Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver?
Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver? [boodskap #26030] Wo, 08 September 1999 00:00 na volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Soek so 'n bietjie inligting, asseblief. Oktober gaan ek
(D.V.) SA toe vir 'n kuiertjie. Onder andere vlieg ek
Kaapstad toe. My broer (het hom byna drie jaar laas gesien)
woon op Agulhas en het aangebied om my te kom haal op die
lughawe. Ek was nog nooit op Agulhas nie, en wil graag
weet: hoe ver is dit tussen die lughawe en Agulhas? Ek hoor
dis _ver_ - is dar dalk 'n alternatiewe manier om van die
lughawe af op Agulhas te kom? Laat weet asseblief - ek sal
dit baie waardeer. As iemand direk wil skryf, my e-pos is:
eks...@excite.com

Groetnis
Henry

Re: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver? [boodskap #26089 is 'n antwoord op boodskap #26030] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek het was 14 jaar gelede op Arniston (Waenhuiskrans) op wittebrood. Vanaf
Arniston het ek en vroulief terug gery Kaapstad toe, en op 'n stadium deur
'n besonderse mooi 'settlement' gery wat as ek reg onthou hoofsaaklik 'n
Kleurling gemeenskap was. Iets in my gedagtes laat my dink dat dit 'n soort
van 'sendings-stigting' van 'n aard was. Ek kan gladnie op die naam kom van
die plekkie nie - kan iemand help? In my agterkop kom die naam 'Memel" op,
maar dit klink vir my te veel na 'n Vrystaatse dorpie! Nou, terwyl ek hier
sit en tik, kom die naam 'Pniel' op - is ek reg?

Jan van Perth.
(IBICF)
djle...@bigfoot.com
squa...@perspiration.com.au
http://www.perspiration.com.au
Re: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver? [boodskap #26090 is 'n antwoord op boodskap #26030] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Juis Leendert,
As hy 'n ander manier wil vind om daar uit te kom, kan dit nogal prettig
wees. Padlangs is al manier, en so twee uur is goed geskat. Laat ook nog
toe vir 'n stilhou en bene rek langs die pad...
Afstand so ongeveer 230km: Kaapstad - Caledon 90km, Caledon - Bredasdorp
70km, Bredasdorp - L'Agulhas 60km.. Geskat hoor, nie met ISO standaarde
gemeet nie!

Kaap Agulhas is die meeste suidelike punt van raai bietjie watter kontinent?
En die stranddorp het natuurlik die naam L' Agulhas, of soos die Overbergse
mense sal sê: 'laghallas'
Lekker! Dis mos my wêreld daai! Strandveld op sy beste!

En vir die wat wil weet waar die Overberg is: Die gebied oos van die
Hottentots Holland bergreeks, suid van die Langeberge na die kus tot sover
as Swellendam/Heidelberg (Kaap). Miskien nog bietjie verder oos, dalk sover
as Riversdal, maar dan raak dit al meer Suid-Kaap.

Flappie, geniet jou kuier in die Strandveld!

Leendert van Oostrum wrote in message ...
> In article ,
> flappie wrote:
>> Soek so 'n bietjie inligting, asseblief. Oktober gaan ek
>> (D.V.) SA toe vir 'n kuiertjie. Onder andere vlieg ek
>> Kaapstad toe. My broer (het hom byna drie jaar laas gesien)
>> woon op Agulhas en het aangebied om my te kom haal op die
>> lughawe. Ek was nog nooit op Agulhas nie, en wil graag
>> weet: hoe ver is dit tussen die lughawe en Agulhas? Ek hoor
>> dis _ver_ - is dar dalk 'n alternatiewe manier om van die
>> lughawe af op Agulhas te kom? Laat weet asseblief - ek sal
>> dit baie waardeer. As iemand direk wil skryf, my e-pos is:
>> eks...@excite.com
>>
>> Groetnis
>> Henry
>
> Ag nee. So twee ure maksimum
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
Re: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver? [boodskap #26091 is 'n antwoord op boodskap #26030] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7r68br$qo3$1@nnrp1.deja.com...
> In article ,
> flappie wrote:

>> Ek was nog nooit op Agulhas nie, en wil graag
>> weet: hoe ver is dit tussen die lughawe en Agulhas? Ek hoor
>> dis _ver_ - is dar dalk 'n alternatiewe manier om van die
>> lughawe af op Agulhas te kom? Laat weet asseblief - ek sal
>> dit baie waardeer. As iemand direk wil skryf, my e-pos is:
>> eks...@excite.com
>>
>> Groetnis
>> Henry
>
> Ag nee. So twee ure maksimum

Twee en 'n half uur. Jy ry oor die berg en dan oor golwende heuwels en dan
skierlik sien jy die see voor jou op 'n plek waar jy hom nie verwag nie, en
dis Agulhas. Met spitstyd voeg 45 minute by.

