Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Ikone
Oor Ikone [boodskap #24878] So, 25 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die ikoondrywery teen Afrikaners hou nie op nie.

Die doelbewuste en nalatige leuens is net so erg as in die dae toe Thabo
Mbeki die internasionale media uit Lusaka teen Afrikaners gedraai het
(volgens sy amptelike biografie by die ANC).

Toe Boerehaat amper 'n internasionale tydverdryf geword het (wat nou nog
deur mense soos Gloudina voortgesit word).

Beeld berig:

******************************************

Die sakeman van Brits wat doodsdreigemente ontvang het oor 'n foto op die
Sowetan se voorblad, is in der waarheid iemand wat al die afgelope nege jaar
aan gestremde agtergeblewenes werk verskaf.

Mnr. Peet Smith het gister gesê sy hele lewe is "binne ure deurmekaar
gekrap".

Die dreigemente was so erg dat Smith sy huis en onderneming se telefone van
die mikkie moes afhaal en sy kinders uit die skool moes hou.

Die dreigemente het gespruit uit 'n voorbladfoto en -berig eergister in die
Sowetan waar hy en sy hond, Max, voor in sy bakkie ry. Agterop die bakkie
het mnr. Gert Mokgalaka, een van sy werkers, uitdrukkingloos voor hom gesit
en uitstaar.

Die bakkie se registrasienommer was duidelik op die foto sigbaar.

In die berig is Brits voorgestel as 'n "konserwatiewe", verregse gemeenskap
waar "diere dikwels beter as swartes behandel word".

Smith sê die enigste rede waarom Mokgalaka agterop gesit het, is omdat hy
gasbottels moes vashou om te keer dat dit rondrol.

Mokgalaka is doofstom en een van vyf gestremdes wat al sedert 1990 in Smith
se diens is.

"Ek is nie 'n rassis nie. Ek het moeite gedoen om mense by die
Kuthanong-skool vir dowes te gaan werf vir my onderneming, " het Smith gesê.

Hy het kursusse gevolg om met sy werkers in gebaretaal te kommunikeer.
Smith sê hy het reeds met sy prokureur gesels en dat hy regstappe teen
die koerant oorweeg. Die doodsdreigemente wat hy per faks ontvang het, is
ook aan sy prokureur oorhandig.

Mnr. Deon Kruger, waarnemende hoof van Brits se verkeersafdeling, het gesê
die stadsraad kan waarskynlik via die rekenaarstelsel uitvind wie dié
amptenaar was wat die telefoonnommers verskaf het en die regsafdeling kan
dan besluit oor regstappe.

Mnr. Mike Siluma, redakteur van die Sowetan in Johannesburg, het gister gesê
die verslaggewer en fotograaf "het slegs verslag gedoen oor wat hulle gesien
het".

"Ons het nie die man geïdentifiseer nie, so dit was nie persoonlik nie."
Re: Oor Ikone [boodskap #24890 is 'n antwoord op boodskap #24878] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kwarantyn wrote in message ...
>
> Ek stem saam met jou, die ikoondrywery hou nie op nie. (Ook nie jou
> kleinlike geklap, sommer so in die verbygaan, na Kanadese nie.)

Ek merk op, Henri, dat jy groot kapsie maak as ek na Gloudina verswys as 'n
"aasvoël".

Maar jy laat dit onopgemerk verbygaan wanneer sy my 'n "apartheidsvark"
noem?

Of liewer, jy moedig haar aan: "go girl!".
Re: Oor Ikone [boodskap #24891 is 'n antwoord op boodskap #24878] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message

> En niemand kan my
> beskuldig van haat teen Afrikaners nie. My
> eie familie is almal Afrikaners. My vriende
> en kubervriende in SA is almal Afrikaners.
> Inderdaad, as iemand my van iets kan beskuldig,
> is dit my pogings dat die naam van die Afrikaner
> weer respek moet afdwing.

