Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Positiewe sake nuus!
Positiewe sake nuus! [boodskap #25987] Wo, 08 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dis nogal bemoedigend om sulke opskrifte oor SA besigheid te lees:

Reserwebank wil laer rente hê
Basil Read behaal groei
Capespan brei sy vrugteterminaal in Durbanse hawe uit
Billiton sê stygende metaalpryse gaan resultate steun
Banksektor deur een liggaam beheer
Awande aan die herskik; wil aandele terugvat na die beurs
Khula brei lenings op groot skaal uit
Reserwebank wil laer rente hê
Sakelui optimisties oor beter verkope
Hý steun samesmelting tussen Nedcor en Standard
Harmony eerste proefkonyn vir Strate
OM se intrinsieke waarde styg met 35%
Miljoene dae verlore weens stakings
Parlement is die produktiefste in SA, sê die NPI
Uitleenkoers kan nog daal
Sake-Beeld op Saterdag bied ook iets vir leerlinge
Ongelukfonds-tekort styg met R1 miljard
Rand kan verras met kragtoer
FFK brei sy rol uit
Johannesburgse Aandelebeurs reg vir J2K

Is net die een oor produktiwiteit wat nie lekker is nie - die res lyk merendeels
positief!
Re: Positiewe sake nuus! [boodskap #26038 is 'n antwoord op boodskap #25987] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin  is tans af-lyn  Colin
Boodskappe: 12
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Doen Pickfords en al die ander internasionale vervoer maatskapye nog so
goed? Of stem mense nog met hul voete?

Johan skryf in boodskap news:37d69071.440099553@Choice010...
> Dis nogal bemoedigend om sulke opskrifte oor SA besigheid te lees:
>
> Reserwebank wil laer rente hê
> Basil Read behaal groei
> Capespan brei sy vrugteterminaal in Durbanse hawe uit
> Billiton sê stygende metaalpryse gaan resultate steun
> Banksektor deur een liggaam beheer
> Awande aan die herskik; wil aandele terugvat na die beurs
> Khula brei lenings op groot skaal uit
> Reserwebank wil laer rente hê
> Sakelui optimisties oor beter verkope
> Hý steun samesmelting tussen Nedcor en Standard
> Harmony eerste proefkonyn vir Strate
> OM se intrinsieke waarde styg met 35%
> Miljoene dae verlore weens stakings
> Parlement is die produktiefste in SA, sê die NPI
> Uitleenkoers kan nog daal
> Sake-Beeld op Saterdag bied ook iets vir leerlinge
> Ongelukfonds-tekort styg met R1 miljard
> Rand kan verras met kragtoer
> FFK brei sy rol uit
> Johannesburgse Aandelebeurs reg vir J2K
>
>
> Is net die een oor produktiwiteit wat nie lekker is nie - die res lyk merendeels
> positief!
>
Re: Positiewe sake nuus! [boodskap #26102 is 'n antwoord op boodskap #25987] Vr, 10 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Colin wrote:
>
> Doen Pickfords en al die ander internasionale vervoer maatskapye nog so
> goed? Of stem mense nog met hul voete?
>

Nee wat - die ouens wat voet stemreg gehad het het dit gebruik. Ons spul
wat oorbly het moet maar met die pen stem.
Re: Positiewe sake nuus! [boodskap #26142 is 'n antwoord op boodskap #25987] Sa, 11 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Stem ook so Lou! Staan vas, byt vas en byt af! Ons sal bo uitkom.

As Suid-Afrikaners uit die Anglo-Boereoorlog kom opstaan, dan is "apartheid"
se 40 jaar 'n vulletjie daarteen.

Let wel: ek sê Suid-Afrikaners, want almal in hierdie land het op een of
ander manier gely onder daardie oorlog.

Lou het verbaal gekommunikeer:
> Nee wat - die ouens wat voet stemreg gehad het het dit gebruik. Ons spul
> wat oorbly het moet maar met die pen stem.
Vorige onderwerp: Die Afrikaner - 'n paar vrae
Volgende onderwerp: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:45:57 MGT 2024