Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Gloudina weet dalk iets!
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #24840] Vr, 23 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
André Swart  is tans af-lyn  André Swart
Boodskappe: 15
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina

Gaan bestudeer bietjie die ewolusie wetenskap en daarna gaan kyk jy bietjie
wat die Westerse mense reeds in 1450 (Leonardo Da Vinci) vermag het - en dan
verduidelik jy vir ons almal waarom die Afrika mense nog nie in 1999
ontwikkel het tot op die 1450 vlak van Westerlinge nie.

Wanneer dink jy sal hulle (Afrikamense) by 1450 se vlak van ontwikkeling
uitkom?

Ek wil werklik weet!

Opregte groete

André
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #24928 is 'n antwoord op boodskap #24840] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 Jul 1999 12:33:33 +0200, "André Swart" wrote:

verduidelik jy vir ons almal waarom die Afrika mense nog nie in 1999[/color]
> ontwikkel het tot op die 1450 vlak van Westerlinge nie.
>
> Wanneer dink jy sal hulle (Afrikamense) by 1450 se vlak van ontwikkeling
> uitkom?>>

Ag hemel tog..... al weer die een.

OK, laat ek "in kind" antwoord: En wat van die Afrikane in Egipte en
die bruin mense van die Midde Ooste en die Indiers wat astronomie,
meetkinde en wiskunde uitgevind het toe die Europeers nog snorkend in
die woude rondgesnuffel het?

Wat maak jy daarvan.....

En van die Chinese?

Beteken dit nou die Egiptenare is slimmer as die Europeers?
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #24991 is 'n antwoord op boodskap #24840] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Tue, 27 Jul 1999 20:27:34 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
> Greyling) wrote:
>
> |OK, laat ek "in kind" antwoord: En wat van die Afrikane in Egipte en
> |die bruin mense van die Midde Ooste en die Indiers wat astronomie,
> |meetkinde en wiskunde uitgevind het toe die Europeers nog snorkend in
> |die woude rondgesnuffel het?
> |
> Jy maak nie veel sin, selfs met jou "in kind", as jy Egiptenare van
> 10,000 jaar gelede met die swart bevolking van Afrika vergelyk
nie.

En wat maak dan soveel sin daarin vir iemand wie se voorgeslagte
(neem ek aan) reeds vir eeue aan die suidpunt van Afrika woon, om
hom te beroem op die prestasies van 'n Italianer uit die 15de
eeu? Hoeveel Italiaanse bloed het hy in hom? Of is dit maar net
omdat hy, soos Leonardo, 'n wit vel het?

Swart Simon
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #24992 is 'n antwoord op boodskap #24840] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 27 Jul 1999 20:27:34 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

|OK, laat ek "in kind" antwoord: En wat van die Afrikane in Egipte en
|die bruin mense van die Midde Ooste en die Indiers wat astronomie,
|meetkinde en wiskunde uitgevind het toe die Europeers nog snorkend in
|die woude rondgesnuffel het?
|
Jy maak nie veel sin, selfs met jou "in kind", as jy Egiptenare van
10,000 jaar gelede met die swart bevolking van Afrika vergelyk nie.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #24993 is 'n antwoord op boodskap #24840] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message > En wat maak
dan soveel sin daarin vir iemand wie se voorgeslagte
> (neem ek aan) reeds vir eeue aan die suidpunt van Afrika woon, om
> hom te beroem op die prestasies van 'n Italianer uit die 15de
> eeu? Hoeveel Italiaanse bloed het hy in hom? Of is dit maar net
> omdat hy, soos Leonardo, 'n wit vel het?
>
Of dit sin maak of nie - en of dit polities korrek is of nie - dit weet ek
nie, maar ek vereenselwig my eerder met die 15de eeuse Italianer as met 'n
hedendaagse swart Afrikaan. En let wel, ek sê nie beroem nie (ek weet nie
wat jy wil beroem nie, Simon).
My taal en kultuur het meer raakvlakke met die Italianers as met die swart
inwoners van Afrika.

Maar dwaal jy nie effens hier van die punt af nie, SS? Lees weer Ferdi se
plasing mooi.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25029 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:37ab9c09.17012616@news.icon.co.za...
> Ek vereenselwig my baie baie eerder met Mandela ...snip-snip....van hom as almal op
> aarde).
>
> Hoe voel jy oor St. Augustinus? Vereenselwig jy jou met hom?
>
Gaan kyk asb na my antwoord op Leswin se plasing.
Vertel my meer van St Augustinus (waaroor wil jy so graag hê ek moet
kommentaar lewer?)

