Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kan Afrika opstaan?
Kan Afrika opstaan? [boodskap #26487] Ma, 20 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien die volgende artikel in Beeld en toe kom die vraag by my op: As die
wereld se "paradigm" nie verander nie, gaan dit nie Afrika se ondergeskiktheid
voortsit nie. Al is dit 'n VN verteenwoordiger wat hierdie gesê het, tower dit
die prentjie op van Afrika wat bakhand staan by industriele lande.

Voorsien iemand 'n dag wat Afrika lande neus in die lug sal kan loop met
inwoners wat goed gevoed is en meesal werk het en goeie opvoeding en mediese
dienste? Hoe sou 'n mens prakties begin om so iets te bewerkstellig.

Ek wil graag positiewe reaksie hoor. Kom ons verbeel ons elke ou kan een
voorstel maak, hoe absurd ook al, wat sal waar word, wat sal julle voorstel
Afrika lande moet doen om onafhanklik te raak?

************************************************************ ******

'Krisis kom in Afrika'
Tienie Fourie


Afrika word deur 'n menslike tragedie van ongekende afmetings in die gesig
gestaar en duisende vlugtelinge kan weens hongersnood sterf tensy die
internasionale gemeenskap vinnig 'n plan beraam.

Dié waarskuwing is gister in Pretoria deur mnr. Soren Jessen-Petersen,
assistent- hoë kommissaris van die Verenigde Nasies (VN) se hoë kommissariaat
vir vlugtelinge (VNHV) in Genève, Switserland, gerig. Hy is in Suid-Afrika om
die vlugtelingkrisis in Afrika met die regering te bespreek.

Hy het gesê die feit dat die internasionale gemeenskap Afrika veral sedert die
begin van die jaar vergeet het, lei daartoe dat duisende vlugtelinge op dié
vasteland binnekort sonder kos en skuiling gaan sit.

Tans is daar sowat 7 miljoen vlugtelinge wat veral van die konflikte in die
Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en in Angola vlug.

Die res van die wêreld het egter om veral drie redes van Afrika vergeet. Die
eerste is dat Afrika ná die beëindiging van die Koue Oorlog baie van sy
strategiese waarde verloor het. Die tweede is dat die algemene gevoel posgevat
het dat Afrika meer kan doen om sy eie probleme op te los. Laastens is dit
deesdae moeilik om die Westerse media g'nteresseerd in Afrika te kry.

Die VNHV bestee jaarliks sowat $300 miljoen (sowat R1,8 miljard) in Afrika. Hy
het nie meer nie, aangesien die geldkrane van die Weste nou op Kosowo en ander
gebiede gerig is.

"Dit is 'n uiters ernstige situasie. Daar moet dringend iets aan gedoen word,"
het Jessen-Petersen gewaarsku.

Volgens hom is die VN "heeltemal magteloos" in Angola en loop duisende Angolese
gevaar om te verhonger of op ander maniere in die burgeroorlog om te kom.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26488 is 'n antwoord op boodskap #26487] Ma, 20 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca wrote:
> Johan wrote:
>> Maar nog steeds vra ek: sal daar ooit 'n punt kom waar Afrika ophou agtertoe
>> kyk na wie hom iets skuld en begin om op sy eie bene te staan?
> Hier is Johan in al sy volle glorie weer op die
> "Afrika"- perd. Noudat jyin die VSA
> bly, hoekom analiseer jy nie liewer die situasie in
> die VSA
> nie.
> Gloudina

Volg outeur se deelname in soc.culture.south-africa.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26489 is 'n antwoord op boodskap #26487] Ma, 20 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 20 Sep 1999 19:22:03 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Hier is Johan in al sy volle glorie weer op die "Afrika"- perd.

Hou op verdag maak - ek is eerlik besig om bespreking hieroor te vra - of het jy
nie opinie nie of is jy skaam vir jou opinie oor hierdie aangeleenthede? As jy
nie opinie het nie, bly dan net stil...dan kan die res van ons dit bespreek.

