Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe leser
Nuwe leser [boodskap #25226] Ma, 09 Augustus 1999 00:00
Jo  is tans af-lyn  Jo
Boodskappe: 5
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hallo daar.

My naam is Jo en ek kom van die Kaap en woon nou 2 jaar in Oostenryk. Ek het
nou 2 jaar geen Afrikaans gepraat of gelees nie so daar is seker baie foute
in my "mail" .
Kan iemand my die resep van Johan se aapkliersous stuur, ek het te laat
hierdie nuusgroep ontdek

Dankie Jo!
Re: Nuwe leser [boodskap #25227 is 'n antwoord op boodskap #25226] Ma, 09 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 9 Aug 1999 21:17:25 +0200, "Jo" wrote:

|Hallo daar.
|
|My naam is Jo en ek kom van die Kaap en woon nou 2 jaar in Oostenryk. Ek het
|nou 2 jaar geen Afrikaans gepraat of gelees nie so daar is seker baie foute
|in my "mail" .
|Kan iemand my die resep van Johan se aapkliersous stuur, ek het te laat
|hierdie nuusgroep ontdek
|
Dit klink baie romanties om daar te woon en dit is seker ook, maar ek neem aan
dit is baie verskillend as om daar vakansie te hou. Ek het daar 'n pluim vir my
tiroolse hoed gekoop en dra dit so nou en dan vir die aardigheid.

Vertel ons bietjie meer van hoe jy dit daar ervaar... ek is seker hier is 'n
paar van ons wat baie nuuskierig is.

Vir die Appkliersous:

Hiekomy wee, Jo!

Ek begin met uie wat ek in bietjie olyfolie braai, stadig sodat dit nie brand
nie. Net voor die uie bruin word, gooi ek so 'n twee eetlepels bruinsuiker,
of appelkooskonfyt,
by en sodra dit gesmelt het en die uie lekker bedek het, skud ek die soya sous
bottel so paar maal oor die pan (hy ruik dan sterk, maar hy verdwyn gou in as jy
nie te veel gebruik nie).
Dan kom daar bietjie van die kook-rooiwyn van die supermark af - hierdie ouens
moet nou net lekker saampraat en nie brand nie - roer maar gedurig.
Die volgende is of tamaties wat geskil en fyn gemaak is, of amper 'n koppie
tamatiesous van een of ander aard. Selfs tamatie sop sal doen.
As jy lus is, kan jy 'n skoot Worcester sous by sit. Omdat ek die suiker by die
uie gesit het, wag ek tot nou toe om ook 'n bietjie kruiemengsel in te strooi
(mixed herbs = Amerikaans: mixed irbs), anders, soos vir maalvleis, gooi ek die
kruie al by die braaiende uie.

As dit lyk of die sous te gou wil dik word, sal jy sien daar is terselfdertyd
nie genoeg sous nie en dan doen ek maar so half koppie water op 'n slag by. Hy
kan maar bietjie aan die dun kant wees terwyl hy so prut - en op hierdie stadium
kan hy geduldig op die stoof wag vir die braaiery om te gebeur.

Net voor jy hom wil voorsit, moet hy net dunner wees as wat jy hom wil hê, want
dan kom die laaste stap wat ek by die heer Graham Kerr geleer het:

Jy koop arrowroot, 'n wit poeier om souse mee te verdik - dis baie duur in
gewone supermarkte (vind julle ook kruie in Amerikaanse supermarkte is baie
duur?), maar ek koop 'n pond op 'n slag by Penzey's.
Jy maak so teelepel van die goed aan met 'n kwart koppie water - dis dan
melkerig. Dan haal jy die pan of pot van die stoof af vir ten minste tien
sekondes en gooi die arrowroot by en roer dit goed deur. Dan kan jy hom maar
weer terug stoot op die plaat. Soos hy gaar word, sal die arrowroot se
melkerigheid helder word en die sous net reg verdik en die mooiste van die
arrowroot is dat hy die sous geweldig blink maak - die kos lyk regtig aantreklik
met die baie blink sous oor. (Dit geld vir enige sous).

Hoop julle eet lekker!

Graham Kerr kan gesien word by :

http://www.grahamkerr.com/index.htm

en Penzey's by:

http://www.penzeys.com/index.htm

Ons is gelukkig om 'n Penzey's hier in St Paul te hê - dis 'n belewenis om daar
in te stap en te kies uit vier verskillende soorte kaneel en al die kruie reuke
te ruik.
Dis waar ek my koljander op groot maat koop vir die boerewors. Dan moet dit nog
gebrand word en gemaal word.
Vorige onderwerp: Malelane
Volgende onderwerp: Re: working abroad ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 09:32:23 MGT 2024