Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: OHOPOHO
Re: OHOPOHO [boodskap #25136] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
STR@NGE  is tans af-lyn  STR@NGE
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
ProPacem skryf na aanleiding van Lou se
->-> OHOPOHO!!!!

-> Ek vermoed hierdie is 'n kuberafkorting, maar ek weet nie wat dit beteken nie.

Leswin, die woord Ohopoho het 'n apokriewe
herkoms, hoewel tog humoristies:
Oubaas Werth het destyds nadat hy
Administrateur van die ou Suidwes geword het,
moeite gedoen om die land te verken. Op een
van dié reise oor Suidwes se onmoontlike
paaie het hy glo by 'n yslike slaggat
uitgeroep: 'O, hou poephol, hou!' Sy
amptenare het die plek toe 'n naam gegee en
dit glo verkort tot Ohopoho en later tot
Opuuo.
Maar, soos ek sê, dis volkome apokrief.
Re: OHOPOHO [boodskap #25162 is 'n antwoord op boodskap #25136] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kwarantyn wrote:
>
> Apokrief of te nie - dis soos ek dit ook gehoor het.
> Naderhand 'n soort familiespreekwoord geword in ons huis -
> die afkorting nou, nie die hele gesegde nie... wanneer
> dinge rof gegaan het, kon jy maar uitroep "ohopoho!" en
> almal het geweet jy beleef 'n krisis.
>

O HOu POepol HOu! Een of ander groot gees het die ding glo kwytgeraak
doer innie verre verlede. Ek dink Ferdi het laas keer uitgele^ waar dit
eintlik vandaan kom.
Vorige onderwerp: Kulturele raakpunte
Volgende onderwerp: Re: Warning! The eclipse approaches... {7.2w}
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 15:30:16 MGT 2024