Ek dink nie die onderwerp wat ek aangeroer het, is onvanpas vir die nuusgroep
nie.

En ek het 'n idee ek en jy stem nogal saam oor hierdie een, maar of jy dit ooit
sal erken, weet ek nie. Ek dink 'n klein deeltjie van Afrika se
ondergeskiktheid kom van die houdings van die wit en swart mense van die wereld
af. Praat 'n wit ou soos die een wat ek hierbo aangehaal het, is dit met so 'n
paternalistiese houding. Praat Mbeki oor Amerika, is dit oor "Aid" wat Amerika
moet gee, instede van om te praat oor "how America can benefit from dealing with
South Africa".

| Noudat jy in die VSA
|bly, hoekom analiseer jy nie liewer die situasie in die VSA
|nie.
|
Ons kan dit ook doen, maar ons het ten minste almal Afrika in gemeen, terwyl nie
almal op die nuusgroep ondervinding van Amerika het nie.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26543 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 1999 08:27:57 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

|Kom "ons" begin deur op te hou om "ons" te verbeel dat "ons" as Westerlinge
|die vermoë - of die reg - het om effektiewe "voorstelle" aan Afrikalande te
|maak. "Ons" doen dit al meer as honderd jaar, met kennelike gebrek aan
|sukses.
|
Ahh, Leendert, dis waarvan ek gepraat het en hoekom ek nie van "ons" gepraat het
nie. Dis daardie paternalistiese houding van die weste teenoor "hulle" in
Afrika. En meeste van ons is skuldig daaraan.

Met die res sê jy vir my mens moet nie vanuit 'n westerse verwysingsraamwerk
dinge in Afrika probeer verbeter of beinvloed om verbeter te word nie? Dalk is
selfs die woord "verbeter" op sy eie paternalisties...?
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26544 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 1999 10:05:21 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

|Ja. Thabo Mbeki.
|Dis die essensie van sy Afrika Renaissance idee.
|
|Dat niemand Afrika gaan kom help nie. Dat ons onsself moet help. En
|dat die eerste bousteen demokrasie is.
|
Dis nou baie smart, maar is jy baie seker Thabo bedel nie....?
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26545 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kan Afrika opstaan ? Nie sonder krukke nie......
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26546 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> Francois de Wet wrote:
>> Ek het onlangs in 'n Britse koerant gelees dat
> Verwoerd die enigste een was
>> wat 'n Miljoen huise belowe het en dit eintlik laat
> bou het. Wonder hoe die
>> huidige bewind doen ?
> Ja, in die kaal haai vlaktes, waar die kranse antwoord
> gee
> Tant Hessie se witperd.

Nee. In Soweto - Attridgeville - Mamelodi - Guguletho -
Langa.

Die Anti se perd is blind, nogal.

Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26547 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
>
> Maar nog steeds vra ek: sal daar ooit 'n punt kom waar Afrika ophou agtertoe
> kyk na wie hom iets skuld en begin om op sy eie bene te staan?

Hmmmm......

Miskien moet Afrika by die Jode gaan leer hoe om op te hou agtertoe kyk na
wie hom iets skuld?
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26548 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Thabo is dan al weer met sy bak hande in Amerika. Het gaan vra vir die ou
skuld om geskrap te word.

> Dat niemand Afrika gaan kom help nie. Dat ons onsself moet help. En
> dat die eerste bousteen demokrasie is.
>
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26549 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> Ek sien die volgende artikel in Beeld en toe kom die vraag by my op: As die
> wereld se "paradigm" nie verander nie, gaan dit nie Afrika se ondergeskiktheid
> voortsit nie. Al is dit 'n VN verteenwoordiger wat hierdie gesê het, tower dit
> die prentjie op van Afrika wat bakhand staan by industriele lande.
>
> Voorsien iemand 'n dag wat Afrika lande neus in die lug sal kan loop met
> inwoners wat goed gevoed is en meesal werk het en goeie opvoeding en mediese
> dienste? Hoe sou 'n mens prakties begin om so iets te bewerkstellig.