Johan
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25030 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 Jul 1999 01:13:58 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

Greyling) wrote:[/color]
>
> |OK, laat ek "in kind" antwoord: En wat van die Afrikane in Egipte en
> |die bruin mense van die Midde Ooste en die Indiers wat astronomie,
> |meetkinde en wiskunde uitgevind het toe die Europeers nog snorkend in
> |die woude rondgesnuffel het?
> |
> Jy maak nie veel sin, selfs met jou "in kind", as jy Egiptenare van
> 10,000 jaar gelede met die swart bevolking van Afrika vergelyk nie.>>

En as die Egiptenare swart was, hmmmmm?
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25031 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:37aa9bd1.16956879@news.icon.co.za...
> On Thu, 29 Jul 1999 01:13:58 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
>
> > Greyling) wrote:
>>
>> |OK, laat ek "in kind" antwoord: En wat van die Afrikane in Egipte en
>> |die bruin mense van die Midde Ooste en die Indiers wat astronomie,
>> |meetkinde en wiskunde uitgevind het toe die Europeers nog snorkend in
>> |die woude rondgesnuffel het?
>> |
>> Jy maak nie veel sin, selfs met jou "in kind", as jy Egiptenare van
>> 10,000 jaar gelede met die swart bevolking van Afrika vergelyk nie.>>
>
> En as die Egiptenare swart was, hmmmmm?
>
... en ook soos die swart bevolking van Afrika nie astronomie en "meetkinde"
en wiskunde sover gevoer het as die midde ooste en Indie nie, dan was die
redenasie seker anders, né....
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25032 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Johan" e...@dot.com

Jy vereenselwig jou eerder met 'n Italianer as 'n Swart Afrikaan? En jou taal
en kultuur het meer raakvlakke met Italianers as Swart Suid-Afrikaners? Watter
deursigtige verskoning vir die raakvlak waaroor dit werklik gaan - melanien en
pigment. Met wie dink jy praat jy Afrikaans hier. Is ek nie 'n Swart Afrikaan
nie en is dit nie ONS taal nie? En eet beide jy en afrikane nie boerewors,
biltong, mopaniewurms, kaapse kêrrie nie of drink castle, Klipdrift en fanta
orange nie - als kultuurgoed. En wanneer jy die grond in Namakwaland ruik na
die eerste lentereëns weet jy nie, nes die swart afrikaan langs jou, dat geen
ander plek ter wêreld só ruik nie? Of wanneer jy mor en por oor Amerikaners
wat nie so sosiaal en geredelik oor en weer kuier nie, of hul oumense in
ouetehuise sit, of hul kinders wat nie "respek" het vir hul ouer meerderes nie,
weet jy nie dat jy 'n kulturele bakermat met daardie swart afrikaan deel nie?
Julle geskiedenis oor drie eeue heen is intiem met mekaar verstrengel. Maar
nee - jy vereenselwig jou met 'n Italiaanse taal en kultuur. Skree jy vir die
Italiaanse sokkerspan? Praat jy Italiaans? Is daar 'n erfresep in jou familie
vir Portabello sampioene en mozzarella? Weet jy hoe verskillende Italiaanse
streke mekaar tipeer? Het jy al ooit wakkergeskrik in die Italiaanse Alpe en
besef dat jy tuis is - of 'n sonsondergang in Sicilië gadegeslaan en in jou
binneste geweet dat jou wortels dáár is? maar jy vereenselwig jou met 'n
Italiaanse taal en kultuur en het nie "raakvlakke" met swart afrikane nie. Wat
de hel is ek en waarom verstaan jy my verwysings, allusies, spreuke, gesegdes?
Meer raakvlakke inderdaad. Bly lekker in Minnesota, Johan - die nag kou aan
jou dak en jy weet dit nie eens nie (verskoning aan Breytenbach).

"The roots that nurture, and the roots that strangle. They're the only roots
we have". Arthur Nortjé, swart suid-afrikaanse digter, kort voor sy sterfte in
Londense bannelingskap nadat die apartheidsregering van die dag hom verban en
uit die land geskop het.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25033 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem  skryf in boodskap news:19990730011744.03788.00002898@ng-cs1.aol.com...
>  Jy vereenselwig jou eerder met 'n Italianer as 'n Swart Afrikaan?

