Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lekker om terug te wees
Lekker om terug te wees [boodskap #25225] Ma, 09 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Gegroet alle luisteraars (of is dit lesenaars?)

Na my twee jaar omswerwinge in die VSA is ek weer terug in SA. Ek het vanaf
Februarie nie veel van die nuusgroepe gesien nie, maar het 'n week gelede
weer vir my 'n ISP aan geskaf. Groot was die plesier om so baie van die ou
bekendes nog steeds hier te sien (alhoewel Gloudina lyk of sy verdwyn het
soos ek uit een van die poste agterkom).

Een ding wat my opgeval het is dat daar omtrent geen russies meer tussen
mense hier is nie. Wat 'n verrassing :)

Om aan te sluit by die plasing oor sjokolades ens. Ek het glad nie van die
sjokolades in die VSA gehou nie. Ook chutney ens baie gemis. Met my terug
kom slag was ek glad nie teleur gestel met dit wat ek gemis het nie. Vir
die eerste 2 weke het ek, soos hulle sê, spreekwoordelik "uit gevark". Al
wat ek nou agterkom is dat ek sommige dinge van die VSA HIER mis :). 'n
Lekker Killians Red(Bier) sou nou darem heerlik afgaan. Of dalk 'n pakkie
BBQ Pork rinds (ja ja nou weet almal weer ek was in die suide tussen die
red-neck hehehe) So al wat ek nou eintlik will sê na die hele ou
langdraderige spul is dat mens ALTYD iets sal mis van die plekke wat jy
verlaat.

Groete

Neels

--
NaviTech cc
PO Box 31713
Totiusdal
0134

+27 82 375-1784
Re: Lekker om terug te wees [boodskap #25242 is 'n antwoord op boodskap #25225] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Neels Kriek wrote in message ...
> Gegroet alle luisteraars (of is dit lesenaars?)
>
> (alhoewel Gloudina lyk of sy verdwyn het
> soos ek uit een van die poste agterkom).
>
> Een ding wat my opgeval het is dat daar omtrent geen russies meer tussen
> mense hier is nie. Wat 'n verrassing :)
>

Dink jy hierdie twee verskynsels hou dalk met mekaar verband?
Re: Lekker om terug te wees [boodskap #25243 is 'n antwoord op boodskap #25225] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Aug 1999 12:50:17 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>

Dink jy hy gaan nie agterkom dat sy nie weg is nie?
Vorige onderwerp: Re: Digkuns in beweging
Volgende onderwerp: Internasionale sjokolade
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 19:56:35 MGT 2024