Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Urine terapie en gout
Re: Urine terapie en gout [boodskap #26025] Wo, 08 September 1999 00:00
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Yep, die Voltaren maak die pyn draagliker, en die cocktail verlaag die
suurvlak in die bloed en werk die inflamasie tee - maar dis nie die
antwoord nie.

100 tot 300 mg Allopurinol per dag doen die triek. Vir ewig en altyd -
Amen. Neem 1 tot 2 mg Colchicine per dag met die Allupurinol vir die
eerste ses maande van behandeling, en speen dit geleidelik saam met
die A/P af na net 100 mg A/P per dag. Hou die Colchicine op "standby"
en sluk 2 mg met die geringste reminder van 'n relapse, met 500 mg
Naproxen om die inflamasie in sy spore te stuit.

Selfs die knoppe op die elemboe verdwyn gaandweg en die huppel kom
terug in jou stap. Jy kan eet en drink wat jy wil - die
"ryk-mans-siekte" is weg vir altyd. Dit neem 'n goeie ses maande om
van die reserwe suur in die liggaam ontslae te raak, en jy dink dit
werk nie, maar glo my vry - na ses maande is jy weer gereed vir die
Comrades.

En ek verkoop nie eers die goed nie. Enige kwak kan dit vir jou
voorskryf. Dit werk. Vra my ... ! O ja, sit die drinkglas maar weer
terug in die kombuisrak en hang die slinger van die family jewels maar
weer oor die rand van die troon.

Alwyn - uit Perth

Ernest skryf in boodskap news:37d548ac.0@news1.mweb.co.za...
> Nee, hoe sal ek weet? Soos ek die ding verstaan, is urine suur (maar bevat nie
> noodvendig urinesuur nie. As jou niere nie te wat wonders is nie, skei dit nie
> noodwendig die urinesuur af nie maar laat dit terug in die bloedstroom. Dit
> bevat ook baie soute wat blykbaar help om die niere te prikkel om meer
> urinesuur af te skei. Maar, nou ja. Of dit werk of te nie. Ek was nog nooit so
> desperaat om te probeer nie. Kry liewer maar 'n voltaren/steriods koktail
> inspuiting.
>
> Ernest Bessinger
Vorige onderwerp: Jok en lieg
Volgende onderwerp: Re: Agulhas - Kaapstad -Agulhas: hoe ver?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 27 08:03:44 MGT 2024