Ja, is dit so moeilik om te glo?

> En jou taal
>  en kultuur het meer raakvlakke met Italianers as Swart Suid-Afrikaners?

Dis my ervaring, ja.

>   Watter
>  deursigtige verskoning vir die raakvlak waaroor dit werklik gaan - melanien en
>  pigment.

Moenie alweer rassisme hier insleep nie, Leswin.

>  Met wie dink jy praat jy Afrikaans hier.  Is ek nie 'n Swart Afrikaan
>  nie en is dit nie ONS taal nie?

Watter swart bevolkingsgroep kom jy uit, Leswin?  Is jy 'n Zulu, Sotho of
dalk Venda? Watter initiasie skool het jy begewoon?  Ek was onder die indruk
jy is afkomstig uit die bruin gemeenskap van die Kaap..?

> En eet beide jy en afrikane nie boerewors, biltong,

Nee, swart mense het eers leer boerewors en biltong eet nadat Europeers dit
in SA begin maak en verkoop het.

> mopaniewurms,

...defnitief nie!!!!!!

>  kaapse kêrrie nie of drink castle, Klipdrift en fanta orange nie - als
kultuurgoed.

Nie juis dinge wat die Europeers hier kom kry het wat eie was aan die swart
volke voor die Europeers dit aan hulle bekend gestel het nie, né

>   En wanneer jy die grond in Namakwaland ruik na
>  die eerste lentereëns weet jy nie, nes die swart afrikaan langs jou, dat geen
>  ander plek ter wêreld sê ruik nie?

Elke plek in die wereld ruik anders en dit het niks te doen met watter
kultuurgroep ek my vereenselwig nie.

>  Of wanneer jy mor en por oor Amerikaners
>  wat nie so sosiaal en geredelik oor en weer kuier nie, of hul oumense in
>  ouetehuise sit, of hul kinders wat nie "respek" het vir hul ouer meerderes nie,
>  weet jy nie dat jy 'n kulturele bakermat met daardie swart afrikaan deel
nie?

Die mor en  por het jy by iemand anders gehoor - nie by my nie!

>  Julle geskiedenis oor drie eeue heen is intiem met mekaar verstrengel.

Ons geskiedenis, ja, maar nie ons kultuur nie.

> Maar
>  nee - jy vereenselwig jou met 'n Italiaanse taal en kultuur.

...eerder as 'n swart kutuur - ek het spesifiek die twee met mekaar
vergelyk.

>  Praat jy Italiaans?

Nee, maar Afrikaans het meer in gemeen met die Europese tale - almal - as
met Afrika tale.
Ek luister eerder Italiaanse opera en volg die libretto in Italiaans as wat
ek na tradisionele swart Afrika musiek sal luister.

>  Is daar 'n erfresep in jou familie
>  vir Portabello sampioene en mozzarella?

Ja, ek het Ouma Elsie se Macaroni resep in my boek - baie lekkerder as die
standaard Macaroni en Kaas.
En Anette Human se pizza resep (nou nie 'n erf resep nie, maar darem 'n
Italiaanse dis - Amerikaans/Italiaans - wat al deel van my kultuur geword
het).

>  Het jy al ooit wakkergeskrik in die Italiaanse Alpe en
>  besef dat jy tuis is - of 'n sonsondergang in Sicilië gadegeslaan en in jou
>  binneste geweet dat jou wortels dáár is?

Baie naby - in Venesie het ek gaan soek na kant makers en my ma soontoe
geneem en daar besef hoe 'n klein wereldjie ons bewoon - waar ons en die
Italiaanse vroue mekaar glad nie kon verstaan wat die taal betref nie, maar
dat die kant wat my ouma en ma met die hand maak, dieselfde steke en metodes
deel as die kant wat wat daardie vrouens daar sit en maak het.
Ek en my pa het dit geniet om te sien hoeveel van ons godsdiens se
geskiedenis in Italie afgespeel het - en ons kultuur se kunsgeskiedenis.

>  maar jy vereenselwig jou met 'n
>  Italiaanse taal en kultuur en het nie "raakvlakke" met swart afrikane nie.

Nie soveel as met die Europeers nie, nee.

>  Wat
>  de hel is ek en waarom verstaan jy my verwysings, allusies, spreuke,
gesegdes?

Vertel my presies wat jy is  - ek vermoed ons grootste gemene deler is
taal, maar van die res moet jy maar sê.