Jilll

--
NB : when I write here, I spell the way I speak,
but when I translate professionally, I write well.

Samuel Murray (translator and proofreader)
smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
or try my personal page http://ey.to.hey.to/
Re: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver? [boodskap #26092 is 'n antwoord op boodskap #26030] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Henry, het jy my email direk aan jou ontvang?

Jan van Perth.
(IBICF)
djle...@bigfoot.com
squa...@perspiration.com.au
http://www.perspiration.com.au
ICQ 21792471
Re: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver? [boodskap #26093 is 'n antwoord op boodskap #26030] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dankie Jan van Perth, Thys de Wet en Leendert, vir julle
inligting. Ek was (soos reeds gesê) nog nooit in daardie
geweste nie (regte Transvaler gewees!) en sien nogal daarna
uit om daar te kom. Net jammer die tyd is aan die min kant.
Ek gaan net drie weke hê, en daar is baie familie wat
besoek moet word van die Kaap tot in Pretoria, Bloemfontein
en die Baai ook ingesluit - gaan juis nie eens by almal kan
uitkom nie.

Interessant hoe skattings kan wissel: van Leendert se twee
ure tot iemand wat gereken het dis tussen drie en vyf uur
per pad. My eie AA Padatlas is moeilik om te lees, maar dit
lyk my so half of dit iewers tussen 240 en 270 km moet wees
van die lughawe in Kaapstad tot by Agulhas.

Nog iemand het voorgestel ek gebruik die Interkaap bus tot
op Swellendam, en dat my broer my dan daar kom haal. Sal
maar sien wat gebeur vorentoe.

Baie dankie weer vir die belangstelling en raad.

Groetnis uit Pennsylvania, waar ons lieflike reën gehad
het, en waar dit erg warm en bedompig is. Die herfs lê net
om die draai, en hier en daar begin bome al verkleur.

Henry

Re: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver? [boodskap #26136 is 'n antwoord op boodskap #26030] Vr, 10 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ai Thys, dit was nou pragtig. Baie dankie. Ek het gewonder oor die
uitspraak van daai Pniel. As mens dit nou sou uitspreek soos bv.
"knome" in Engels .....

Dis ook lente hier in Perth. Die weerburo het vanoggend 'n gesonde 24
grade vir die dag aangekondig. Teen etenstyd het die Perthianers die
strate met sambrele aangedurf op die reenvlae van die lyf af weg te
hou. Drie uur se kant het die son weer kordaat daar bo gesit met 'n
vroom gesig en 5 uur se kant het een en elk naarstiglik na 'n trui
gesoek. Dit was nou behoorlik vir jou vier seisoene in een dag

