Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Antwoord vir Omie
Antwoord vir Omie [boodskap #25581 is 'n antwoord op boodskap #25585] Do, 26 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
PAT griffel :

Nou ja omie, giffel wou ek nog altyd, dis juis sulke woorde wat
ek
nooit in die daaglikse omgang hoor nie wat vir my so oulik is,
en wat ek op hierdie ng hoor.


>Ons wat in die buiteland sit hoor NOOIT Afrikaans nie, en baie
>> van die gedigte spreek ons aan op maniere wat ons nie kan verduidelik >nie.
>>
> Ek veronderstel die "ons" in jou sin hier bo het slegs betrekking op PAT en
> haar gesin (??)

En ander ex Suid-Afrikaners wat hier woon ook.


> 'n Paar vrae :
> Watter huistaal besig jy en jou huismense daar waar jy is ?

Huistaal is Engels.

> Het jy nie Afrikaanse kontakte daar nie ?

Ja, n hele paar Afrikaanse vriendinne en n familielid of twee,
nie te veel nie.

> Benewens hierdie ng, handhaaf jy kontak met die
"agtergeblewenes"
O beslis, meeste van my familie woon in S.A.

> Kan jou kinders Afrikaans praat ?
Nie juis nie, hulle verstaan n woord/frase of drie.

> Wat DOEN jy om jou kinders in Afrikaans te onderrig ?
Niks nie. Wat is die punt? Die een leer/praat Spaans, die
ander een
Frans as tweede taal.

> Wil jy dalk hulp hê daarmee ? **** (Sien latere
opmerking)

Dankie vir die aanbod, maar dit is nie wenslik vir my om hulle
Afrikaans te leer nie, want my man is Amerikaans, en hulle
sukkel genoeg met hulle onderskeie tweede tale. Hulle het wel n
groot liefde vir hulle ma se moederland, vir die kultuur en die
mense, en het hegte bande met n hele paar mense wat daar woon.
En hulle het eiendom in S.A., wat hulle keer op keer terug sal
laat gaan, maar hulle sal nie daar woon nie, hulle is
Amerikaners. (As hulle eendag kies om daar te woon sal ek
natuurlik verheug wees, maar dit sou hulle keuse wees)

>
>> Ek kan liewers vra wat maak julle wat in Suid-Afrika woon op
>> hierdie nuusgroep?
>
> Stadig oor die klippe, sussie. Na die beste van my wete is hierdie ng NIE
> 'n eksklusiewe klub vir julle oor die water nie. Dat dit vir sommige van
> julle as naelstring met SA dien, is gewis. Die "uitgeweke" Afrikaners wat
> hier deelneem, is getallegewys negeerbaar klein in aanmerking geneem die
> aantal Afrikaners in die buiteland - self al tel jy ook die by wat net hier
> lees.

>> Soek julle pen pelle?
> Nee. Net interessante geselskap. Ons deel graag julle ervarings waar
> julle is. Stuur ook vir julle (op aanvraag) resepte van SA kos wat so baie
> van julle daar mis nou. Ook al pakkies weggestuur vir nuutgevonde
> vriende - Afrikaanse musiek op CD's, "Black & White" pyptabak, ens. en op
> my beurt weer goedjies terug ontvang wat hier onbekombaar duur is maar
> anderkant goedkoop is........... Moet ek aangaan met
opnoem ???

Ag ja omie, ek se ook hoeka nou die dag vir my man ek mis my ou
Black & White pyptabak darem vreeslik :-)) Ja, ons mis sekere
goed,
en sal seker altyd dit mis, maar hier is weer ander goed wat
julle nie het nie
wat ons sal mis as ons terugtrek.


>> Ons wat oorsee woon behoort aan hierdie groep om ons taal te probeer
>> behou, en gedigte is groot deel daarvan.
>
> Dis EEN manier - ongelukkig ontoereikend - en JY sal meer moet doen. As jy
> belangstel, kan ek jou verwys na adresse waar werklik lewendige
> taalbesprekings aan die gang is. Jy kan net baat daarby.

Ja, ek sal beslis belangstel, laat my gerus weet.

>> En ja, ek voel ook nie lekker oor die Leendert en Gloudina
>> gevegte nie, en ek wil geensins kant kies nie, maar dit voel my net dat
>> Leendert goed te persoonlik aantrek

Nou ja, dan gun ek Leendert sy styl veral aangesien hy moeite
doen
met taalhandhawing ens. Maar tog, hy moenie te persoonlik raak
en
die boodskapper wil doodskiet nie.

Pat
Re: Antwoord vir Omie [boodskap #25585 is 'n antwoord op boodskap #25581] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"PAT" wrote:
>
>> Wat DOEN jy om jou kinders in Afrikaans te onderrig ?
> Niks nie. Wat is die punt? Die een leer/praat Spaans, die
> ander een
> Frans as tweede taal.
>
>> Wil jy dalk hulp hê daarmee ? **** (Sien latere
> opmerking)
>
> Dankie vir die aanbod, maar dit is nie wenslik vir my om hulle
> Afrikaans te leer nie, want my man is Amerikaans, en hulle
> sukkel genoeg met hulle onderskeie tweede tale.