>  "The roots that nurture, and the roots that strangle.  They're the only roots
>  we have". Arthur Nortjé, swart suid-afrikaanse digter, kort voor sy sterfte in
>  Londense bannelingskap nadat die apartheidsregering van die dag hom verban en
>  uit die land geskop het.

Lei ek reg af dat jy Kleurlinge en swart Suid Afrikaners in een kassie sit?

Jy sal my redenasie beter volg as jy aanvaar dat ek dit nie doen nie.  Ek
sluit die bruinmense uit as ek van swart SuidAfrikaners praat.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25034 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 Jul 1999 16:33:23 -0500, "Johan" <e...@dot.com> wrote:

<<>Of dit sin maak of nie - en of dit polities korrek is of nie - dit weet ek
> nie, maar ek vereenselwig my eerder met die 15de eeuse Italianer as met 'n
> hedendaagse swart Afrikaan.  En let wel, ek sê nie beroem nie (ek weet nie
> wat jy wil beroem nie, Simon).
> My taal en kultuur het meer raakvlakke met die Italianers as met die swart
> inwoners van Afrika.>>

Ek vereenselwig my baie baie eerder met Mandela (swart man van Afrika)
as met die kerklike martelaar in Italie in die 15de eeu wat Galileo se
mond gesnoer het.

Maar daarvan gepraat, wat op aarde het n Italianer van die 15de eeu
met jou - n Suid-Afrikaner van vandag - te doen??!!

Jy dra nie sy gene nie jy praat nie sy taal nie jy eet nie sy kos nie
jy deel nie sy godsdiens nie jy is nie familie van hom nie (aa! of
soos Borges sou gese het - net soveel familie van hom as almal op
aarde).

Hoe voel jy oor St. Augustinus? Vereenselwig jy jou met hom?
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25035 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan skryf in boodskap news:2Mjo3.1452$X97.225825@ptah.visi.com...
> Vertel my presies wat jy is - ek vermoed ons grootste gemene deler is
> taal, maar van die res moet jy maar sê.
>
Ek vergeet: ons altwee hou darem ook van lekker whiskey!!!!

Johan
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25059 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Waar kruip 'n Ninkenpoop soos jy uit om so uitspraak en oordeel oor my
> te maak?!?!

Ek kruip uit 'n paar akademiese inrigtings
in Suid-Afrika en Noord-Amerika uit. Tot
tyd en wyl jy Engels goed kan spel, stel ek
ook voor dat jy nie woorde uit daardie taal
leen en hulle dan belaglik spel wanneer jy
hulle aanhaal nie. (Sien jou "Ninkenpoop.")

Gloudina
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25060 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:37ac9d30.17307660@news.icon.co.za...
> En die More wat die suide van Europa vir so lank beset het, daar
> ondertrou het en wiskunde aan die barbare daar geleer het!
>
Hoekom het hulle nooit die res van Afrika geleer om die wiel te gebruik of
hulle geskiedenis op te skryf of wiskunde te ontwikkel nie?
Lyk my hierdie More van jou was heeltemaal te Eurosentries.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25061 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:7nsbug$qlf$1@news.igs.net...
> Tot
> tyd en wyl jy Engels goed kan spel, stel ek
> ook voor dat jy nie woorde uit daardie taal
> leen en hulle dan belaglik spel wanneer jy
> hulle aanhaal nie. (Sien jou "Ninkenpoop.")
>
Soos "meetkinde", né.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25062 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Jul 1999 03:00:51 GMT, wrote:

verkondig dat jou taal en kultuur[/color]
> meer raakvlakke het met die Italianers
> as met die inwoners van Afrika. Maar
> vireers, jou taal (indien jy na
> Afrikaans verwys) is Germaans, en nie
> afkomstig van Latyn nie. En die
> huidige Italiaanse bevolking se bloed
> is kwistig vermeng met die bloed van
> mense uit Noord Afrika, wat die Romeine
> as slawe ingevoer het.>>

En die More wat die suide van Europa vir so lank beset het, daar
ondertrou het en wiskunde aan die barbare daar geleer het!

van Leonardo da Vinci aangaan, is die[/color]
> bevolking van Afrika net soveel sy erf-
> gename as jy. Elke swart intellek wat
> geskoold is, is sy erfgename - miskien
> meer as jy, wat somtyds maar klink of
> jy nie 'n baie stywe grip op die
> geskiedenis van die laaste paar eeue het
> nie. Ek vind jou baie arrogant. >>

Inderdaad.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25063 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 Jul 1999 05:02:07 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

<<>Waar kruip 'n Ninkenpoop soos jy uit om so uitspraak en oordeel oor my
>te maak?!?!>>

Jou geweeg aan die hand van weke en weke en weke se bydraes op die
nuusgroep.
Ek moet met haar saamstem oor jou.