Nou waarom verhef jy dan - jillend van genot - die dood van die arme
Angeline aan die hand van die arme Steyn tot "ikoon van die Afrikaner"
sonder dat jy die feite het?

Waarom lees jy allerhande dinge in, in die afdanking van 'n
Afrikaneronderwyser omdat hy Herman Charles Bosman in die klas gebruik het -
sonder dat jy die feite het?

Waarom maak jy selektiewe aanhalings uit wat ek skryf, met die uitsluitlike
doel om valslik en kwaadwilliglik te demonstreer dat ek "boere" verhef tot
die een of ander mitiese entiteit?

Waarom maak jy slinkse suggesties - teen jou beterwete in - dat ek 'n
buitelander is wat Afrikaners verlei - asof Afrikaners 'n spul dwase is wat
aan die neus gelei kan word deur elke Jan Rap en sy maat? (Weet jy, ek dink
jy glo dit regtig - dat Afrikaners so dom is. As mens kyk na jou katgevegte
met Vira en {die weliswaar dom en Hollandse} Jennifer, en jou opmerkings oor
die Derby-Lewisse).

Nee, my hartjie.

Jou optrede is die van 'n aasvoël wat angstig vlenters vrot aandra om dit om
die nek van Afrikeners te hang.

Dit strook nie met jou luide protestasies nie.

Dus is jy nog boonop 'n oneerlike aasvoël, wat wil poseer as 'n pou.
Re: Oor Ikone [boodskap #24892 is 'n antwoord op boodskap #24878] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:7nfkgc$2ql$1@news.igs.net...
> In my onskuld het ek natuurlik "Boere"
> verwar met Afrikaners. Meeste mense sien die
> twee as identies. (Miskien is dit 'n outydse
> realiteit, besef ek nou.)

Hoe voel ander ouens hieroor? So die laaste dekade of meer het dit vir my
gevoel asof al die Afrikaner se simbole gekaap is deur die ver-regse
verpolitiesde groepe. So ook die term om Boer te wees (synde wit
Afrikaner). Nou is dit deesdae ook 'n term wat vir my meer dui op
Afrikaners van regse politiek. Of dan regtig iemand op 'n plaas!!!!! :-)

Ek het my nou die dag so vervies toe 'n ou hier in Amerika vir my met so 'n
laertrek mentaliteit sê: "Ja, ons boere moet maar saamstaan hier in die
vreemde". Die manier wat dit gesê is, het my so 'n gly gegee. Ek is trots
op my Afrikanerskap en voel nie bedreig nie en dink nie ek hoef saam iemand
laer te trek nie!

Vir my het die regse politiek werklik al SuidAfrika se mooi ou simbole deur
die modder gesleep nadat hulle dit gekaap het.

> Maar nou sien ek die lig, Leendert bedoel met
> "Boere" nie Afrikaners nie. maar 'n mitiese groep
> mense wat altyd bedreig word teen die magte van
> buite,

Neewat, ek dink dis jy wat die mite aanheg, Gloudina - hulle is konkrete
warm vleis regse Afrikaners. Soos jy hieronder sê:

> Hy praat, besef ek nou, van dieselfde "Boere"
> as wat Frikkie praat, en al die ander wat maak asof
> hulle vir die Afrikaner praat, maar hulle gee nie
> om dat hulle omgangstaal in omtrent alle gevalle
> Engels geword het nie.
Re: Oor Ikone [boodskap #24893 is 'n antwoord op boodskap #24878] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>> Toe Boerehaat amper 'n internasionale tydverdryf geword
> het (wat nou nog
>> deur mense soos Gloudina voortgesit word).
>
>
> Dit lyk my ek sal, net soos Mnr. Peet Smith
> iets moet probeer doen aan die beswaddering
> wat daar nou daagliks teen my op hierdie
> nuusgroep deur Leendert van Oostrum gepleeg
> word.

Tut..... tut..... Een verskil.

Smith is _onskuldig_ beswadder.

