Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tempe Moorde - die berig spreek vanself
Tempe Moorde - die berig spreek vanself [boodskap #26652] Wo, 22 September 1999 00:00
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Tempe moorde: Regses by basis ondersoek
POLITIEKE REDAKSIE
http://news.24.com/afrikaans/die_burger


KAAPSTAD. - 'n Ministeriële ondersoek gaan ingestel word na verregse
"negatiewe elemente" binne en in die omgewing van die Tempe militêre
basis nadat vermeende AWB lede die naweek 'n minibus op die basis
gesteel het.

Mnr. Patrick Lekota, Minister van Verdediging, het gister ook bekend
gemaak dat lt. Sibusiso Madubela, wat verlede week sewe kollegas by 1 SA
Infanteriebataljon by Tempe in die Vrystaat afgemaai en toe self
doodgeskiet is, nié 'n volle militêre begrafnis sal kry soos wat die PAC
geëis het nie.

"Elemente" het tussen Saterdagaand laat en Sondagoggend die dubbele
heining om die weermagbasis geknip en twee minibusse uit die
vliegtuigskuur probeer steel. Hulle kon met net een wegkom, maar het 'n
"slagspreuk" in Afrikaans agtergelaat: "Ons kom weer. AWB."

'n Oproep van die Boere-Weerstandbeweging aan sy lede tot weerwraak sal
deel van die ondersoek wees, het Lekota gesê by 'n gesamentlike sitting
van die parlementêre komitees oor verdediging en intelligensie.

Die ondersoek, wat ook na "valse" mediaberiggewing gedoen sal word, moet
alle twyfel verwyder oor die omstandighede wat aanleiding tot die
voorval gegee het en het die goedkeuring van pres. Thabo Mbeki.

Die ondersoek is daarop gerig om vas te stel wat die uitwerking van
"groepe negatiewe elemente" is op die verloop van die gebeure op die
basis en of die administrasie en intelligensie-deel daarvan bewus was.
Die ondersoek na verregse invloed kan ook na die Noord-Kaap uitgebrei
word.

Dit sal meer omvattend wees as die twee ander ondersoeke na die
treurspel waarmee die Polisie en die Weermag besig is. Die ondersoek van
genl. Siphiwe Nyanda, weermaghoof, gaan spesifiek oor die omstandighede
wat Madubela kon gedryf het na die optrede en die Polisie s'n is
strafregtelik.

'n "Kritieke element" is waarom Madubela se salaris teruggehou is hoewel
hy toestemming gehad het om na sy pa se begrafnis te gaan. Die
verhouding tussen die bevelvoerders en die soldate sal ook ondersoek
word en hoe dit tot die voorval kon bygedra het.

Lekota het gesê daar was reeds vroeër "ongelukkige" voorvalle by Tempe
soos die wapenrooftog waarin twee lede van die basis twee van hul
kollegas doodgeskiet het. Een van die moordverdagtes is intussen weer
aangestel.

Lekota het Nyanda opdrag gegee om onmiddellik in te gryp. Die verdagte
is toe geskors.

Die ondersoek sal ook wees na 'n mediaberig in die Sunday World die
naweek voor die voorval waarin beweer is dat honderde vuurwapens op die
basis gesteel word. Die bevelvoerders het verlede week aan Lekota
verslag gedoen dat slegs twaalf wapens sedert Januarie by die twee
basisse by Tembe en in die Noord-Kaap vermis word.

"Dit gaan die verstand te bowe dat enigiemand so iets sal skryf. Die
verslaggewing het onherstelbare skade gedoen aan die koerant se
reputasie, rasseverhoudinge en die publiek se vertroue in die Weermag.
Myns insiens moet die ondersoek vasstel wat aanleiding gegee het tot die
berig," het Lekota gesê.

Volgens Lekota is berigte dat Madubela dronk was, nie betyds ná die
begrafnis teruggerapporteer het nie en van Lesotho teruggestuur is,
vals.

Hy het ook gesê wit kollegas van Madubela sal getuig dat hy sy wapen op
hulle gerig het en hulle nie geskiet het nie.

Lekota het in verbinding getree met "betroubare" individue om aan die
ondersoek deel te neem. Die staat se regsadviseurs ondersoek ook die
wetlike aspekte wat in ag geneem moet word met só 'n ondersoek.

Sy kantoor werk ook op die verwysingspunte van die ondersoek.

Opposisiepartye het gister gevra dat keuring van soldate deegliker
gedoen word om sulke voorvalle te voorkom.

http://www.24.com/service/osv/gaan_teal.asp?link=http://news .24.com/afrikaans/die_burger/die_burger.asp
Vorige onderwerp: Vir die wat belang stel
Volgende onderwerp: Re: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 11:55:46 MGT 2024