(Maar wat jy eintlik se is dat jy swartmense haat/vrees en die
probleem besweer deur hulle in 'n kategorie onder jou klassifiseer.)
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25064 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Jul 1999 03:00:51 GMT, wrote:
|> My taal en kultuur het meer raakvlakke met die Italianers as met die swart
|> inwoners van Afrika.
|
| Dis natuurlik vreeslik handig om te
| verkondig dat jou taal en kultuur
| meer raakvlakke het met die Italianers
| as met die inwoners van Afrika. Maar
| vireers, jou taal (indien jy na
| Afrikaans verwys) is Germaans, en nie
| afkomstig van Latyn nie.

Ek het nie so gesê nie - ek vind jou baie stiksienig.

| En die
| huidige Italiaanse bevolking se bloed
| is kwistig vermeng met die bloed van
| mense uit Noord Afrika, wat die Romeine
| as slawe ingevoer het.

Wil jy dan eerder hê ek moet sê:

"My taal en kultuur het meer raakvlakke met die Italiaanse kleurlinge
as met die swart inwoners van Afrika."?

...as dit jou gelukkig maak.....
|
| Vir sover dit die intellektuele nalating
| van Leonardo da Vinci aangaan, is die
| bevolking van Afrika net soveel sy erf-
| gename as jy. Elke swart intellek wat
| geskoold is, is sy erfgename - miskien
| meer as jy, wat somtyds maar klink of
| jy nie 'n baie stywe grip op die
| geskiedenis van die laaste paar eeue het
| nie. Ek vind jou baie arrogant.
|
Waar kruip 'n Ninkenpoop soos jy uit om so uitspraak en oordeel oor my
te maak?!?!
Oorweeg bietjie die feit dat weinig van ons dink dat jy enigsinds 'n
stewige grip op die hede het. Kry 'n life, Gloudina! ...en moenie
by die venster uitkyk as jy voor die rekenaar sit nie.....
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25065 is 'n antwoord op boodskap #24840] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Johan" writes:

> My taal en kultuur het meer raakvlakke met die Italianers as met die swart
> inwoners van Afrika.

Dis natuurlik vreeslik handig om te
verkondig dat jou taal en kultuur
meer raakvlakke het met die Italianers
as met die inwoners van Afrika. Maar
vireers, jou taal (indien jy na
Afrikaans verwys) is Germaans, en nie
afkomstig van Latyn nie. En die
huidige Italiaanse bevolking se bloed
is kwistig vermeng met die bloed van
mense uit Noord Afrika, wat die Romeine
as slawe ingevoer het.

Vir sover dit die intellektuele nalating
van Leonardo da Vinci aangaan, is die
bevolking van Afrika net soveel sy erf-
gename as jy. Elke swart intellek wat
geskoold is, is sy erfgename - miskien
meer as jy, wat somtyds maar klink of
jy nie 'n baie stywe grip op die
geskiedenis van die laaste paar eeue het
nie. Ek vind jou baie arrogant.

Gloudina
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25078 is 'n antwoord op boodskap #24840] Sa, 31 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 Jul 1999 10:46:59 -0500, "Johan" wrote:

news:37ab9c09.17012616@news.icon.co.za...[/color]
>> Ek vereenselwig my baie baie eerder met Mandela ...snip-snip....van hom as
> almal op
>> aarde).
>>
>> Hoe voel jy oor St. Augustinus? Vereenselwig jy jou met hom?
>>
> Gaan kyk asb na my antwoord op Leswin se plasing.
> Vertel my meer van St Augustinus (waaroor wil jy so graag hê ek moet
> kommentaar lewer?)>>

Kerklike filosoof in Europa in die tyd waarvan jy praat. Die eerste ou
wat gese het tyd is nie agtergrond waarteen die skepping plaasvind
nie, tyd is saam met die heelal geskep en is deel daarvan. Daarin het
hy mense soos Einstein en Stephen Hawking vooruit geloop.

