Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Komete -
Komete - [boodskap #25309] So, 15 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Wou net handoek ingooi want skielik was omtrent al die ou hande onsigbaar.
En nou het die komete weer verskyn...........

Gloudie is op 'n leeftyd waar dinge oornag kan verander en met haar
verdwyning het ek regtig die ergste gevrees. Tref tog betyds reelings dat
sou die emmer in jou pad kom en jy hom dalk raakskop, dat iemand tog 'n
beriggie in dier voege hier plaas. Het jy nou van die Japanese siel in
jou rekenaar ontslae geraak ?????

Leendert was bitterlik stil - onnatuurlik. Maar welkom terug. Die stryd
duur voort.

Welkom terug Bees !!!!!!!!!!! Jy weet waar om my in die hande te kry.

Wat het van Shannon geword ???

En waar's Royleen ????

Vriendelik - vanuit 'n snikhete Walvisbaai met 'n lekker oostewind in die
Namib.

Omie
Re: Komete - [boodskap #25310 is 'n antwoord op boodskap #25309] So, 15 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

> Het jy nou van die Japanese siel in
> jou rekenaar ontslae geraak ?????

Nee, Windows 98 akkomodeer nie net Japanese fonts nie, maar Chinees en
Koreaans ook. Jy moet
net 'n spesifieke stukkie sagteware aflaai, dan kan
jy jou epos in Japanees ontvang. Die baie goeie
wordprocessor kon my man ook weer oor die net
aflaai. Nou soek hy nog net vir Japanese Word,
dan is hy waar hy vantevore gewees het. Ons het
dus nie meer twee environments in hierdie rekenaar
nodig nie.
Ons kan ook Tibetaans op hierdie rekenaar
skryf.

Die tannie wat nie sommer die emmer sal
omskop nie.

>
Re: Komete - [boodskap #25327 is 'n antwoord op boodskap #25309] Ma, 16 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Omie/Hans,

Stuur groete aan Duin 17 (dink ek), al my nerwe afgeval daar toe ek nog jonk
en jukkerig was!

Jan van Perth.
(IBICF)
djle...@bigfoot.com
squa...@perspiration.com.au
http://www.perspiration.com.au
ICQ 21792471

>
> Vriendelik - vanuit 'n snikhete Walvisbaai met 'n lekker oostewind in die
> Namib.
>
> Omie
>
Vorige onderwerp: Jy was (so half) reg, Ferdi!
Volgende onderwerp: Poslys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 12:50:26 MGT 2024