>
> Ek het egter uiteindelik die lig gesien -
> Ek kon nooit verstaan hoekom Leendert my
> beskuldig dat ek vol "Boerehaat" is nie.
> In my onskuld het ek natuurlik "Boere"
> verwar met Afrikaners. Meeste mense sien die
> twee as identies. (Miskien is dit 'n outydse
> realiteit, besef ek nou.) En niemand kan my
> beskuldig van haat teen Afrikaners nie. My
> eie familie is almal Afrikaners. My vriende
> en kubervriende in SA is almal Afrikaners.
> Inderdaad, as iemand my van iets kan beskuldig,
> is dit my pogings dat die naam van die Afrikaner
> weer respek moet afdwing.
> Maar nou sien ek die lig, Leendert bedoel met
> "Boere" nie Afrikaners nie.

Nou ja. As iemand soos Frikkie met so 'n argument uitkom, sou ek dit afmaak
as 'n teken van ongeletterdheid.

Maar as iemand soos Fred Rundle so 'n argument opper, of iemand soos
Gloudina, wat spog met hoogere kwalifikasies in die letterkunde, dan moet
mens aflei dat die afleiding kwaadwillig is.

Want, voordat sy dit geknip het, het my volledige stelling gelui:

******************************8

Die ikoondrywery teen Afrikaners hou nie op nie.

Die doelbewuste en nalatige leuens is net so erg as in die dae toe Thabo
Mbeki die internasionale media uit Lusaka teen Afrikaners gedraai het
(volgens sy amptelike biografie by die ANC).

Toe Boerehaat amper 'n internasionale tydverdryf geword het (wat nou nog
deur mense soos Gloudina voortgesit word).

******************************************

Waaruit dit duidelik blyk dat ek "boer" "afrikaner" as sinonieme gebruik.

[Lang, selfverontskuldigende tirade geknip]

> Ek wonder
> soms of jy nie maar net 'n Nederlander is, wat besig
> is om angstig deel te probeer voel van 'n nuwe groep nie.

Maar jy weet van beter.

Uit jou eie navorsingswerk vir jou meestersgraad.

Hierdie opmerking is dus net nog 'n voorbeeld van kwaadwilligheid, nie waar
nie?

Net maar nog 'n stukkie aasvoëlgedrag.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor Ikone [boodskap #24917 is 'n antwoord op boodskap #24878] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Leendert

Dit was na aanleiding van hierdie gebeurtenis (en ander opvallende,
roekelose berigte in die media) dat ek ook 'n draad in hierdie nuusgroep
begin het (Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is
)

Ek vind natuurlik die antwoorde wat jy kry uiters lagwekkend. Ek stem nie
met jou saam oor die boere-haat dinges nie, omdat dit alte veel na
propaganda lyk. Oi, maar as ek na die antwoorde kyk (ek haal aan):

:Ja, Leendert, Smith het reg. Daar is geen ander manier om te keer dat
:gasbottels agter op 'n bakkie rondrol nie, as om 'n mens daar te hê om dit
:vas te hou nie. Daarvoor MOET jy iemand agterop laat ry. Die gasbottels is
:immers sekerlik te groot om voor in die bakkie te laai.

Ek stem volkome met u saam. Ek stel dus voor dat daardie man sondermeer
afgedank moet word, en dat daar 'n stuk draad/ketting in sy plek aangestel
word.

:Dit is een van de redenen dat het meest efficiente en eco-vriendelijke
:airco-gas, propaan/buta, wel gebruikt wordt in koelkasten, maar niet in
:auto's.

Neem asseblief 'n foto van my en my familie saam wanneer u weer u planeet
besoek. Sodoende sal ons ook weet hoe dit daar lyk.

:Tipies nou weer van 'n "figuur zoals jij" om die punt volkome mis te kyk en
:op loop te sit met 'n idee.

Kwarantyn...ons sal jou moet dophou. Jy blyk gans en al te intelligent vir
hierdie ng te wees (ek bedoel dit).

:Als jij gasflessen binnenin een voertuig wilt vervoeren, op de voorbank,
:dan gaan mijn haren toch echt recht overeindstaan.
:Graag iets beter nadenken voordat je oordeelt over een situatie.