Vereenselwig jy jou met hom?
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25079 is 'n antwoord op boodskap #24840] Sa, 31 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 Jul 1999 10:49:19 -0500, "Johan" wrote:

En as die Egiptenare swart was, hmmmmm?
>>
> ... en ook soos die swart bevolking van Afrika nie astronomie en "meetkinde"
> en wiskunde sover gevoer het as die midde ooste en Indie nie, dan was die
> redenasie seker anders, né....>>

En hoe ver het die Duitsers dit gevoer, hmmmm?

Dis nou op hul eie.

Of die Swede.

Of selfs jou geliefde Italianers?
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25087 is 'n antwoord op boodskap #24840] Sa, 31 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
James  is tans af-lyn  James
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ja, ek moet weer saam stem met jou Gloudina.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25088 is 'n antwoord op boodskap #24840] Sa, 31 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
James  is tans af-lyn  James
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jy het dit reg daar, Gloudina.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25089 is 'n antwoord op boodskap #24840] Sa, 31 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
James  is tans af-lyn  James
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ja, wil jy nou meer! Ha Ha!
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25090 is 'n antwoord op boodskap #24840] Sa, 31 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 Jul 1999 10:57:11 -0500, "Johan" wrote:

hulle geskiedenis op te skryf of wiskunde te ontwikkel nie?[/color]
> Lyk my hierdie More van jou was heeltemaal te Eurosentries.>>

Seker dieselfde rede as hoekom jou geliefde Italianers die dinge nooit
in die dom Duitse stamme se koppe kon kry nie.

Is jou voorvaders dalk Duits?
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25101 is 'n antwoord op boodskap #24840] So, 01 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
afro...  is tans af-lyn  afro...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
"Johan" wrote:
>

>
> Watter swart bevolkingsgroep kom jy uit, Leswin? Is jy 'n Zulu, Sotho of
> dalk Venda? Watter initiasie skool het jy begewoon? Ek was onder die indruk
> jy is afkomstig uit die bruin gemeenskap van die Kaap..?
>

Johan,
Ek vermoed die heer Leswin/Propacem is in 'n baie aardige posisie. Hy
weet hy is nie wit nie :- en se graag so. Hy weet hy is nie swart nie,
maar se nie dat dit nie so is nie.
Verder het hy slegs hierdie NG om sy hoogdraewende woordeboek Afrikaans
te praat. Daar waar hy nou bly verstaan geen niemand Afrikaans nie en
tuis, innie Paarl-Oos in sal hy ook gin indruk maak nie.

Dus Leswin/Propacem ons, gereelde lesers van die NG is trots op jou en
bly ons kan vir jou 'n gehoor wees. (En ek moet se ek is regtig
beindruk met jou Afrikaans)

Groete
'n Ou Omie

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25102 is 'n antwoord op boodskap #24840] So, 01 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 31 Jul 1999 22:01:53 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:
|
|En hoe ver het die Duitsers dit gevoer, hmmmm?
|
|Dis nou op hul eie.
|
|Of die Swede.
|
|Of selfs jou geliefde Italianers?
|
Gaan neem 'n paar boeke by die biblioteek uit en lees self op. Jy kan
begin met die groot-cliche-name: Fermi, Marconi, Einstein,
Schweitzer, Von Braun, ens, ens, ens......
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25115 is 'n antwoord op boodskap #24840] So, 01 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 31 Jul 1999 22:02:58 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:
|Is jou voorvaders dalk Duits?
|
|
Nederlands, Duits, Frans, Engels, en seker 'n lot waarvan ek nie eers
weet nie.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25122 is 'n antwoord op boodskap #24840] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 01 Aug 1999 15:57:56 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25123 is 'n antwoord op boodskap #24840] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Aug 1999 14:45:45 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|On Sun, 01 Aug 1999 15:57:56 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
|
|
|
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25140 is 'n antwoord op boodskap #24840] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Aug 1999 14:48:25 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|>Nederlands, Duits, Frans, Engels, en seker 'n lot waarvan ek nie eers
|>weet nie.>>
|
|Swart Afrikane dus ook, hmmmmm?
|En Maleise slawe?
|
|(Geen Italianers nie??!!)
|
|
Nie een van die bogemoende groepe in die hoofbloedlyn van die nege Suid
Afrikaanse geslagte nie, maar daar is baie sytakke en daar is seker maar swartes
en Maleiers en Italianers ook - ek is nie skaam oor hulle nie - as hulle daar
sou wees nie. Ek hou van genetiese diversiteit.