Groete uit Perth - Alwyn

Thys de Wet skryf in boodskap news:7ram4r$qu1$1@news.adamastor.ac.za...
> Jy dink seker aan Elim. Dit is nog net so mooi en daar word glad nie nuwe
> geboue toegelaat wat nie in dieselfde boustyl as die res van die dorp is
> nie.
> Elim is deur die Morawiese sendinggenootskap gestig vanuit Hernutt in
> Duitsland. Die snedeling het nie net die mense kom kersten nie, maar hulle
> ook baie goeie lewensvaardighede aangeleer. Hulle het allerhande handwerk
> artikels van hoogstaande gehalte gelewer en die artikels was gesog onder die
> 'blanke' gemeenskap, wat dit gekoop het en sodoende die sendingstasies
> selfversorgende gemaak het. Hulle het veral BAIE goeie knipmesse gemaak en
> dié was bekend as 'n hernuter. Vandaar die gesgde in die Overberg dat 'n
> jong seun wat 'n knipmes gekry het, altyd uitgevra is oor sy hernuter. My
> ouma (sy't in die Napier/Elim/Bredasdorp omgeing grootgeword) het ons 3
> seuns altyd vermaan tot versigtigheid met 'julle hernuters' (Plaasseuns
> moes altyd 'n knipmes byderhand hê)
> Ek het altyd gedink sy praat van iets wat ons moes nuut maak, tot my oudtse
> broer my eendag "ernstig vermaan het" oor my ignoramus grotius stupendius!
>
> Pniël (Uitspreek pie-nie-hel, en nie p-niel nie) is naby Stellenbosch, en
> daar is ook 'n destyds (150-200 jaar gelede) so 'n "stasie" tot stand
> gebring. Pniël is nie meer argitektonies so ongeskonde soos Elim nie, maar
> die mense wat daar woon het nog steeds 'n baie besondere lewenstyl: Trots,
> maar tog baie vriendelik en nederig teenoor mekaar, met 'n hegte eie
> gemeenskapsidetiteit.
>
> Ander soortgelyke plekke: Genandendal, (naby Greyton en Caledon), Mamre
> naby Malmesbury, Wuppertal (Tulbagh/Ceres), Zoar (Ladismith Kaap), en
> natuurlik ook Steinthal in die Sederberge (Of het ek nou Wuppertal en
> Steintal omgedraai?)
>
> Die Morawiese sendelinge het die "stasies" tot stand gebring om die destydse
> Khoi bevolking, wat erg deurgeloop onder die pokke (wat Eurpoeërs na die
> Kaap gebring het) te versorg, asook om die mense 'n heenkome te bied omdat
> hulle vanweë die trekboere van hulle tradisionele standplase verdring is.
> In hierdie 'dorpies' is die mense aangemoedig om 'n selfonderhoudende
> lewensstyl te volg, maar daar was tog 'n redelike streng toesig oor die
> morele waardes (christelik) oor hulle uitgeoefen. Elke 'stasie het sy eie
> meul, bakkery, smidswinkel, timmermanswinkel, tuiemakery en 'n skool gehad.
> Die jonger mense (skoolkinders) is ook musiek (bladlees en instrumente spel)
> en sang geleer. Daar is nou nog 'n hele ryke kultuur van besonderse musiek
> en blaasorkeste, kore en dies wat op elkeen van die 'stasies' bestaan.
> As iemand ooit op Genadendal kom, besoek gerus die museum daar. Dit is 'n
> belewenis, en 'n moet. Daarsonder sal jy as Afrikaanssprekende soveel armer
> aan die ryke kultuurskat van ons "slawe" se verlede gaan.
> Terloops, van die eerste vertalings in Kaaps-hollands van die Bybel, is by
> Genadendal gedoen onder eerw. Schmidt se leiding.
> Nog 'n ander stukkie geskiedenis:
> Genadendal was destyds deel van die Stellenbosse landdrosdistrik en dus ook
> die hele Zwartberg (Caledon omgewing). Toen de broeders kerkraad op de
> Stellenbosch dan verneemdat daar een klok by de kerk op Genadendal opgerigt
> staat te word, was daar 'n hele rumoer daaroor. Die saak is blykbaar by die
> Politieke Raad aanhangig gemaak, en die Genadedalse kerk is verbied om hulle
> klok op Sondae te lui, anders sal die Stellenbossers dalk verwar word! (Die
> twee kerke is so ongeveer 70km vanmekaar af as jy soos 'n kraai sonder draai
> reguit kan vlieg!)
> Genoeg gekwetter en gekweel vir eers. Vir die van ons wat hier naby in die
> Kaap is, ry na een van die plekke toe, hou stil en klim uit, en beging met
> gesels. Jy sal nie gou wil weggaan nie. Hulle is almal dierbare,
> wonderlike mense wat omgee vir mekaar en ander.
>
> Groete vanuit 'n WIT Stellenbosch: Lekker reën en sneeu gehad hier
> Du Toiskoofpas is/was glo op 'n stadium gesluit vir verkeer weens die
> sneeu!!!
> Dis heerlike lente,
> die sneeu is hier,
> weer bibber die tande,
> en ons sit voor die vuur!
>
> Daniel wrote in message ...
>> Ek het was 14 jaar gelede op Arniston (Waenhuiskrans) op wittebrood. Vanaf
>> Arniston het ek en vroulief terug gery Kaapstad toe, en op 'n stadium deur
>> 'n besonderse mooi 'settlement' gery wat as ek reg onthou
>
Re: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver? [boodskap #26137 is 'n antwoord op boodskap #26030] Vr, 10 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Thys, jy vertel baie interessant. Ek was al by paar van daai
plekke, en
dit is regtig magic. Wat weet jy van "Die Hel". Is dit naby
Bredasdorp en
word die so genoem omdat dit so moeilik bekombaar is (styl
paaie)??
Blykbaar is die mense daar baie besonders.

