Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Wie sal die blom pluk Boerneef
Wie sal die blom pluk Boerneef [boodskap #26164] Sa, 11 September 1999 00:00 na volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Wie sal die blom pluk

Skraal is die loper en lank is die lintpad
groot is die dors op Knersvlak se grou
dood brand die son op Knersvlak se glyktes
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?

Wie sal nou vinkel uitgraaf
wie sal die kombro gaan soek
wie sal die jakkalskos dop by die melkbos
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?

Wie sal die pad wys by Soebatsfontein
en sê waar die geel deur die Messelkloof stroom
dood brand die son op Knersvlak se glyktes
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?

Waar is die nartjie van Kamies se rante
waar is die rooi gloed van Grootvlei se land
te kwaai is die dors op Knersvlak se glyktes
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?
Re: Wie sal die blom pluk Boerneef [boodskap #26203 is 'n antwoord op boodskap #26164] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , "Thys de
Wet" wrote:
> Wie sal die blom pluk
>
> Skraal is die loper en lank is die lintpad
> groot is die dors op Knersvlak se grou
> dood brand die son op Knersvlak se glyktes
> wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?
>
> Wie sal nou vinkel uitgraaf
> wie sal die kombro gaan soek
> wie sal die jakkalskos dop by die melkbos
> wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?
>
> Wie sal die pad wys by Soebatsfontein
> en sê waar die geel deur die Messelkloof stroom
> dood brand die son op Knersvlak se glyktes
> wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?
>
> Waar is die nartjie van Kamies se rante
> waar is die rooi gloed van Grootvlei se land
> te kwaai is die dors op Knersvlak se glyktes
> wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?
>
>
>

Seker hy wat uithouvermoë het. En hou van brakwater. Verwys
na die gedig Blommekykers, en die wat pad gee as hulle nie
van brakwater hou nie.

Vorige onderwerp: Boerneef se werk
Volgende onderwerp: Re: Vir Reisiger: 'n Gedig van KABIR
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 23:50:46 MGT 2024