Dit verander nie my siening oor wie ek my die meeste mee vereenselwig nie.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25141 is 'n antwoord op boodskap #24840] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 Jul 1999 10:57:11 -0500, "Johan" wrote:

news:37ac9d30.17307660@news.icon.co.za...[/color]
>> En die More wat die suide van Europa vir so lank beset het, daar
>> ondertrou het en wiskunde aan die barbare daar geleer het!
>>
> Hoekom het hulle nooit die res van Afrika geleer om die wiel te gebruik of
> hulle geskiedenis op te skryf of wiskunde te ontwikkel nie?
> Lyk my hierdie More van jou was heeltemaal te Eurosentries.>>

Ek dinki nie jy verstaan dit nie.
Europa is Moor-sentries.

Maar vertel ons wat jou bydra tot die wereld is?

Of die Afrikaner s'n.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25142 is 'n antwoord op boodskap #24840] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Aug 1999 14:47:40 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|Ek dinki nie jy verstaan dit nie.
|Europa is Moor-sentries.

Soos my pa nou sou gesê het, jy kan darem maar 'n klomp kaf verkoop!
|
|Maar vertel ons wat jou bydra tot die wereld is?
|
|Of die Afrikaner s'n.
|
|
Wat wil jy maak as jy weet?
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25143 is 'n antwoord op boodskap #24840] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 01 Aug 1999 15:59:39 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

Greyling) wrote:[/color]
> |Is jou voorvaders dalk Duits?
> |
> |
> Nederlands, Duits, Frans, Engels, en seker 'n lot waarvan ek nie eers
> weet nie.>>

Swart Afrikane dus ook, hmmmmm?
En Maleise slawe?

(Geen Italianers nie??!!)
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25147 is 'n antwoord op boodskap #24840] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Johan" e...@dot.com

>> Jy vereenselwig jou eerder met 'n Italianer as 'n Swart Afrikaan?
>
> Ja, is dit so moeilik om te glo?
>

In die algemeen, ja. Komende van jou, nee.

> Moenie alweer rassisme hier insleep nie, Leswin.

Wanneer 'n slang jou in die enkel byt, help dit nie om te sê daar is geen slang
nie.

> Is jy 'n Zulu, Sotho of
> dalk Venda?

Natuurlik gaan daar enkele verskille wees in 'n heterogene gemeenskap (en selfs
streeksverskille in 'n homogene gemeenskap). My argument het duidelik angevoer
dat die balans van ooreenkomste teenoor verskille swaarder weeg beide in
vergelyking met groepe binne suid-afrika en selfs meer so met groep buite (jou
italianers).

> Nee, swart mense het eers leer boerewors en biltong eet nadat Europeers dit
> in SA begin maak en verkoop het

En wat beteken dit? Italianers het eers pasta begin eet nadat Marco Polo dit
uit die Ooste gebring het. Jou hot dog is 'n poolse uitvinding. Jazz en blues
(jou land se grootste bydrae tot wereldkultuur, na my mening) het hul oorsprong
in die swart ervaring. Kultuur is nie staties nie, en assimileer en verhef
sekere simbole tot nasionale kultuurgoed (potjiekos en afrikaans, na jou
argument byvoorbeeld, is maar twyfelagtige "witgoed").

>Elke plek in die wereld ruik anders en dit het niks te doen met watter
> kultuurgroep ek my vereenselwig nie.

Jy verstaan nie - en dit blyk nie dat jy daartoe in staat is om daardie
metafisiese, geestelike en magiese konneksie met plek - kultuurplek, mensplek,
ekplek - te vorm nie. 'n Konneksie wat materiële gemaksones ignoreer.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25148 is 'n antwoord op boodskap #24840] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> afro...@my-deja.com

> Ek vermoed die heer Leswin/Propacem is in 'n baie aardige posisie. Hy
> weet hy is nie wit nie :- en se graag so. Hy weet hy is nie swart nie,
> maar se nie dat dit nie so is nie.

O hel. Duh. Ek weet wat ek is, afrozzie, en het dele van daardie identiteit
hier verwoord. En nie in die swart/wit manier hierbo nie.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25149 is 'n antwoord op boodskap #24840] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> afro...@my-deja.com

> Ek vermoed die heer Leswin/Propacem is in 'n baie aardige posisie. Hy
> weet hy is nie wit nie :- en se graag so. Hy weet hy is nie swart nie,
> maar se nie dat dit nie so is nie.

okay, ek het per ongeluk die "send-knopie" gedruk alvorend ek my volle reaksie
neergeskryf het. Weer eens, Afrozzie, ek het reeds my beskouiing van my
rassige identiteit by geleentheid hier bespreek. Jy sal opmerk, indien jy
moeite doen om na my eie woorde te luister en nie jou vooropgestelde definisies
van my nie, dat daardie beskrywing joue kontradikteer.