Ek verstaan wat jy sê, maar jou arme landgenoot het die pot klaar heel
misgesit.

: Ek het egter uiteindelik die lig gesien -

Gloudina; Die lig wat jy sien is in alle waarskynlikheid die trein s'n. Moet
jy nie maar liewers gaan kos maak nie? Jou man en kinders is seker al amper
tuis.

:Ek het my nou die dag so vervies toe 'n ou hier in Amerika vir my met so 'n
:laertrek mentaliteit sê: "Ja, ons boere moet maar saamstaan hier in die
:vreemde".

Ek sou ook vies gewees het.

:Neewat, ek dink dis jy wat die mite aanheg, Gloudina - hulle is konkrete
:warm vleis regse Afrikaners. Soos jy hieronder sê:

> Hy praat, besef ek nou, van dieselfde "Boere"
> as wat Frikkie praat, en al die ander wat maak asof
> hulle vir die Afrikaner praat, maar hulle gee nie
> om dat hulle omgangstaal in omtrent alle gevalle
> Engels geword het nie.

Dit is darem seker nie nodig om die kleintjie saam met die badwater uit te
gooi nie. Ek bedoel: word ek ook daarby ingesluit?
____________________________
Miskien het almal van julle hierdie deel gemis:
Mnr. Mike Siluma, redakteur van die Sowetan in Johannesburg, het gister gesê
die verslaggewer en fotograaf "het slegs verslag gedoen oor wat hulle gesien
het".

Hel, dis darem gerieflik, nie waar nie! Ons vertel maar net wat ek gesien
het. Kom ons neem nou 'n ander geval: Rowers val 'n transito (kontant)
voertuig aan. Ek sien dit egter nie en toe ek op die toneel verskyn sien ek
hoedat die wagte die rook uit die rowers uit skiet. Nou plaas ek maar solank
'n voorblad berig oor die wagte wat onskuldige burgers sonder meer voor die
voet doodskiet. Ek rapporteer mos net wat ek gesien het.
____________________________
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Die ikoondrywery teen Afrikaners hou nie op nie.
>
> Die doelbewuste en nalatige leuens is net so erg as in die dae toe Thabo
> Mbeki die internasionale media uit Lusaka teen Afrikaners gedraai het
> (volgens sy amptelike biografie by die ANC).
>
> Toe Boerehaat amper 'n internasionale tydverdryf geword het (wat nou nog
> deur mense soos Gloudina voortgesit word).
>
> Beeld berig:
>
> ******************************************
>
> Die sakeman van Brits wat doodsdreigemente ontvang het oor 'n foto op die
> Sowetan se voorblad, is in der waarheid iemand wat al die afgelope nege jaar
> aan gestremde agtergeblewenes werk verskaf.
>
> Mnr. Peet Smith het gister gesê sy hele lewe is "binne ure deurmekaar
> gekrap".
>
> Die dreigemente was so erg dat Smith sy huis en onderneming se telefone van
> die mikkie moes afhaal en sy kinders uit die skool moes hou.
>
> Die dreigemente het gespruit uit 'n voorbladfoto en -berig eergister in die
> Sowetan waar hy en sy hond, Max, voor in sy bakkie ry. Agterop die bakkie
> het mnr. Gert Mokgalaka, een van sy werkers, uitdrukkingloos voor hom gesit
> en uitstaar.
>
> Die bakkie se registrasienommer was duidelik op die foto sigbaar.
>
> In die berig is Brits voorgestel as 'n "konserwatiewe", verregse gemeenskap
> waar "diere dikwels beter as swartes behandel word".
>
>
> Smith sê die enigste rede waarom Mokgalaka agterop gesit het, is omdat hy
> gasbottels moes vashou om te keer dat dit rondrol.
>
> Mokgalaka is doofstom en een van vyf gestremdes wat al sedert 1990 in Smith
> se diens is.
>
> "Ek is nie 'n rassis nie. Ek het moeite gedoen om mense by die
> Kuthanong-skool vir dowes te gaan werf vir my onderneming, " het Smith gesê.
>
> Hy het kursusse gevolg om met sy werkers in gebaretaal te kommunikeer.
> Smith sê hy het reeds met sy prokureur gesels en dat hy regstappe teen
> die koerant oorweeg. Die doodsdreigemente wat hy per faks ontvang het, is
> ook aan sy prokureur oorhandig.
>
> Mnr. Deon Kruger, waarnemende hoof van Brits se verkeersafdeling, het gesê
> die stadsraad kan waarskynlik via die rekenaarstelsel uitvind wie dié
> amptenaar was wat die telefoonnommers verskaf het en die regsafdeling kan
> dan besluit oor regstappe.
>
> Mnr. Mike Siluma, redakteur van die Sowetan in Johannesburg, het gister gesê
> die verslaggewer en fotograaf "het slegs verslag gedoen oor wat hulle gesien
> het".
>
> "Ons het nie die man geïdentifiseer nie, so dit was nie persoonlik nie."
>
Re: Oor Ikone [boodskap #24918 is 'n antwoord op boodskap #24878] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Marius" writes:

> Gloudina; Die lig wat jy sien is in alle waarskynlikheid die trein s'n. Moet
> jy nie maar liewers gaan kos maak nie? Jou man en kinders is seker al amper
> tuis.

Marius, die man-uit-die-vyftigs-se-
mentaliteit, wat verdrink in die
post-modernisme van die neentiger-
jare. Hoe oud is jy, ou Marius, met
jou seksistiese windgatgeit? Of is
jy een van hierdie jong outjies wat
in hulle twintigs al 'n ou wit omie
is?

Gloudina
Re: Oor Ikone [boodskap #24950 is 'n antwoord op boodskap #24878] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...

> Hoe voel ander ouens hieroor? So die laaste dekade of meer het dit vir my
> gevoel asof al die Afrikaner se simbole gekaap is deur die ver-regse
> verpolitiesde groepe. So ook die term om Boer te wees (synde wit
> Afrikaner). Nou is dit deesdae ook 'n term wat vir my meer dui op
> Afrikaners van regse politiek. Of dan regtig iemand op 'n plaas!!!!! :-)

Simbole kan slegs gekaap word as ander mense ophou om hulle te gebruik.
Re: Oor Ikone [boodskap #24951 is 'n antwoord op boodskap #24878] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> Marius" mar...@mailbox.co.za
>
> Ek sê weer - dis pynlik moeilik om jou gedagtegang en/of skrywe te volg. Maar
> dit daargelaat (vir nou).
>
>> Ek sien dat dit nogal 'n teer
>> puntjie is.
>
> Soos dit hoort (en ek gee ook nie om vir jou negerende verkleinering nie - dit
> dui op voortgesette seksisme in 'n paternalistiese mantel). Ek vind weinig
> rede om te glo dat jy "dit met opset gedoen het". Probeer weer.
>
>> Ek het die regime teengestaan, was gearresteer en aangehou. Het ook op
>> verskeie geleenthede met my lewe daarvan afgekom (van beide kante)
>
> Dit vind ek nog harder om te glo. Veral wanneer jy in 'n vorige pos praat van
> die boer of afrikanervolk en ander soortgelyke groepsgebonde insulêre
> opmerkings maak (soos byvoorbeel jou volkie wat nie genoeg lees nie - vey is
> mir) of radikale fanie en die hensoppers. Miskien was dit 'n regse teenstand
> teen die regime? Sê bietjie vir my waar en wanneer was jy aangehou en onder
> watter artikel jy ge-arresteer was? Miskien ken ek selfs die SB offisier? .
>
>> Jou persepsies is 'n klomp snert.
>
> En jy kan nie 'n sinvolle paragraaf skryf om jou lewe te red nie.