Hmmm......

Soos wat mens "prakties" begin met Joego-Slawië, Oos-Duitsland, Rusland -
almal maar lekker bakhand?

>
> Ek wil graag positiewe reaksie hoor. Kom ons verbeel ons elke ou kan een
> voorstel maak, hoe absurd ook al, wat sal waar word, wat sal julle voorstel
> Afrika lande moet doen om onafhanklik te raak?
>

Kom "ons" begin deur op te hou om "ons" te verbeel dat "ons" as Westerlinge
die vermoë - of die reg - het om effektiewe "voorstelle" aan Afrikalande te
maak. "Ons" doen dit al meer as honderd jaar, met kennelike gebrek aan
sukses.

(Snaaks - 'n ou met die naam "Verwoerd" het amper vytig jaar gelede al gesê
wat ek hierbo skryf. Wonder wat het van hom geword, nou dat dit die politiek
korrekte ding is om te sê?)
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26550 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Kom "ons" begin deur op te hou om "ons" te verbeel dat "ons" as Westerlinge
> die vermoë - of die reg - het om effektiewe "voorstelle" aan Afrikalande te
> maak. "Ons" doen dit al meer as honderd jaar, met kennelike gebrek aan
> sukses.
>
> (Snaaks - 'n ou met die naam "Verwoerd" het amper vytig jaar gelede al gesê
> wat ek hierbo skryf. Wonder wat het van hom geword, nou dat dit die politiek
> korrekte ding is om te sê?)

Ja, en toe gaan dieselfde ou Verwoerd oor om die grootste ramifikasie
vanonderdrukking te skep wat die wereld lanklaas gesien het. Leendert, ek het
dit ondervind. Toe sy lakeie by Adams College instap (hordes van wit
Transvalers wat swart onderwysers verplaas), toe moet wit en swart aan
verskillende kante van die saal staan by godsdiens in die oggend, en moet
die kinders twee vakke in Afrikaans begin doen.

Gloudina
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26551 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 20 Sep 1999 14:55:59 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

wereld se "paradigm" nie verander nie, gaan dit nie Afrika se ondergeskiktheid[/color]
> voortsit nie. Al is dit 'n VN verteenwoordiger wat hierdie gesê het, tower dit
> die prentjie op van Afrika wat bakhand staan by industriele lande.
>
> Voorsien iemand 'n dag wat Afrika lande neus in die lug sal kan loop met
> inwoners wat goed gevoed is en meesal werk het en goeie opvoeding en mediese
> dienste? Hoe sou 'n mens prakties begin om so iets te bewerkstellig.>>

Ja. Thabo Mbeki.
Dis die essensie van sy Afrika Renaissance idee.

Dat niemand Afrika gaan kom help nie. Dat ons onsself moet help. En
dat die eerste bousteen demokrasie is.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26552 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n paar stukkies Verwoerd memorabilia vir jou - stel jy belang.
Onder andere 'n paar 8mm films van sy dood en begrafnis.
>
> (Snaaks - 'n ou met die naam "Verwoerd" het amper vytig jaar gelede al gesê
> wat ek hierbo skryf. Wonder wat het van hom geword, nou dat dit die politiek
> korrekte ding is om te sê?)
>
Ek het onlangs in 'n Britse koerant gelees dat Verwoerd die enigste een was
wat 'n Miljoen huise belowe het en dit eintlik laat bou het. Wonder hoe die
huidige bewind doen ?
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26553 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...



Tut....tut....tut....

Die Koue Oorlog het nie op Angolese bodem begin nie, Gloudina, en in Angola
was die oorlog geensins koud nie.

