Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26307] Wo, 15 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:

> |Wanneer ek
> |'n ekonoom se werk lees, veroordeel ek hom nie tensy ek iets weet van
> |hoe die ekonomiste hulle dinge doen nie.
>
> As hy sy oorsig sê byvoorbeeld oor die begroting sou begin met:
> "Dis was maar 'n k@k begroting hierdie...." , sou jy werklik baie
> waarde aan sy opinie geheg het???

Ag, Johan,

Jy wat altyd die positiewe in alles sien (behalwe Suid-Afrika,
natuurlik!):

Jy kan seker darem bietjie begrip toon as die ou waardering het vir 'n
blinkvars, geurende drol met 'n mooi groen brommer op?

:-) :-) :-)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26323 is 'n antwoord op boodskap #26307] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Ag, Johan,
>
> Jy kan seker darem bietjie begrip toon as die ou waardering het vir 'n
> blinkvars, geurende drol met 'n mooi groen brommer op?
>
> :

Ja, en begeer dat dit eendag sy oogkaste sal versier in sy
verbleekteskedel.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26370 is 'n antwoord op boodskap #26307] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 22:06:17 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:
|Jy wat altyd die positiewe in alles sien (behalwe Suid-Afrika,
|natuurlik!):

Jy lees nie al my plasigs nie, né. Dan moet jy liwer nie kommentaar
lewer nie. Ek het die afgelope tyd heelwat positief geplaas wat ek in
die nuus raakgeloop het. Ek sien Ferdi is so stil en tevrede daarmee.
|
|Jy kan seker darem bietjie begrip toon as die ou waardering het vir 'n
|blinkvars, geurende drol met 'n mooi groen brommer op?
|
|:-) :-) :-)

Vir elke ou is iets anders seker in die lewe ammuserend, sou ek dink.
En al slurp Gloudina dit op, hoef ek nie van die gedig te hou nie, en
ek hoef ook nie van die opinie te wees dat dit goeie digkuns is nie.
Ek beskou myself as individu genoeg om my eie gedagtes en opinie
daaroor te vorm.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26373 is 'n antwoord op boodskap #26307] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Sep 1999 18:53:01 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
|
|So dit verklaar waarom jy dink country & western lirieke is eintlik
gedigte.

Is hulle nie?

Waarom nie?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26378 is 'n antwoord op boodskap #26307] Do, 16 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum wrote in message

> Jy kan seker darem bietjie begrip toon as die ou waardering het vir 'n
> blinkvars, geurende drol met 'n mooi groen brommer op?
>
> :-) :-) :-)

En nou wonder ek watter tantrum die "digter" sou gegooi het as 'n miskruier
ook nog op die toneel verskyn het ............Dink net, die hele objek van
sy kuns nou weggerol en begrawe......

:-))))))))))))))

Soos altyd - vriendelik
Vorige onderwerp: Wat is 'n ....
Volgende onderwerp: Re: Banf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 06:06:31 MGT 2024