Helloooo - dis die Afrikaanse nuusgroep die. Praat jy dalk Afrikaans?
Re: Oor Ikone [boodskap #24952 is 'n antwoord op boodskap #24878] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek gee toe dat ek dit met opset gedoen het. Ek sien dat dit nogal 'n teer
puntjie is.

Klim nou maar van jou ho"e perdjie af Goldie. Toe jy daar oorkant die
watertjie jou gesiggie rooi geskree het was ek 'n voetsoldaat hier in S.A.
Ek het die regime teengestaan, was gearresteer en aangehou. Het ook op
verskeie geleenthede met my lewe daarvan afgekom (van beide kante). Nou wil
jy my 'n klomp snert oor Afrikaners vertel? Gaan vertel dit gerus vir iemand
wat jou sal glo. Ek was daar. Jou persepsies is 'n klomp snert. Jy is vergif
deur die media; 'n punt wat verby jou ore gevlieg het soos alle ander juwele
van wysheid. Soos jy sê: sommige mense dink dat wysheid in ouderdom
verborge lê - hulle word nooit wys nie. Ander is kinders - daarom vergewe
ons hulle hulle dwaasheid. Ander sal nooit wysheid bekom nie; Dit is omdat
hulle inherent gebrekkig aan kennis is. Vertel my asb. hoe dit voel om swart
te wees.

@igs.net wrote in message ...
> "Marius" writes:
>
>> Gloudina; Die lig wat jy sien is in alle waarskynlikheid
> die trein s'n. Moet
>> jy nie maar liewers gaan kos maak nie? Jou man
> en kinders is seker al amper
>> tuis.
>
> Marius, die man-uit-die-vyftigs-se-
> mentaliteit, wat verdrink in die
> post-modernisme van die neentiger-
> jare. Hoe oud is jy, ou Marius, met
> jou seksistiese windgatgeit? Of is
> jy een van hierdie jong outjies wat
> in hulle twintigs al 'n ou wit omie
> is?
>
> Gloudina
>
Re: Oor Ikone [boodskap #24953 is 'n antwoord op boodskap #24878] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7nm8ao$ab6$1@kendy.up.ac.za...
> Johan wrote in message ...
>Hoe voel ander ouens hieroor? So die laaste dekade of meer het dit vir my
>> gevoel asof al die Afrikaner se simbole gekaap is deur die ver-regse
>> verpolitiesde groepe. So ook die term om Boer te wees (synde wit
>> Afrikaner). Nou is dit deesdae ook 'n term wat vir my meer dui op
>> Afrikaners van regse politiek. Of dan regtig iemand op 'n plaas!!!!!
:-)
>
>
> Simbole kan slegs gekaap word as ander mense ophou om hulle te gebruik.
>

Wysneus!
Re: Oor Ikone [boodskap #24954 is 'n antwoord op boodskap #24878] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> ou lo...@hotmail.dinges.com

> Helloooo - dis die Afrikaanse nuusgroep die. Praat jy dalk Afrikaans?
>

Verwys jy na my of na marius?
Re: Oor Ikone [boodskap #24955 is 'n antwoord op boodskap #24878] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Marius[1]  is tans af-lyn  Marius[1]
Boodskappe: 28
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Wat jy glo of nie glo nie skeel my min. Jy kan ook maar net sowel jou
politiese korrektheid en terme soos "seksisme" op iemand anders se werf gaan
mors. Dit skeel my ewe min. Voorts kan jy maar die chip van jou skouer af
haal, dit staan soos 'n baken daar. Ek het boonop nog nie EEN keer na 'of
die boer 'of die afrikanervolk verwys nie. Dit is bloot jou eie versinsel
wat jy opgedig het om jou illusie te voltooi. My volk is die Suid Afrikaner
volk.

