Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » vakansiedae
vakansiedae [boodskap #26881] Di, 28 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
PAT skryf

> Julie, ek voel ook soos jy met betrekking tot Thanksgiving en
> die ander Amerikaanse vakansies. Ek voel vere.

PAT, daar kan ek nounie met jou en Julie saamstem nie. Ons het gister
hier in Westelike Austali� heerlik terug gesit en die Queen se
birthday gevier. Met 'n hele paar goeie "pints." Heerlik !!!

Ek is nou hoeka bekommerd dat ons dalk van aanstaande jaar af nie meer
die vakansie daggie gaan hê nie, want daar word eersdaags in 'n
referendum gestem of Australië nou 'n republiek moet word of nie. Die
meeste Aussies voel vere vir ou Liesbet, en die enigste staat wat nog
die ou dier se birthday vier is WA. Daar is darem die moontlikheid
van 'n troos dat die Aussies dan maar sal besluit om Republiek dag te
vier :-)

Alwyn - uit Perth
Re: vakansiedae [boodskap #26963 is 'n antwoord op boodskap #26881] Sa, 02 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jare terug, toe ons nog elke 31 Mei as DIE dag des jaars 'gevier' het, het
my pa altyd gesê: O sêne kinders! Vedag is nou weer die dag van 'Hys die
vlag en tel die helde' maar wanneer hys hulle dan tog die helde en tel dan
die vlag!

Sal seker maar soiets daar in WA moet probeer doen. Drink a pint and salute
the queen! Ten minste kan jy darem nog jou pint geniet!
Thys vannie 'Bos waar student dit nog in Afrikaans kan doen!

(Wie kan nog onthou van die ossewa wat in die Neelsie gestaan het, en waar
'n matie en sy meisie glo na bewering 'n knypie gevang het? Was hier in
1989-90 daar rond?
Toe maak 'n ou geld uit 'n bufferplakker: "Maties do it in the ossewa!")

>> Die perthiaanse Aloe Australiensis het elektronies gedrup:

> meeste Aussies voel vere vir ou Liesbet, en die enigste staat wat nog
> die ou dier se birthday vier is WA. Daar is darem die moontlikheid
> van 'n troos dat die Aussies dan maar sal besluit om Republiek dag te
> vier :-)
>
> Alwyn - uit Perth
Vorige onderwerp: Afrikaans en het nederlands
Volgende onderwerp: The Paradox of our Time
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 01:12:25 MGT 2024