Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vis Rivier Canyon
Vis Rivier Canyon [boodskap #26343] Wo, 15 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Johannes Kantelberg  is tans af-lyn  Johannes Kantelberg
Boodskappe: 8
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek beplan om volgende jaar die Vis Rivier Canyon te gaan stap en ry met 'n
4x4.

Wie weet van betroubare Toer Organisasies waarby ek kan aansluit?

Watter tyd van die jaar is die beste om te gaan?

Ek sou graag ook die Richtersveldt Park wil besoek en dan ry oor Rosh Pinah,
Witputz, Aus na Luderitz.

Kan 'n mens vanaf Luderitz vlieg na Windhoek of Johannesburg?

Wat behoort 'n mens alles saam te neem vir self beskerming? Pistool,
Slang/skerpioen tee-gig miskien? Kopie van Noujema se autobiografie?

Alle inligting hartlik waardeer,

Johannes Kantelberg,
Canterbury,
Engeland.

As jy private pos aan my wil stuur, verwyder die nonspam in my adres.
Verslaan spammers.
Re: Vis Rivier Canyon [boodskap #26385 is 'n antwoord op boodskap #26343] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Johannes Kantelberg wrote:

> Ek beplan om volgende jaar die Vis Rivier Canyon te gaan stap en ry met 'n
> 4x4.
> ...
> Wat behoort 'n mens alles saam te neem vir self beskerming? Pistool,
> ...

'n Permit kan vir 'n jaggeweer verkry word. Geen ander vuurwapens word
toegelaat nie, tensy jy Namibiese burgerskap het. 'n Vuurwapen is ook nie nodig
nie. Misdaad is laag. In 'n plek soos Windhoek moet mens maar jou beursie
oppas en jou motor sluit, maar daar is niks om oor wakker te lê nie. Ontspan en
geniet dit.
Re: Vis Rivier Canyon [boodskap #26476 is 'n antwoord op boodskap #26343] So, 19 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Henry  is tans af-lyn  Henry
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Sybrand! Lanklaas van jou gehoor - gewonder of jy nog hier op die ng
rondkuier. Laat gerus weer van jou hoor.

Gegroet uit Pennsylvania

Henry

Sybrand Burger skryf in boodskap news:37E0A12D.D50FF49A@alpha.unisa.ac.za...
> Johannes Kantelberg wrote:
>
>> Ek beplan om volgende jaar die Vis Rivier Canyon te gaan stap en ry met 'n
>> 4x4.
>> ...
>> Wat behoort 'n mens alles saam te neem vir self beskerming? Pistool,
>> ...
>
> 'n Permit kan vir 'n jaggeweer verkry word. Geen ander vuurwapens word
> toegelaat nie, tensy jy Namibiese burgerskap het. 'n Vuurwapen is ook nie nodig
> nie. Misdaad is laag. In 'n plek soos Windhoek moet mens maar jou beursie
> oppas en jou motor sluit, maar daar is niks om oor wakker te lê nie. Ontspan en
> geniet dit.
>
Vorige onderwerp: Ekonomie op die PERSOONLIKE vlak (was: Johannesburg...)
Volgende onderwerp: Baste met die Springrokkies!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 23:23:31 MGT 2024