ProPacem wrote in message ...
>> Marius" mar...@mailbox.co.za
>
> Ek sê weer - dis pynlik moeilik om jou gedagtegang en/of skrywe te volg. Maar
> dit daargelaat (vir nou).
>
>> Ek sien dat dit nogal 'n teer
>> puntjie is.
>
> Soos dit hoort (en ek gee ook nie om vir jou negerende verkleinering nie - dit
> dui op voortgesette seksisme in 'n paternalistiese mantel). Ek vind weinig
> rede om te glo dat jy "dit met opset gedoen het". Probeer weer.
>
>> Ek het die regime teengestaan, was gearresteer en aangehou. Het ook op
>> verskeie geleenthede met my lewe daarvan afgekom (van beide kante)
>
> Dit vind ek nog harder om te glo. Veral wanneer jy in 'n vorige pos praat van
> die boer of afrikanervolk en ander soortgelyke groepsgebonde insul�re
> opmerkings maak (soos byvoorbeel jou volkie wat nie genoeg lees nie - vey is
> mir) of radikale fanie en die hensoppers. Miskien was dit 'n regse teenstand
> teen die regime? Sê bietjie vir my waar en wanneer was jy aangehou en onder
> watter artikel jy ge-arresteer was? Miskien ken ek selfs die SB offisier? .
>
>
>> Jou persepsies is 'n klomp snert.
>
> En jy kan nie 'n sinvolle paragraaf skryf om jou lewe te red nie.
>
Re: Oor Ikone [boodskap #24956 is 'n antwoord op boodskap #24878] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Marius" mar...@mailbox.co.za

> Voorts kan jy maar die chip van jou skouer af
> haal, dit staan soos 'n baken daar

Ha-ha, dis nou die ou wat uit die hoogte inspring en hierdie groep uitdaag om
tog iets intelligents te sê. Dis nou die ou wat met einstein, darwin, en
pascal smous (o ja, laat ons nie forsyth, ludlum en carre vergeet nie) as
klankbord vir sy eie bewonderenswaardige intellek. 'n Pot, die ketel,
glashuise en verontwaardigde salomon-klippe glimmer teregwysend in jou rigting.

> My volk is die Suid Afrikaner
> volk.

Hoera. En ek bedoel dit.

> Wat jy glo of nie glo nie skeel my min.

Ek vra weer - waar en wanneer was jy ge-arresteer, onder watter artikel (jy kan
maar privaat aan my skryf indien dit jou beter sal pas). Sien, ek vra nie net
om jou storie te bevestig nie, maar kan dalk ervaringe met jou deel en die
kanse is goed dat ek of jou selmaats (indien nie jyself nie) of die SB
offisiere kan onthou.
Re: Oor Ikone [boodskap #24957 is 'n antwoord op boodskap #24878] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Marius" mar...@mailbox.co.za

Ek sê weer - dis pynlik moeilik om jou gedagtegang en/of skrywe te volg. Maar
dit daargelaat (vir nou).

> Ek sien dat dit nogal 'n teer
> puntjie is.

Soos dit hoort (en ek gee ook nie om vir jou negerende verkleinering nie - dit
dui op voortgesette seksisme in 'n paternalistiese mantel). Ek vind weinig
rede om te glo dat jy "dit met opset gedoen het". Probeer weer.

> Ek het die regime teengestaan, was gearresteer en aangehou. Het ook op
> verskeie geleenthede met my lewe daarvan afgekom (van beide kante)

Dit vind ek nog harder om te glo. Veral wanneer jy in 'n vorige pos praat van
die boer of afrikanervolk en ander soortgelyke groepsgebonde insulêre
opmerkings maak (soos byvoorbeel jou volkie wat nie genoeg lees nie - vey is
mir) of radikale fanie en die hensoppers. Miskien was dit 'n regse teenstand
teen die regime? Sê bietjie vir my waar en wanneer was jy aangehou en onder
watter artikel jy ge-arresteer was? Miskien ken ek selfs die SB offisier? .

> Jou persepsies is 'n klomp snert.

En jy kan nie 'n sinvolle paragraaf skryf om jou lewe te red nie.
Vorige onderwerp: Re: Serious Warning
Volgende onderwerp: Franklin Sonn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 01:29:49 MGT 2024