En dink jy Kanada was rein van hand in die Koue Oorlog?
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26554 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
>
> Op die oomblik verkoop Angola baie diamante aan Amerika - wat word van die geld?
> Wanneer laas was iemand in Angola wat ons bietjie meer kan vertel?
>

Probeer gerus die Weekly/Daily Mail & Guardian se webwerf by www.mg.co.za. Hulle
het gereeld goeie en in diepte artikels oor Angola en die Kongo. Hulle argief
strek terug tot in 1996 en hulle elektroniese kruisverwysings ("links") binne
artikels is handig en op datum.

Cyber Sakkie
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26555 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Ek het onlangs in 'n Britse koerant gelees dat Verwoerd die enigste een was
> wat 'n Miljoen huise belowe het en dit eintlik laat bou het. Wonder hoe die
> huidige bewind doen ?

Ja, in die kaal haai vlaktes, waar die kranse antwoord gee

Tant Hessie se witperd.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26556 is 'n antwoord op boodskap #26487] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Sep 1999 01:43:02 -0700, Cyber Sakkie wrote:

|>
|>Op die oomblik verkoop Angola baie diamante aan Amerika - wat word van die geld?
|>Wanneer laas was iemand in Angola wat ons bietjie meer kan vertel?
|>
|
|Probeer gerus die Weekly/Daily Mail & Guardian se webwerf by www.mg.co.za. Hulle
|het gereeld goeie en in diepte artikels oor Angola en die Kongo. Hulle argief
|strek terug tot in 1996 en hulle elektroniese kruisverwysings ("links") binne
|artikels is handig en op datum.
|
Dankie, ek sit nou net met 'n dilema - ek wil dir website deurgee aan die ou
omie wat vir my van die diamante vertel het (sy seun is vlieënier daar vir die
diamant maatskappy). Toe gaan kyk ek op die website en sien 'n berig oor Mbeki
se toespraak voor die VN wat 'n baie goeie beeld van Mbeki en SA gee en direk
daaronder is 'n ander berig van ANC lede wat 'n IVP ou vermoor het en sy hart
opgeëet het.

Wel, die ou omie moet nou maar goeie en slegte berigte oor die land lees.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26617 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Simon van der Schans wrote:

> J
>
> Hierdie vraag impliseer dat die inwoners van die land waar die
> vraesteller woon, die VSA, "goed gevoed is en meesal werk het en
> goeie opvoeding en mediese dienste" geniet. As 'n mens aanneem
> dat dit wel so is, dan wil ek die vraag met 'n vraag beantwoord.
> Dit klink soos 'n ander vraag is, maar is eintlik dieselfde
> vraag. Die vraag is:
>
> Hoe lank gaan hierdie toestande in die VSA duur? 'n Duisend
> jaar? Vir ewig?
>
> Swart Simon

Die sad ding is, Simon, dat groot gedeeltes van die VSA en diebevolking
daar in dieselfde armoede lewe as die slegste dele
van Afrika. Het jy al tussen JFK en Manhattan gery en sekere
dele van Long Island gesien. Het jy al die meestal swart woon-
buurtes in New Jersey gesien. Het jy al dele van California
gesien. As Johan aan die VSA dink, dink hy net aan wit middel-
klas woonbuurtes. Die ander tel nie.

Gloudina
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26618 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>> En dis nou interessant: Jy sê dis lank voor Treurnicht dat swart kinders
>> "gedwing" is om sommige vakke deur medium van Afrikaans te doen? '76 se
>> opstande het dus gladnie daaroor gegaan nie?
>
> en 'n dawerende stilte sak toe ..

Nee, Lou. Ek het op 'n ander plek geantwoord. Jaap Strydom het ditop Adams
College (verdoop Amanzimtoti High School, ens.) uitprobeer,
toe dit nog nie algemene beleid was in die departement nie. Hy het
werksboeke geskryf, dit op die skool se equipment afgerol, en dit
dan aan die studente vir profyt verkoop. In 1976 was hy in bevel
van dinge in Soweto. Hy wou seker toe weer dieselfde doen.
The rest is history.

