sy
> optrede teen persvryheid as wat PW Botha gedoen het.
>
> En PW is nie eens deur 'n grondwet soos ons s'n aan bande gelê nie!
>
> Hoofberig in Beeld 25 September:
>
>
> Gebeure die afgelope paar dae noop Beeld om die soort kommentaar te lewer
> wat ons gehoop het nie gou weer nodig sou wees nie. Die optrede vandeesweek
> in die parlement deur mnr. Mosiuoa "Terror" Lekota, minister van
> verdediging, waarin hy onder meer Beeld van onverantwoordelike verslaggewing
> oor die Tempe-slagting gekritiseer het, en sy ongenooide besoek aan Die
> Volksblad daarna, verdien kommentaar.
>
> Lekota se aanval op die media was uit pas met die tragiese gebeure by 1 SA
> Infanteriebataljon. Almal wat die belange van die weermag en die land op die
> hart dra, wou sien dat die minister en die leierskorps van die weermag hulle
> toespits op die tragedie en die spanning wat dit in weermag-geledere
> veroorsaak het. Die minister het dit meer gepas geag om die boodskapper van
> die slegte tyding (dat daar rassespanning by 1 SAI is) trompop te loop.
>
> Sy galbrakery het herinner aan die "lunsriem"-dae van oudpres. P.W. Botha.
> Maar selfs Botha het nie so ver gegaan om 'n koerantredakteur, ondersteun
> deur 'n groep militêre offisiere, fisiek in sy kantoor te gaan konfronteer
> nie.
>
> Of die minister dit so bedoel het of nie, sy optrede grens aan intimidasie.
> Watter voorbeeld stel hy deur sulke optrede aan mindere politici en
> offisiere wat dalk al lankal die begeerte het om koerantverslaggewers op
> minder subtiele maniere te intimideer om stil te bly?
>
Re: Selfs Beeld [boodskap #26966 is 'n antwoord op boodskap #26950] Sa, 02 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Watter gloeilamp? Die een wat nie meer die lieglig laat skyn nie, of die
een wat die waarheid wil laat skyn?

Onthou: Die Neus van Mpumalanga lieg/jok/verkondig 'n onwaarheid nog
lekker..

(Skrap wat nie van toepassing is nie!)

Vir Gloudina: Mpumalanga is nou dit wat eers die Oos-Transvaal was. Nou't
dit lekkerlieg-land geword!
OKOK ek terg net!
Francois de Wet wrote in message ...
> Hoeveel kabinet ministers het jy nodig om 'n gloeilamp te verander ?
>
Vorige onderwerp: The Paradox of our Time
Volgende onderwerp: Persverklaring: Palet Roadshow
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:19:49 MGT 2024