Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26294] Wo, 15 September 1999 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 10:00:23 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
|Wat sou jy se veroorsaak dat mense wat hier woon mense in die
|buiteland onder so n verkeerde indruk indruk bring? Iets aan hulle se
|wat so verkeerd is dat dit waarskynlik aan n leun grens?
|
Ek dink elke persoon se ervaring is uniek en baie persoonlik - ek kan
byvoorbeeld dink dat een ou naby 'n straathoek bly met swak elektriese
verbindings wat sorg dat sy verkeerslig elke week een maal buite werking is - hy
ervaar dit as 'n reuse probleem, was al amper in 'n paar ongelukke waar hy meer
as een maal per dag sy huis nader. Hy hoef nou net een ander verkeerslig buite
werking te sien, dan val die paaie struktuur vir hom uitmekaar uit.

'n Ander ou ry slegs en maal daardie pad en ry toevallig daagliks 'n roete waar
al die verkeersligte werk. Hy kom amper nie eers die verkeerslig agter nie en
sal skaars agterna vir jou kan sê op watter hoek hy die stukkende lig teegekom
het.

Ons ervaar byvoorbeeld dieselfde hier met oud-SAners se opinie oor Amerikaners -
helfte dink Amerikaners ios baie dom, want op alles wat jy koop is daar die
duidelikste moontlike instruksies oor hoe om die goed aanmekaar te sit en te
gebruik. Ander weer dink dis slim van die Amerikaners, want jy twyfel nooit oor
hoe om iets te doen nie. En die twee opinies sal van twee verskillende ouens
kom wat dieselfde lessenaar of kersboom aanmekaar probeer sit.
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26295 is 'n antwoord op boodskap #26294] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 17:06:39 -0400, "Kwarantyn" wrote:

|
|Johan
|
|Ag toggie - die ouderdom tog! Natuurlik is dit Floyd! Nie Dennis nie - laas
|het ek na Dennis verwys een keer, en nou bly dit in my kop. Skuus dat ek jou
|deurmekaar gemaak het!
|>
Ek wou toe gaan kyk op die weatherchannel en kon op hulle webblaaie niks oor
Dennis kry nie! NIKS!
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26296 is 'n antwoord op boodskap #26294] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> Ons ervaar byvoorbeeld dieselfde hier met oud-SAners se opinie oor
> Amerikaners -
> helfte dink Amerikaners ios baie dom, want op alles wat jy koop is daar die
> duidelikste moontlike instruksies oor hoe om die goed aanmekaar te sit en te
> gebruik. Ander weer dink dis slim van die Amerikaners, want jy twyfel nooit
> oor
> hoe om iets te doen nie. En die twee opinies sal van twee verskillende ouens
> kom wat dieselfde lessenaar of kersboom aanmekaar probeer sit.
>

En hulle sit albei die pot mis want dit het meer te doen met maatskappye wat
hul agterhoede beskerm teen litigasie en siviele en kriminele eise.
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26297 is 'n antwoord op boodskap #26294] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 09:48:29 -0700, Henry wrote:
|Gegroet uit nat Newtown in Pennsylvania, waar ons die
|effekte van orkaan Dennis voel: dit reën reeds, en ons
|verwag kwaai wind en baie harde reën môre. Dit gee 'n mens
|'n gevoel van die grootte van die storm as jy besef ons is
|tussen 600 en 800 MYL (nie kilometer nie) van die
|middelpunt van die storm af, en ons beleef hier die
|uitwerking daarvan.

Henry,

Nou het jy my sleg deurmekaar - ek was onderdie indruk dis Floyd wat nou teen
die kus lê?!?

Was Dennis nie agter Floyd gewees op 'n stadium nie? Ek kry nou nerens
verwysing na Dennis nie...
Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing [boodskap #26298 is 'n antwoord op boodskap #26294] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Henry wrote:

> Gegroet uit nat Newtown in Pennsylvania, waar ons die
> effekte van orkaan Dennis voel: dit reën reeds, en ons
> verwag kwaai wind en baie harde reën môre. Dit gee 'n mens
> 'n gevoel van die grootte van die storm as jy besef ons is
> tussen 600 en 800 MYL (nie kilometer nie) van die
> middelpunt van die storm af, en ons beleef hier die
> uitwerking daarvan.
>

Is dit nog die effek van DENNIS? Of is dit alreeds FLOYD
se effek wat jy voel?

Gloudina
Vorige onderwerp: David Wilkerson
Volgende onderwerp: Re: Wat is 'n ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 01:09:36 MGT 2024