Gloudina

> .
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26619 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
OK

>
> Die term "bakhand" is dus nie van toepassing nie, vir sover dit suggereer
> dat hy iets vir homself (sy eie land) vra.
>
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26620 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Francois de Wet wrote in message ...
> Kan Afrika opstaan ? Nie sonder krukke nie......
>

Finansiële hulp in die vorm van 'n omsigtige afskryf van skuld is so 'n
kruk.

"Krukke" van hierdie aard is nie onbekend in die geskiedenis nie. Die mees
omvattende voorbeeld van so 'n "kruk"is miskien die Marshall-plan waarmee
Europa op die been gebring is.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26621 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> En dis nou interessant: Jy sê dis lank voor Treurnicht dat swart kinders
> "gedwing" is om sommige vakke deur medium van Afrikaans te doen? '76 se
> opstande het dus gladnie daaroor gegaan nie?

Ja, sien ou Leendert, Jaap Strydom is toe net op 28 jarige leeftyd bevorder
totdie hoof van Adams College (oor beter en ouer kandidate) (volgens die
grapevine
omdat sy vrou dogter was van iemand in die upper echelons van Bantoe-Onderwys)
en hy besluit toe, lank voor 1976, om sy planne op Adams uit te traai. Teen 1976

was hy in bevel in Soweto. The rest is history.

Gloudina
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26622 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Die antie laaik van ry met die oogklappe aan !

>>> Ek het onlangs in 'n Britse koerant gelees dat
>> Verwoerd die enigste een was
>>> wat 'n Miljoen huise belowe het en dit eintlik laat
>> bou het. Wonder hoe die
>>> huidige bewind doen ?
>> Ja, in die kaal haai vlaktes, waar die kranse antwoord
>> gee
>> Tant Hessie se witperd.
>
> Nee. In Soweto - Attridgeville - Mamelodi - Guguletho -
> Langa.
>
> Die Anti se perd is blind, nogal.
>
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26623 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...

> Voorsien iemand 'n dag wat Afrika lande neus in die lug sal kan loop met
> inwoners wat goed gevoed is en meesal werk het en goeie opvoeding en mediese
> dienste?

Hierdie vraag impliseer dat die inwoners van die land waar die
vraesteller woon, die VSA, "goed gevoed is en meesal werk het en
goeie opvoeding en mediese dienste" geniet. As 'n mens aanneem
dat dit wel so is, dan wil ek die vraag met 'n vraag beantwoord.
Dit klink soos 'n ander vraag is, maar is eintlik dieselfde
vraag. Die vraag is:

Hoe lank gaan hierdie toestande in die VSA duur? 'n Duisend
jaar? Vir ewig?

Swart Simon
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26624 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil so graag dat 'n land se ekonomiese sukses nie gemeet word aan hoeveel
miljoeners daardie land produseer nie, maar liewer aan hoe min armes daardie
land het. Na aanleiding van so 'n herdefinisie vergelyk die vsa maar sleg in
vergelyking met ander lande soos japan of swede.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26625 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:
>
> En dis nou interessant: Jy sê dis lank voor Treurnicht dat swart kinders
> "gedwing" is om sommige vakke deur medium van Afrikaans te doen? '76 se
> opstande het dus gladnie daaroor gegaan nie?

en 'n dawerende stilte sak toe ...
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26626 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Francois de Wet wrote in message ...
> Ek het 'n paar stukkies Verwoerd memorabilia vir jou - stel jy belang.
> Onder andere 'n paar 8mm films van sy dood en begrafnis.

Dankie Francois, maar ten spyte van wat Gloudina so gereeld sê, is ek geen
Verwoerd-groupie nie.

Ek vervies my bloot wanneer mense uit onkunde (soos Bees) of doelbewus (soos
Gloudina) onwaarhede verkondig met die doel om Afrikaners dom of boos te
laat lyk. En baie van die onwaarhede hou verband met Verwoerd se beleid,
uitsprake en dade. Die onwaarhede word gewoonlik so gekies om dit te laat
lyk asof slegs besonder dom of boosaardige mense vir die destydse regering
(voor my tyd, let wel) sou gestem het. Dit sluit dan die meerderheid
Afrikaners in.

