Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikaanse teater: het dit nog bestaansreg ?
Re: Afrikaanse teater: het dit nog bestaansreg ? [boodskap #26587] Di, 21 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Aan Skoert Mannetjie,

Vir so 'n standpunt kan ek respek he^. Dit gaan tog oor Afrikaans, 'n taal wat
ons albei lief het, en nie oor my persoonlike tekortkominge nie. Ek aanvaar jou
punt oor "huidiglik," ek het nooit geweet dat dit nie 'n Afrikaanse woord is
nie.

Iemand het my ook egter vertel dat Afrikaans 'n lewende of 'n oop taal is. As
woorde soos "pavement" vir sypaadjie gebruik kan word en "boks" vir kartondoos,
dan kan "huidiglik" ook seker aanvaarding kry. Die taal word tog gevorm in die
mond van gebruikers en nie deur een of ander universiteit of komitee uit de oude
doos wat bepaal hoe ek mag praat en skryf nie. As 'n woord iemand pla, moet dit
nie gebruik nie, maar moet nie aan andere voorskryf nie.

Afrikaans groei tog en sluit so nou en dan nuwe woorde in wat nie vir almal
aanvaarbaar is nie. Dink maar toe TV in die sewentigs begin het was daar
"televisie" en "beeldradio." Laasgenoemde het verdwyn terwyl "Tie-Vie" gekom
het. Ek kan onthou dat as kind ek moes deurloop oor die gebruik van "omdat"
wanneer ek eintlik "opdat" bedoel het. Deesdae kom 'n mens nie meer "opdat" tee
nie en is "omdat" alom aanvaar as korrekte Afrikaans.

Nes jy is Afrikaans ook my meisie. Jy en jou meisie hou van jou manier, terwyl
ek en my meisie van my manier hou! Dit maak nie een van ons twee verkeerd nie.

So van die fynere punte van Afrikaans gepraat, kan iemand miskien verduidelik
wat die verskil is tussen "gure weer" en "ongure weer?" Wanneer is die weer nou
sleg en wanneer is dit nou mooi weer?

Cyber Sakkie

In article , skoer...@spam.net says...
>
> On 21 Sep 1999 06:42:20 -0700, Cyber Sakkie
> wrote:
>
>> Ag Skoert Mannetjie,
>>
>> Sie seunie, maar iemand moes in jou pap gepieps het vanoggend. Jy's vir die
>> hele wereld kwaad. Dink nou maar die die onskuldige gebruik van 'n enkele woord
>> hierdie tirade van jou uitlok. As jy so reageer klink dit vir my nie net of jy
>> 'n skroef los het nie, maar of die skroefie sommer lankal verloor het. Kalmeer
>> seun, niemand is kwaad vir jou nie! Diep asem, diep asem en rustig wees!
>
> Inderdaad. Iemand het op 'n keer geskryf dat sy meisie Afrikaans is.
> En ons hou nie daarvan dat ons meisie huidiglik verkrag word nie.
Re: Afrikaanse teater: het dit nog bestaansreg ? [boodskap #26741 is 'n antwoord op boodskap #26587] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Cyber Sakkie wrote:

> ... wat die verskil is tussen "gure weer" en "ongure weer?"

Geen verskil nie. Na my wete is dit een van daai snaakse taalverskynsels. Hierdie
woord en sy teenoorgestelde beteken albei "slegte (weer)". Daar is nog sulke woorde,
maar my geheue laat my in die steek. Dalk kan iemand anders help.
Vorige onderwerp: Afrikaanse teater: het dit huidiglik bestaansreg ?
Volgende onderwerp: Nuus Groep Droog op
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 19:25:20 MGT 2024