Pat

Thys de Wet wrote in article
> omgedraai?)
>
> Die Morawiese sendelinge het die "stasies" tot stand gebring om die destydse
> Khoi bevolking, wat erg deurgeloop onder die pokke (wat Eurpoeërs na die
> Kaap gebring het) te versorg, asook om die mense 'n heenkome te bied omdat
> hulle vanweë die trekboere van hulle tradisionele standplase verdring is.
> In hierdie 'dorpies' is die mense aangemoedig om 'n selfonderhoudende
> lewensstyl te volg, maar daar was tog 'n redelike streng toesig oor die
> morele waardes (christelik) oor hulle uitgeoefen. Elke 'stasie het sy eie
> meul, bakkery, smidswinkel, timmermanswinkel, tuiemakery en 'n skool gehad.
> Die jonger mense (skoolkinders) is ook musiek (bladlees en instrumente spel)
> en sang geleer. Daar is nou nog 'n hele ryke kultuur van besonderse musiek
> en blaasorkeste, kore en dies wat op elkeen van die 'stasies' bestaan.
> As iemand ooit op Genadendal kom, besoek gerus die museum daar. Dit is 'n
> belewenis, en 'n moet. Daarsonder sal jy as Afrikaanssprekende soveel armer
> aan die ryke kultuurskat van ons "slawe" se verlede gaan.
> Terloops, van die eerste vertalings in Kaaps-hollands van die Bybel, is by
> Genadendal gedoen onder eerw. Schmidt se leiding.
> Nog 'n ander stukkie geskiedenis:
> Genadendal was destyds deel van die Stellenbosse landdrosdistrik en dus ook
> die hele Zwartberg (Caledon omgewing). Toen de broeders kerkraad op de
> Stellenbosch dan verneemdat daar een klok by de kerk op Genadendal opgerigt
> staat te word, was daar 'n hele rumoer daaroor. Die saak is blykbaar by die
> Politieke Raad aanhangig gemaak, en die Genadedalse kerk is verbied om hulle
> klok op Sondae te lui, anders sal die Stellenbossers dalk verwar word! (Die
> twee kerke is so ongeveer 70km vanmekaar af as jy soos 'n kraai sonder draai
> reguit kan vlieg!)
> Genoeg gekwetter en gekweel vir eers. Vir die van ons wat hier naby in die
> Kaap is, ry na een van die plekke toe, hou stil en klim uit, en beging met
> gesels. Jy sal nie gou wil weggaan nie. Hulle is almal dierbare,
> wonderlike mense wat omgee vir mekaar en ander.
>
> Groete vanuit 'n WIT Stellenbosch: Lekker reë en sneeu gehad hier
> Du Toiskoofpas is/was glo op 'n stadium gesluit vir verkeer weens die
> sneeu!!!
> Dis heerlike lente,
> die sneeu is hier,
> weer bibber die tande,
> en ons sit voor die vuur!
>
> Daniel wrote in message
...
>> Ek het was 14 jaar gelede op Arniston (Waenhuiskrans) op wittebrood. Vanaf
>> Arniston het ek en vroulief terug gery Kaapstad toe, en op 'n stadium deur
>> 'n besonderse mooi 'settlement' gery wat as ek reg onthou
>
Re: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver? [boodskap #26138 is 'n antwoord op boodskap #26030] Vr, 10 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Jy dink seker aan Elim. Dit is nog net so mooi en daar word glad nie nuwe
geboue toegelaat wat nie in dieselfde boustyl as die res van die dorp is
nie.
Elim is deur die Morawiese sendinggenootskap gestig vanuit Hernutt in
Duitsland. Die snedeling het nie net die mense kom kersten nie, maar hulle
ook baie goeie lewensvaardighede aangeleer. Hulle het allerhande handwerk
artikels van hoogstaande gehalte gelewer en die artikels was gesog onder die
'blanke' gemeenskap, wat dit gekoop het en sodoende die sendingstasies
selfversorgende gemaak het. Hulle het veral BAIE goeie knipmesse gemaak en
dié was bekend as 'n hernuter. Vandaar die gesgde in die Overberg dat 'n
jong seun wat 'n knipmes gekry het, altyd uitgevra is oor sy hernuter. My
ouma (sy't in die Napier/Elim/Bredasdorp omgeing grootgeword) het ons 3
seuns altyd vermaan tot versigtigheid met 'julle hernuters' (Plaasseuns
moes altyd 'n knipmes byderhand hê)
Ek het altyd gedink sy praat van iets wat ons moes nuut maak, tot my oudtse
broer my eendag "ernstig vermaan het" oor my ignoramus grotius stupendius!

Pniël (Uitspreek pie-nie-hel, en nie p-niel nie) is naby Stellenbosch, en
daar is ook 'n destyds (150-200 jaar gelede) so 'n "stasie" tot stand
gebring. Pniël is nie meer argitektonies so ongeskonde soos Elim nie, maar
die mense wat daar woon het nog steeds 'n baie besondere lewenstyl: Trots,
maar tog baie vriendelik en nederig teenoor mekaar, met 'n hegte eie
gemeenskapsidetiteit.