Daar is 'n museum op Orania met 'n groeiende Verwoerd-versameling
(insluitende die bebloede pak wat hy met sy dood gedra het - moet heel
grillerig wees). Ek het nie die museum gesien nie, maar hulle sal miskien
belangstel in sulke materiaal.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26627 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...

**********************

Ja, en toe gaan dieselfde ou Verwoerd oor om die grootste ramifikasie
vanonderdrukking te skep wat die wereld lanklaas gesien het. Leendert, ek
het
dit ondervind. Toe sy lakeie by Adams College instap (hordes van wit
Transvalers wat swart onderwysers verplaas), toe moet wit en swart aan
verskillende kante van die saal staan by godsdiens in die oggend, en moet
die kinders twee vakke in Afrikaans begin doen.

***********************************

Baie sot ding, die ding van kinders aan verskillende kante van die saal te
laat staan op grond van hul velkleur.

Amper net so sot as om hulle in groepe te laat staan op grond van hul
ouderdom en intellektuele vermoë. (Onder die nuwe regime mag kinders _slegs_
volgens ouderdom in grade geplaas word. As hulle nie op die bepaalde vlak
kan funksioneer nie, moet hulle sou gou as moontlik "geremidieer" word (op
of af) om in die bose boksie te pas.

En dis nou interessant: Jy sê dis lank voor Treurnicht dat swart kinders
"gedwing" is om sommige vakke deur medium van Afrikaans te doen? '76 se
opstande het dus gladnie daaroor gegaan nie?
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26628 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 1999 21:17:19 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:

|Hierdie vraag impliseer dat die inwoners van die land waar die
|vraesteller woon, die VSA, "goed gevoed is en meesal werk het en
|goeie opvoeding en mediese dienste" geniet.

Simon, dis ek, Johan! Jy hoef nie so kripties na die "vraesteller" te verwys
nie!

| As 'n mens aanneem
|dat dit wel so is,

...wat dit nie is nie.....

| dan wil ek die vraag met 'n vraag beantwoord.
|Dit klink soos 'n ander vraag is, maar is eintlik dieselfde
|vraag. Die vraag is:
|
|Hoe lank gaan hierdie toestande in die VSA duur? 'n Duisend
|jaar? Vir ewig?
|
Had ons maar geweet!?!

Kan jy nie net probeer 'n antwoord vir die oorspronklike vraag gee nie!??
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26629 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
> Is dit Gloudina wat sê:
>
> .........moet die kinders twee vakke in Afrikaans begin doen.
>
>
> ***********************************
> Is dit Leendert wat sê:
>
> En dis nou interessant: Jy sê dis lank voor Treurnicht dat swart kinders
> "gedwing" is om sommige vakke deur medium van Afrikaans te doen? '76 se
> opstande het dus gladnie daaroor gegaan nie?
>
>

Nee, dis eers in '76 wat dit tot onluste / opstand / DIY rewolusie oorgegaan het
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26630 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit het gewerk want hulle het die wil gehad om op te staan !
>
> "Krukke" van hierdie aard is nie onbekend in die geskiedenis nie. Die mees
> omvattende voorbeeld van so 'n "kruk"is miskien die Marshall-plan waarmee
> Europa op die been gebring is.
>
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26631 is 'n antwoord op boodskap #26487] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Francois de Wet wrote in message ...
> Thabo is dan al weer met sy bak hande in Amerika. Het gaan vra vir die ou
> skuld om geskrap te word.
>
>

Dit is waar. Maar onthou, hy vra dit vir ander Afrikalande.

Suid-Afrika kom nie in aanmerking nie, omdat die skuld wat hy het,
hoofsaaklik binnelands is.

