Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kolibrie
Kolibrie [boodskap #2605] So, 28 September 2003 18:54
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek het op Katryn se pos geantwoord, maar dit lyk my my pos het in die
> niet verdwyn... My berugte woordeboek sê dis 'n kolibrie... Ek het die
> woord nooit vantevore gehoor nie (wel voordat Roely dit gebruik het
> nie..:-))

Dankie vir die woord, Roely en Lorinda. Laat dit so geskryf staan dat
ek daardie woord hier op ALA eerste gesien en geleer het!! :-)
Ek het ook intussen geleer dat dit ook 'n suikerbekkie genoem kan
word. Suikerbekkie of heuningvoëltjie is vir my nogal baie mooi
beskrywende woorde vir die goedjies.

Net sommer vir interessantheid - hierdie ruby-throated hummers of dan
kolibries wat nou hier by my kuier, moet nog oor die Gulf of Mexico
vlieg waar hulle dan oorwinter. Dit is darem ongelooflik as mens
dink. Iewers het ek gelees dat die jaarlikse tog oor die Gulf is
sowat 500 myl, en hulle doen dit tussen 18 en 20 uur. Daarom ook dat
hulle eers hulle liggaamsgewig met 150% moet vermeerder voordat hulle
hierdie tog aanpak.
Vorige onderwerp: Reeksverkragter ontglip polisie
Volgende onderwerp: Somer is hier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 05:21:36 MGT 2024