Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Opdrag" deur HENRI LAURIE
"Opdrag" deur HENRI LAURIE [boodskap #25072] Sa, 31 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
OPDRAG
Henri Laurie

Om die klappers te verklap
en die geheime hoere uit hul laaie te lig
om elke sigaret oop te rol
om elke venster te ontsyfer.

Wie kan antwoord hê op die stomende son?
Daar lê die stof en die stilte,
en elders dreun die deure.
Of dit nou bloed of bloeisels is,
die swygende stilte moet blaker en kers.
Om die uiteidelike behoefte te groet,
om eens en vir altyd 'n eerbied te bekom,
muis te word in 'n trommelende spens,
om die drade en hoeke te span
en die oog sy belofte te lewer.

Dan kan ons in ons palms die toekoms voel,
en met ons voete soek vir vermistes,
dan kan ons daagliks die eensame son---
die lang son, die son van ons voorsate---
op ons skouers laai en in ons matte saai
en in elke gesprek oes en dors en maal ons
die vernederende verbystering van die onlangs
ontblindes.

Waarom vra jy nog waar die ooste is,
of die getal van jou sonde?

Dis tyd om te sien wat daar te sien is.
Re: "Opdrag" deur HENRI LAURIE [boodskap #25099 is 'n antwoord op boodskap #25072] So, 01 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dis tyd om te sien wat daar te sien is.

En die reg om onsself uit te druk soos ons is. Ons skandes
en ons oorwinnings. En hier sien ons in onsself die mens
wat was, is en wil laat wees. Beide ons grot van skande en
ons genotsgrot van vreugde.

Vorige onderwerp: "Elementaal" deur HENRI LAURIE
Volgende onderwerp: "Muskiete Jag" deur A.D. KEET
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 17:28:48 MGT 2024