Die term "bakhand" is dus nie van toepassing nie, vir sover dit suggereer
dat hy iets vir homself (sy eie land) vra.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26709 is 'n antwoord op boodskap #26487] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie de Villiers  is tans af-lyn  Tobie de Villiers
Boodskappe: 50
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
PW Botha se tyd, middel 80's
--
************************************************************ **
Birdpersons visit this site: http://www.parrotline.org/
************************************************************ **
My free flying parrots:
http://albums.photopoint.com/j/AlbumList?u=66404&Auth=fa lse
************************************************************ **

Samuel Murray wrote in message ...
> was dit nie 'n miljoen toilette nie? of was dit De Klerk gewees?
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26710 is 'n antwoord op boodskap #26487] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Ek moet se dat ek nog nooit 'n Amerikaner gesien het wat lyk soos 'n
> Ethiopier nie. Die enigste maergatte is die wat jy op die TV sien.
>
>

Wel, ou Francois, ek dink nie die Ethiopiers wil lyk soos die
Amerikaners nie. Die meeste Ethiopiers wat ek deesdae sien,
is die ouens wat langafstand-hardloop in die Marathons en
ander wedstryde (mans en vrouens) - en hulle wen gewoonlik

Gloudina
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26711 is 'n antwoord op boodskap #26487] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>> A>en hy besluit toe, lank voor 1976, om sy planne op
> Adams uit te
>>> traai.
>>
>> Was hy gemagtig om so op te tree? Indien hy
> ongemagtig opgetree het, hoe het
>> _jy_ opgetree?
>>
> Hy het vir my voor die personeelvergadering, waar hy
> die invoer
> van die twee vakke in Afrikaans sou aankondig, na sy
> kantoor
> geroep en vir my vertel wat gaan gebeur, en vir my
> beveel om
> nie iets daaroor te sê nie. Hy het aangedui dat
> bespreking
> of beswaar nie sal help nie. Toe hy dit in die
> stafvergadering
> aankondig, het almal net met verslae gesigte gesit. Ek
> het,
> sonder dat ek dit kon help, begin huil. Nou in
> retrospek, is
> ek bly dat ek ten minste so aan my swart kollegas kon
> wys
> wat ek voel daaroor. Ons het eers later uitgevind dat
> geen
> ander skool in Natal Afrikaans ingevoer het nie - hy
> het
> dit bloot op sy eie gedoen.

Ek lei af jy bedoel hy het buite sy magte opgetree.

En, behalwe om 'n paar polities winsgewende trane te stort,
het _jy_ niks daaromtrent gedoen nie.

> Maar toemaar, Jaap Strydom
> op sy manier was verantwoordelik vir die eindelike "val
> van apartheid" en 1994. So kry elke hond sy dag,
> boontjie
> kry sy loontjie. Hy is vroeg in sy lewe aan kanker
> dood,
> maar nie voor 'n seun van hom nog deur die apartheids-
> regime voor die hof gedaag is oor 'n miljoen rand
> swendelary van die Bantoe-Onderwys departement nie.

Jy sê die "apartheidsregime" het swendelaars vervolg? Ek
dag jy't tevore beweer hulle het die land geplunder vir hul
eie voordeel (so geplunder dat Mbeki nou namens ander
Afrikalande kan pleit vir die vergewing van hul skuld, want
SA het nie noemenswaardige skuld wat vergewe kan word nie).

> Dis sulke mense wat die apartheids regime in SA in die
> onderwys ingelok het.

Nou wat moet ons nou dink van die ANC-regime wat oënskynlik
nog meer (of dommer, volgens die Heath-kommissie)
swendelaars lok?

Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26712 is 'n antwoord op boodskap #26487] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...

> Die sad ding is, Simon, dat groot gedeeltes van die VSA en diebevolking
> daar in dieselfde armoede lewe as die slegste dele
> van Afrika. Het jy al tussen JFK en Manhattan gery en sekere
> dele van Long Island gesien. Het jy al die meestal swart woon-
> buurtes in New Jersey gesien. Het jy al dele van California
> gesien.