Ander soortgelyke plekke: Genandendal, (naby Greyton en Caledon), Mamre
naby Malmesbury, Wuppertal (Tulbagh/Ceres), Zoar (Ladismith Kaap), en
natuurlik ook Steinthal in die Sederberge (Of het ek nou Wuppertal en
Steintal omgedraai?)

Die Morawiese sendelinge het die "stasies" tot stand gebring om die destydse
Khoi bevolking, wat erg deurgeloop onder die pokke (wat Eurpoeërs na die
Kaap gebring het) te versorg, asook om die mense 'n heenkome te bied omdat
hulle vanweë die trekboere van hulle tradisionele standplase verdring is.
In hierdie 'dorpies' is die mense aangemoedig om 'n selfonderhoudende
lewensstyl te volg, maar daar was tog 'n redelike streng toesig oor die
morele waardes (christelik) oor hulle uitgeoefen. Elke 'stasie het sy eie
meul, bakkery, smidswinkel, timmermanswinkel, tuiemakery en 'n skool gehad.
Die jonger mense (skoolkinders) is ook musiek (bladlees en instrumente spel)
en sang geleer. Daar is nou nog 'n hele ryke kultuur van besonderse musiek
en blaasorkeste, kore en dies wat op elkeen van die 'stasies' bestaan.
As iemand ooit op Genadendal kom, besoek gerus die museum daar. Dit is 'n
belewenis, en 'n moet. Daarsonder sal jy as Afrikaanssprekende soveel armer
aan die ryke kultuurskat van ons "slawe" se verlede gaan.
Terloops, van die eerste vertalings in Kaaps-hollands van die Bybel, is by
Genadendal gedoen onder eerw. Schmidt se leiding.
Nog 'n ander stukkie geskiedenis:
Genadendal was destyds deel van die Stellenbosse landdrosdistrik en dus ook
die hele Zwartberg (Caledon omgewing). Toen de broeders kerkraad op de
Stellenbosch dan verneemdat daar een klok by de kerk op Genadendal opgerigt
staat te word, was daar 'n hele rumoer daaroor. Die saak is blykbaar by die
Politieke Raad aanhangig gemaak, en die Genadedalse kerk is verbied om hulle
klok op Sondae te lui, anders sal die Stellenbossers dalk verwar word! (Die
twee kerke is so ongeveer 70km vanmekaar af as jy soos 'n kraai sonder draai
reguit kan vlieg!)
Genoeg gekwetter en gekweel vir eers. Vir die van ons wat hier naby in die
Kaap is, ry na een van die plekke toe, hou stil en klim uit, en beging met
gesels. Jy sal nie gou wil weggaan nie. Hulle is almal dierbare,
wonderlike mense wat omgee vir mekaar en ander.

Groete vanuit 'n WIT Stellenbosch: Lekker reën en sneeu gehad hier
Du Toiskoofpas is/was glo op 'n stadium gesluit vir verkeer weens die
sneeu!!!
Dis heerlike lente,
die sneeu is hier,
weer bibber die tande,
en ons sit voor die vuur!

Daniel wrote in message ...
> Ek het was 14 jaar gelede op Arniston (Waenhuiskrans) op wittebrood. Vanaf
> Arniston het ek en vroulief terug gery Kaapstad toe, en op 'n stadium deur
> 'n besonderse mooi 'settlement' gery wat as ek reg onthou
Re: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver? [boodskap #26161 is 'n antwoord op boodskap #26030] Sa, 11 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Sover ek weet is "Die Hel" tussen Prins Albert en Oudtshoorn. Dit staan
eintlik bekend as Gamkaskloof.

Eenkeer 'n omie oppie TV gesien wat in die karoo tussen Merweville,
Fraserborg en Locton geboer het. Seg hy toe hy vcanaf 'n koppie so na
Merweville in die verte beduie: "En daar lê Merweville. Ek was nog nooit
daar nie, want ek had nog daar iets nodig gehad nie."
Word nou deur Natuurbewaring beheer, en is blykbaar baie mooi.
Groete van hier af

PAT wrote in message ...
> Thys, jy vertel baie interessant. Ek was al by paar van daai
> plekke, en
> dit is regtig magic. Wat weet jy van "Die Hel". Is dit naby
> Bredasdorp en
Vorige onderwerp: Positiewe sake nuus!
Volgende onderwerp: Vrae aan Breyten
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 03:04:56 MGT 2024