Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: God IS goed!
Re: God IS goed! [boodskap #25367] Wo, 18 Augustus 1999 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Aug 1999 21:27:26 +0200, "Dries Venter" wrote:

|NS: Ek kon nog nooit heeltemal besluit of Schuller tot die sg. "faith
|movement/prosperity gospel"-kader behoort nie, somtyds tree hy baie
|Calvinisties-gereformeerd op, ander kere meer soos die voormelde beweging.
|Het iemand anders 'n opinie hieroor?
|
Weet jy Dries, ek dink dit het te doen met sy samelewing. Vandat ek hier in
Amerika is en die Amerikaners in die kerk sien, wil ek nou sê lyk Dr Schuller
vir my na minder van 'n "faith movement/prosperity gospel"-prediker as eers.
Binne die Amerikaanse kerkgemeenskap, wat ek self maar nog gebrekkig ken,
kan mens hom seker maar as baie meer konserwatief sien en heeltemaal
Calvinistief - gereformeerd.

Plaas hom binne SA en ek dink meeste ouens van die drie gereformeerde
susterkerke gaan hom as 'n Amerikaanse TV prediker sien. (Hier is baie erger TV
predikers op die TV te sien!) Ek hou baie van DR Schuller, maar kry nie baie
tyd om hom te bluister nie. Sy seun preek ook baie mooi en is ook verbonde aan
die selfde pragtige kerk.

Ek het nou al 'n paar mense by ons kerek (United Methodist) hoor sê dat hulle na
hom luister as hulle dit nie op 'n Sondag oggend kerk toe maak nie.
Vorige onderwerp: Benodig inligting asseblief
Volgende onderwerp: Zip Disks 250mg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 18:59:36 MGT 2024