Jy het nou armoedige dele van die VSA genoem, Gloudina. Dis mooi. Dis
kontroleerbare inligting. Mens kan gaan kyk hoe dit daar gaan, of verslae
daaroor lees.

Maar nou moet jy nog die slegste dele van Afrika identifiseer, sodat mens
daardie inligting ook kan kontroleer.

Anders borrel jy maar net "meaningless abuse" t.o.v. die VSA.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26713 is 'n antwoord op boodskap #26487] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote in message ...
> Ek wil so graag dat 'n land se ekonomiese sukses nie gemeet word aan hoeveel
> miljoeners daardie land produseer nie, maar liewer aan hoe min armes daardie
> land het. Na aanleiding van so 'n herdefinisie vergelyk die vsa maar sleg in
> vergelyking met ander lande soos japan of swede.

Versigtig, Leswin:

Tot in die sewentigerjare het Swede mense wat dalk arm kinders kon hê
gesteriliseer - dis hoe hulle armoede beveg het. Roei die armes uit.

Ek het verneem dat, sedert daardie praktyke gestaak is, die Sweedse
"welsynstaat" nie meer in staat is om so doeltreffed in almal se behoeftes
te voldoen nie.
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26714 is 'n antwoord op boodskap #26487] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit was De Klerk of die ANC gewees, praat jy van die toilette van in die
veld gestaan het ?

Francois

Samuel Murray wrote in message ...
> was dit nie 'n miljoen toilette nie? of was dit De Klerk gewees?
>
> skryf in boodskap news:37E76F00.CF374672@sympatico.ca...
>
>> Francois de Wet wrote:
>
>>> Ek het onlangs in 'n Britse koerant gelees dat Verwoerd die enigste een
> was
>>> wat 'n Miljoen huise belowe het en dit eintlik laat bou het. Wonder hoe
> die
>>> huidige bewind doen ?
>
>> Ja, in die kaal haai vlaktes, waar die kranse antwoord gee
>
>
> Jilll
>
> --
> NB : when I write here, I spell the way I speak,
> but when I translate professionally, I write well.
>
> Samuel Murray (translator and proofreader)
> smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
> http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
> or try my personal page http://ey.to.hey.to/
>
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26715 is 'n antwoord op boodskap #26487] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
En hulle ruil daardie fancy medaljes vir mieliemeel om huistoe te stuur.

Ek het eintlik verwys na die prentjie in my kop van 'n vel en been kereltjie
met opgeblase boeppens vol lug.

Ek dink nie hulle harloop vir die genot nie, maar eerder omdat hulle kan en
dit hulle families se magies vol mieliepittte maak.

Francois

@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> Ek moet se dat ek nog nooit 'n Amerikaner gesien het wat lyk soos 'n
>> Ethiopier nie. Die enigste maergatte is die wat jy op die TV sien.
>>
>
> Wel, ou Francois, ek dink nie die Ethiopiers wil lyk soos die
> Amerikaners nie. Die meeste Ethiopiers wat ek deesdae sien,
> is die ouens wat langafstand-hardloop in die Marathons en
> ander wedstryde (mans en vrouens) - en hulle wen gewoonlik
>
> Gloudina
>
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26716 is 'n antwoord op boodskap #26487] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet se dat ek nog nooit 'n Amerikaner gesien het wat lyk soos 'n
Ethiopier nie. Die enigste maergatte is die wat jy op die TV sien.

McDonalds rule in die VSA.

Francois

Simon van der Schans wrote in message
...
>
> Hierdie vraag impliseer dat die inwoners van die land waar die
> vraesteller woon, die VSA, "goed gevoed is en meesal werk het en
> goeie opvoeding en mediese dienste" geniet. As 'n mens aanneem
> dat dit wel so is, dan wil ek die vraag met 'n vraag beantwoord.
> Dit klink soos 'n ander vraag is, maar is eintlik dieselfde
> vraag. Die vraag is:
>
Vorige onderwerp: Landsreis gehad
Volgende onderwerp: Daar is probleme en Probleme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:26:58 MGT 2024