> Verder het hy slegs hierdie NG om sy hoogdraewende woordeboek Afrikaans
> te praat.

Ek het altyd Afrikaans só geskryf. Om dit hier hoogdrawend te noem en later te
sê hoe beindruk jy is daarmee, is 'n helse backhanded kompliment (indien even).
Voorts - alhoewel ek hierdie groep geniet vir die geleentheid wat dit bied om
my beiteltjie te slyp, is dit nie die enigste slypklip daarvoor nie.

> en
> tuis, innie Paarl-Oos in sal hy ook gin indruk maak nie.

Ek het jare in Paarl-Oos gewerk en gebly. En kan die indruk wat ek daar gemaak
het baie beter beoordeel as jy.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25165 is 'n antwoord op boodskap #24840] Wo, 04 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem schreef...
>> "Johan" e...@dot.com
>>> Jy vereenselwig jou eerder met 'n Italianer as 'n Swart Afrikaan?
>> Ja, is dit so moeilik om te glo?
> In die algemeen, ja. Komende van jou, nee.
>
Is dat dan echt zo raar? Wanneer 'n Nederlands elftal tegen buitenlands team
voetbalt, hoop ik dat ze winnen. Zijn alle Nederlandse ploegen uitgeschakeld
en is er nog een Belgische in de strijd, dan zal ik die het beste wensen,
zijn die er niet, dan ben ik voor de Duitsers of de Denen of de Noren,
.......... Min of meer naar geografische nabijheid en "culturele"
overeenkomsten (daarom staan de Fransen niet verder naar voren in het rijtje
:)

Ik geloof overigens niet dat iemand daar absoluut niet gevoelig voor is. Men
vereenzelvigt zich nu eenmaal makkelijker met iemand die op hem/haar lijkt.
En dan spreek ik niet over zoiets als huidskleur, maar vooral leeftijd,
sexe, achtergrond, hobbies, woonplaats, beroep en dergelijk. Je bent volgens
mij pas fout bezig als je "minder vereenzelvigen met" gelijk stelt met
"minder waard zijn". Voor mij is anders niet per definitie minder.

Groeten,
Arthur
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25166 is 'n antwoord op boodskap #24840] Wo, 04 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 4 Aug 1999 17:50:00 +0200, "Arthur Hagen" wrote:

|Ik geloof overigens niet dat iemand daar absoluut niet gevoelig voor is. Men
|vereenzelvigt zich nu eenmaal makkelijker met iemand die op hem/haar lijkt.
|En dan spreek ik niet over zoiets als huidskleur, maar vooral leeftijd,
|sexe, achtergrond, hobbies, woonplaats, beroep en dergelijk. Je bent volgens
|mij pas fout bezig als je "minder vereenzelvigen met" gelijk stelt met
|"minder waard zijn". Voor mij is anders niet per definitie minder.
|
Vir my beteken "vereenselwig met" dieselfde as "met wie ek my assosieer" - die
groep waarvan ek makliker sal deel word as ek moes. Die groep met wie ek voel
ek meer ooreenkomste het as met 'n ander. Die groep wat my makliker sal
verstaan en wie ek makliker sal verstaan (ek praat nie van taal nie). Die groep
onder wie ek makliker sal kan gaan woon.
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25176 is 'n antwoord op boodskap #24840] Do, 05 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 03 Aug 1999 20:18:43 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|>"Johan" e...@dot.com
|
|>> Jy vereenselwig jou eerder met 'n Italianer as 'n Swart Afrikaan?
|>
|>Ja, is dit so moeilik om te glo?
|>
|
|In die algemeen, ja. Komende van jou, nee.
|
|>Moenie alweer rassisme hier insleep nie, Leswin.
|
|Wanneer 'n slang jou in die enkel byt, help dit nie om te sê daar is geen slang
|nie.

As 'n slang jou byt, moenie eerste na sy kleur kyk nie - kyk eers of
jyself nie dalk gif sien waar daar nie gif is nie.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Vorige onderwerp: Profesiee oor SA
Volgende onderwerp: Wie wil corresponderen?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 09:07:41 MGT 2024