Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Is geloof alleen genoeg?
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25649] Ma, 30 Augustus 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

flappie wrote:

> As Christen aanvaar ek Christus se liefdesdaad wat
> uitgeloop het op Sy kruisiging, opstanding en hemelvaart.
> My geloof hierin is my paspoort hemel toe - NIE my pogings
> om "godsdienstig" te wees of om "liefdevol" op te tree
> teenoor ander nie.

Jou paspoort hemel toe, verklaar jy, is jou geloof in Christusse liefdesdaad.
Die aksent is op die daad van liefde. En ek
neem aan dat jy glo dat alleen deur Christus in die praktisering
van liefde te probeer volg, jy "gered" word. Dis soos meeste
ander gelowe die Christenskap interpreteer. En Christene
respekteer omdat dit 'n geldige manier is om te glo dat mens
se siel ge red kan word: deur te glo dat Liefde die paspoort is.
As nie-Christene agterkom jy as Christen loop allerhande draaie en
swaaie, switch jy hom gou af. Want dan weet hy jy speel
teleologiese en teologiese politiek.

Gloudina
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25650 is 'n antwoord op boodskap #25649] Ma, 30 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
En ek neem aan dat jy glo dat alleen deur Christus in die
praktisering van liefde te probeer volg, jy "gered" word.
Dis soos meeste ander gelowe die Christenskap interpreteer.
En Christene respekteer omdat dit 'n geldige manier is om
te glo dat mens se siel ge red kan word: deur te glo dat
Liefde die paspoort is. - aldus Gloudina.

Liewe Gloudina: nee, jy lees nie wat ek geskryf het nie -
of dalk stel ek dit net nie duidelik genoeg nie. Ek is
reeds gered: let op die voltooide tyd van die werkwoord.
Dis nie iets wat ek nog moet verwerf nie. Ek IS REEDS
gered - hoe? deur my geloof in Christus. Ek hoef nie die
redding te verwerf "deur Christus in die praktisering van
liefde te probeer volg" nie. Ek beoefen die liefde OMDAT ek
REEDS gered is - as powere poging tot dankbaarheid.

Kyk na die volgende aanhalings: "Want so lief het God die
wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat
elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die
ewige lewe kan he^. (Johannes 3 vers 16)

En een nag, toe die tronkdeure in Filippi vir Paulus en
Silas oopgegaan het as gevolg van 'n aardbewing, en die
tronkbewaarder vir sy lewe gevrees het, roep die
tronkbewaarder in doodsangs uit: "Menere, wat moet ek doen
om gered te word?" Let op wat Paulus antwoord: "Glo in die
Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou
huisgesin." (Handelinge 16: 29, 31)

Maar wat sê Christus self? Toe Hy aan die kruis hang, met
twee rowers langs hom, en een van hulle vra dat Christus
aan hom moet dink wanneer Hy in Sy koninkryk kom, antwoord
Christus hom so: "Voorwaar, Ek sê vir jou, vandag sal jy
saam met My in die Paradys wees." (Lukas 23:43)

Nie die tronkbewaarder nie, en ook nie die rower aan die
kruis nie, is gevra om iets te DOEN om gered te word nie -
behalwe om te glo. Die rower se vraag toon sy
geloofsbelydenis - hy aanvaar dat Christus die Seun van God
is wat na Sy koninkryk toe gaan, en vra dat Christus hom
moet red. En Johannes 3 vers 16 stel dit netso duidelik: as
iemand in Christus glo, IS hy gered. Niks van doen soos
Christus doen, en DAN SAL jy GERED WORD nie. Nee, my
redding HET ek reeds gekry deur my geloof. Nou gaan ek uit,
en doen goeie dade om my dankbaarheid te toon; nie om gered
te word nie. Daarom sal ek ook nie eendag by die laaste
oordeel voor God se regterstoel verskyn om verantwoording
van al my dade te doen nie, maar om my ewige erfdeel finaal
van Hom te ontvang; die ewige lewe - wat ek reeds hier en
nou verwerf het.

Dus, Gloudina, ek IS reeds GERED - omdat ek in Christus glo
en Sy soenoffer aanvaar in my lewe. Ek gaan nie eendag
gered word nie. Ek hoef niks meer te doen om gered te word
nie. Ek is reeds gered - watter heerlike bevryding is dit
nie! Halleluja daarvoor; ek loof en prys my God, wat my so
onverdiend sulke oneindige genade betoon. En omdat my beker
van dankbaarheid oorloop, DAAROM doen ek soveel goed as wat
ek kan aan ander mense. Nie om daardeur gered te word nie.

As ander gelowe my Christenskap anders beoordeel, is dit
irrelevant. En ek kan nie vir een oomblik glo dat
Christene "respekteer omdat dit 'n geldige manier is om te
glo dat mens se siel ge red kan word: deur te glo dat
Liefde die paspoort is" - Liefde is nie 'n paspoort iewers
heen nie; die geloof is wel.

Groete in Christus.

