Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Frederick Law Olmstead
Frederick Law Olmstead [boodskap #24902] Ma, 26 Julie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek vind 'n rukkie gelede tot my verbasing uit dat die
man wat Central Park in New York ontwerp het, ook vir die
ontwerp van Mount Royal Park in Montreal verantwoordelik
is. Om die waarheid te sê, ek het nie eens gedink dat Mount
Royal "ontwerp" was nie. Dit sit so natuurlik daar agter die
stad, 'n taamlike hoë rant daar agter die ouer deel van die
stad, waar McGill geleë is. Binne 'n paar minute kan mens
van onder in die dorp tot bo-op ry, en dan daar ontspan in
die tuine en afkyk op die stad. Ek neem aan mens kan binne
'n halfuur van onder in die dorp ook die heuwel met die voet
uitklim. Daar is 'n kruis aan die een kant, wat in die donker
blou sigbaar is. Hulle sê dat mens op 'n baie helder dag die
Green Mountains van Vermont vanaf Mount Royal kan sien.
In die winter bied dit 'n plek waar mense die sneeu kan geniet.
Een van die strate wat van onder in die dorp langs die heuwel
oploop, word dan ook genoem Rue de la Côte des Neiges (deur
die Montrealers afgekort tot Côte des Neiges.)
Die Park is ontwerp deur Frederick Law Olmstead, wat ook
'n hele klomp parke ontwerp het in die VSA, die beroemdste
waarvan sekerlik Central Park in New York is. Laasgenoemde is
in1859 ge-open, toe Olmstead nog maar 36 jaar oud was. Olmstead
was gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog 'n lid van die mediese
korps, en het as joernalis artikels geskryf om uit te wys wat 'n swak
ekonomiese model slawerny op die Amerikaanse maatskappy afge-
dwing het en hoe dit die Suide ekonomies gekruppel het. Hy het eers
verskeie ander soorte werk genoem, maar is uiteindelik deur Calvert
Vaux, oorspronklik van Engeland, oorreed om voltyds landskapontwerp
te beoefen.
As mens aan New York dink, dink jy outomaties aan Central Park.
Dis net eenvoudig sinoniem met die stad. Soos Tafelberg agter Kaap-
stad, en Mount Royal agter Montreal.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Would someone be kind enough to translate something for me ?
Volgende onderwerp: Re: In Memoriam: Johan Combrink
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 01:16:58 MGT 2024