Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boodskap aan die ANC
Boodskap aan die ANC [boodskap #25037 is 'n antwoord op boodskap #25040] Vr, 30 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil graag Mnr. Mandela bedank dat hy bereid was om ANC
rewolusie politiek te laat vaar, en SA in 'n demokratiese
land met 'n amper geweldlose demokratiese verkiesing te
laat ingaan. Vir diegene wat saamgewerk het, wil ek graag
bedank. Maar hou nie van die ANGSTIGE tydperk wat dit was
nie. Kon dit nie meer vredevol hanteer gewees het, as alle
politieke partye daarvan verwittig was, glo ek.

SA was toe die domino wat nie omgeval het, soos wat al ons
Regses gedink het sou gebeur het, maar die domino wat
genesing gaan bring aan die res van Afrika.

Die Media wil ek graag bedank vir die pragtige kers
presedent wat julle in Edleen, Kemptonpark op pale gegee
het: Mbeki gaan oor Afrikaners loop. Media, moenie my
gathare taai maak nie. Het julle gesien hoe loop ek oor
julle. Julle sal julle gatte sien. Julle het nie sneeubal
se hoop in die hel nie.

Wat eintlik in die koerante gedruk was, is dat die ANC oor
Afrikaners sal loop as hulle hul aan kriminele
handelinge oorgee. Wat is fout om die selfde aan die ANC te
doen? Pelindaba aan Sjina te verkoop.
Re: Boodskap aan die ANC [boodskap #25038 is 'n antwoord op boodskap #25037] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
As die media gebruik word om mense se emosies op te jaag,
kan 'n mens net lag en dieselfde met hulle doen, en hulle
onnosel te laat lyk. Die wet van belans / karma is vir elke
aksie is daar 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie. Die dag
het gekom om die media te kry om nie die Regering op
plakkate te laster nie, asook om nie die Konstitusie te
verkrag nie. Ek beskou dit as my plig om dit terug na
neutraal toe te bring. Dit is liefde. Balans is 'n pragtige
wet.
Re: Boodskap aan die ANC [boodskap #25039 is 'n antwoord op boodskap #25037] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Maar dit is vergeldings politiek van my kant. Maar die ANC
nnem die voortou en stel die politieke voorbeeld. 'n
Kernaanleg is nie 'n Luyt rugbybal nie. Dit raak aan
internasionale groepsregte. Dit is lelike politiek.

Maar vir die Swartmense, wat in Ubuntu Liefde my meermale
laat deur optogte ry, deur toy-toy stap, deur onlus gebiede
ry, by 'n garage in Soshanguwe in onrus tyd laat petrol
ingee, vir julle sê ek dankie. Julle gun my my
menseregte. Vir julle menseregte sal ek veg ek vir vigs.

David Patient skree al jare vir vigs, maar niks gebeur nie.
Hy word ignoreer. Maar die tyd het gekom om vir ons as
Afrikaners, vir mense regte op te staan, want ek is nie
meer die rassis van 20 jaar gelede nie. De hel daarmee.

Hiermee wil ek graag die ANC bedank dat hulle
internasionale grense oopgemaak het vir SA, sodat ek na
enige land op hierdie planeet kan reis.

Indaba my Children
Let not my Country die

Umuntu Ubuntu A'Bantu (as ek dit reg gespel het)

Love all Serve all - keep the rainbow nation alive.
Travelling Johan
Re: Boodskap aan die ANC [boodskap #25040 is 'n antwoord op boodskap #25037] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
reisiger skryf in boodskap news:933358884.6090@www.remarq.com...
> het: Mbeki gaan oor Afrikaners loop. Media, moenie my
> gathare taai maak nie. Het julle gesien hoe loop ek oor
> julle. Julle sal julle gatte sien. Julle het nie sneeubal
> se hoop in die hel nie.
>
Dis nou kamma die ou wat Sai Baba se liefde en boodskap ondervind het, wat
so praat...?!?!?

..ek dog ek's deurmekaar.....!
Re: Boodskap aan die ANC [boodskap #25041 is 'n antwoord op boodskap #25040] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Co-Accountability" beteken ons veg vir mense regte.
David Patient word ignoreer. Ons sit met 'n ekonomiese en
sosiale krisis. Ek werk van 'n geestelike vlak af. As jy in
Sanusi Credo Muttwa se voorspellings gaan rondkrap in die
vroee negentigs, sal jy sien hy se die Boere moet hulle oge
oop maak - ons kry 'n geskenk met beendere binne in. (Min
of meer wat hy gesê het).

Ek is deurmekaar, ja. Die New Age en die regse politiek het
my 'n gesplete kompleks gegee. Maar dit is twee helfte wat
'n mens holisties maak. Hoe veg 'n mens vir menseregte?

Hoe word 'n mens sosiaal verantwoordelik? Liefde vir my
medemens aan die een kant, en aandag trek aan die ander
kant.
Re: Boodskap aan die ANC [boodskap #25042 is 'n antwoord op boodskap #25040] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Ek is deurmekaar, ja. Die New Age en die regse politiek het
> my 'n gesplete kompleks gegee. - skryf reisiger...

Hhhmmm... 'n gesplete kompleks.... wat is DIT? Gesplete verhemelte ken ek,
so ook gesplete persoonlikheid....

Reisiger is duidelik op reis na nêrens... en hy gaan daar uitkom ook. Al
probleem is: die mens is S - I - E - K!

Dalk moes Gloudina hom maar laat verder reis het, soos hy van plan was om te
doen. Iemand wat so deurmekaar is en sulke kru taal gebruik... nou ja,
persoonlik kan ek goed klaarkom daarsonder.

Reis maar voort, reisiger. En moenie bodder om terug te kom nie. Totsiens.
Re: Boodskap aan die ANC [boodskap #25105 is 'n antwoord op boodskap #25040] So, 01 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina is reg. Ons kan net balanseerd wees as ons alles
lees, m.a.w. linkse en regse media. Maak dan jou eie opinie
op waat aangaan. Dan staan ons ewe sterk op twee bene. Maak
dan jou eie opinie op waat aangaan.

Maar dit is nie nodig om mekaar met modder die hele tyd te
gooi nie, soos wat ek in die verlede gedoen het en hoop op
nie weer in die toekoms te doen nie. Ek het as 'n
swartsmeerder opgetree, i.p.v. 'n rigting wyser. Ons as
reenboognasie is soos 'n zebra - nie wit en swart nie, maar
verskillende kleure. Ons kan nie stabiel wees en mekaar
seermaak nie. Daar is ons nog baie siek. Ons is die wereld
in een land. Dit kan maklik ontplof, maar ook dit kan werk.
Daarvoor moet ons eers die drake in onsself oorkom, voordat
ons die drake buite ons kan oorkom. Dit is 'n baie lang
pad.
Vorige onderwerp: Re: The Destructive And Evil Nature Of Islam Exposed : Visit The Satyameva Jayate Website To Read The Various Articles Listed In This Posting.
Volgende onderwerp: Staak dit tog nou!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 13:04:36 MGT 2024