Jy ken die storie:

Iemand wat drie tale ken, is? ------- Drietalig.
Iemand wat twee tale ken, is? ------- Tweetalig.
Iemand wat net een taal ken, is? ------- Amerikaans! (Of Engels, as jy
met 'n Engelsman praat :-)

En toemaar, hierdie betrokke boodskapper is koeëlvas en bedek met Teflon.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Antwoord vir Omie [boodskap #25587 is 'n antwoord op boodskap #25585] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
>
> Jy ken die storie:
>
> Iemand wat drie tale ken, is? ------- Drietalig.
> Iemand wat twee tale ken, is? ------- Tweetalig.
> Iemand wat net een taal ken, is? ------- Amerikaans! (Of Engels, as jy
> met 'n Engelsman praat :-)
>

Maar dis waar wat jy sê Leendert, die Amerikaners is eentalig.
Maar
dis baie moeilik om n taal te handhaaf as jy nooit n kans kry om
dit te praat nie. Hier waarons woon is maar min mense van
Europa, en die skoolkinders kry moeilikas hulle nie kan oefen
daagliks nie.

Pat

> En toemaar, hierdie betrokke boodskapper is koeëlvas en bedek met Teflon.
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
>
Re: Antwoord vir Omie [boodskap #25605 is 'n antwoord op boodskap #25585] Vr, 27 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> PAT wrote:
>
>> Maar dis waar wat jy sê Leendert, die Amerikaners is eentalig.
>
> Dis nou wel waar dat die VSA offisieel net een taal het, maar disdarem
> nie die geval in die strate nie.

Dis wel waar dat kinders in verskeie state in die VSA nie onderwys mag
ontvang deur die medium van enige taal behalwe Engels nie. Fataal vir
die behoud van tale.

> Daar is baie dele van die
> suidwestelike dele van die VSA waar Spaans die algemene
> omgangstaal is.

En in die Suid-Ooste.

> As jy in die areas van Pennsylvania is waar die
> Amish is, is dit asof jy in 'n ander land is.

Klein, klein groepie.

> Daar is baie mense in
> Louisiana wat Cajun praat (die afstammelinge van die Acadians
> wat uit Kanada uitgestoot is toe hulle nie die eed van getrouheid
> aan die Britse kroon wou sweer nie. )

Piepklein groepie.

> So ek raak heeltemal
> geirreteer met Leendert se herhaalde ophaal van hierdie ou
> holruggeryde gesegde dat "Amerikaners" eentalig is.

Herinner my om dit weekliks te doen :-)

> Jy lieg dat
> die eerste nasies van Amerika net Engels kan praat.

Klein ou groepie mense wat oorgebly het nadat die meeste van hul
voorvaders deur jou soort uitgemoor is - net soos in Kanada.

> Jy lieg dat
> die Amish net Engels kan praat. Jy lieg dat die groot Kubaanse
> bevolking van byvoorbeeld Florida net Engels kan praat. Jy
> baseer jou observasie van die "Engels praat" van die Amerikaners
> op die feit dat jy (goeie wit omie wat jy is) net praat van die "wit"
> Amerikaners.

Geensins nie. Die meese van my Amerikaanse kennisse is "Afro-
Americans". Nie een van hulle praat meer as een taal nie.

> Die ander tel natuurlik nie. Op die pueblos, in die
> bayous van Louisiana - daardie mense tel nie.

Wel ou Sweetheart, jy (net soos Harald Pakendorf) herinner ons gereeld
dat Afrikaners in SA "nie tel nie", omdat hulle 'n minderheid is. Ek
volstaan daarmee dat eentaligheid 'n oorheersende kenmerk is van die
bevolking van die VSA, net soos in Britanje.

En nee. Ek het nêrens beweer dat _enigeen_ in die VSA Engels praat nie.
Met die uitsondering van 'n paar Britse aktrises en hier en daar 'n
verarmde Engelse edelman wat sy titel aan 'n Amerikaanse "heiress"
uitgetrou het in ruil vir haar geld, dink ek nie Engels word enigsins
in die VSA gepraat nie.

Allervriendelikste groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Antwoord vir Omie [boodskap #25606 is 'n antwoord op boodskap #25585] Vr, 27 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

PAT wrote:

> Maar dis waar wat jy sê Leendert, die Amerikaners is eentalig.

Dis nou wel waar dat die VSA offisieel net een taal het, maar disdarem
nie die geval in die strate nie. Daar is baie dele van die
suidwestelike dele van die VSA waar Spaans die algemene
omgangstaal is. As jy in die areas van Pennsylvania is waar die
Amish is, is dit asof jy in 'n ander land is. Daar is baie mense in
Louisiana wat Cajun praat (die afstammelinge van die Acadians
wat uit Kanada uitgestoot is toe hulle nie die eed van getrouheid
aan die Britse kroon wou sweer nie. ) So ek raak heeltemal
geirreteer met Leendert se herhaalde ophaal van hierdie ou
holruggeryde gesegde dat "Amerikaners" eentalig is. Jy lieg dat
die eerste nasies van Amerika net Engels kan praat. Jy lieg dat
die Amish net Engels kan praat. Jy lieg dat die groot Kubaanse
bevolking van byvoorbeeld Florida net Engels kan praat. Jy
baseer jou observasie van die "Engels praat" van die Amerikaners
op die feit dat jy (goeie wit omie wat jy is) net praat van die "wit"
Amerikaners. Die ander tel natuurlik nie. Op die pueblos, in die
bayous van Louisiana - daardie mense tel nie.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Re: Wat is die doel (PAT en Leendert) ???
Volgende onderwerp: Engels???
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 01:28:39 MGT 2024