Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Apologie aan alle Suid Afrikaners en Pad na Genesing
Apologie aan alle Suid Afrikaners en Pad na Genesing [boodskap #25163] Di, 03 Augustus 1999 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hiermee wil ek graag om verskoning vra vir die pyn en
lyding wat ek alle politieke partye en hulle leiers, en
alle Suid Afrikaners, asook ondersteunende organisasies
nasionaal en internasionaal veroorsaak het, deur die pyne
van die verlede oop te krap. Dit is skandalig, en ek vra om
verskoning. Vergewe my asb.

God dank Sabsy het my geskop terug na die werklikheid toe.
My kop het gebars, ek kon nie anders nie. Ek het verneder
en verneder. Daarmee het het letterlik soos 'n Hitler
geword in die 1e en 2e wereldoorlog - wat sy eie mense
aangeval het. Dit is nie wat ek in SA wil hê nie. Ek smag
na vrede, en ons sal dit hier regkry.

Ek wil graag die ANC bedank vir die aanstelling van Dr
Luyt. En die verandering in die media teenoor Afrikaners in
die algemeen.

Die pyn, eensaamheid en isolasie waarin ek as persoon
verkeer, veroorsaak paranoia, laster, verdeel, oorheers,
God speel met mense, verlede oopkrap, mense op hulle
senuwees jaag, ens. Dit is nie wat ek in Spiritualisme
geleer is nie. Al noem my eie my 'n verraaier, sal ek
voortgaan met geestelike genesing soos wat vir my in
Spritualisme geleer is.

Ek hardloop weg en gaan soek plesier in ander lande. As ek
daar aankom, lewe ek in isolasie en eensaamheid. Kan nie
eers in SA liefde kry nie, en saai haat en jaloesie.

Maar mense het vir my gebid. Ek rekonsilieer met my
familie, wat ek vir jare nie wil gesien het nie, a.g.v. pyn
en lyding wat hulle my veroorsaak het. Gaan besoek vandag
my oom in die tronk, wat mense opgewerk het deur op hulle
senuwees te werk.

'n Mens kan net SA genees wanneer jy jouself eerste genees.
Die pyle van pyn en lyding, en lastering kom terug na my
toe, en deurbooor my hart. Almal 3 voud. En huil staal
trane.

Kom ons laat SA werk. Ek het baie gereis, en agtergekom
Suid Afrika is de beste land op aarde. Ek weier om uit SA
te immigreer. God sal ons beskerm, net as ons na die
voorbeeld terugkeer.

Ebony and ivory, living together in perfect harmony, side
by side on our piano keyboard, why don't we?

Ek glo ons kan. Ons het alreeds begin.

Ons pad na eenheid is d.m.v. genesing. Genees jouself, jou
naaste, vra omverskoning vir mense wat ons seergemaak het
en nie eers weet nie, en so genees ons ons gemeenskap,
volke en land.

Al huil ons almal staal trane, ons sal gaan na staal
vreugde. En weer God's own country word.

Die wiel het alreeds gedraai en weet dit nie eers nie. My
swaer het Swartmense langs die pad gehelp wat gaan staan
het. Hy het verder gery, hulle seun opgetel wat petrol gaan
haal het, terug gebring. En gery. Toe weer omgedraai en
hulle gaan help om hulle enjin te laat aanskakel. Hy het
nie minder as 3 keer omgedraai. Die Swart vrou bedank hom,
en beantwoord haar "moenie vir my dankie sê nie, sê vir
Jesus dankie". Sy sing en dans in die pad, een loof Jesus
openlik.

Hy kon dit net gedoen het deur homself eerste te genees, sy
familie te help genees, daarna sy vriende kring, en nou
die mense in sy land.

Maleisie is 'n wonderlike land. Die Sjinese en Moslems het
geveg oor wie se land dit is. Die mense het opgestaan en
met die volgende vorendag gekom - as ons land die koek is,
en elkeen wil 'n deel kry, sal ons dit net regkry as ons
nie met mekaar veg nie, en eenheid in die koek kry. Dan kan
ons beleggings vanuit die buiteland kry. En hulle het 'n
fantastiese land opgebou. Moslems en Sjinese is almal
hardwerkende mense. Ons almal hier is hardwerkende mense,
de hel met die media - links en regs - wat haat spraak
onder mekaar.

Gaan terug na die Bybel - Jesus het almal genees, ongeag,
ras, kleur, geloof of geslag. Kyk na 1 Korinthiers 12 ons
het almal verskillende gawes. Saam is ons die een liggaam,
Suid Afrika.

1 Korinthiers 13: Aan die einde bly net geloof, hoop en
liefde oor, maar die belangrikste is die liefde.

Gestelike Eenheids Beweging. In Engels SUM: Spiritual
Unifying Movement. It is the sum of us that can make a
difference. Wanneer 'n flitslig in aparte stukke l^e, en
teem mekaar veg, dan help dit niks. Maar as dit in die
regte volgorde aan mekaar geskakel is, dan kom daar lig
uit. Synergy: Die som totaal van al die komponente is
groter as die komponente individueel. De hel met
verdeeldheids politiek. Ons sal nooit lig kry nie.

Ons almal het goeie en slegte foute. Wanneer ons op mekaar
se slegte foute konsentreer, dan dien ons die
Duisternis. Maar wanneer ons op mekaar se goeie
konsentreer, dien ons die Lig. Elke sekonde is ons keuse.
Nie as ons doodgaan nie. Lewe in die Lig. Suid Afrikaners
is nie gewoond aan komplemente nie. Die media het osn
geleer om mekaar af te breek. Ons kan net 'n sterk land
word as ons mekaar komplementeer, en nie afbreek nie. Dit
is hoekom die VSA so sterk is. Hulle komplementeer mekaar
baie.

Hierdie is miskien los staande, onsamehangende geskrywe.
Maar ek sukkel nog om 'n sukselsvolle skrywer te wees.

Vergewe my asb. Isolasie is pyn.

Adversity, sage useful guest
Severe instructor, but the best
It's from thee alone we know
Justly the value of the things below

Mag u suksesvol wees in u lewe. Ek wens u God se rykste
seen, sukses en voorspoed toe, vir u, u families, vriende
en besighede.

Al dobber ek rond, en ontvang ek baie haat, dit is my eie
skuld. Ek betaal daarvoor, moenie worry nie. Never play cat
and mouse games if you are a mouse.

Lief vir almal hier
Reisende Johan

Vorige onderwerp: Re: Warning! The eclipse approaches... {7.2w}
Volgende onderwerp: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 19:30:28 MGT 2024