Henry

Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25651 is 'n antwoord op boodskap #25649] Ma, 30 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 30 Aug 1999 16:47:54 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Dus verklaar jy dat, volgens jou "godsdiens," die geloof in
|Christus die enigste weg tot saligheid is. Dis OK as jy 'n
|Christen is, in die Weste woon, selfs onheilige dinge doen
|maar polities-korrek konstateer dat jy 'n "Christen" is.

Slim woorde beindruk God nie - dink ek, Gloudina, en ek dink nie jy kan Hom
bedrieg nie, nie in enige godsdiens nie.

As jy nie eerlik (met jouself en met God) is met jou self oor jou Christenskap
nie, gaan dit niks help jy sê enige iets nie.

As 'n Christen eerlik is in sy geloofs beleidenis, dan sal hy strewe daarna om
nie blatant onheilige dinge te doen ie.

Ek dink nie God gaan almal eendag oor die selfde kam skeer nie. Ek dink elke
groep en individu sal appart na gekyk word.
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25652 is 'n antwoord op boodskap #25649] Ma, 30 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> Ek sien Leendert beskuldig my nie alleen van vervolging van Christene
> nie,
> maar ook dat ek verraad pleeg teenoor die Reformasie en die aksies van
> die Katolieke kerk daarna.

Ek beskuldig jou nie van verraad nie. Mens kan slegs
verraad pleeg teenoor iemand/iets waaraan jy trou
verskuldig is.

> Ek dink Leendert verloor uit die oog dat ek
> nog nooit myself uitgespreek het as 'n dogmatiese Christen
nie.

Nee, ek verloor dit nie uit die oog nie. Inteendeel, jy het
jou duidelik as nie-Christen opgestel.

> Hy
> verloor
> ook uit die oog dat daar Christelike "sektes" is wat hulle nog met die
> Reformasie nog met die Katolieke Kerk vereenselwig. Ek kan baie van
> hulle
> opnoem.

Ek ook. Daarom het ek my woorde versigtig gekies: "Jou
stelling hierbo is nie verteenwoordigend van Christelike
geloof nie", was wat ek gesê het. M.a.w. dit is nie van
toepassing op alle, of selfs die meerderheid Christene nie.

> Ek verwonder my ook aan die feit dat Leendert die Liefde
> as die basis vir die leer van Christus totaal verwerp as die hoeksteen
> van sy "godsdiens."

Waarop grond jy hierdie vreemde uitspraak?

> Selfs Teilhard de Chardin het liefde gesien as 'n
> phylum in die ewolusie van die skepping na die Omega-punt. Ek hou steeds
>
> daarop: sonder die erkenning van die liefde as die hoeksteen van die
> Christelike geloofsbelydenis, word jy 'n klinkende simbaal.

Ek stem saam.

Maar nou dat jy klaar gewarra-warra het om die aandag af te
trek van die dwaalleer wat jy verkondig, Gloudina, kom ons
kyk weer na wat jy geskryf het:

> So, deur die "genade van God" word jy, volgens die Christen, gered deur die
> aanname dat die beoefening van liefde die reddingsgeheim is. Waaroor gaan
> dit anders?

Volgens wat jy hier skryf, is die "beoefening van die
liefde" die enigste en die voldoende weg tot saligheid.

Dit is nie volgens die Skrif nie. Volgens die Skrif is
geloof in Christus die enigste, en voldoende weg tot
saligheid. "beoefening van die liefde" is iets waartoe ons,
op ons gebroke beste, maar slegs tot beperkte mate in staat
is. Ons beste "werke" is besmet van sonde.

Wanneer ons "die liefde beoefen" en goeie werke doen, doen
ons dit in dankbare gehoorsaamheid aan die liefedesgebod.
Nie omdat ons hoop om daardeur 'n plekkie in die hemel los
te werk nie.

Dit was die standpunt van Luther, en sedertdien die
standpunt van die gereformeerde en die Katolieke Kerk.

>
> Gloudina
>
>

Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25653 is 'n antwoord op boodskap #25649] Ma, 30 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Volgens wat jy hier skryf, is die "beoefening van die
> liefde" die enigste en die voldoende weg tot saligheid.
>
> Dit is nie volgens die Skrif nie. Volgens die Skrif is
> geloof in Christus die enigste, en voldoende weg tot
> saligheid.

Dus verklaar jy dat, volgens jou "godsdiens," die geloof in
Christus die enigste weg tot saligheid is. Dis OK as jy 'n
Christen is, in die Weste woon, selfs onheilige dinge doen
maar polities-korrek konstateer dat jy 'n "Christen" is.
Maar as jy in die dieptes van Mongolia bly, en nooit van
die "Christelike boodskap" gehoor het nie, wat dan? Nee
wat, ou Leendert, jy reduseer "Christelikheid" tot 'n
provinsiale fenomeen, en so 'n soort "godsdiens" is gedoem
om in die 21 ste eeu plat op sy gesig te val. Ek glo dat
daar 'n beter manier is om "godsdienstig" te wees, waar
Christen en Moslem en Hindoe en Buddhis saam met
mekaar arbei om die gees te verryk.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Radio Hoogland
Volgende onderwerp: Kroniek van die groen kaart .....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 22:24:52 MGT 2024