Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Koei
Die Koei [boodskap #18641] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Opstel deur 'n leerling naby Vryburg.

"Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is orrals.
'n koei het 'n baie fyn reik - jy reik hom oor die jele plaas.

Agteran die koei sit die stert. An die een kant van die stert sit
die pint van die stert wat die kwas genoem word en aan die
anner kant sit die koei. Die koei gebruik die kwas om die flieje
van haar weg te hou anners val hulle innie melk.

Vooran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop
hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei.
Die koei is oorgetrek met 'n beesvel.

Onderan die koei hang die melk. Om die melk te kry, maak jy
die koei se bene vas. Die agterstes. Dansit jy onner die koei
en trek die toutjie. Dan kom die melk.

As die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is, is
die melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg.
As dit 'n ou koei is, is die melk suur.

Dit is baie goedkoop om 'n koei aan te hou want jy gee hom net
eenkeerkos, dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os.
Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie.
Om os te se is nie 'n vloekwoord nie.

Verderweet ek niks. Behalwe dat as 'n koei baie stip na jou
kyk, moet jy padgee want dan is dit 'n bul."

moe!

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die Koei [boodskap #25835 is 'n antwoord op boodskap #18641] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 02 Sep 1999 21:24:40 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Gerhard de Beer wrote:
|
|> Die opstel oor die koei
|> Hierdie is 'n opstel deur 'n jong leerling naby Vryburg. Ingesluit is al
|> die
|> spelfoute en dinge ...
|
|As 'n onderwyseres wat vir beide Engelssprekende en Zulu, Sotho, Xhosa,ens.
|ens. skoolkinders Afrikaans as 'n tweede taal geleer het, het ek snuf
|in die neus oor hierdie "opstel."

Jou snuf laat jou nie in die steek nie! Dis een van daai stories wat so gewild
was in die dae van faksmasjiene toe sekretaresses wat niks had om te doen nie,
die goed rondgestuur het en dit in elke kantoor verskyn het - 'n soort van 'n
urban legend - blote humor..... Is daar iemand wat weet hoe oud hierdie storie
is. Ek is seker ek het hom al hier in die vroë tagtig te lees gekry.

Johan
Re: Die Koei [boodskap #25836 is 'n antwoord op boodskap #18641] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Is hierdie volkshumor, of kom dit ook in ander tale voor???
Re: Die Koei [boodskap #25837 is 'n antwoord op boodskap #18641] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Gerhard de Beer wrote:

> Die opstel oor die koei
> Hierdie is 'n opstel deur 'n jong leerling naby Vryburg. Ingesluit is al
> die
> spelfoute en dinge ...

As 'n onderwyseres wat vir beide Engelssprekende en Zulu, Sotho, Xhosa,ens.
ens. skoolkinders Afrikaans as 'n tweede taal geleer het, het ek snuf
in die neus oor hierdie "opstel." Die persoon maak nie die tipiese foute
waaraan mens gewoond is by mense wat nie Afrikaans as moedertaal het
nie (ek kan daarop uitbrei.) Dit klink vir my na iemand wat Afrikaans goed
kan skryf (dus eintlik 'n grootmens) wat nou die ding probeer skryf asof
'n kind dit geskryf het, en hy maak die soorte "veranderings" wat 'n
grootmens sal maak as hy soos 'n mens wat Afrikaans as tweede taal
besig, wil skryf. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink nie ek is nie.

Gloudina

>
Re: Die Koei [boodskap #25870 is 'n antwoord op boodskap #18641] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
eas...  is tans af-lyn  eas...
Boodskappe: 5
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
> As 'n onderwyseres wat vir beide Engelssprekende en Zulu, Sotho, Xhosa,ens.

Hokom las jy nie by: As God haarself wat vir.......

> ens. skoolkinders Afrikaans as 'n tweede taal geleer het, het ek snuf
> in die neus oor hierdie "opstel." Die persoon maak nie die tipiese foute
> waaraan mens gewoond is by mense wat nie Afrikaans as moedertaal het
> nie (ek kan daarop uitbrei.)

Tipies

> Dit klink vir my na iemand wat Afrikaans goed
> kan skryf (dus eintlik 'n grootmens) wat nou die ding probeer skryf asof
> 'n kind dit geskryf het,

Doodreg

> en hy maak die soorte "veranderings" wat 'n
> grootmens sal maak as hy soos 'n mens wat Afrikaans as tweede taal
> besig, wil skryf. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink nie ek is nie.

En jy praat stront soos 'n grootmens met 'n brein van 'n 3 jarige
Gloudina vir Kaaskop - Dop hom om en eet die kaas
Kaaskop
Re: Die Koei [boodskap #25871 is 'n antwoord op boodskap #18641] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Gerhard de Beer"

> Die opstel oor die koei

KNIP

Urban legend. Net 'n paar veranderings in daardie "feite" wat dit geldigheid
behoort te gee ('n vriend van 'n vriend wat onderwyser is in Vryburg, of
Kaapstad, of Newcastle). Het hierdie snert al in die laat tagtigs gelees.
BTW, 'm nuwe boek oor urban legends, "Too good to be true", het net gister of
eergister op die boekrakke verskyn en redelik goeie resensies gekry. Oor die
200 sulke urban legends is glo daarin opgevat.
Re: Die Koei [boodskap #25876 is 'n antwoord op boodskap #18641] Sa, 04 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
So what...sit liewers terug en geniet dit vir wat dit is!!!

Jan van Perth.

skryf in boodskap news:37CEEB71.37B48D10@sympatico.ca...
> Gerhard de Beer wrote:
>
>> Die opstel oor die koei
>> Hierdie is 'n opstel deur 'n jong leerling naby Vryburg. Ingesluit is al
>> die
>> spelfoute en dinge ...
>
> As 'n onderwyseres wat vir beide Engelssprekende en Zulu, Sotho, Xhosa,ens.
> ens. skoolkinders Afrikaans as 'n tweede taal geleer het, het ek snuf
> in die neus oor hierdie "opstel." Die persoon maak nie die tipiese foute
> waaraan mens gewoond is by mense wat nie Afrikaans as moedertaal het
> nie (ek kan daarop uitbrei.) Dit klink vir my na iemand wat Afrikaans goed
> kan skryf (dus eintlik 'n grootmens) wat nou die ding probeer skryf asof
> 'n kind dit geskryf het, en hy maak die soorte "veranderings" wat 'n
> grootmens sal maak as hy soos 'n mens wat Afrikaans as tweede taal
> besig, wil skryf. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink nie ek is nie.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Die Koei [boodskap #25904 is 'n antwoord op boodskap #18641] So, 05 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Knoffel  is tans af-lyn  Knoffel
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
waar is die opstel? .... ek het dit gemis
Vorige onderwerp: Re: hands
Volgende onderwerp: Liefde as 'n phylum in Ewolusie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 13:01:51 MGT 2024